Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Debóra " deur RIKA CILLIERS
" Debóra " deur RIKA CILLIERS [boodskap #68408] Sa, 09 November 2002 22:52 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rika Cilliers
Debóra

Hoor, o konings!
Luister, o vorste!
Tot eer van die Here wil ek sing:
ek prys Hom wat die vrou
tot rigter in sy volk verhef!

My hande brei onwillig
aan die dadelkoek
en weier wewend purper-
kleed en wit tentdoek;
geen koel kruik dikmelk
of 'n bakhand granaat
voed my heer wat moeg
van die slagveld keer.

Bedags stotter my mond op
die ramshoring, veer
hande valkgevlerk
die boog, skeur
tentpenne
deur granaat
skedes bloed: weer-
borstig gepantser
tot die stryd:
ek trek uit
saam met Barak,
seun van Abinóam,
want die Here Here
het Sisera
in mý hand gegee.

Hoor, o konings!
Luister, o vorste!
Tussen Rama en Bet-el,
op die berge van Efraim,
sing ek tent na tent die Here lof,
wánt, onder die palms van Lappidot
snags, lê ek my krygskleed neer.
Re: " Debóra " deur RIKA CILLIERS [boodskap #68612 is 'n antwoord op boodskap #68408] Di, 12 November 2002 22:02 Na vorige boodskap
Sebs  is tans af-lyn  Sebs
Boodskappe: 125
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Is mooi Gloudina . dankie

Sebs schreef in bericht news:3DCD9290.8080406@rogers.com...
> Rika Cilliers
> Debóra
>
> Hoor, o konings!
> Luister, o vorste!
> Tot eer van die Here wil ek sing:
> ek prys Hom wat die vrou
> tot rigter in sy volk verhef!
>
> My hande brei onwillig
> aan die dadelkoek
> en weier wewend purper-
> kleed en wit tentdoek;
> geen koel kruik dikmelk
> of 'n bakhand granaat
> voed my heer wat moeg
> van die slagveld keer.
>
> Bedags stotter my mond op
> die ramshoring, veer
> hande valkgevlerk
> die boog, skeur
> tentpenne
> deur granaat
> skedes bloed: weer-
> borstig gepantser
> tot die stryd:
> ek trek uit
> saam met Barak,
> seun van Abinóam,
> want die Here Here
> het Sisera
> in mý hand gegee.
>
> Hoor, o konings!
> Luister, o vorste!
> Tussen Rama en Bet-el,
> op die berge van Efraim,
> sing ek tent na tent die Here lof,
> wánt, onder die palms van Lappidot
> snags, lê ek my krygskleed neer.
>
Vorige onderwerp: Re:Vryheids manifes van die Afrikaner volk
Volgende onderwerp: WAT KAN ONS VERWAG VIR 2003?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 08:40:21 MGT 2024