| Vuurwapenlisensies [boodskap #70021] |
Wo., 04 Desember 2002 07:54  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Uit die perd se bek:))
Die nuwe herregistrasie van lisensies begin volgende jaar in Januarie - dan
sal almal kredietkaarttipe lisensies kry.
Die aankondiging van hoe, wanneer, waar en die periode sal vroeg Januarie
aangekondig word.
Alle wapens, behalwe die kleinste haelgewere, sal gelisenseer moet word -
al is dit ook 'n ding uit die jare toet wat vir versiering gebruik word.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #70045 is 'n antwoord op boodskap #70039] |
Wo., 04 Desember 2002 11:58   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die sersant/generaal met wie ek gepraat het sê jy moet uitkyk vir wanneer
die storie begin, want daar gaan ook vreeslike boetes wees as mens nie die
regte kaarttipe lisensie het nie.
Ek moet glo ook 'n ander een kry.
Net die lisensies wat van volgende jaar uitgereik word sal geldig wees.
Ja, die aantie is syf, en sy moet maar rente bytel by die eis teen die
polisie en die magistraat:))
Annette
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3deddef5.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Uit die perd se bek:))
> Die nuwe herregistrasie van lisensies begin volgende jaar in Januarie -
> dan sal almal kredietkaarttipe lisensies kry. Die aankondiging van hoe,
> wanneer, waar en die periode sal vroeg Januarie angekondig word.
>
> Wouter
> Tannie Gaye was dus heel wettig met haar lisensies in die ID-boek.
>
> Annette
> Alle wapens, behalwe die kleinste haelgewere, sal gelisenseer moet
> word - al is dit ook 'n ding uit die jare toet wat vir versiering gebruik
> word.
>
> Wouter
> Sover ek weet is dit basies reeds so. Daar is 'n spesiale lisensie
> vir versamelstukke.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #70148 is 'n antwoord op boodskap #70021] |
Do., 05 Desember 2002 20:48  |
Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hallo
Ik ben paul uit belgie en interesseer me omwille van die jagd in za
By ons is die wapenwet nog nie so streng nie(sorry vor my slegt
africaans)maar sal glo verander,miskien volgend jaar agter die verkiesing
Dan gaan ALLE vuurwapens alleen te koop wees met lisensie
Nu syn alleen handvuurwapens ,.22 long rifle,oorlogswapens en sekere
oorlogscaliber (.308,.223,30 06en 6.5x55)gelisensieer
"Annette" skryf in boodskap news:askcfp$rm503$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Uit die perd se bek:))
> Die nuwe herregistrasie van lisensies begin volgende jaar in Januarie - dan
> sal almal kredietkaarttipe lisensies kry.
> Die aankondiging van hoe, wanneer, waar en die periode sal vroeg Januarie
> aangekondig word.
> Alle wapens, behalwe die kleinste haelgewere, sal gelisenseer moet word -
> al is dit ook 'n ding uit die jare toet wat vir versiering gebruik word.
>
> Annette
>
|
|
|
|