Help [boodskap #68896] |
Sun, 17 November 2002 00:56  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Help asb. Ek het vandag (of is dit gister?) 'n baba hondjie persent gekry
en sy weier om te slaap. Sy wil nie ophou skree nie, nie eers as ek haar
optel nie. My eerste hond het net geskree as hy wou uitgaan, en het na die
tyd weer ewe soet in sy boks gaan lê en slaap. Dis al 3:00 en dit gaan al
van 5 uur vanmiddag aan. My man lê rustig en slaap. Daai swembad begin al
hoe aantrekliker lyk. Heeeeeeeelllllllllppppppppppp!
Groete
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Help [boodskap #69011 is 'n antwoord op boodskap #68979] |
Mon, 18 November 2002 21:39  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek is eindelik. Ek het al honde vandat ek 10 is. My eerste hond was 'n
vreeslik aggresiewe foxterrier. Toe hy so 8 was het ek 'n Duitse Herder
gekry en toe die eerste foxie dood is, het ek vir hom 'n dogtertjie maatjie
gekoop (ook 'n foxie). Ek moes hulle by my ouers los toe ek Johannesburg
toe getrek het omdat ek in 'n woonstel gebly het. So 9 maande terug het ek
in 'n huis ingetrek en ek het 'n maand later 'n Chow gekoop. Saterdag het
ek die kollie persent gekry vir my jaarsdag.
Maar al is sy my vyfde hond het ek nog nooit 'n hond so sonder ophou hoor
skreeu nie. Hulle hou gewoonlik op as 'n mens hulle optel of een van jou
kledingstukke langs hulle neersit. Nie hierdie enetjie nie. Sy skrou en
skrou en skrou en skrou sonder ophou. Vandag ek uitgevind het kollies hou
nie daarvan om "ingedruk" te voel nie. Hulle het spasie om hulle nodig, so
die boks waarin ek haar laat slaap het is iets van die verlede. Vanaand kan
sy op die vloer slaap, dit lyk asof sy daarvan hou.
Groete
Elaine
"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:arb4nb$33u$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan ook maar sien jy is nie baba-hondjies gewoond nie!
|
|
|