Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Laatmiddag in die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING
" Laatmiddag in die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING [boodskap #68993] Ma, 18 November 2002 16:39
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LAATMIDDAG IN DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling

En teen die einde
kom ons tot ruste
in 'n huis van klip
in die wye Klein Karoo.

In die laat somer wat soos 'n klok
oor die bruin vlaktes beier,
borrel ons woorde soos water
in die skemer op die stoep.

Later sny ons 'n waatlemoen oop.
Met redelikheid
Word die slag van die vrug
beplan en uitgevoer:

Om die fel son
wat in die rooi hart
tot soetste suiker gekom het
die beste oop te lê op die tafel tussen ons.

In die koel skemer van die aand
sit ons tevrede en eet op die stoep.
Die gesels droog op toe die koel windjie
van die see oorkant die berg ons begin lawe.
Vorige onderwerp: " Seemeeu " deur NP van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " Oktober " deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 00:41:31 MGT 2024