Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrika...al donkerder soos voor sy ontdekking!
Afrika...al donkerder soos voor sy ontdekking! [boodskap #69252] Sa, 23 November 2002 15:54 na volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ons sien al hoe meer hoe die donker wolke om ons
saampak.Ons skel op De Klerk en sy bende verraaiers!
Woede laai op as ons in Afrikaanse koerante moet lees
hoe ons volk se pogings verkleineer en as kleinlikheid
afgemaak word deur die liberaliste in beheer van daardie
koerante.
Ons moet toesien hoe nog meer Boerehelde agter tralies
gesit word omdat hulle die frustrasie nie meer kon verduur
nie.
Tog bly ons steeds by praat en niks doen,terwyl daar
soveel gedoen kan word om ons pad vreedsaam na
vryheid oop te stoot-SONDER OORLOG & SONDER
BLOED!
Die Boer het verstand in sy kop...as hy dit net wil saam
gooi in 'n poel van kragtige vreedsame verset buite
ANC-strukture, tuimel hulle soos domino's ineen!
Dink maar aan Gandhi...

Hierdie stuk is uit 'n blad geneem en gee nie noodwendig
my mening daaroor nie.
Is dit die bewys dat nie alle sogenaamde Regses glo aan
geweldadige verset nie?
Is dit 'n slim idee vir die pad vorentoe?
Is gewapende verset wel nodig?
Wat dink u?
Re: Afrika...al donkerder soos voor sy ontdekking! [boodskap #69256 is 'n antwoord op boodskap #69252] Sa, 23 November 2002 17:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Paul - "come the moment, come the man."
Dis nie die tyd en plek vir geweldadige verset nie. Dit is tyd vir
slimwerk - vir kophou en bekhou.
Moenie 'n ding ryp druk nie, jy druk hom eerder vrot.

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:aro8k5$ntm$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons sien al hoe meer hoe die donker wolke om ons
> saampak.Ons skel op De Klerk en sy bende verraaiers!
> Woede laai op as ons in Afrikaanse koerante moet lees
> hoe ons volk se pogings verkleineer en as kleinlikheid
> afgemaak word deur die liberaliste in beheer van daardie
> koerante.
> Ons moet toesien hoe nog meer Boerehelde agter tralies
> gesit word omdat hulle die frustrasie nie meer kon verduur
> nie.
> Tog bly ons steeds by praat en niks doen,terwyl daar
> soveel gedoen kan word om ons pad vreedsaam na
> vryheid oop te stoot-SONDER OORLOG & SONDER
> BLOED!
> Die Boer het verstand in sy kop...as hy dit net wil saam
> gooi in 'n poel van kragtige vreedsame verset buite
> ANC-strukture, tuimel hulle soos domino's ineen!
> Dink maar aan Gandhi...
>
> Hierdie stuk is uit 'n blad geneem en gee nie noodwendig
> my mening daaroor nie.
> Is dit die bewys dat nie alle sogenaamde Regses glo aan
> geweldadige verset nie?
> Is dit 'n slim idee vir die pad vorentoe?
> Is gewapende verset wel nodig?
> Wat dink u?
>
Re: Afrika...al donkerder soos voor sy ontdekking! [boodskap #69258 is 'n antwoord op boodskap #69252] Sa, 23 November 2002 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Serial # 19781010  is tans af-lyn  Serial # 19781010
Boodskappe: 10
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 23 Nov 2002 17:54:30 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

Ooit my briefie gekry. Ferdi?

DD
Ghandi en Ambedkar [boodskap #69273 is 'n antwoord op boodskap #69252] So, 24 November 2002 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Paul Van Straaten wrote:

> Woede laai op as ons in Afrikaanse koerante moet lees
> hoe ons volk se pogings verkleineer en as kleinlikheid
> afgemaak word deur die liberaliste in beheer van daardie
> koerante.

> Dink maar aan Gandhi...

Du Plessis, hierdie keer het jy werklik iets
beet, wat ten minste 'n beredeneerde antwoord
vereis.
Ek bedoel natuurlik die verwysing na Ghandi.
Jy roep dus jou makkers op om "passive resistance"
te begin, om die wapen te gebruik wat so suksesvol
in Indië gebruik is, en ook in die Amerikaanse Suide
in die laat sestigerjare.
Nou wil ek eers vir jou vra watter "vyand" jy
bedoel? Mens sou aanneem dis die huidige regime,
maar in die paragraaf hierbo dui jy die vyand aan
as "die Afrikaanse koerante...deur die liberaliste
in beheer." Dit beteken dus dat jy dit het teen
mede-Afrikaners, want sover ek weet is al die koerante
in Afrikaans in beheer van Afrikaner-geld en Afrikaner-
mag. Teen wat wil jy hê jou makkers moet agiteer?
Waar wil jy hê moet hulle gaan sit en wyer om op te
staan? Voor Beeld se kantore?
Nou wil ek vir jou iets van Ghandi vertel, wat
so bietjie die shine van jou hero gaan afneem.
Gedurende die tyd wat Ghandi so vir die onafhanklikheid
van Indië geagiteer het, was daar ook 'n sterk poging,
gelei deur Dr. Ambedkar (wat later Vise-President van
Indië geword het) om vir die "Untouchables" 'n sekere
getal setels te reserveer in die Nuwe Indië. Ambedkar
was self 'n Untouchable, en het 'n lewenslange veldtog
gevoer teen die Britte vir meer regte vir die Untouch-
ables. Die Britte was nogal simpatiek, en aan die einde
het Ambedkar selfs baie van die leidende Indiese
politici oorreed om te stem vir aparte verteenwoordiging
vir die Untouchables in die nuwe Indiese Parlement. Maar
Ghandi het voor die voet geweier om toe te gee tot
hierdie versoek van Ambedkar. Toe dit lyk of hy, Ghandi,
gaan verloor, toe begin Ghandi 'n hunger strike spesifiek
teen hierdie situasie. ( Ek dink Ghandi se argument was
dat as jy vir verskillende groepe regte en setels wil
reserveer, dan maak jy 'n pandora's box oop, en sou veral
die Moslems in die Weste hulle aparte verteenwoordigers
wil hê.) Uiteindelik, toe Ghandi na aan die dood was
as gevolg van sy vas, toe het Ambedkar maar ingegee en
opgehou agiteer vir aparte verteenwoordiging vir die
Untouchables.
Ambedkar het egter maande voor sy dood in 'n baie
publieke seremonie oorgegaan na die Boeddhisme, en
dit het tot 'n heroplewing van die Boeddhisme gelei in
Indië in die laaste halfeeu.

Gloudina
Re: Ghandi en Ambedkar [boodskap #69276 is 'n antwoord op boodskap #69273] So, 24 November 2002 14:44 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 24 Nov 2002 14:04:51 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Paul Van Straaten wrote:
>
>
>> Woede laai op as ons in Afrikaanse koerante moet lees
>> hoe ons volk se pogings verkleineer en as kleinlikheid
>> afgemaak word deur die liberaliste in beheer van daardie
>> koerante.
>
>
>> Dink maar aan Gandhi...
>
> Du Plessis, hierdie keer het jy werklik iets
> beet, wat ten minste 'n beredeneerde antwoord
> vereis.

> Nou wil ek eers vir jou vra watter "vyand" jy
> bedoel? Mens sou aanneem dis die huidige regime,
> maar in die paragraaf hierbo dui jy die vyand aan
> as "die Afrikaanse koerante...deur die liberaliste
> in beheer." Dit beteken dus dat jy dit het teen
> mede-Afrikaners, want sover ek weet is al die koerante
> in Afrikaans in beheer van Afrikaner-geld en Afrikaner-
> mag. T
>
> Gloudina

Korrek, die vyand waarvan ek melding maak is liberalisme is die vorm
van die media wat sorg dat hul brood steeds met anc smeersel gebotter
word. Onthou jy die NG kerk wat in die vorige bestel apartheid
ondersteun het en met die koms van die swart regering apartheid met
mening beveg het? Selfs aan die nuwe regering wou vertel hòe verkeerd
afsonderlike ontwikkeling werklik is? Net so is die poniekoerante soos
die beeld ens. wat geen beleid anders as die (nuutste)
regeringsbeleid het nie.

Du Plessis
Vorige onderwerp: boom
Volgende onderwerp: Watter rol speel jy in die lewe?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 00:17:02 MGT 2024