Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Geldmaak,verhale en De Kat
| Re: Geldmaak,verhale en De Kat [boodskap #6714] |
Ma., 08 Julie 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
> "De Kat" is 'n pretensieuse glanstydskrif ...>>>
Moet ook se:
De Kat het talle kere uiters goed geskryfde artikels. Dit is die
enigste Afrikaanse tydskrif wat werklik 'n klem plaas op goeie
skryfwerk - eerder as geld maak uit die gemene deler.
Ek dink De Kat se voorbeelde in die lewe is tydskrifte soos Harpers &
Queen en Vanity Fair ens.
Huisgenoot?.....wel...ja......
Stel dit so: In die begin van die eeue het Huisgenoot Eugene Marais se
Winternag gepubliseer.
Vandag sal Huisgenoot dit NOOOOIT doen nie. Maar hy sal 'n berig OOR
Marais publiseer!
OP die voorblad sal dit pryk: Afrikaanse digter se dwelmhel! Foto's!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6746 is 'n antwoord op boodskap #6742] |
Do., 11 Julie 1996 00:00   |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
In article , ryk...@alpha.terranet.co.za says...
>
> Ivm De Kat sal Gloudina dalk ook wil weet waar die naam vandaan kom.
> As ek dit reg het, verwys dit na die beroemde De Kat, deel van die
> Kasteel in Kaapstad, wat 'n mens ook herinner aan lady Anne Barnard.
> Die tydskrif word ook in Kaapstad gepubliseer, en dit verskyn
> terloops maandeliks. Teen R8,40 is dit ook nie so peperduur nie,
> maar ek het weer hierdie maand s'n gekoop en die blad word darem nou
> baie dun.
Baie dankie vir die verklaring van die naam "De Kat."
Van die begin af het die naam my 'n bietjie gehinder. Ek
dink: die Afrikaners moet ophou so "cute" probeer wees.
Na 'n paar dae, begin ek wonder : staan die letters nie
vir iets anders nie - K (kultuur), A (Afrikaans) en T vir
Taal. Die "de" het my nog effens laat wonder.
Nou roep die naam vir my herinneringe op van die
kasteel, en van Lady Ann Barnard. Wanneer ek aan haar
dink, hoekom sien ek ook Kirstenbosch voor my. Is daar
'n konneksie?
Baie dankie ook dat jy die informasie drie keer gepos
het. Ek het toe drie keer aan Kirstenbosch gedink. Eerste
keer oor die heide daar. Die tweede keer : hoe Kirstenbosch
so teen die berg opstrek. Die derde keer het ek aan Generaal
Smuts gedink. Hier in Kanada word hy onthou as een van
die legendariese grondleggers van die Verenigde Volke.
Diefenbaker, die eerste minister van Kanada wat leiding ge-
neem het om SA uit die Gemenebes van Nasies uitgeskop
te kry in die vroeg sestigerjare, het altyd vertel dat hy die
eerste grondplan van die VVO gesien het op die agterkant
van Generaal Smuts se sigaretpakkie. Die grap is natuurlik
dat Generaal Smuts nooit gerook het nie, en is 'n perfekte
illustrasie van wat 'n ou jakkals Diefenbaker was!
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6754 is 'n antwoord op boodskap #6742] |
Vr., 12 Julie 1996 00:00   |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Vind die volgende gedig oor Lady Anne Barnard
in die Penguin Book of South African Verse. Dis
geskryf deur Anthony Delius. Hoop dis o.k. om 'n
Engelse gedig op die Afrikaanse nuusgroep te pos.
LADY ANNE BATHING
I have grown used to the retreat of seasons,
South-Easter, slow hail of different stars,
I can confront the threat of noosed horizons
Accept Napoleon's or another's wars
Are all my own, and no war has an end
Though evil changes sides. See, waters whiten
On the mountain face, whisper rage, descend
Till they step, pretty as a leopard's kitten
To fill my pool. In Town I dance my reel,
The Lady or the Poet, whatever is expected.
Existence caged in rooms or on parole
Will play the proper part that's to be acted.
The Burghers watch me from their placid lust
That has no naked eye. The officers
Dispense official gaiety, hate thrust
Away beneath the weeping chandeliers.
But dread of tame civility will grow,
Silk hiss against the flesh - until I flee
The twinkling clavichord and wine to show
My nakedness in hostage to a tree.
I stand here pale upon the mountain, dream
In panic at the bare baptismal step,
See water take my body without shame
And merge the shadow as the substance in its lap,
Wait poised above the sky within the shock,
The ecstasy caught in this cornered river,
And in exploding quiet watch the rock,
The tree, the peak and all beyond it shiver.
Anthony Delius was 'n jjoernalis. Het Suid-Afrika
in 1967 verlaat.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6783 is 'n antwoord op boodskap #6742] |
So., 14 Julie 1996 00:00   |
Armando Pellencin[2]
Boodskappe: 3 Geregistreer: Julie 1996
|
Junior Lid |
|
|
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> johanna rykheer wrote:
>> Ivm De Kat sal Gloudina dalk ook wil weet waar die naam vandaan kom.
>> As ek dit reg het, verwys dit na die beroemde De Kat, deel van die
>> Kasteel in Kaapstad, wat 'n mens ook herinner aan lady Anne Barnard.
>> Die tydskrif word ook in Kaapstad gepubliseer, en dit verskyn
>> terloops maandeliks. Teen R8,40 is dit ook nie so peperduur nie,
>> maar ek het weer hierdie maand s'n gekoop en die blad word darem nou
>> baie dun.>>>
> Ek is amper seker die hoofkantoor is in Johannesburg met net 'n
> tak-kantoor in Kaapstad. So dit is in wese 'n Johannesburgse tydskrif.
> Hy het ernstige probleme op die oomblik - soos vroeer gemeld in die
> nuusgroep - en dit werk op die oog af nie baie goed in op die
> personeel nie.
> So dis dalk die einde van die enigste Afrikaanse tydskrif wat ten
> minste kwaliteit PROBEER najaag het.
> (....die Boere het Thatcher ontdek.....)
Hang af wat 'n mens se definisie van "kwaliteit" is. As dit
glanspapier, with-it artikels, afrikaanses Afrikaans en so is, dan
stem ek nie saam nie. Vir my is kwaliteit dikwels verborge en moelik
om te ervaar deur die' wat dit nie gewoond is nie.
ALP
|
|
|
|
|
|
| Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6792 is 'n antwoord op boodskap #6742] |
Ma., 15 Julie 1996 00:00   |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
In article , ryk...@alpha.terranet.co.za says...
>
>
> Gloudina skryf:
> Nou roep die naam vir my herinneringe op van die
>> kasteel, en van Lady Ann Barnard. Wanneer ek aan haar
>> dink, hoekom sien ek ook Kirstenbosch voor my. Is daar
>> 'n konneksie?
>
> Ja, lady Anne Barnard se poel is mos in Kirstenbosch. Maar
> daardie gedig wat jy aangehaal het oor Lady Anne Bathing het
> my laat lag want as dit in daardie poeletjie was wat sy gebad
> het, is die hoge poe"sie hoogs onvanpas. En ek sien nie in
> watter ander poel dit kan wees nie.
> Johanna
Miskien het sy nie in daardie poeletjie geswem nie.
Waaroor ek my egter bekommer, is die volgende:
Delius neem aan dat sy besig was om te "skinnydip."
(Wat is skinnydipping in Afrikaans?) Die Kasteel is
tog egter taamlik ver van Kirstenbosch af. Hoe het sy by
Kirstenbosch uitgekom? Iemand moes haar daarheen
geneem het. Slawe wat haar op 'n draagstoel gedra het?
En waar was hulle terwyl sy nakend geswem het?
Terwyl ons nou op die onderwerp van Kirstenbosch
is, lees ek die volgende in 'n boek: Linnaeus, Darwin
en andere het almal die Kaapse Blomkoninkryk beskou
as die grootste in die wereld. Daar is twee teoriee oor die
weelde van die Kaapse flora: (1) Dat Europese plante
suidwaarts gedwing is deur die aantog van yslae in die
laaste Yseeu. (2) Dat die flora die oorspronklike plante
van Gondwanaland verteenwoordig. (Australie het byvoor-
beeld tipes van proteas, wat beskou word as voorsate van
die Bolandse proteas.)
My boek se ook vir my dat die strelitzia die blom-
embleem van Los Angeles is. Strelitzias is egter nie Boland-
se blomme nie, dink ek. Meer en meer sien 'n mens proteas
en strelitzias in enige offisiele ruikers op televisie, in veral
die V.S.A.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Geldmaak en ander verhale en De Kat [boodskap #6830 is 'n antwoord op boodskap #6742] |
Sa., 20 Julie 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>>
Patrick "Terror" Lekota is een van die gewildste leiers in die ANC.
Hy is ook tans die premier van die Vrystaat.
Hy was die UDF se skakelpersoon in die jare tagtig.
Die bynaam "Terror" kom uit sy dae as 'n sokker-speler.
Hy is 'n pragmatis met 'n charisme, praat Afrikaans vlot, kom van
Welkom of Kroonstad en was 'n kollega van Steve Biko.
De Kat het 'n onderhoud met hom gedoen (net na die 1994 verkiesing)
wat reguit en gebalanseerd was. Hulle het sonder bymotiewe probeer
weergee en verstaan wie en wat Lekota is.
'n Volwasse onderhoud.
'n Vars bries in Afrikaanse publikasies van daardie soort.
By the way, dit lyk of Tony O'Reily se groep De Kat en sy/haar
suster-tydskrifte gaan koop.
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 17:10:30 UTC 2026
|