Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek en Richard
Ek en Richard [boodskap #68457] So, 10 November 2002 22:46 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Van die van julle wat nog in Suid-Afrika is en wat BB2 gevolg het wil ek
graag hierdie storie vertel. Ek was in die bevoorregde posisie om 'n
paartie vir my en 9 van my pelle saam met Richard Cawood (wenner van Big
Brother 2) by Nando's te wen. Wat 'n heerlike dag het ons nie gehad nie.

Die Nando's span het vreeslik moeite vir ons gedoen. By ons aankoms het ons
elkeen 'n geskenk pakkie met 'n T-hempie, 'n potlood, 'n Nando's sous en
twee Nando's kondome in gekry.
Richard was veronderstel om eers 3:00 daar te wees. 2:40 het hy (alleen)
daar gestop en terwyl hy sy Nando's hempie gaan aantrek het, het die Nando's
personeel alles buitentoe geskuif. Richard het gesê hy's gatvol daarvoor om
"indoors" te wees, maar dis my besluit of ons binne of buite sit.
Ek was bietjie skaam aan die begin, maar hy was so aangenaam en vriendelik
dat ons almal gou ontdooi het. Hy't lekker saam met ons gekuier en tot
"gepose" vir 'n klompie fotos. 'n Paar keer het van sy bewonderaars kom vra
vir 'n handtekening en hy't vriendelik geglimlag en gesels en elkeen
"verpersoonlik". Twee vrouens, met twee klein meisiekinders, het nader
gestaan en gevra of hulle 'n foto van hom kan neem. Hulle volg hom glo die
hele Johannesburg vol, maar in hulle eie woorde is hulle nie "phsyco's" nie.
Hy't met die dogtertjies gesels en gegrap en geposseer vir die foto's.
Voor hy gery het, het hy elkeen van ons se T-hempies geteken. Op myne het
'n gekryf "To Elaine - from one winner to another - Love Richard". En vir
my suster se baas "To the "boss" give her a raise please - from Richard -
BB2", en so het hy in die ry afgegaan en elkeen se hempie met 'n persoonlike
boodskappie geteken. Op my man s'n het hy eenvoudige geskryf "Chucky
Rules", en net omdat my man die enigste een was wat Chucky "genoem" het.

Ek het eerlikwaar gedink dat sy kop omtrent twee keer te groot vir sy lyf
gaan wees, maar hy's 'n eenvoudige plat op die aarde mens wat vir ons vertel
het dat dit net "luck" was en dat dit 'n kans was wat hy gekry het, en dat
hy van plan is "too ride it for all it's worth", voordat hy teruggaan na sy
plaas in die Karoo. Hy het nie eenkeer gemaak of hy beter is as ons nie, en
het selfs 'n paar keer self opgestaan om sy koeldrank te gaan haal en kos te
bestel.
Hy was veronderstel om net 'n uur saam met ons te kuier, maar hy's eers 4:45
daar weg met 'n smile en 'n "I'm gonna watch 'n movie tonight - I'm really
looking forward too it." Hy't elkeen met die hand gegroet en my met 'n
drukkie en 'n soentjie, met die woorde: "I hope too see you around some
time", ek het terug geantwoord met 'n witty "That's highly unlikely!"
Nie een van ons wat daar was, was hengse groot BB fans nie, ek het op die
meeste 4 keer 'n week die half uur hoogtepunte gekyk, en maar op die
ingewing van die oomblik deelgeneem. Na gister is ek 'n groot Richard
aanhanger en ek wens hom die beste en al die geld wat hy kan kry uit die
ondervindig uit toe.

Chucky Rules!

Groete
Elaine

Ns. Vir die regte groot fans van BB wil ek net noem dat daar, volgens
Richard, nie volgende jaar weer een gaan wees nie, ons sal maar wag en kyk
of hy reg is.
Re: Ek en Richard [boodskap #68460 is 'n antwoord op boodskap #68457] So, 10 November 2002 23:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Haai Elaine,
Jy het seker gevoel soos die arme vrouens by 'n Elvis-konsert...destyds!
Jy weet hulle het hulle panties en bras afgeruk en vir hom gegooi.Jou land
brand, ou girl...en jy raak histeries oor Chucky.
Wel, ek dink hy is common en glo dat Jaqui moes gewen het.
Wel ek sou bly wees, maar nou nie juis my onderbroek
vir haar gooi nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3dcee1cf.0@news1.mweb.co.za...
> Van die van julle wat nog in Suid-Afrika is en wat BB2 gevolg het wil ek
> graag hierdie storie vertel. Ek was in die bevoorregde posisie om 'n
> paartie vir my en 9 van my pelle saam met Richard Cawood (wenner van Big
> Brother 2) by Nando's te wen. Wat 'n heerlike dag het ons nie gehad nie.
>
> Die Nando's span het vreeslik moeite vir ons gedoen. By ons aankoms het ons
> elkeen 'n geskenk pakkie met 'n T-hempie, 'n potlood, 'n Nando's sous en
> twee Nando's kondome in gekry.
> Richard was veronderstel om eers 3:00 daar te wees. 2:40 het hy (alleen)
> daar gestop en terwyl hy sy Nando's hempie gaan aantrek het, het die Nando's
> personeel alles buitentoe geskuif. Richard het gesê hy's gatvol daarvoor om
> "indoors" te wees, maar dis my besluit of ons binne of buite sit.
> Ek was bietjie skaam aan die begin, maar hy was so aangenaam en vriendelik
> dat ons almal gou ontdooi het. Hy't lekker saam met ons gekuier en tot
> "gepose" vir 'n klompie fotos. 'n Paar keer het van sy bewonderaars kom vra
> vir 'n handtekening en hy't vriendelik geglimlag en gesels en elkeen
> "verpersoonlik". Twee vrouens, met twee klein meisiekinders, het nader
> gestaan en gevra of hulle 'n foto van hom kan neem. Hulle volg hom glo die
> hele Johannesburg vol, maar in hulle eie woorde is hulle nie "phsyco's" nie.
> Hy't met die dogtertjies gesels en gegrap en geposseer vir die foto's.
> Voor hy gery het, het hy elkeen van ons se T-hempies geteken. Op myne het
> 'n gekryf "To Elaine - from one winner to another - Love Richard". En vir
> my suster se baas "To the "boss" give her a raise please - from Richard -
> BB2", en so het hy in die ry afgegaan en elkeen se hempie met 'n persoonlike
> boodskappie geteken. Op my man s'n het hy eenvoudige geskryf "Chucky
> Rules", en net omdat my man die enigste een was wat Chucky "genoem" het.
>
> Ek het eerlikwaar gedink dat sy kop omtrent twee keer te groot vir sy lyf
> gaan wees, maar hy's 'n eenvoudige plat op die aarde mens wat vir ons vertel
> het dat dit net "luck" was en dat dit 'n kans was wat hy gekry het, en dat
> hy van plan is "too ride it for all it's worth", voordat hy teruggaan na sy
> plaas in die Karoo. Hy het nie eenkeer gemaak of hy beter is as ons nie, en
> het selfs 'n paar keer self opgestaan om sy koeldrank te gaan haal en kos te
> bestel.
> Hy was veronderstel om net 'n uur saam met ons te kuier, maar hy's eers 4:45
> daar weg met 'n smile en 'n "I'm gonna watch 'n movie tonight - I'm really
> looking forward too it." Hy't elkeen met die hand gegroet en my met 'n
> drukkie en 'n soentjie, met die woorde: "I hope too see you around some
> time", ek het terug geantwoord met 'n witty "That's highly unlikely!"
> Nie een van ons wat daar was, was hengse groot BB fans nie, ek het op die
> meeste 4 keer 'n week die half uur hoogtepunte gekyk, en maar op die
> ingewing van die oomblik deelgeneem. Na gister is ek 'n groot Richard
> aanhanger en ek wens hom die beste en al die geld wat hy kan kry uit die
> ondervindig uit toe.
>
> Chucky Rules!
>
> Groete
> Elaine
>
> Ns. Vir die regte groot fans van BB wil ek net noem dat daar, volgens
> Richard, nie volgende jaar weer een gaan wees nie, ons sal maar wag en kyk
> of hy reg is.
>
Re: Ek en Richard [boodskap #68477 is 'n antwoord op boodskap #68460] Ma, 11 November 2002 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja jy sal dink hy's common, want hy kan Zoeloe praat en sy beste vriend in
die huis was swart. O ja, en hy't nogal die drank weggeslaan het hy nie?
Hy't Saterdag nie eers 'n bier gedrink nie. As ek in die huis was sou ek
ook seker premanent dronk gewees het.
Ek het ook glad nie histeries oor hom geraak nie. My bra en pantie kan
regtig bly waar hulle is. Ek het nog nooit so mal oor een van Suid Afrika
se "celebrities" geword dat ek my bra en pantie vir hulle wil gee nie. As
dit Russell Crowe was aan die ander kant.... :-)
Jacqie het my weer 'n kramp gegee. Sy en daai Ilse-Marie girl.
Dit demonstreer maar net aan ons hoe ons voel oor die mense in die huis -
elkeen het maar sy gunsteling gehad en ongelukkig geraak as hy/sy nie gewen
het nie. Wys ons ook hoe 'n groot impak kan 'n simpel huis met 12 mense in
op ons hê.

Persoonlik het ek meer van verlede jaar se deelnemers gehou. Hulle kon
darem hulle tasks wen.

Groete
Elaine

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:aqnob2$avg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Haai Elaine,
> Jy het seker gevoel soos die arme vrouens by 'n Elvis-konsert...destyds!
> Jy weet hulle het hulle panties en bras afgeruk en vir hom gegooi.Jou land
> brand, ou girl...en jy raak histeries oor Chucky.
> Wel, ek dink hy is common en glo dat Jaqui moes gewen het.
> Wel ek sou bly wees, maar nou nie juis my onderbroek
> vir haar gooi nie.
Re: Ek en Richard [boodskap #68483 is 'n antwoord op boodskap #68457] Ma, 11 November 2002 10:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:...
> Van die van julle wat nog in Suid-Afrika is en wat BB2 gevolg het wil ek
> graag hierdie storie vertel. Ek was in die bevoorregde posisie om 'n
> paartie vir my en 9 van my pelle saam met Richard Cawood (wenner van Big
> Brother 2) by Nando's te wen. Wat 'n heerlike dag het ons nie gehad nie.
>

KinkY: Dit was nou lekker om te lees Elaine. Skoon lekkerlees nuus!
:-)

Ek het self maar net so af en toe na BB2 gekyk en glad nie gedink dat
Richard kan wen nie.

Wat sê Richard, hoekom gaan daar nie volgende jaar n opvolg BB wees
nie?
Re: Ek en Richard [boodskap #68485 is 'n antwoord op boodskap #68483] Ma, 11 November 2002 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Blykbaar voel hulle die "novelty" is nou vir eers so bietjie verby. Die
kykertal was glo laer vir hierdie jaar se BB. Daar's sprake van 'n ander
tipe realiteits program, maar hy weet nie regtig wat dit is nie. Of dalk
mag hy net nie vir ons sê nie.

Elaine

"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0211110239.3e59f4ab@posting.google.com...

> Wat sê Richard, hoekom gaan daar nie volgende jaar n opvolg BB wees
> nie?
Re: Ek en Richard [boodskap #68492 is 'n antwoord op boodskap #68460] Ma, 11 November 2002 14:00 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jis my ou, die dame vertel van 'n besonderse onderinding en jy gaan gooi dit
dood met banaliteit. Verder preek jy dat die land brand maar weet tog
genoeg van BB2 self af om 'n mening daaroor uit te spreek. Is jy van daai
mense wat van ander dinge verwag maar jouself vryskeld? Tipese regse
politieke denke, moet ek sê!

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:aqnob2$avg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Haai Elaine,
> Jy het seker gevoel soos die arme vrouens by 'n Elvis-konsert...destyds!
> Jy weet hulle het hulle panties en bras afgeruk en vir hom gegooi.Jou land
> brand, ou girl...en jy raak histeries oor Chucky.
> Wel, ek dink hy is common en glo dat Jaqui moes gewen het.
> Wel ek sou bly wees, maar nou nie juis my onderbroek
> vir haar gooi nie.
> "Elaine" wrote in message
> news:3dcee1cf.0@news1.mweb.co.za...
>> Van die van julle wat nog in Suid-Afrika is en wat BB2 gevolg het wil ek
>> graag hierdie storie vertel. Ek was in die bevoorregde posisie om 'n
>> paartie vir my en 9 van my pelle saam met Richard Cawood (wenner van Big
>> Brother 2) by Nando's te wen. Wat 'n heerlike dag het ons nie gehad nie.
>>
>> Die Nando's span het vreeslik moeite vir ons gedoen. By ons aankoms het
> ons
>> elkeen 'n geskenk pakkie met 'n T-hempie, 'n potlood, 'n Nando's sous en
>> twee Nando's kondome in gekry.
>> Richard was veronderstel om eers 3:00 daar te wees. 2:40 het hy (alleen)
>> daar gestop en terwyl hy sy Nando's hempie gaan aantrek het, het die
> Nando's
>> personeel alles buitentoe geskuif. Richard het gesê hy's gatvol daarvoor
> om
>> "indoors" te wees, maar dis my besluit of ons binne of buite sit.
>> Ek was bietjie skaam aan die begin, maar hy was so aangenaam en vriendelik
>> dat ons almal gou ontdooi het. Hy't lekker saam met ons gekuier en tot
>> "gepose" vir 'n klompie fotos. 'n Paar keer het van sy bewonderaars kom
> vra
>> vir 'n handtekening en hy't vriendelik geglimlag en gesels en elkeen
>> "verpersoonlik". Twee vrouens, met twee klein meisiekinders, het nader
>> gestaan en gevra of hulle 'n foto van hom kan neem. Hulle volg hom glo
> die
>> hele Johannesburg vol, maar in hulle eie woorde is hulle nie "phsyco's"
> nie.
>> Hy't met die dogtertjies gesels en gegrap en geposseer vir die foto's.
>> Voor hy gery het, het hy elkeen van ons se T-hempies geteken. Op myne het
>> 'n gekryf "To Elaine - from one winner to another - Love Richard". En vir
>> my suster se baas "To the "boss" give her a raise please - from Richard -
>> BB2", en so het hy in die ry afgegaan en elkeen se hempie met 'n
> persoonlike
>> boodskappie geteken. Op my man s'n het hy eenvoudige geskryf "Chucky
>> Rules", en net omdat my man die enigste een was wat Chucky "genoem" het.
>>
>> Ek het eerlikwaar gedink dat sy kop omtrent twee keer te groot vir sy lyf
>> gaan wees, maar hy's 'n eenvoudige plat op die aarde mens wat vir ons
> vertel
>> het dat dit net "luck" was en dat dit 'n kans was wat hy gekry het, en dat
>> hy van plan is "too ride it for all it's worth", voordat hy teruggaan na
> sy
>> plaas in die Karoo. Hy het nie eenkeer gemaak of hy beter is as ons
nie,
> en
>> het selfs 'n paar keer self opgestaan om sy koeldrank te gaan haal en
kos
> te
>> bestel.
>> Hy was veronderstel om net 'n uur saam met ons te kuier, maar hy's eers
> 4:45
>> daar weg met 'n smile en 'n "I'm gonna watch 'n movie tonight - I'm really
>> looking forward too it." Hy't elkeen met die hand gegroet en my met 'n
>> drukkie en 'n soentjie, met die woorde: "I hope too see you around some
>> time", ek het terug geantwoord met 'n witty "That's highly unlikely!"
>> Nie een van ons wat daar was, was hengse groot BB fans nie, ek het op die
>> meeste 4 keer 'n week die half uur hoogtepunte gekyk, en maar op die
>> ingewing van die oomblik deelgeneem. Na gister is ek 'n groot Richard
>> aanhanger en ek wens hom die beste en al die geld wat hy kan kry uit die
>> ondervindig uit toe.
>>
>> Chucky Rules!
>>
>> Groete
>> Elaine
>>
>> Ns. Vir die regte groot fans van BB wil ek net noem dat daar, volgens
>> Richard, nie volgende jaar weer een gaan wees nie, ons sal maar wag en kyk
>> of hy reg is.
>>
>
Vorige onderwerp: Mans kan as hulle wil
Volgende onderwerp: Carjackings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:03:47 MGT 2024