Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is.
Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is. [boodskap #6835] |
Sun, 21 July 1996 00:00  |
|
Oorspronklik gepos deur: (Carl Schoeman)
Ek het gewonder of ons iets besonders gaan sien,
miskien n "spielberg" invloed, maar ek het verwag
dat ek amerika se kultuur in alle waarheid sou
aanskou.
Dis presies wat gebeur het, trompoppies,en
"ojsimpson" ontsnapwaens !
Mohamad wat op die berg ruk en rol.
Wat kan ek sê van die skoenlappers ?
Die ergste vir my as atheis, was die
koor, evangilisasie behoort verban te
word by so n samekoms !
Nou ja, die vlam op die tou kan net as n
anti-klimaks beskryf word.
Indien Kaapstad die spele aanbied, hoop
ek beslis dat die opening nie in n
kaapse klopse nagmerrie ontaard nie.
Ek hoop eder dat n eg afrika opening sal
plaasvind, met n zulu/xhosa wat n spies gooi om
die vlam te onthul.
Ons land is gelukkig ryk aan kuns en kultuur
en behoort met n uitmuntende olimpiese opening
voor dag te kom.
Wat dink jy van die Atlanta opening ?
-------------------Carl Schoeman
|
|
|
|
|
|
|
Re: Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is. [boodskap #6859 is 'n antwoord op boodskap #6835] |
Wed, 24 July 1996 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: (Carl Schoeman)
Gloudina:
Ons moet ook uitkyk vir Elana Meyer op Sondag 27
Julie, sy het verlede spele, silwer in die
v-maraton gekry.
Koos: n mens wat nie n sin van humor het
oor ons politiek nie, is seker maar n lid
van die awb en hoef in elke geval nie
ernstig opgeneem te word. Jou grappie
oor Winnie is heel aanvaarbaar en in die
"kom ons vergewe maar vergeet nie"
konteks gebeur dit dalk net.
Armando:
Van watter spoor praat jy en in wie se gat
kruip ek sodanig op ?
Ek behep my met enige iets wat my aandag trek
en is dol verlief op suidelike-Afrika en sy mense.
Ek mis nie die noorde of nasionalisme nie en is
voorbereid op die anargistiese toemkoms wat nie
net afrika maar die hele wereld gaan ondervind
as gevolg van oorbevolking.
TE VEEL MENSE OM TE beheer !
groete
cs
|
|
|
|
Re: Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is. [boodskap #6870 is 'n antwoord op boodskap #6835] |
Thu, 25 July 1996 00:00  |
Anonymous
Boodskappe: 24 Geregistreer: June 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article <4t54r9$l...@janus.cqu.edu.au>, kenn...@topaz.cqu.edu.au (Ingrid Kennedy) wrote:
>In article <4svu52$f...@asgard.sprintlink.co.za>, fe...@is.co.za (Koos) says:
>>
>>(Carl Schoeman) wrote:
>>
>><<<>Wat dink jy van die Atlanta opening ?>>
>>>
>> (Moet Winnie nie dalk ons s'n aansteek nie. Eina!!! Sorry. Dit was
>> lelik.)
> Ek het so 'n bietjie gegiggel toe ek dit sien, ek moet erken!
> Die 'flam' sal net rond moet wees ......
>
Nou toe nou, Ingrid, ek sien jy kan wragtag Afrikaans praat. Sorry dus
vir die pos in die ander nuusgroep. Btw. vlam word met 'n v gespel, nie
'n f nie.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 14 08:06:44 UTC 2025
|