Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » sing antie van blou berge of bomme
sing antie van blou berge of bomme [boodskap #68760] Do, 14 November 2002 20:55 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

waar was ons nou weer laas. o ja oor sanien wat maak shoppie gaan
word. jislaaik my antie toe gaan maarts en toitoi my pa en oom hansie
vannie pennelbieters mos saam met die ooms en anties vannie pee-asee.
sesdysend van hille antie. my ma het langsie pad by die herdresser
gaan sit om die pistakel te aanskou sê sy. ma' sy sê die ynde is naby
want die bybel sê innie laaste dae sallie leeu ennie lammertjies saam
straatop loop. ma' het oom oujei nie geskrik vir my pa en oom hansie
pênnelbieter nie antie hyt sommer vegeet om tsanien se naam te
verander en nou is ons nie meer naam shoppie nie antie.

ma' lewies triegaart is nie so gelukkig nie antie want daai ooms
kannie sien lat hille saam met die pie-innie-see moet maarts nie. die
ooms vannie aas-en-sjee het mos treur lewiesie se naam loop staat
verander na makadoe ma' toe sê die ooms wat raad gee oor plekke se
name hille kannie want daars klaar 'n plek met die naam makadoe. toe
gaan die aas-en-sjee makadoe toe en sê hille moet hille naam verander
lat hille makadoe kan kry vir tragiese lewies. toe sê hille oukei ma'
dan wil hille dzananie wees ma' die naamplekooms sê hille kannie want
daars klaar 'n dzananie ok. toe gaan sê hille virrie mense van
dzananie hille moet 'n ander naam kry lat makadoe dzananie kan word en
triestige lewies makadoe. nou wag ammal in spanning antie. ma' my pa
sê hy weet nie vir wat noem hille tragedie lewies nie sommer waterbok
nie want die affêre klink vir hom soos 'n passer redenasie. 'n kring
al omme gat antie.

ma' op mokkopaan wat eers potgietersrus was lyk dinge nog leliker
antie. antie het seker gehoor vannie oom dokter wat hille gevang het
oor hy die staat ver wil omgooi. my pa sê kan 'n dokter tog so stoepid
wees toe sê my ma ja toe sê my pa sy moet sjarrap. ma' nou soek hulle
die stoepid dokter se drie seunkies virrie bomme in soewetoe antie. my
pa sê daas nou stoepid want as jy 'n bom wil plant sit jy hom inne
wimpie baar en nie op 'n trynspoor nie antie.

my pa het gesê na wat saterdag in marsyl gebeer het mag ek nie weer
die woord rakbie in ons hys gebryk nie. smaak my hys nou permanent
permanent genees antie. hy sê ons moet krieket praat. toe vra ek vir
hom wies jaak kallis antie. toe raak hy bemoerd want ek wed antie
antie weet nie lat ons mister van sport oomkontoe balfor nie weet wie
jaak kallis is nie. hys ma' net die eerste krieketspeler in wêreld
krieket wat in twintag jaar onner die tien beste boulers en die tien
beste kolwers tel antie. ma' oom toekont reken hy wil hom nie in ons
span hê nie antie want dan lyk ons nie soos die ôl bleks nie. oom
hansie vannie pennelbieters sê miskien moet jaak kallis vir ostralieje
gaan speel lat hille ons in twee dae kan wen in plaas van drie.

ons het nog steeds nie 'n rynkwien nie antie en dinge begin nou lelik
lyk hie op sanien. die antie vannie reinkwien kounsil het vi' my pa
gesê hille het klaar iemand gekies ma' sy wil nou eers in londin gaan
leer. ek wetie wat hille haar in londin van reentmaak kan leer nie
antie ma' sy moet haar maaind opmaak want ons het nog niks reent gehad
nie. oom hansie vannie pênnelbieters sê hy hoor dis el ninjo se skild
ma' my pa sê die rynkwien se naam is moedjadjie. ma' hy sê miskien
moet ons die droogte ma' ytstaan lat moedjadjie eers londin toe kan
gaan dalk leer sy die resep om rakbie te speel.

sjym antie toes die oom wat die orrel innie kerk speel ook dood. my pa
sê hy weet nie wat dit is met ons singers lat hille nie ordentlik kan
kar bestier of vliegtyg vlieg of boomklim nie. hy sê die berge lê nou
nog blouer as na marsyl ma' oom hansie vannie pênnelbieters sê hy
dink eerder die geliefde hang innie bitterbessiebos. my pa sê hy hoop
oom hansie praat van rakbie want 'n mens moet respekte virrie dood hê
soos in kanna hy kô hys toe.

koebaai antie

hennerietjie (antie moenie kringe in 'n bos loop waar daar bomme hang
nie)
Re: sing antie van blou berge of bomme [boodskap #68762 is 'n antwoord op boodskap #68760] Do, 14 November 2002 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

hyt sommer vegeet om tsanien se naam te
> verander en nou is ons nie meer naam shoppie nie antie.
>
> ma' lewies triegaart is nie so gelukkig nie

Ja, geluk, Hennerietjie. Ek het in die
koerant gelees dat julle naam nog dieselfde
is. Ek sal egter nie omgee as Louis Trichardt
se naam verander word nie, want ek kon nooit
onthou hoe om dit reg te spel nie. ( Ek wonder
hoeveel mense op die nuusgroep my kan reghelp
sonder om eers op die landkaart te gaan kyk.

Tant Hessie
Re: sing antie van blou berge of bomme [boodskap #68763 is 'n antwoord op boodskap #68760] Do, 14 November 2002 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

my pa sê kan 'n dokter tog so stoepid
> wees toe sê my ma ja toe sê my pa sy moet sjarrap. ma' nou soek hulle
> die stoepid dokter se drie seunkies virrie bomme in soewetoe antie. my
> pa sê daas nou stoepid want as jy 'n bom wil plant sit jy hom inne
> wimpie baar en nie op 'n trynspoor nie antie.
>
> my pa het gesê na wat saterdag in marsyl gebeer het mag ek nie weer
> die woord rakbie in ons hys gebryk nie.

Ja, dit lyk vir my jou ma se kop is nog
reg opgeskroewe. Sy weet waar Dawid die
wortels gegrawe het. In Marseilles.
Ek hou ook nie van daardie gepratery van
jou pa oor die bomme in die Wimpy bar nie. Dit
lyk asof hy al oor sulke dinge gedink het.

Tannie Gloudina
Re: sing antie van blou berge of bomme [boodskap #68764 is 'n antwoord op boodskap #68760] Do, 14 November 2002 21:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

> die antie vannie reinkwien kounsil het vi' my pa
> gesê hille het klaar iemand gekies ma' sy wil nou eers in londin gaan
> leer. ek wetie wat hille haar in londin van reentmaak kan leer nie

Moenie vir jou bekommer nie. Hulle sal in
London vir haar 'n hele klomp oor reent kan
leer. En as sy verder wil gaan studeer, stuur
haar dan na Amsterdam en Vancouver, waar hulle
ook baie van die onderwerp af weet. Weet jy,
Hennerietjie, tannie het tot die gevolgtrekking
gekom dat ek meer van sneeu hou as van reën.
Sneeu is nie so nat nie.

Tannie Gloudina
Re: sing antie van blou berge of bomme [boodskap #68765 is 'n antwoord op boodskap #68760] Do, 14 November 2002 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

> hennerietjie (antie moenie kringe in 'n bos loop waar daar bomme hang
> nie)

Ek sal versigtig wees, Hennerietjie. Nadat
Osama Bin Laden nou ook vir Kanada "gewaarsku"
het, sal ons ook maar oor ons skouers moet
begin kyk, soos ons bure na die Suide. Ek dink
julle daar in SA behoort redelik veilig te voel.
Veral in Kaapstad waar Pagad julle versekerings-
polis is. En mens moet natuurlik ook nie vergeet
hoe die vorige regering vir Irak en Iran gehelp
het met die oorlogstuig nie. Hoop hulle het nie
kort geheues nie.

Tannie Gloudina
Re: sing antie van blou berge of bomme [boodskap #68802 is 'n antwoord op boodskap #68762] Vr, 15 November 2002 15:59 Na vorige boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jy hoef nie om te gee oor hoe word watookal gespel nie,
aangesien jy mos oorsee is.Daar moet jy maar aanleer
wat jy daar wil spel...
skryf in boodskap news:3DD41615.3000701@rogers.com...
>
> hennerietjie wrote:
>
>
> hyt sommer vegeet om tsanien se naam te
>> verander en nou is ons nie meer naam shoppie nie antie.
>>
>> ma' lewies triegaart is nie so gelukkig nie
>
>
> Ja, geluk, Hennerietjie. Ek het in die
> koerant gelees dat julle naam nog dieselfde
> is. Ek sal egter nie omgee as Louis Trichardt
> se naam verander word nie, want ek kon nooit
> onthou hoe om dit reg te spel nie. ( Ek wonder
> hoeveel mense op die nuusgroep my kan reghelp
> sonder om eers op die landkaart te gaan kyk.
>
> Tant Hessie
>
Vorige onderwerp: Selfmoord
Volgende onderwerp: Armoede is 'n verterende kanker!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 10:42:13 MGT 2024