Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suiwering
Suiwering [boodskap #68141] Sa, 02 November 2002 15:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Noudat julle so praat oor watersuiwering - ek lees nou 'n boek en weet nou
hoekom mans snorre het - dis om die slegte reuke te suiwer voordat dit by
hul neus uitkom:)))
Suidwester - julle is vreeeeslik ryk daar jong. Ek sien vanmiddag dat Air
Namibia die borg is van die internasionale fietsrybyeenkoms 7 - 11 November
hier in die Velodrome.

Annette
Re: Suiwering [boodskap #68144 is 'n antwoord op boodskap #68141] Sa, 02 November 2002 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Noudat julle so praat oor watersuiwering - ek lees nou 'n boek en weet nou
> hoekom mans snorre het - dis om die slegte reuke te suiwer voordat dit by
> hul neus uitkom:)))

Hehehehe.....
Ou Ignatius begin darem nou selfs so bietjie sin maak vir my. Ek dink
ek moes net eers sy absolute geloof dat net hy reg is en die res van
die wereld is verkeerd, begin aanvaar. (Ek is nou so halfpad met die
boek) :-)
Re: Suiwering [boodskap #68149 is 'n antwoord op boodskap #68144] So, 03 November 2002 01:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy vorder fluks - ek is nou eers 12% klaar- en kry sy ou ma vreeslik
jammer.
Annette

.com> skryf in boodskap news:ngs7suoe22vvpgh7eam3g3osok9sdjerlm@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Noudat julle so praat oor watersuiwering - ek lees nou 'n boek en weet nou
>> hoekom mans snorre het - dis om die slegte reuke te suiwer voordat dit by
>> hul neus uitkom:)))
>
> Hehehehe.....
> Ou Ignatius begin darem nou selfs so bietjie sin maak vir my. Ek dink
> ek moes net eers sy absolute geloof dat net hy reg is en die res van
> die wereld is verkeerd, begin aanvaar. (Ek is nou so halfpad met die
> boek) :-)
>
Re: Suiwering [boodskap #68159 is 'n antwoord op boodskap #68149] So, 03 November 2002 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Jy vorder fluks - ek is nou eers 12% klaar- en kry sy ou ma vreeslik
> jammer.

Vir eers 'n bietjie op hold gesit.
Ja, en wat van die arme Mancusco? :-)))
Weet jy ek was al 'n hele paar kere in die Big Easy, maar Pirate Alley
en Constantinople Straat, ontgaan my op die oomblik, heeltemal.
Dis frustrerend...
Re: Suiwering [boodskap #68176 is 'n antwoord op boodskap #68141] Ma, 04 November 2002 05:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die rede hoekom sekere mans snorre het, het EK gedog het niks met reuke te
doene nie......eerder te veel in noue kontak met 'vrugbare aarde'? Kyk
maar al die vrouens van die manne met snorre is sulke lekker vriendelike
anties! Strategies is daai snor natuurlik ook goed geplaas!
Air Namibia moes die annerdag deur die regering ehelp word om
N$1,5biljoen af te skryf en nou borg hulle fietsbyeenkomste? Bliksem, ek
aanvaar uiteindelik ek weet niks van besigheid af nie! Lyk my hoe meer
skuld jy het, hoe suksesvoller is jy?

"Annette" wrote in message
news:aq0qdi$5hvrf$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Noudat julle so praat oor watersuiwering - ek lees nou 'n boek en weet nou
> hoekom mans snorre het - dis om die slegte reuke te suiwer voordat dit by
> hul neus uitkom:)))
> Suidwester - julle is vreeeeslik ryk daar jong. Ek sien vanmiddag dat Air
> Namibia die borg is van die internasionale fietsrybyeenkoms 7 - 11 November
> hier in die Velodrome.
>
> Annette
>
Re: Suiwering [boodskap #68178 is 'n antwoord op boodskap #68176] Ma, 04 November 2002 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dog ek sal jou maar laat weet wat Air Namibia aanvang;))

Wat snorre aanbetref - my pa het altyd een gehad, en dit was omdat hy
selfbewus was oor sy "lang" bolip.
Sommige mans dink dit laat hul meer volwasse lyk.
Ek dink nie dis iets wat enige dame graag sou wou hê nie:)
Annette

com.na> skryf in boodskap news:3dc60ba4.0@news1.mweb.co.za...
> Die rede hoekom sekere mans snorre het, het EK gedog het niks met reuke te
> doene nie......eerder te veel in noue kontak met 'vrugbare aarde'? Kyk
> maar al die vrouens van die manne met snorre is sulke lekker vriendelike
> anties! Strategies is daai snor natuurlik ook goed geplaas!
> Air Namibia moes die annerdag deur die regering ehelp word om
> N$1,5biljoen af te skryf en nou borg hulle fietsbyeenkomste? Bliksem, ek
> aanvaar uiteindelik ek weet niks van besigheid af nie! Lyk my hoe meer
> skuld jy het, hoe suksesvoller is jy?
> "Annette" wrote in message
> news:aq0qdi$5hvrf$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Noudat julle so praat oor watersuiwering - ek lees nou 'n boek en weet nou
>> hoekom mans snorre het - dis om die slegte reuke te suiwer voordat dit by
>> hul neus uitkom:)))
>> Suidwester - julle is vreeeeslik ryk daar jong. Ek sien vanmiddag dat Air
>> Namibia die borg is van die internasionale fietsrybyeenkoms 7 - 11
> November
>> hier in die Velodrome.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Suiwering [boodskap #68181 is 'n antwoord op boodskap #68178] Ma, 04 November 2002 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
O, dit hang af van smaak, is dit nie? Die mans leef maar saam met die
vroumense wat alle soorte van fondamentversterkings aantrek en die dag wat
sy uittrek dan stort die hele spul in duie, so hulle kan seker ook maar saam
met die snorre en baarde lewe? Ek moet met jou saamstem, 'n snor is nie
iets wat enige dame graag sou wou hê nie......het jy gesien hoe lyk van die
anties met 'n snor?!!

"Annette" skryf in boodskap news:aq57tc$6p3rt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek dog ek sal jou maar laat weet wat Air Namibia aanvang;))
>
> Wat snorre aanbetref - my pa het altyd een gehad, en dit was omdat hy
> selfbewus was oor sy "lang" bolip.
> Sommige mans dink dit laat hul meer volwasse lyk.
> Ek dink nie dis iets wat enige dame graag sou wou hê nie:)
> Annette
>
>
> com.na> skryf in boodskap news:3dc60ba4.0@news1.mweb.co.za...
>> Die rede hoekom sekere mans snorre het, het EK gedog het niks met reuke te
>> doene nie......eerder te veel in noue kontak met 'vrugbare aarde'? Kyk
>> maar al die vrouens van die manne met snorre is sulke lekker vriendelike
>> anties! Strategies is daai snor natuurlik ook goed geplaas!
>> Air Namibia moes die annerdag deur die regering ehelp word om
>> N$1,5biljoen af te skryf en nou borg hulle fietsbyeenkomste? Bliksem, ek
>> aanvaar uiteindelik ek weet niks van besigheid af nie! Lyk my hoe meer
>> skuld jy het, hoe suksesvoller is jy?
>> "Annette" wrote in message
>> news:aq0qdi$5hvrf$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Noudat julle so praat oor watersuiwering - ek lees nou 'n boek en weet
> nou
>>> hoekom mans snorre het - dis om die slegte reuke te suiwer voordat dit
> by
>>> hul neus uitkom:)))
>>> Suidwester - julle is vreeeeslik ryk daar jong. Ek sien vanmiddag dat
> Air
>>> Namibia die borg is van die internasionale fietsrybyeenkoms 7 - 11
>> November
>>> hier in die Velodrome.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Suiwering [boodskap #68192 is 'n antwoord op boodskap #68181] Ma, 04 November 2002 19:28 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 4 Nov 2002 10:26:13 +0200, "Suidwester" wrote:
>
>> Wat snorre aanbetref - my pa het altyd een gehad, en dit was omdat hy
>> selfbewus was oor sy "lang" bolip.
>> Sommige mans dink dit laat hul meer volwasse lyk.
>> Ek dink nie dis iets wat enige dame graag sou wou hê nie:)
>> Annette



Eendag eendag lank geleë:-)
het ek 'n beskrywing gelees
wat een of ander vroumens
gesê het hoe sy haar gunsteling man wens

Vol van bates en die's en da's
is die man wat haar sal kry sonder enige las
sluit sy haar brief af en sê:
en 'n baard sal hy somtyds dra
maar nooit nie o nooit nie 'n snor

ware verhaal

DD
Vorige onderwerp: Spangees
Volgende onderwerp: Prick and Pay
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 05:33:07 MGT 2024