Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eerste sneeu
Eerste sneeu [boodskap #69590] Wo, 27 November 2002 16:53 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vanoggend was die wêreld spierwit can die sneeu - die eerste wat ons hierdie
winter beleef. Ook die vroegste wat ek sneeu sien sedert ons ses jaar gelede
hierheen gekom het. Ons het tot vervelens toe van die weerburo waarskuwings
gekry oor die naderende winterstorm - oor die radio, TV en per e-pos. Toe
tref dit ons nie heeltemal nie; ook maar gelukkig. Nogtans was dit pragtig
om vanoggend by die venster uit te kyk en alles so spierwit te sien. Langs
die pad was die dennebome vol sneeu, en die kaal swart takke van die bome
het elkeen so 'n wit lagie op gehad, kompleet of iemand die buitelyne
nagetrek het met wit. Sommige huise het reeds Kersfeesliggies in hulle
voortuine, en so met die sneeu en die skielike koue voel dit meer na
Kersfees as 'n week gelede, en ek het my CDs met Kersfeesmusiek uitgehaal en
heeldag op my rekenaar in die kantoor gespeel. Gelukkig is niemand anders
naby my kantoor nie!

Môre is dit Thanksgiving in die VSA; Kanada het reeds hulle s'n gehad. Ons
sal in New York by die nuwe skoonfamilie kuier. In Manhattan, waar die
voorspelling is dat die temperatuur net 20 F sal wees - sommer heelwat onder
vriespunt. Ek kry die mense wat aan Macy's se groot Thanksgivingoptog
deelneem bitter jammer. Veral dié wat skamel geklee deelneem, soos die
dansers.
Re: Eerste sneeu [boodskap #69597 is 'n antwoord op boodskap #69590] Wo, 27 November 2002 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Môre is dit Thanksgiving in die VSA; Kanada het reeds hulle s'n gehad. Ons
> sal in New York by die nuwe skoonfamilie kuier.

Vertel van die troue. En van die nuwe
skoonfamilie.

Gloudina
Re: Eerste sneeu [boodskap #69600 is 'n antwoord op boodskap #69597] Wo, 27 November 2002 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Nov 2002 19:00:03 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
>
> Vertel van die troue. En van die nuwe
> skoonfamilie.
>
> Gloudina

Moet nie want sy's 'n skinderbek

DD
Re: Eerste sneeu [boodskap #69666 is 'n antwoord op boodskap #69590] Do, 28 November 2002 12:21 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Eerste sneeu?
Hierdie in Jakarandaland het ons nog nie eens ons eerste reen gehad nie - en
Kersfees is reeds in sig.

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:DM6F9.6698$ZU6.256@newssvr16.news.prodigy.com...
> Vanoggend was die wêreld spierwit can die sneeu - die eerste wat ons hierdie
> winter beleef. Ook die vroegste wat ek sneeu sien sedert ons ses jaar gelede
> hierheen gekom het. Ons het tot vervelens toe van die weerburo waarskuwings
> gekry oor die naderende winterstorm - oor die radio, TV en per e-pos. Toe
> tref dit ons nie heeltemal nie; ook maar gelukkig. Nogtans was dit pragtig
> om vanoggend by die venster uit te kyk en alles so spierwit te sien. Langs
> die pad was die dennebome vol sneeu, en die kaal swart takke van die bome
> het elkeen so 'n wit lagie op gehad, kompleet of iemand die buitelyne
> nagetrek het met wit. Sommige huise het reeds Kersfeesliggies in hulle
> voortuine, en so met die sneeu en die skielike koue voel dit meer na
> Kersfees as 'n week gelede, en ek het my CDs met Kersfeesmusiek uitgehaal en
> heeldag op my rekenaar in die kantoor gespeel. Gelukkig is niemand anders
> naby my kantoor nie!
>
> Môre is dit Thanksgiving in die VSA; Kanada het reeds hulle s'n gehad. Ons
> sal in New York by die nuwe skoonfamilie kuier. In Manhattan, waar die
> voorspelling is dat die temperatuur net 20 F sal wees - sommer heelwat onder
> vriespunt. Ek kry die mense wat aan Macy's se groot Thanksgivingoptog
> deelneem bitter jammer. Veral dié wat skamel geklee deelneem, soos die
> dansers.
>
Vorige onderwerp: Goedkoop Petrol
Volgende onderwerp: IK Toetse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 01:03:27 MGT 2024