Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groep van 63
|
|
|
Re: Groep van 63 [boodskap #69466 is 'n antwoord op boodskap #69382] |
Tue, 26 November 2002 13:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Ferdi Greyling wrote:
Onder die mense wat repliek op besprekings gelewer het, was
> Jannie Gagiano, Piet Muller, Christo Viljoen en Carl Boshoff (IV). 'n
> Samevatting van die toesprake deur Johann Rossouw verskyn in die
> rubriek Seminaarkamer op LitNet
Was Jannie Gagiano een van die G63?
Dit lyk ook vir my asof die kuber-
ruimte deesdae legitimiteit verleen
aan allerhande groepe wat dit nooit
'n honderd jaar gelede sou gemaak
het nie. Hoeveel van G63 se bestaan
is gelegitimiseer op die kuberbladsye
van Litnet? Waar sou Dan Roodt gewees
het sonder Litnet?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Groep van 63 [boodskap #69805 is 'n antwoord op boodskap #69757] |
Fri, 29 November 2002 23:12  |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> Wouter
>> Gaan lees eers my antwoord voor jy jouself verder belaglik maak.
>> Jy is al wat dink jou "feite" is reg.
> Ferdi : So watter feite is verkeerd?
> Wouter
> Lees daardie antwoord wat ek al drie keer gepos het.
> Jou feite oor die berig in Beeld is ook verkeerd. Kyk
> na my aparte pos daaroor.
Ferdi
As dit jou rond dansery oor Slabbert is - ek het elders
daaroor geantwoord.
Wouter
Nee, Ferdi. Jy dans rond oor Slabbert. Jy het tot nou geweier
om my vrae daaroor reguit te antwoord. Al wat ek nog gesien
het is lawwe stellings soos dat Beeld dus reg is, terwyl die
betrokke berig van jou verskil.
Ferdi
As dit oor iets anders is
Wouter
Dis minstens oor Slabbert, oor jou bewering dat Scholtz se
uitspraak met joune saamstem, en oor Praag en G63 se
blootstelling in die Engelse pers. Ek het dit gemotiveer en
berigte aangehaal. Jy probeer dit met 'n lawwe stelling soos
dié hier onder aanhaal.
Ferdi
- en aanvaar jy is maar net nie in staat om te erken as jy
hopeloos verkeerd was nie.
Wouter
Ek het verstaan ons maak nie insinuasies en beledigings
nie. Maar terwyl jy nou terug op die pad is, dis presies
jou probleem, jy spring rond en op af in die hoek
waarin jy jouself geverf het, eerder as om te erken jy
was verkeerd. Jy is steeds in daardie hoek.
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 21:42:40 UTC 2025
|