Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is julle mening?
Wat is julle mening? [boodskap #68552] Di, 12 November 2002 14:50 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit gaan
word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het middagsport
elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid het daaronder begin ly, en
hulle het besluit om die krieket te los.
Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.

In die briewekolom vandag ondersteuning vir beide faksies - aan die een kant
die wat die ouers ondersteun wat die kind na die dreigement uit die skool
geneem het omdat sy gesondheid vir hulle belangrik was.
Aan die ander kant die wat die skoolhoof ondersteun, waar skole op grond van
die aantal leerlinge wat vir 'n sport inskryf, hulle skool in sekere ligas
inskryf, en verplig word om by hulle onderneming te hou.

Annette
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68569 is 'n antwoord op boodskap #68552] Di, 12 November 2002 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit
gaan word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het
middagsport elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid
het daaronder begin ly, en hulle het besluit om die krieket te los.
Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.

Wouter
Ek weet nie of dit dieselfde geval is nie, maar ek dink tog so.
Die weergawe wat ek gelees het lyk effens anders. Dit is 'n
privaatskool en elke ouer het 'n skriftelike kontrak met die
skool, wat in die geval bepaal dat die kind nie voor die end
van die jaar (of seisoen?) sy deelname aan krieket mag staak nie.

Die ma het eensydig besluit dat die kind nie meer krieket
mag speel nie en dus die kontrak gebreek. Die skoolhoof
is bereid om daaroor te onderhandel, maar die ma sien
blykbaar die nodigheid nie. Toe staan die hoof op sy
regte kragtens die kontrak en sê dan is die kind nie
meer welkom in die skool nie.

Die saak het by die provinsiale minister van onderwys gaan
draai en hy het vir die tannie daarop gewys dat sy die kontrak
moet eerbiedig.

Lyk die saak nou effens anders?
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68580 is 'n antwoord op boodskap #68552] Di, 12 November 2002 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D  is tans af-lyn  D
Boodskappe: 40
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 12 Nov 2002 16:50:43 +0200, "Annette" wrote:

> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit gaan
> word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.

>
> Annette
>

As die geveg oor rugby was Annette, sou jy seker daardie laaitie self
uit die skool geboender het, né???:-)))

DD
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68581 is 'n antwoord op boodskap #68569] Di, 12 November 2002 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Mens moet net uitvind of dit swart of wit kinders is, dalk is minister
Balfour die waarnemende skoolhoof? :)

--
Groetnis

Francois

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3dd14fe9.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit
> gaan word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
> Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het
> middagsport elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid
> het daaronder begin ly, en hulle het besluit om die krieket te los.
> Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
> skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.
>
> Wouter
> Ek weet nie of dit dieselfde geval is nie, maar ek dink tog so.
> Die weergawe wat ek gelees het lyk effens anders. Dit is 'n
> privaatskool en elke ouer het 'n skriftelike kontrak met die
> skool, wat in die geval bepaal dat die kind nie voor die end
> van die jaar (of seisoen?) sy deelname aan krieket mag staak nie.
>
> Die ma het eensydig besluit dat die kind nie meer krieket
> mag speel nie en dus die kontrak gebreek. Die skoolhoof
> is bereid om daaroor te onderhandel, maar die ma sien
> blykbaar die nodigheid nie. Toe staan die hoof op sy
> regte kragtens die kontrak en sê dan is die kind nie
> meer welkom in die skool nie.
>
> Die saak het by die provinsiale minister van onderwys gaan
> draai en hy het vir die tannie daarop gewys dat sy die kontrak
> moet eerbiedig.
>
> Lyk die saak nou effens anders?
>
>
>
>
>
>

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.394 / Virus Database: 224 - Release Date: 2002/10/03
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68647 is 'n antwoord op boodskap #68569] Wo, 13 November 2002 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In die Argus was daar nog geen berig dat die saak al by Gaum gaan draai het
nie. Ook nie dat sy die kontrak moet eerbiedig nie. ( sal sy nou in die kind
se plek moet gaan speel?)
Ewenwel - soos ek die saak sien is beide kante nie lekker kosher nie.
Eerstens kan ek die probleem verstaan van die skole wat vir ligas moet
inskryf , sowel as die dissipline wat geleer word om te staan by 'n besluit.
Aan die ander kant kan ek nie sien hoekom daar nie voorsiening gemaak word -
vir veral jonger kinders - om nie verder te kan of wil deelneem nie. Ek sit
liewers kinders in 'n span wat wil speel as om een te dwing om te moet speel
teen sy wil.
Om so 'n kontrak op laerskoolvlak te sluit is sekerlik nie die norm nie?
Een ouer ( van 'n ouer kind) het baie sterk vir die skool opgekom, op die
wyse hoe dit haar kind gehelp het.
Daar is egter geen manier hoe 'n ouer van 'n kind van 9 aan die begin van
die jaar sal weet wat deur die jaar kan gebeur dat die kind nie meer later
aan 'n sport wil deelneem nie.
So iewers skiet die toegewings aan beide kante tekort.
Terloops, 3 sportsoorte, wat 'n kind elke middag van die week besig hou, is
nie uitsonderlik nie.

Die kind word hier egter op 'n ongewone jong ouderdom aan buitengewone druk
blootgestel vanaf sy skool en sy ouers. Geen wonder iets moes iewers meegee
nie.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3dd14fe9.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit
> gaan word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
> Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het
> middagsport elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid
> het daaronder begin ly, en hulle het besluit om die krieket te los.
> Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
> skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.
>
> Wouter
> Ek weet nie of dit dieselfde geval is nie, maar ek dink tog so.
> Die weergawe wat ek gelees het lyk effens anders. Dit is 'n
> privaatskool en elke ouer het 'n skriftelike kontrak met die
> skool, wat in die geval bepaal dat die kind nie voor die end
> van die jaar (of seisoen?) sy deelname aan krieket mag staak nie.
>
> Die ma het eensydig besluit dat die kind nie meer krieket
> mag speel nie en dus die kontrak gebreek. Die skoolhoof
> is bereid om daaroor te onderhandel, maar die ma sien
> blykbaar die nodigheid nie. Toe staan die hoof op sy
> regte kragtens die kontrak en sê dan is die kind nie
> meer welkom in die skool nie.
>
> Die saak het by die provinsiale minister van onderwys gaan
> draai en hy het vir die tannie daarop gewys dat sy die kontrak
> moet eerbiedig.
>
> Lyk die saak nou effens anders?
>
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68648 is 'n antwoord op boodskap #68580] Wo, 13 November 2002 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
He he he...

K

"Dave" skryf in boodskap news:g4m2tukqara00e5k2j5bph5pmqi6vongud@4ax.com...
> On Tue, 12 Nov 2002 16:50:43 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit gaan
>> word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
>
>>
>> Annette
>>
>
> As die geveg oor rugby was Annette, sou jy seker daardie laaitie self
> uit die skool geboender het, nê???:-)))
>
> DD
>
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68652 is 'n antwoord op boodskap #68580] Wo, 13 November 2002 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, jy is bietjie verkeerd. Dit maak nie saak watse sport nie - maar 'n
kind van 8/9 jaar is te jonk om aan so 'n "kontrak" gehou te word.
Dit kan maak dat 'n goeie sportman vir die res van sy lewe vir enige sport
verlore raak as so 'n saak nie reg hanteer word nie.
Die feit dat so 'n kontrak bestaan vir selfs sulke jong kinders wys vir my
dat die skool nie in staat is om lojaliteit aan 'n span spontaan by die
kinders in te skerp nie.
Die skool moet tog ook diskresie hê om te besluit dat 'n kind wil ophou om
'n sport te beoefen om op skool te presteer of te siek raak om te kan
volhou met al die sporte.

Annette

"Dave" skryf in boodskap news:g4m2tukqara00e5k2j5bph5pmqi6vongud@4ax.com...
> On Tue, 12 Nov 2002 16:50:43 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit gaan
>> word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
>
>>
>> Annette
>>
>
> As die geveg oor rugby was Annette, sou jy seker daardie laaitie self
> uit die skool geboender het, nê???:-)))
>
> DD
>
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68653 is 'n antwoord op boodskap #68581] Wo, 13 November 2002 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Balfour is die keer onskuldig:))
Dis wel Nick Mallett ( Springbokafrigter) se broer.
Annette

"Francois Human" skryf in boodskap news:aqrlcc$1bc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mens moet net uitvind of dit swart of wit kinders is, dalk is minister
> Balfour die waarnemende skoolhoof? :)
>
> --
> Groetnis
>
> Francois
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3dd14fe9.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette
>> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit
>> gaan word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
>> Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het
>> middagsport elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid
>> het daaronder begin ly, en hulle het besluit om die krieket te los.
>> Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
>> skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.
>>
>> Wouter
>> Ek weet nie of dit dieselfde geval is nie, maar ek dink tog so.
>> Die weergawe wat ek gelees het lyk effens anders. Dit is 'n
>> privaatskool en elke ouer het 'n skriftelike kontrak met die
>> skool, wat in die geval bepaal dat die kind nie voor die end
>> van die jaar (of seisoen?) sy deelname aan krieket mag staak nie.
>>
>> Die ma het eensydig besluit dat die kind nie meer krieket
>> mag speel nie en dus die kontrak gebreek. Die skoolhoof
>> is bereid om daaroor te onderhandel, maar die ma sien
>> blykbaar die nodigheid nie. Toe staan die hoof op sy
>> regte kragtens die kontrak en sê dan is die kind nie
>> meer welkom in die skool nie.
>>
>> Die saak het by die provinsiale minister van onderwys gaan
>> draai en hy het vir die tannie daarop gewys dat sy die kontrak
>> moet eerbiedig.
>>
>> Lyk die saak nou effens anders?
>>
>
>
> ---
> Outgoing mail is certified Virus Free.
> Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
> Version: 6.0.394 / Virus Database: 224 - Release Date: 2002/10/03
>
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68658 is 'n antwoord op boodskap #68552] Wo, 13 November 2002 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Kinders word te veel gedruk op 'n te jong ouderdom.
Sport deelname moet wel aangewakker word,maar kinders moet die geleentheid
kry om te kies aan wat hulle wil deel neem.
Dit help nie dat 'n kind wat dalk in gewigstoot kan uitblink
gekies word om aan die 100m deel te neem terwyl almal weet daardie kind gaan
dalk heel laaste kom nie.
Dit sal net die kind se selfvertroue afbreek.
Ek is wel ten gunste daarvan dat alle kinders aan sport moet deel, of dit
nou atletiek,rugby,krieket,jukskei of skaak is;maak nie saak nie.'n Gesonde
gees huisves 'n gesonde liggaam...en omgekeerd!

"Annette" skryf in boodskap news:aqr4kj$ckrb5$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit gaan
> word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
> Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het middagsport
> elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid het daaronder begin ly, en
> hulle het besluit om die krieket te los.
> Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
> skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.
>
> In die briewekolom vandag ondersteuning vir beide faksies - aan die een kant
> die wat die ouers ondersteun wat die kind na die dreigement uit die skool
> geneem het omdat sy gesondheid vir hulle belangrik was.
> Aan die ander kant die wat die skoolhoof ondersteun, waar skole op grond van
> die aantal leerlinge wat vir 'n sport inskryf, hulle skool in sekere ligas
> inskryf, en verplig word om by hulle onderneming te hou.
>
>
> Annette
>
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68660 is 'n antwoord op boodskap #68648] Wo, 13 November 2002 07:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O wee, ek sien swarigheid vir jou en baie skryfwerk vir my;)))
Slegs 5 van Saterdag se span kon weer plek kry teen die Skotte. Sou elkgeval
so gewees het, want Saterdag se A-span moet rus vir die wedstryd teen die
Rose:))
Ken Loots vra dat die span maar solank moet terugkom.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:aqsr0c$46b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> He he he...
>
> K
>
> "Dave" wrote in message
> news:g4m2tukqara00e5k2j5bph5pmqi6vongud@4ax.com...
>> On Tue, 12 Nov 2002 16:50:43 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit gaan
>>> word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>> As die geveg oor rugby was Annette, sou jy seker daardie laaitie self
>> uit die skool geboender het, nê???:-)))
>>
>> DD
>>
>
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68677 is 'n antwoord op boodskap #68652] Wo, 13 November 2002 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Nee, jy is bietjie verkeerd. Dit maak nie saak watse sport nie - maar 'n
kind van 8/9 jaar is te jonk om aan so 'n "kontrak" gehou te word.
Dit kan maak dat 'n goeie sportman vir die res van sy lewe vir enige
sport verlore raak as so 'n saak nie reg hanteer word nie.
Die feit dat so 'n kontrak bestaan vir selfs sulke jong kinders wys
vir my dat die skool nie in staat is om lojaliteit aan 'n span spontaan
by die kinders in te skerp nie.
Die skool moet tog ook diskresie hê om te besluit dat 'n kind wil
ophou om 'n sport te beoefen om op skool te presteer of te siek
raak om te kan volhou met al die sporte.

Wouter
Die skool het natuurlik diskresie en die hoof het te kenne gegee hy is
oop vir onderhandeling daaroor. Ek kry die indruk die probleem
lê by die ma wat hardegat is en liewers koerante toe hardloop.

My simpatie lê by die hoof en die kind, nie by die ma nie.
Klink na ryk mense wat dink dat geld en status belangriker
is as reëls en kontrakte.
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68680 is 'n antwoord op boodskap #68677] Wo, 13 November 2002 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Annette
> Nee, jy is bietjie verkeerd. Dit maak nie saak watse sport nie - maar 'n
> kind van 8/9 jaar is te jonk om aan so 'n "kontrak" gehou te word.
> Dit kan maak dat 'n goeie sportman vir die res van sy lewe vir enige
> sport verlore raak as so 'n saak nie reg hanteer word nie.
> Die feit dat so 'n kontrak bestaan vir selfs sulke jong kinders wys
> vir my dat die skool nie in staat is om lojaliteit aan 'n span spontaan
> by die kinders in te skerp nie.
> Die skool moet tog ook diskresie hê om te besluit dat 'n kind wil
> ophou om 'n sport te beoefen om op skool te presteer of te siek
> raak om te kan volhou met al die sporte.
>
> Wouter
> Die skool het natuurlik diskresie en die hoof het te kenne gegee hy is
> oop vir onderhandeling daaroor. Ek kry die indruk die probleem
> lê by die ma wat hardegat is en liewers koerante toe hardloop.
>
> My simpatie lê by die hoof en die kind, nie by die ma nie.
> Klink na ryk mense wat dink dat geld en status belangriker
> is as reëls en kontrakte.
>
Annette:
Mag miskien so wees. Ek het hierdie geplaas juis omdat ek die briefwisseling
in die koerant so interessant vind.
Die kind het glo vir die ma gesê die hoof het gesê hy sal uit die skool
gesit word as hy nie krieket speel nie.
Toe raak moeder ontsteld en vat junior na 'n ander skool.
Toe bel hoof en sê hy het dit aan die kind gesê maar nie bedoel dat die kind
uit die skool gesit is nie, en dat moeder met hom moet kom gesels oor die
saak en seun terugbring skool toe.
Toe weier sy .
Feit bly steeds - hoekom bestaan daar so 'n kontrak by die skool?
Is dit algemeen?
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68687 is 'n antwoord op boodskap #68680] Wo, 13 November 2002 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Die skool het natuurlik diskresie en die hoof het te kenne gegee hy is
> oop vir onderhandeling daaroor. Ek kry die indruk die probleem
> lê by die ma wat hardegat is en liewers koerante toe hardloop.
> My simpatie lê by die hoof en die kind, nie by die ma nie.
> Klink na ryk mense wat dink dat geld en status belangriker
> is as reëls en kontrakte.

Annette:
Mag miskien so wees. Ek het hierdie geplaas juis omdat ek die
briefwisseling in die koerant so interessant vind.
Die kind het glo vir die ma gesê die hoof het gesê hy sal uit
die skool gesit word as hy nie krieket speel nie.

Wouter
Ek het weer gelees die hoof het vir die ma 'n brief geskryf, nadat
sy die kind eensydig belet het om krieket te speel, waarin hy
haar daarop wys dat sy kontrak breek en dat die kind dan nie
meer welkom sal wees nie. Lyk my daar is twee stories.

Annette
Feit bly steeds - hoekom bestaan daar so 'n kontrak by die skool?
Is dit algemeen?

Wouter
By privaatskole is dit standaard dat daar 'n kontrak is.
En hoekom sal daar nie so 'n voorwaarde wees nie,
die skool betaal mos goeie geld vir afrigters?

Maar die eintlike punt is nie of die kontrak reg is nie,
maar dat as jy 'n kontrak teken, dan kom jy dit na.

En as jou omstandighede verander, dan breek jy nie die
kontrak eensydig nie, jy onderhandel en kyk of jy die
voorwaardes in almal se belang gewysig kan kry.

Jy kan nie 'n kontrak aanvaar en agterna sê dis 'n onbillike
kontrak nie, dit werk nie so nie. Dan sit jy in die eerste
plek nie jou kind in dié skool nie, of jy onderhandel
die kontrak *voor* jy dit teken. Ek het steeds geen
simpatie met die ma nie, sy maak van haar kind 'n speelbal.
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68743 is 'n antwoord op boodskap #68569] Do, 14 November 2002 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Mensig - hoekom is 'n kind op skool. Om te speel of om te leer? Laat my dink
aan die kwessie destyds toe SAL nie meer verniet drankies wou aanbied nie.
Toe hulle die minister daaroor aanvat (wie was hy nou weer - Pik?) toe vra
hy die aanbieder: meneer, wil jy vlieg of wil jy suip?

Is skole nou deesdae daar om sport sterre uit te pomp?

Willie

> Annette
> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit
> gaan word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
> Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het
> middagsport elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid
> het daaronder begin ly, en hulle het besluit om die krieket te los.
> Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
> skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.
>
Wil hulle vlieg of wil hulle vreet? [boodskap #68771 is 'n antwoord op boodskap #68743] Do, 14 November 2002 23:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Willie Vorster
Laat my dink aan die kwessie destyds toe SAL nie meer verniet
drankies wou aanbied nie. Toe hulle die minister daaroor aanvat
(wie was hy nou weer - Pik?) toe vra hy die aanbieder: meneer,
wil jy vlieg of wil jy suip?

Wouter
Dit was Hendrik Schoeman. Daar was klagtes oor die gehalte
en hoeveelheid kos. Toe vra hy : "Wil hulle vlieg of wil hulle vreet?"
Re: Wat is julle mening? [boodskap #68842 is 'n antwoord op boodskap #68743] Sa, 16 November 2002 05:48 Na vorige boodskap
hwgird  is tans af-lyn  hwgird
Boodskappe: 8
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Junior Lid
Dit was Hendrik Schoeman wat gese het wil jy vlieg of wil jy suip

Harry

Willie Vorster skryf in boodskap news:3dd3e8d2$0$235@hades.is.co.za...
> Mensig - hoekom is 'n kind op skool. Om te speel of om te leer? Laat my dink
> aan die kwessie destyds toe SAL nie meer verniet drankies wou aanbied nie.
> Toe hulle die minister daaroor aanvat (wie was hy nou weer - Pik?) toe vra
> hy die aanbieder: meneer, wil jy vlieg of wil jy suip?
>
> Is skole nou deesdae daar om sport sterre uit te pomp?
>
> Willie
>
>> Annette
>> Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit
>> gaan word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
>> Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het
>> middagsport elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid
>> het daaronder begin ly, en hulle het besluit om die krieket te los.
>> Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
>> skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.
>>
>
Vorige onderwerp: Armoede is 'n verterende kanker!
Volgende onderwerp: Waninligting is mag!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 04:09:20 MGT 2024