Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Flukse Oos-Kapenaars
Flukse Oos-Kapenaars [boodskap #68550] |
Di., 12 November 2002 14:42  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vandag in die Argus die nuus van die staatsamptenare wat so sieklik is op
Maandae.
Waar op provinsiale vlak tussen 27% en 90% siekteverlof op Maandae geneem
word, skitter die OP met 2.7%, en met 14% in Limpopo en 14% in Mpumalanga
as die ander provinsies met gesonde en getroue werkers.
Nou wonder mens hoekom skitter OP so?
Daar is verskeie redes waaraan ek kan dink:
1) Die registers word verkeerd gehou, of
2) Daar is baie spook-werkers op die boeke wat nooit siek kan wees nie, of
3) Niemand waag om siek te wees nie, anders sal iemand dalk agterkom hoe min
hulle doen..
Die grootste groep Maandagsiekes kom voor in die ouderdomsgroep 30 - 39.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
Re: Flukse Oos-Kapenaars [boodskap #68663 is 'n antwoord op boodskap #68662] |
Wo., 13 November 2002 08:25  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mensdom - jy slaan die spyker seker op die kop. Hulle het verseker nie na
Vrydae gekyk nie.
Blykbaar het dit die staat in 2000 ( ja dis nou eers daardie jaar se syfers)
R 631 miljoen gekos vir hierdie Maandag-wegblyery.
Annette
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0211130021.3abed031@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Waar op provinsiale vlak tussen 27% en 90% siekteverlof op Maandae geneem
>> word, skitter die OP met 2.7%,
>
> Het hulle iets van Vrydae gesê? So jaar of drie gelede toe droog my ou
> tuinman se oumenspensioen op omdat hy volgens inligting ontvang 'n
> afgestorwene sou wees. Gaan toe maar met tuinman en sy ID en al op 'n
> Vrydagoggend na die Dept. van Welsyn op Grahamstown net om vir hulle
> te wys dat hy is nie 'n lyk is nie. Daar gekom, so teen tien die
> oggend, vind ons die gebou oop maar alle kantore ens. gesluit.
> Uiteindelik kry ek toe darem iemand agter die gebou wat soos 'n wag
> van 'n soort lyk en toe ek hom vra waar al die mense is, kyk hy my aan
> asof die kat my ingedra het en antwoord, "But sir, it's Friday!" Mens
> sou nogal verwag dat Welsyn hier by ons rond dalk een van die
> "besiger" departemente moet wees.
>
> Drom
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 20:19:17 UTC 2025
|