| Tjailatyd [boodskap #69069] |
Wo., 20 November 2002 13:40  |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
Gr.Rico
|
|
|
|
|
|
| Re: Tjailatyd [boodskap #69074 is 'n antwoord op boodskap #69069] |
Wo., 20 November 2002 14:10   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Rico wrote:
> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
Tjaila is opgeneem in beide Afrikaans
en SA Engels. Die Dictionary of South
African English sê die volgende:
shayile - (various forms and spelling
tjaila, chiela, tshaile : To stop
work, down tools, usually in combination
with - time. ( Zuly shayisa, Xhosa shiyela,
Tswana chaile).
Gewoonlik word dit in Afrikaans gebruik saam met
die element van tyd. "Wanneer gaan jy tjaila? "
" Ek moet nou tjaila." "Tjailatyd"
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Tjailatyd [boodskap #69081 is 'n antwoord op boodskap #69074] |
Wo., 20 November 2002 17:06   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
Gloudina
Tjaila is opgeneem in beide Afrikaans
en SA Engels. Die Dictionary of South
African English sê die volgende:
shayile - (various forms and spelling
tjaila, chiela, tshaile : To stop
work, down tools, usually in combination
with - time. ( Zuly shayisa, Xhosa shiyela,
Tswana chaile).
Gewoonlik word dit in Afrikaans gebruik saam met
die element van tyd. "Wanneer gaan jy tjaila? "
" Ek moet nou tjaila." "Tjailatyd"
Wouter
As ek reg onthou, is tjaila ook 'n Fanagalo-woord.
Fanagalo is 'n "taal" (eintlik 'n reeks opdragte) wat
op die myne gebruik is om kommunikasie tussen die
11 (eintlik meer) taalgroepe in die land moontlik te maak.
Fanagalo leen swaar uit Zulu, omdat daar baie
Zulusprekendes op die myne was.
|
|
|
|
|
|
| Re: Tjailatyd [boodskap #69085 is 'n antwoord op boodskap #69081] |
Wo., 20 November 2002 17:59   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> As ek reg onthou, is tjaila ook 'n Fanagalo-woord.
> Fanagalo is 'n "taal" (eintlik 'n reeks opdragte) wat
> op die myne gebruik is om kommunikasie tussen die
> 11 (eintlik meer) taalgroepe in die land moontlik te maak.
>
> Fanagalo leen swaar uit Zulu, omdat daar baie
> Zulusprekendes op die myne was.
Maar dit lyk tog of die Tswana
die naaste is aan hoe ons hom
uitspreek in Afrikaans. Ek wonder
of tjaila nie alreeds in Afrikaans
opgeneem is deurdat boere veral in
die Vrystaat met Tswana-sprekers
as werkers op die plase te doen gekry
het nie.
Maar dit is seker deur fanagalo dat
die woord daadwerklik in Afrikaans (en
SA Engels) binnegekom het. Ek sou waag
om te sê dat enige Afrikaans-spreker,
vanwaar hy ookal kom, die woord tjaila
in Afrikaans ken. Anders as sommige
ander Zulu of Xhosa woorde, wat net
deur streeksprekers gebruik word.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Tjailatyd [boodskap #69104 is 'n antwoord op boodskap #69088] |
Wo., 20 November 2002 22:24  |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Baie dankie almal, dat julle my vertel oor tjailatyd.
Nou weet ek dis die beste tyd van die dag :-))
Het julle ook 'n naam vir die slegste tyd op 'n dag, jou bed uitklim???
Gr.Rico
"DD" schreef in bericht
news:tmlntuohi0gngj2l3t4u68csuath1olsmc@4ax.com...
> On Wed, 20 Nov 2002 14:40:57 +0100, "Rico"
> wrote:
>
>> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
>>
>
>> Gr.Rico
>>
>
> Tjailatyd beteken nie 'huis toe te gaan' nie, Rico.
> Dit beteken om 'van diens af te gaan'. Jy kan dus
> tjaila sonder om huis toe te gaan. Dit sal beslis nie
> in die nederlandse taal verskyn nie want soos Wouter
> sê, kom dit uit Fanagalo wat 'n dialek is bestaande uit
> oorheersend Zulu en ook 'n groot mate Xhosa. Daar is
> meer tale verteenwoordig in Fanagalo ('n taal waarin ek
> vloeiend is sedert agt jarige ouderdom).
>
> Ek vind dit interessant dat Gloudina sê dat dit opgeneem is
> in die Engelse taal maar dit bewys weer dat tale moet groei
> om te bly bestaan.
>
|
|
|
|