Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Giggeltjie
Giggeltjie [boodskap #67886] Ma, 28 Oktober 2002 17:57
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Verlede Saterdagaand, in Lincoln, Engeland, word 'n huisbewoner lelik
skrikgemaak.
Toe hy die deur oopmaak, toe staan daar 'n man voor hom met ski-brille op,
en met 'n meter-lange dreunende bandsaag in sy hand - 'n toneel soos in
Scream.
Die huisbewoner het verskrik die deur toegegooi en dadelik die polisie
gebel, en toe bewend gewag op sy einde, wat verseker naby is.
Toe die polisie opdaag , is die deur nog heel, die huisbewoner bewend maar
nog lewendig, en die wrede aanvaller skoonveld.
Dit kom toe uit dat die aanvaller eintlik slegs iemand was wat 'n dramatiese
ingang wou maak by 'n maskerpartytjie, en by die verkeerde adres aangeklop
het.

Annette
Vorige onderwerp: Re: Me (24 kb aanhangsel)
Volgende onderwerp: Nederland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 20:24:56 MGT 2024