Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Andre P.Brink op BBC-TV
Andre P.Brink op BBC-TV [boodskap #69885] |
Mon, 02 December 2002 05:11  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
So pas 'n onderhou van die king of queens, Simpson, op BBC-TV gesien.
Onse Andre P.Brink val die ANC-regering aan - hy sê hulle is erger as die
vorige regering. Hy noem hul grootste sondes synde nepotisme, korrupsie en
bedrog.
(Maar, dis duidelik dat hy suurgat is omdat hy nie meer as die wit bwana
ervaar word met apartheid as maklike teiken nie.)
Is daar iemand wat met onse Andre wil verskil? Antie - wat van jou?
|
|
|
|
|
|
|
Re: Andre P.Brink op BBC-TV [boodskap #69900 is 'n antwoord op boodskap #69885] |
Mon, 02 December 2002 14:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> So pas 'n onderhou van die king of queens, Simpson, op BBC-TV gesien.
> Onse Andre P.Brink val die ANC-regering aan - hy sê hulle is erger as die
> vorige regering. Hy noem hul grootste sondes synde nepotisme, korrupsie en
> bedrog.
> (Maar, dis duidelik dat hy suurgat is omdat hy nie meer as die wit bwana
> ervaar word met apartheid as maklike teiken nie.)
>
> Is daar iemand wat met onse Andre wil verskil? Antie - wat van jou?
Mense wat die ANC aanval deur hulle
te vergelyk met die vorige regime, is
natuurlik op soek na iets. Mens mag
en behoort die regerende party in SA
te kritiseer, maar as jy die ou regime
wil witkalk, is jy duidelik uit op 'n
agenda. In Andre Brink se geval is jy
heelwaarskynlik reg: hy probeer aandag
trek.
Ek het van toentertyd af nie 'n baie
hoë opinie van André Brink as private
persoon nie. Van die rol wat hy gespeel
het in die tragiese lewe van Ingrid Jonker,
tot sy baie publieke skei van sy eerste
vrou, om met 'n aktrise te trou, wat hom
na ag maande verlaat het, as ek reg onthou.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Andre P.Brink op BBC-TV [boodskap #69906 is 'n antwoord op boodskap #69901] |
Mon, 02 December 2002 15:34   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Gloudina
> Mens mag en behoort die regerende party in SA te kritiseer......
>
> Wouter
> Sowaar?
> Ook as hulle droogmaak in hulle beleid teennoor buurstate?
> Of net as hulle nie kommunisties genoeg is nie?
Kan jy vir my weer vertel wat jy van
die ANC verwag as beleid "teenoor
buurstate," waar jy duidelik seker net
Zimbabwe bedoel? Kan jy weer vir my
PRESIES sê wat jy wil hê? So 'n rukkie
gelede het julle gepraat van die duisende
der duisende Zimbabwiërs was dan oor die
grense sou kom. Het dit toe ooit gebeur?
En sê my nou, Wouter, het jy in die
ou dae vreeslik geagiteer oor die regime
se beleid "teenoor buurstate"? Toe die
regime kort-kort aanvalle oor die grens
geloods het op soek na "terroriste."
Ek ken iemand hier in Ottawa wat so 'n
aanval meegemaak het. 'n Suid-Afrikaner
wat in Swaziland vir die Verenigde Volke
gewerk het.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Mag en behoort te kritiseer [boodskap #69912 is 'n antwoord op boodskap #69911] |
Mon, 02 December 2002 18:26   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Katryn wrote:
> "Wouter Plaasvark" wrote:
>
>> Hoekom antwoord jy nie die vraag nie, waarom dit
>> met 'n klomp teenvrae probeer ontduik? Is jy skaam
>> vir jou agenda?
>
> Daarsy! Kom ons kyk nou wat agter die kap van die byl lê.
Daarsy. As jy nou 'n dubbeldoor agenda
wil sien, siedaar.
Tant Hessie van Parnassus
|
|
|
|
|
Re: Mag en behoort te kritiseer [boodskap #69922 is 'n antwoord op boodskap #69910] |
Mon, 02 December 2002 22:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Die punt is nie wat ek van die ANC verwag nie, die
> punt is wat jy insluit as jy sê "mens mag en behoort
> die regerende party in SA te kritiseer......"
>
> Die kere wat ek dit hier gedoen het het jy elke sleg
> agendas gesoek, agendas wat nie bestaan nie. Jou
> stelling hier bo lyk vir my in die lig van jou uitsprake
> taamlik huigelagtig.
>
> Hoekom antwoord jy nie die vraag nie, waarom dit
> met 'n klomp teenvrae probeer ontduik? Is jy skaam
> vir jou agenda?
Jy weet presies wat ek bedoel. My agenda
is om vir jou daarop te wys dat jou agenda
is om, net soos 'n klomp ander Afrikaners,
die Afrikaanse pers nou die skuld te gee
vir dit wat hulle ongemaklik maak in die
nuwe bedeling. En om allerhande sinistêre
motiewe te soek onder ANC geledere wanneer
die polisie die bomgooi-situasie begin
ondersoek. Sê my, as daar bomme begin gooi
word in 'n land, het die owerhede nie die
reg om ondersoek in te stel nie? Ek wil jou
herinner hoe Trudeau, self 'n Frans-
Kanadees, die situasie behandel het toe
die Quebec terroriste bomme in posbusse
begin laat ontplof het en later mense
ontvoer het. Trudeau het martial law
verklaar, na sy kritici verwys as bleeding
hearts en toe mense hom vra of hy werklik
mense in die tronk gaan sit, toe sê hy "watch
me." Nouja, dis natuurlik ook wat die ou SA
regime gedoen het. En wat die ANC maklik nog
kan doen as dinge hand uitruk. Hulle sal in
goeie geselskap wees.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Mag en behoort te kritiseer [boodskap #69951 is 'n antwoord op boodskap #69922] |
Tue, 03 December 2002 14:32   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter
> Die punt is nie wat ek van die ANC verwag nie, die
> punt is wat jy insluit as jy sê "mens mag en behoort
> die regerende party in SA te kritiseer......"
> Die kere wat ek dit hier gedoen het het jy elke sleg
> agendas gesoek, agendas wat nie bestaan nie. Jou
> stelling hier bo lyk vir my in die lig van jou uitsprake
> taamlik huigelagtig.
> Hoekom antwoord jy nie die vraag nie, waarom dit
> met 'n klomp teenvrae probeer ontduik? Is jy skaam
> vir jou agenda?
Gloudina
My agenda is om vir jou daarop te wys dat jou agenda
is om, net soos 'n klomp ander Afrikaners, die
Afrikaanse pers nou die skuld te gee vir dit wat hulle
ongemaklik maak in die nuwe bedeling. En om allerhande
sinistêre motiewe te soek onder ANC geledere wanneer
die polisie die bomgooi-situasie begin ondersoek.
Sê my, as daar bomme begin gooi word in 'n land, het
die owerhede nie die reg om ondersoek in te stel nie?
Wouter
Die owerhede het nie net die reg nie, hulle het die plig
om dit te doen. Maar dit beteken nie dat alle metodes
om dit te doen outomaties verhewe is bo kritiek nie.
Waar is die reg op kritiek wat jy kwansuis ondersteun nou?
En deur my motiewe (boonop verkeerdelik) aan te val,
maak jy jou eie stelling "mens mag en behoort die
regerende party in SA te kritiseer" belaglik en bevestig
jy dat jy 'n huigelaar is. Jou agenda is al wat vir jou
belangrik is, feite tel nie en ander se reg tot kritiek nog
minder. Jou uitspraak daar heel bo is dus niks minder
as skynheilig nie.
Want jy bevraagteken my reg om te mag kritiseer, onder
meer deur te vra wat ek in die verlede gedoen het en my
in 'n hokkie te probeer plaas deur die leuen dat dat ek die
Afrikaanse pers die skuld gee vir wat verkeerd is. So
ontneem jy ons die kans om die kritiek en dit wat
gekritiseer word sinvol te bespreek. (Jy vergeet ook
gerieflik dat jy as uitgewekene nie juis geloofwaardigheid
het oor ons situasie nie, maar nou is ek besig om na jou
vlak te daal.)
Ek dink toevallig dat die Afrikaanse pers hulle redelik
goed van hulle taak kwyt om ons ingelig te hou. Maar
ek het ook 'n reg om hulle te kritiseer waar hulle volgens
my oordeel dit nie doen nie, veral as 'n astrante joernalis
dit uitlok deur 'n oordrewe opinie oor hulle belangrikheid
te kom lug. Ek het nooit gesê ek gee hulle die skuld vir
enige van ons probleme nie, bloot dat hulle ons in een
insident met patetiese joernalistiek gefaal het.
Die Regering se optrede teenoor Gaye Derby-Lewis verdien
beslis kritiek. Daar is nog geen regverdiging gegee hoekom
haar deur afgeskop is of hoekom sy in die tronk moes bly
vir dae nie. Dis nie *wat* hulle hier gedoen het wat kritiek
verdien nie, maar *hoe* hulle dit gedoen het. Drom en
ander wys dit baie goed in 'n ander draad uit en jy wys
jou disrespek vir feite en die juridiese proses daar ook baie
duidelik. Deur jou agenda bo alles te stel maak jy jouself
ongeloofwaardig en oneffektief.
Jammer Gloudina, maar jou halfhartige poging om jouself te
regverdig gaan nie af nie. Want jou huigelary is nie
verdedigbaar nie. Jy kan nie sê ek het 'n reg op kritiek en
my dan om elke hoek en draai daardie reg misgun nie.
|
|
|
Re: Mag en behoort te kritiseer [boodskap #69967 is 'n antwoord op boodskap #69951] |
Tue, 03 December 2002 15:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek dink toevallig dat die Afrikaanse pers hulle redelik
> goed van hulle taak kwyt om ons ingelig te hou. Maar
> ek het ook 'n reg om hulle te kritiseer waar hulle volgens
> my oordeel dit nie doen nie, veral as 'n astrante joernalis
> dit uitlok deur 'n oordrewe opinie oor hulle belangrikheid
> te kom lug.
Wel, met dié verklaring ( dat die Afrikaanse
Pers hulle redelik goed van hulle taak kwyt)
volstaan ons dan. Ek stel egter weer aan jou
voor dat die G63 heelwaarskynlik nie in die
bewussyn van die land as geheel enige rol sou
gespeel het, as dit nie was vir Litnet en die
Internet en die reklame wat hulle in blaaie
soos Beeld gekry het nie. Maar toe los 'n paar
van hulle 'n klein nuusbommetjie, en toe word
hulle vir die eerste keer "raakgesien," met
voorspelbare gevolge. Miskien is hulle seker
bly vir die aandag. Maar ek hoop hulle word
volwasse, voordat hulle weer "vir die Afrikaner"
begin praat. Ek weet dat hulle nie praat vir enige
van my familie in SA nie, selfs nie dié wat aan
die Nasionale Party behoort nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Mag en behoort te kritiseer [boodskap #69984 is 'n antwoord op boodskap #69979] |
Tue, 03 December 2002 20:49   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Nee, ons volstaan met die feit dat jy met jou stilswye
> saamstem dat jou opmerking "mens mag en behoort die
> regerende party in SA te kritiseer" skynheilig en
> huigelagtig was. Want dit is waaroor hierdie draad gaan
> en dis waarmee ek dus wil volstaan. Lees gerus die opskrif.
Ek sien jy wil weer 'n ronde
Kilkenny-kat speel.
Tant Hessie Manx
|
|
|
Re: Mag en behoort te kritiseer [boodskap #69988 is 'n antwoord op boodskap #69984] |
Tue, 03 December 2002 22:12  |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter Plaasvark wrote:
> Nee, ons volstaan met die feit dat jy met jou stilswye
> saamstem dat jou opmerking "mens mag en behoort die
> regerende party in SA te kritiseer" skynheilig en
> huigelagtig was. Want dit is waaroor hierdie draad gaan
> en dis waarmee ek dus wil volstaan. Lees gerus die opskrif.
Tant Hessie Manx
Ek sien jy wil weer 'n ronde Kilkenny-kat speel.
Wouter Ramkat
Nee, ek volstaan dan juis. En jy het self jou stert afgesny.
There once were two cats from Kilkenny,
Each thought there was one cat too many,
They fought and they fit,
And they scratched and they bit,
Till excepting their nails,
And the tips of their tails,
Instead of two cats,
There weren't any
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 21:33:20 UTC 2025
|