Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie.
Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68900] So, 17 November 2002 06:32 na volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
My pa (86) het nou vir so 'n paar dae by ons gekuier. Daar word altyd
gesê dat 'n ouer 4 kinders kan grootmaak, maar dat 4 kinders nie na
een ouer kan kyk wanneer dié oud word nie. Ek het altyd gedink dat dit
'n skande is dat kinders dit nie kan doen nie. Die swart mense stel so
'n goeie voorbeeld vir ander kulture in ons land. Selfs die
plattelandse bruin mense kyk ook goed, nie net hul eie nie, maar ook
die wat naby of om hulle bly.
Na my pa se besoek sien ek hoe klein sy wêreldjie geword het, dan dink
ek dat ek ook oud moet word en as ek so lank lewe sal ek ook seker so
word :-( Gaan my kinders my ook so behandel soos meeste witmense hul
ouers behandel of gaan hulle kyk hoe ek my pa behandel in sy ou dag en
dan vir my ook so behandel.
--
--------------------------------------------
News & photos from Luanda
http://walk.isat.co.za
--------------------------------------------
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68901 is 'n antwoord op boodskap #68900] So, 17 November 2002 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos ons altyd sê, daar is twee kante van 'n saak. Om 'n ou mens te
versorg is 'n pragtige gedagte, maar die dag as hy verswak raak, dan is die
gemiddelde mens nie meer in staat om behoorlik vir so 'n ou mens te sorg nie
bloot omdat hulle nie die kennis en ondervinding het nie. Dis 'n
drogsituasie wat jou met die tyd bekruip en teen die tyd wat die ou mens
sterf, dan is daar in meeste gevalle soveel negatiewe dinge beleef en gesê
wat nie goed vir albei kante is nie. Dis nie met wreedheid en
ongeëregdheid as ek sê dat 'n ou mens eerder moet na 'n ouetehuis voor hy
verswak raak nie, dis omdat dit die beste vir beide kante is. Gaan kyk
maar na huise wat verswakte ou mense verpleeg het tot die dood toe en jy sal
in meeste gevalle maagsere vind by van die agtergeblewenes agv van die
stres.
Dan is daar ook dat so 'n ou mens in 'n huis vol jonger mense nie mense
van sy eie portuur het om mee te kommunikeer nie. Dan verstok hulle en
voel hulle hul het geen nut meer in die lewe nie. Kom hy in 'n ouetehuis
onder mense van sy eie portuur, dan verhoog sy status en kry hy weer sin vir
die lewe. Soos ek gesê het, daar is twee kante. Hierdie is 'n ding wat
eerder met logika aangepak word as om emosioneel daaroor te redeneer.

"Tobie" skryf in boodskap news:ar7dc1$c53$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My pa (86) het nou vir so 'n paar dae by ons gekuier. Daar word altyd
> gesê dat 'n ouer 4 kinders kan grootmaak, maar dat 4 kinders nie na
> een ouer kan kyk wanneer dié oud word nie. Ek het altyd gedink dat dit
> 'n skande is dat kinders dit nie kan doen nie. Die swart mense stel so
> 'n goeie voorbeeld vir ander kulture in ons land. Selfs die
> plattelandse bruin mense kyk ook goed, nie net hul eie nie, maar ook
> die wat naby of om hulle bly.
> Na my pa se besoek sien ek hoe klein sy wêreldjie geword het, dan dink
> ek dat ek ook oud moet word en as ek so lank lewe sal ek ook seker so
> word :-( Gaan my kinders my ook so behandel soos meeste witmense hul
> ouers behandel of gaan hulle kyk hoe ek my pa behandel in sy ou dag en
> dan vir my ook so behandel.
> --
> --------------------------------------------
> News & photos from Luanda
> http://walk.isat.co.za
> --------------------------------------------
>
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68906 is 'n antwoord op boodskap #68900] So, 17 November 2002 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Tobie,

Graag stem ek met jou saam.Maar 'n mens is maar okk net 'n mens.Ek kyk na my
ouma vir wie ek omgee en agter haar kyk al is andere in my familie veel
ryker as ekself.Hulle sou dit eerder kon bekostig ...maar ek kla nie.
Sy was daar vir my toe ek haar nodig gehad het.
Vandag kom haar kinders nie by haar nie.
Haar enigste seun,vir wie sy nou-nog instop woon sowat
400meter vanaf ons plot, en hy sit sy voete nie hier nie...maar wanneer
hulle sukkel,dan word die kinders vinnig opgestuur om by hulle ouma te kom
kry!
Dan was my ouma sowat drie jaar ook darem in die gelukkige posissie dat haar
tweede oudste kind wat sowat
10km van ons af woon,twee keer binne daardie jaar vir haar kom kuier het,
nadat ek haar gat-blink gelek het om dit te doen.Dit was toe haar enigste
twee besoeke die
afgelope 14 jaar.
Maar my ouma bly my ouma en ek eer haar vir dit wat sy
vir haar kinders,klein kinders,agter klein kinders asook die agter-agter
klein kind gedoen het.Sy is goud werd...al raak sy erger as 'n stout
dogtertjie.

Terloops iemand vra my of ek nie slaap nie, soos my ouma is, is ek!Daardie
mense kon werk.My ouma het afgetree toe sy 82 jaar en ses maande oud was...
Wat 'n voorbeeld om na te volg,is dit nie?
Diesulkes is maar yl-gesaai!

"Tobie" skryf in boodskap news:ar7dc1$c53$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My pa (86) het nou vir so 'n paar dae by ons gekuier. Daar word altyd
> gesê dat 'n ouer 4 kinders kan grootmaak, maar dat 4 kinders nie na
> een ouer kan kyk wanneer dié oud word nie. Ek het altyd gedink dat dit
> 'n skande is dat kinders dit nie kan doen nie. Die swart mense stel so
> 'n goeie voorbeeld vir ander kulture in ons land. Selfs die
> plattelandse bruin mense kyk ook goed, nie net hul eie nie, maar ook
> die wat naby of om hulle bly.
> Na my pa se besoek sien ek hoe klein sy wêreldjie geword het, dan dink
> ek dat ek ook oud moet word en as ek so lank lewe sal ek ook seker so
> word :-( Gaan my kinders my ook so behandel soos meeste witmense hul
> ouers behandel of gaan hulle kyk hoe ek my pa behandel in sy ou dag en
> dan vir my ook so behandel.
> --
> --------------------------------------------
> News & photos from Luanda
> http://walk.isat.co.za
> --------------------------------------------
>
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68907 is 'n antwoord op boodskap #68900] So, 17 November 2002 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 17 Nov 2002 08:32:20 +0200, "Tobie" wrote:

> My pa (86) het nou vir so 'n paar dae by ons gekuier. Daar word altyd
> gesê dat 'n ouer 4 kinders kan grootmaak, maar dat 4 kinders nie na
> een ouer kan kyk wanneer dié oud word nie. Ek het altyd gedink dat dit
> 'n skande is dat kinders dit nie kan doen nie. Die swart mense stel so
> 'n goeie voorbeeld vir ander kulture in ons land. Selfs die
> plattelandse bruin mense kyk ook goed, nie net hul eie nie, maar ook
> die wat naby of om hulle bly.

Die swarte kyk goed na sy ouers omdat hy op sy kinders se nekke wil
gaan lê wanneer hy aftree ouderdom bereik. Dit is deel van hulle
kultuur. Wanneer hy werklik kultureel grootgeword het, sal sy vrou
buitendien op die lande gewerk het ook, met hom voor die statte.

'n Kind skuld 'n ouer niks. Daardie vrou wat so graag aan haar kind
vertel dat sy hom nege maande gedra het, wil in haar aftreejare deur
hom gedra word. En daardie pa wat voor sy kind se kop gooi dat hy
gesorg het vir universiteitskostes moet sy gordel bietjie srywer span
en self vir sy aftreejare sorg. Geen van hul kinders het gevra om
om deel van hul gesin tw wees nie. Dit was die gevolg van 'n
half uur se plesier. Gesinsbeplanning is 'n rariteit.

Gelukkig was dit nooit werklik deel van die blanke se kultuur dat
die kinders vir die ouers moet sorg nie. Moet ook nie voorspraak
maak daarvoor nie, Tobie. Waarom het die swartes sulke groot
gesinne? Omdat kinders vir hulle pensioen beteken.

Natuurlik is dit wonderlik as kinders finansieël die ouers bystaan.
Dit moet net nie geeis word nie maar as 'n voorreg beskou word.
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68911 is 'n antwoord op boodskap #68907] So, 17 November 2002 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
>> Natuurlik is dit wonderlik as kinders finansieel die ouers bystaan.
> Dit moet net nie geeis word nie maar as 'n voorreg beskou word.

Teenwoordig sien 'n mens meer ouers wat hul kinders finansieel bystaan.
Hulle het almal goeie pensioene en die kinders betaal nou baie meer vir 'n
nuwe huis. Die ouers gee dan maar van hul spaargeldjies om die kinders te
help.
Hilda.
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68924 is 'n antwoord op boodskap #68901] So, 17 November 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Kom hy in 'n ouetehuis
> onder mense van sy eie portuur, dan verhoog sy status en kry hy weer sin vir
> die lewe. Soos ek gesê het, daar is twee kante. Hierdie is 'n ding wat
> eerder met logika aangepak word as om emosioneel daaroor te redeneer.

Ek stem hier ten volle saam. En die gtootste
diens wat mens vir jou kinders kan bewys, is
om aan hulle duidelik te maak dat jy verwag
om na 'n ouetehuis te gaan as jy te oud word
om alleen te leef. Kinders het 'n te romantiese
idee van wat gaan gebeur as hulle ouers baie
oud word. Mens moet self die harde feite in
hulle koppe inpraat, sodat hulle dit kan uitvoer
wanneer die tyd daar is.
Gloudina
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68929 is 'n antwoord op boodskap #68924] So, 17 November 2002 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons het 'n ouma in die familie gehad wat verseg het om ouetehuis toe te gaan
en op die ou end het die een dogter haar in die huis geneem. Later het sy
die geld gestaan sodat vir haar 'n woonstel aangebou kan word.
Nieteenstaande my waarskuwings dat hierdie storie nie gaan werk nie, het
hulle drie jaar so aangekarring en die ou dame het verstok. Haar dogter is
heeldag by die werk en sy sit by die huis, alleen. Kom middag, dan kom die
dogter huistoe, gatvol gewerk en gatvol vir mense sien heeldag en sy het nie
meer lus vir 'n gesels nie. Ouma weer, was heeldag alleen en nou wil sy
praat. Soos gesê, dit was net drie jaar toe begin hulle mekaar haat.
Ouma wou nie meer kommunikeer nie en op die ou end het sy heeldag in haar
stoel gesit en wieg en sing vir haarself.
Uit nood is sy toe in 'n ouetehuis gesit sodat sy onder professionele
sorg kon kom en twee weke later sou jy die ou dame nie erken nie! Skielik
was sy een van die jongste in die groep en sy moes vir van die ouer mense
help. Haar lewe het weer sin gekry omdat daar weer vir haar 'n doel was.
Waar sy aan die begin gekla het dat die kinders nie gereeld genoeg vir haar
kom kuier nie, het sy nou skielik jou aangejaag as jy te lank bly sit.
Sy't soveel om te doen en die tyd is min!
In kort, of jy 10 of 'n 100 is, ledigheid is die duiwel se oorkussing.
Vir al julle mense wat so smag na aftrede [hoekom mens wil aftree weet ek
nie want as jy jou werk geniet, dan maak dit jou nie moeg nie!] sorg dat jy
'n baie aktiewe stokperdjie het vóór jy gaan aftree. Dit help nie om te
dink dat as jy die dag aftree gaan jy darem dinge doen nie......jy moet
reeds besig wees. So nie, gaan hou 'n lekker vakansie en kry dan weer vir
jou 'n werk. Die mens is nie bedoel om te rus nie......
skryf in boodskap news:3DD7A372.6010401@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> Kom hy in 'n ouetehuis
>> onder mense van sy eie portuur, dan verhoog sy status en kry hy weer sin vir
>> die lewe. Soos ek gesê het, daar is twee kante. Hierdie is 'n ding wat
>> eerder met logika aangepak word as om emosioneel daaroor te redeneer.
>
> Ek stem hier ten volle saam. En die gtootste
> diens wat mens vir jou kinders kan bewys, is
> om aan hulle duidelik te maak dat jy verwag
> om na 'n ouetehuis te gaan as jy te oud word
> om alleen te leef. Kinders het 'n te romantiese
> idee van wat gaan gebeur as hulle ouers baie
> oud word. Mens moet self die harde feite in
> hulle koppe inpraat, sodat hulle dit kan uitvoer
> wanneer die tyd daar is.
> Gloudina
>
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68932 is 'n antwoord op boodskap #68929] So, 17 November 2002 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 17 Nov 2002 16:52:47 +0200, "Suidwester" wrote:

> sorg kon kom en twee weke later sou jy die ou dame nie (H)erken nie!

Baie waarheid in wat jy sê Suidwester, want toe is sy in haar groep
waar sy kom gesels oor ossewaens, kleiosse en kleilatgooi en die mense
weet waarvan sy praat.

> Vir al julle mense wat so smag na aftrede [hoekom mens wil aftree weet ek
> nie want as jy jou werk geniet,

Heelwat debatruimte vir wat jy hier sê, Namibiër:-). Sélf, het ek gesê
dat ek nooit sal aftree nie maar besig sal bly in een of ander
besigheid. Ek ìs 'n sakeman, en wil in besigheid betrokke bly, maar...
ook wil ek los wees om nuwe velde te gaan verken en nuwe
buurvrouens te gaan ontmoet.
Iemand het eendag aftrede as 'n nuwe beroep beskryf. As jy in die
finasiële wêreld beweeg sal jy weet dat (jong veral!) aftrede is slegs
werklik gevestigde mense (wat bereid is om betrokke te bly
en dan weer 'n vraag te laat hang oor die woord 'aftrede'.

Dave


>> Suidwester wrote:


>> Kom hy in 'n ouetehuis
>>> onder mense van sy eie portuur, dan verhoog sy status en kry hy weer sin vir
>>> die lewe. Soos ek gesê het, daar is twee kante. Hierdie is 'n ding wat
>>> eerder met logika aangepak word as om emosioneel daaroor te redeneer.

>> Ek stem hier ten volle saam. En die gtootste
>> diens wat mens vir jou kinders kan bewys, is
>> om aan hulle duidelik te maak dat jy verwag
>> om na 'n ouetehuis te gaan as jy te oud word
>> om alleen te leef. Kinders het 'n te romantiese
>> idee van wat gaan gebeur as hulle ouers baie
>> oud word. Mens moet self die harde feite in
>> hulle koppe inpraat, sodat hulle dit kan uitvoer
>> wanneer die tyd daar is.
>> Gloudina

>
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68941 is 'n antwoord op boodskap #68900] So, 17 November 2002 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
in van julle briewe vind ek 'n deernis vir die oue van dae .........
Re: Jy sal gelei word waar jy nie wil wees nie. [boodskap #68943 is 'n antwoord op boodskap #68941] So, 17 November 2002 18:40 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 17 Nov 2002 20:31:36 +0200, "?obie" wrote:

> in van julle briewe vind ek 'n deernis vir die oue van dae .........
>

Sonder 'n reaksie op stellings?

DD
Vorige onderwerp: Valse beweringe en vedag makery?
Volgende onderwerp: Hoe op dees aarde is dit moontlik?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:04:35 MGT 2024