Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rom rom rom - die plaasbesettings kom...
Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67562] Wo, 16 Oktober 2002 08:06 na volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie stukkie uit die KLETS.

http://www.e-klets.com

In die eerste geval van plaasbesetting sukkel 'n boer van Benoni om 40
000 plakkers van sy plaas te sit. Hy word blootgestel aan diefstal en
talle vorms van aggressie en intimidasie. Die dorp se balju het

voorgestel dat hy R1.8 miljoen bestee om 'n sekerheidsfirma te kry om
die plakkers te verwyder. Die polisie kan nie help nie, want die tronk
is reeds oorvol.
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67577 is 'n antwoord op boodskap #67562] Wo, 16 Oktober 2002 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
O, ooh! Pasop vriend, dat die Plaasvark jou nie aantree nie.
Plaasbesettings is mos net vir minderwaardige Afrikalande soos Zim en
Namibië bestem! Suid-Afrika is te gevorderd en te slim om met so iets
gevang te word, hm? Mens wonder nou net wie het reeds wapenprobleme,
geweld en doodslag en mense wat sukkel om hulle grond te behou? En die
slegte, sl�gte Namibië is mos darem goed genoeg om in te kom aas as hy sy
geld wil maak?

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0210160006.58dca755@posting.google.com...
> Hierdie stukkie uit die KLETS.
>
> http://www.e-klets.com
>
> In die eerste geval van plaasbesetting sukkel 'n boer van Benoni om 40
> 000 plakkers van sy plaas te sit. Hy word blootgestel aan diefstal en
> talle vorms van aggressie en intimidasie. Die dorp se balju het
>
> voorgestel dat hy R1.8 miljoen bestee om 'n sekerheidsfirma te kry om
> die plakkers te verwyder. Die polisie kan nie help nie, want die tronk
> is reeds oorvol.
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67581 is 'n antwoord op boodskap #67577] Wo, 16 Oktober 2002 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
Jy wil jou darem graag in die boer se probleem verlekker, né.

Laat ek dit nou mooi stadig verduidelik. Jy het vroeër
gesê, na aanleiding van iets wat ek dink Sam Nujoma
gesê het en wat ondersteunend vir Mugabe se grondplanne
was, dat Suid Afrika volgende is. Jy het dit as 'n feit gestel,
jou woorde was iets soos "dit is net 'n kwessie van tyd, dan
volg Suid-Afrika"

Wat Mugabe en Nujoma van gepraat het, was die onteiening
van plase. Wat hier gebeur het is totaal siek, maar dis
plakkery en nie onteining nie.

En dis beslis ook nie iets nuuts nie, 'n vriend van my buitekant
Henneman in die Vrystaat het rondom 1990 dieselfde probleem
gehad toe 'n deel van sy buurman se plaas reg langs sy huis,
deur plakkers ingeneem is en hulle hulle nie verwyder kon kry
nie. Daardie horde plakkers is vandag nog daar.

Die Benoni-boer het 'n helse probleem, hy kan nie sy grond
benut nie, maar hy besit nog die plaas. En hy het die reg aan
sy kant, alhoewel dit tot dusver pateties oneffektief was.

Dis nie die "dan volg Suid Afrka" waarna jy verwys het nie,
dis nie onteiening sonder vergoeding nie. Dis ook niks nuuts
nie, dit het al met baie stukke grond hier gebeur. Hoe dink
jy het die derduisende plakkers in SA hulle persele bekom,
dit gekoop? Hm?

En hoekom dink jy dat Namibië 'n "slegte, slegte" en
"minderwaardige Afrikaland" is? Soos jy weet is ek baie lief vir
Namibië en beskou ek dit beslis nie as sleg of minderwaardig nie.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3dad6ac3.0@news1.mweb.co.za...
O, ooh! Pasop vriend, dat die Plaasvark jou nie aantree nie.
Plaasbesettings is mos net vir minderwaardige Afrikalande soos Zim en
Namibië bestem! Suid-Afrika is te gevorderd en te slim om met so iets
gevang te word, hm? Mens wonder nou net wie het reeds wapenprobleme,
geweld en doodslag en mense wat sukkel om hulle grond te behou? En die
slegte, sl�gte Namibië is mos darem goed genoeg om in te kom aas as hy sy
geld wil maak?

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0210160006.58dca755@posting.google.com...
> Hierdie stukkie uit die KLETS.
>
> http://www.e-klets.com
>
> In die eerste geval van plaasbesetting sukkel 'n boer van Benoni om 40
> 000 plakkers van sy plaas te sit. Hy word blootgestel aan diefstal en
> talle vorms van aggressie en intimidasie. Die dorp se balju het
>
> voorgestel dat hy R1.8 miljoen bestee om 'n sekerheidsfirma te kry om
> die plakkers te verwyder. Die polisie kan nie help nie, want die tronk
> is reeds oorvol.
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67583 is 'n antwoord op boodskap #67562] Wo, 16 Oktober 2002 17:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja Max - die program was op Carte Blanche Sondagaand.
Die program het nie al die feite gegee nie, so dis moeilik om 'n opinie te
vorm.
Toegegee, die mense het in die eerste plek nie die reg gehad om te kom plak
op die boer se plaas nie, maar mens wonder net juis hoekom op sy plaas, en
hulle almal is so vreeslik gelukkig daar, behalwe die boer - met tuintjies
en paadjies de lot.
As iemand in jou voortuin kom plak sal jy hom mos so gou as moontlik
verwyder of laat verwyder voordat enigiemand nog bykom, en verder sal jy vir
hulle die lewe so moeilik as moontlik maak sodat dit hulle eie keuse is om
liewer weg te trek.
Annette

com> skryf in boodskap news:e720f1c7.0210160006.58dca755@posting.google.com...
> Hierdie stukkie uit die KLETS.
>
> http://www.e-klets.com
>
> In die eerste geval van plaasbesetting sukkel 'n boer van Benoni om 40
> 000 plakkers van sy plaas te sit. Hy word blootgestel aan diefstal en
> talle vorms van aggressie en intimidasie. Die dorp se balju het
>
> voorgestel dat hy R1.8 miljoen bestee om 'n sekerheidsfirma te kry om
> die plakkers te verwyder. Die polisie kan nie help nie, want die tronk
> is reeds oorvol.
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67614 is 'n antwoord op boodskap #67581] Do, 17 Oktober 2002 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm, en jy verstaan die kwessie duidelik nie te lekker nie. Die basiese
begrip van beide gevalle is presies dieselfde. Die man wat nie het nie,
skik die omstandighede sodanig dat die man wat het, dit wat hy het sal
prysgee en hy dit dan kan 'erf'. In hoeveel verskillende soorte van tale
wil jy dit nog omskrywe hê? Ek herhaal met graagte vir jou:
Plaasbesettings het in Zim plaasgevind, dit sal nog kom in Namibië en dit
gaan volg in SA want die hele ou patroon is dieselfde. Enige logiese mens
weet dat Utopia bestaan eenvoudig nie. Die nuwe regerings kan eenvoudig
net nie vir almal welvaart gee soos wat beloof is nie en as die massas
ongeduldig raak omdat hul nuwe lewe nie gekom het nie, dan begin hulle druk
plaas op die regering om te 'perform'.....en hulle kan nie. Uiteindelik
kom die nuwe politici met 'n nuwe 'vryheidstryd' en hulle begin praat oor
tradisionele gronde. Dis dan wat hulle met lang oë na die boere se grond
begin kyk. Dit kan eenvoudig nie anders nie.
Ek verlekker my nie in julle boere se probleme nie. Al wat ek weet is
dat daar probleme is en as die boeregemeenskap nie nou planne maak nie, sal
hulle in die toekoms groot drama hê. Ek verlustig my wel in 'n mens soos
jy wat vir my graag vertel dat jy, omdat jy al geredelik in ons land was,
nou ook sommer ons sake beter ken. Ons het deur die jare met arrogante
Suid-Afrikaners te doene gehad en jy is een van hulle. Hoe het jy gesê?
Ons het 'n basiese bestaansekonomie terwyl julle in SA darem die nekke van
Afrika is? JULLE weet van beter en is slimmer as die res van Afrika.
Vriend, die dag as jy jou gat saam met die res van ons gesien het, hoop ek
jy sal dit dan darem kan erken! Jy leef in 'n droomwêreld.....

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3dad8254.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter
> Jy wil jou darem graag in die boer se probleem verlekker, né.
>
> Laat ek dit nou mooi stadig verduidelik. Jy het vroeër
> gesê, na aanleiding van iets wat ek dink Sam Nujoma
> gesê het en wat ondersteunend vir Mugabe se grondplanne
> was, dat Suid Afrika volgende is. Jy het dit as 'n feit gestel,
> jou woorde was iets soos "dit is net 'n kwessie van tyd, dan
> volg Suid-Afrika"
>
> Wat Mugabe en Nujoma van gepraat het, was die onteiening
> van plase. Wat hier gebeur het is totaal siek, maar dis
> plakkery en nie onteining nie.
>
> En dis beslis ook nie iets nuuts nie, 'n vriend van my buitekant
> Henneman in die Vrystaat het rondom 1990 dieselfde probleem
> gehad toe 'n deel van sy buurman se plaas reg langs sy huis,
> deur plakkers ingeneem is en hulle hulle nie verwyder kon kry
> nie. Daardie horde plakkers is vandag nog daar.
>
> Die Benoni-boer het 'n helse probleem, hy kan nie sy grond
> benut nie, maar hy besit nog die plaas. En hy het die reg aan
> sy kant, alhoewel dit tot dusver pateties oneffektief was.
>
> Dis nie die "dan volg Suid Afrka" waarna jy verwys het nie,
> dis nie onteiening sonder vergoeding nie. Dis ook niks nuuts
> nie, dit het al met baie stukke grond hier gebeur. Hoe dink
> jy het die derduisende plakkers in SA hulle persele bekom,
> dit gekoop? Hm?
>
> En hoekom dink jy dat Namibië 'n "slegte, slegte" en
> "minderwaardige Afrikaland" is? Soos jy weet is ek baie lief vir
> Namibië en beskou ek dit beslis nie as sleg of minderwaardig nie.
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3dad6ac3.0@news1.mweb.co.za...
> O, ooh! Pasop vriend, dat die Plaasvark jou nie aantree nie.
> Plaasbesettings is mos net vir minderwaardige Afrikalande soos Zim en
> Namibië bestem! Suid-Afrika is te gevorderd en te slim om met so iets
> gevang te word, hm? Mens wonder nou net wie het reeds wapenprobleme,
> geweld en doodslag en mense wat sukkel om hulle grond te behou? En die
> slegte, sl�gte Namibië is mos darem goed genoeg om in te kom aas as hy sy
> geld wil maak?
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0210160006.58dca755@posting.google.com...
>> Hierdie stukkie uit die KLETS.
>>
>> http://www.e-klets.com
>>
>> In die eerste geval van plaasbesetting sukkel 'n boer van Benoni om 40
>> 000 plakkers van sy plaas te sit. Hy word blootgestel aan diefstal en
>> talle vorms van aggressie en intimidasie. Die dorp se balju het
>>
>> voorgestel dat hy R1.8 miljoen bestee om 'n sekerheidsfirma te kry om
>> die plakkers te verwyder. Die polisie kan nie help nie, want die tronk
>> is reeds oorvol.
>
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67618 is 'n antwoord op boodskap #67614] Do, 17 Oktober 2002 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jou geheue is duidelik nie lekker nie. Ek het ook nie die dinge
gesê wat jy nou aan my toedig nie, inteendeel ek is nie so
negatief oor Namibië soos jy nie. Gaan kyk maar in die argief,
ek het gesê ek gaan nie daaroor argumenteer nie omdat jy
daar woon en ek nie.

Hier is my heel eerste woorde in daardie draad:
"Ek verskil 'n bietjie van jou oor Namibië, maar gaan nie
met jou daaroor probeer argumenteer nie, want jy woon
daar en ek besoek dit net af en toe vir werk."

Dis eerder jy wat jou van buite oor Suid Afrika slim hou.
Wouter

Suidwester skryf in boodskap news:3dae814a.0@news1.mweb.co.za...
Ek verlekker my nie in julle boere se probleme nie. Al wat ek weet is
dat daar probleme is en as die boeregemeenskap nie nou planne maak nie, sal
hulle in die toekoms groot drama hê. Ek verlustig my wel in 'n mens soos
jy wat vir my graag vertel dat jy, omdat jy al geredelik in ons land was,
nou ook sommer ons sake beter ken. Ons het deur die jare met arrogante
Suid-Afrikaners te doene gehad en jy is een van hulle. Hoe het jy gesê?
Ons het 'n basiese bestaansekonomie terwyl julle in SA darem die nekke van
Afrika is? JULLE weet van beter en is slimmer as die res van Afrika.
Vriend, die dag as jy jou gat saam met die res van ons gesien het, hoop ek
jy sal dit dan darem kan erken! Jy leef in 'n droomwêreld.....
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67619 is 'n antwoord op boodskap #67618] Do, 17 Oktober 2002 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai nè! Vir 'n ou wat nie argumenteer nie het jy darem baie om te sê!
As jy nie wou argumenteer nie, hoekom bly jy dan nie net stil nie? EN,
ongelukkig ou vriend, het die SA regering van ons dubbele burgers gemaak en
in my lewetjie het ek dalk veel meer as die gemiddelde ou vir 'sy' land
Suid-Afrika gedoen....en vir Suidwes ook. Toevallig is ek nog burger van
beide ook. So sekerlik mag ek my sê sê oor SA ook?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3daead77.0@news1.mweb.co.za...
> Jou geheue is duidelik nie lekker nie. Ek het ook nie die dinge
> gesê wat jy nou aan my toedig nie, inteendeel ek is nie so
> negatief oor Namibië soos jy nie. Gaan kyk maar in die argief,
> ek het gesê ek gaan nie daaroor argumenteer nie omdat jy
> daar woon en ek nie.
>
> Hier is my heel eerste woorde in daardie draad:
> "Ek verskil 'n bietjie van jou oor Namibië, maar gaan nie
> met jou daaroor probeer argumenteer nie, want jy woon
> daar en ek besoek dit net af en toe vir werk."
>
> Dis eerder jy wat jou van buite oor Suid Afrika slim hou.
> Wouter
>
> Suidwester wrote in message
> news:3dae814a.0@news1.mweb.co.za...
> Ek verlekker my nie in julle boere se probleme nie. Al wat ek weet is
> dat daar probleme is en as die boeregemeenskap nie nou planne maak nie, sal
> hulle in die toekoms groot drama hê. Ek verlustig my wel in 'n mens soos
> jy wat vir my graag vertel dat jy, omdat jy al geredelik in ons land was,
> nou ook sommer ons sake beter ken. Ons het deur die jare met arrogante
> Suid-Afrikaners te doene gehad en jy is een van hulle. Hoe het jy gesê?
> Ons het 'n basiese bestaansekonomie terwyl julle in SA darem die nekke van
> Afrika is? JULLE weet van beter en is slimmer as die res van Afrika.
> Vriend, die dag as jy jou gat saam met die res van ons gesien het, hoop ek
> jy sal dit dan darem kan erken! Jy leef in 'n droomwêreld.....
>
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67623 is 'n antwoord op boodskap #67619] Do, 17 Oktober 2002 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy onthou nie net sleg nie, jy lees net so sleg.
Ek het gesê ek gaan nie *daaroor* (dus oor Namibië se
plaasbesettings) argumenteer nie en ek het ook nie.

Maar kom ons los hierdie semantiek, dis vervelig
om net te bly uitwys dat jy my woorde in die mond
bly lê. Jy is natuurlik welkom om te argumenteer
net waaroor jy wil, dis 'n omgemodereerde ng.
Wouter

Suidwester skryf in boodskap news:3daeb17b.0@news1.mweb.co.za...
Haai nè! Vir 'n ou wat nie argumenteer nie het jy darem baie om te sê!
As jy nie wou argumenteer nie, hoekom bly jy dan nie net stil nie? EN,
ongelukkig ou vriend, het die SA regering van ons dubbele burgers gemaak en
in my lewetjie het ek dalk veel meer as die gemiddelde ou vir 'sy' land
Suid-Afrika gedoen....en vir Suidwes ook. Toevallig is ek nog burger van
beide ook. So sekerlik mag ek my sê sê oor SA ook?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3daead77.0@news1.mweb.co.za...
> Jou geheue is duidelik nie lekker nie. Ek het ook nie die dinge
> gesê wat jy nou aan my toedig nie, inteendeel ek is nie so
> negatief oor Namibië soos jy nie. Gaan kyk maar in die argief,
> ek het gesê ek gaan nie daaroor argumenteer nie omdat jy
> daar woon en ek nie.
>
> Hier is my heel eerste woorde in daardie draad:
> "Ek verskil 'n bietjie van jou oor Namibië, maar gaan nie
> met jou daaroor probeer argumenteer nie, want jy woon
> daar en ek besoek dit net af en toe vir werk."
>
> Dis eerder jy wat jou van buite oor Suid Afrika slim hou.
> Wouter
>
> Suidwester wrote in message
> news:3dae814a.0@news1.mweb.co.za...
> Ek verlekker my nie in julle boere se probleme nie. Al wat ek weet is
> dat daar probleme is en as die boeregemeenskap nie nou planne maak nie, sal
> hulle in die toekoms groot drama hê. Ek verlustig my wel in 'n mens soos
> jy wat vir my graag vertel dat jy, omdat jy al geredelik in ons land was,
> nou ook sommer ons sake beter ken. Ons het deur die jare met arrogante
> Suid-Afrikaners te doene gehad en jy is een van hulle. Hoe het jy gesê?
> Ons het 'n basiese bestaansekonomie terwyl julle in SA darem die nekke van
> Afrika is? JULLE weet van beter en is slimmer as die res van Afrika.
> Vriend, die dag as jy jou gat saam met die res van ons gesien het, hoop ek
> jy sal dit dan darem kan erken! Jy leef in 'n droomwêreld.....
>
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67627 is 'n antwoord op boodskap #67623] Do, 17 Oktober 2002 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja nee. Ek stem. Ons twee hoort nie bymekaar nie. Ek vlieg en jy
vlieg!

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3daebfe5.0@news1.mweb.co.za...
> Jy onthou nie net sleg nie, jy lees net so sleg.
> Ek het gesê ek gaan nie *daaroor* (dus oor Namibië se
> plaasbesettings) argumenteer nie en ek het ook nie.
>
> Maar kom ons los hierdie semantiek, dis vervelig
> om net te bly uitwys dat jy my woorde in die mond
> bly lê. Jy is natuurlik welkom om te argumenteer
> net waaroor jy wil, dis 'n omgemodereerde ng.
> Wouter
>
> Suidwester wrote in message
> news:3daeb17b.0@news1.mweb.co.za...
> Haai nè! Vir 'n ou wat nie argumenteer nie het jy darem baie om te sê!
> As jy nie wou argumenteer nie, hoekom bly jy dan nie net stil nie? EN,
> ongelukkig ou vriend, het die SA regering van ons dubbele burgers gemaak en
> in my lewetjie het ek dalk veel meer as die gemiddelde ou vir 'sy' land
> Suid-Afrika gedoen....en vir Suidwes ook. Toevallig is ek nog burger van
> beide ook. So sekerlik mag ek my sê sê oor SA ook?
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3daead77.0@news1.mweb.co.za...
>> Jou geheue is duidelik nie lekker nie. Ek het ook nie die dinge
>> gesê wat jy nou aan my toedig nie, inteendeel ek is nie so
>> negatief oor Namibië soos jy nie. Gaan kyk maar in die argief,
>> ek het gesê ek gaan nie daaroor argumenteer nie omdat jy
>> daar woon en ek nie.
>>
>> Hier is my heel eerste woorde in daardie draad:
>> "Ek verskil 'n bietjie van jou oor Namibië, maar gaan nie
>> met jou daaroor probeer argumenteer nie, want jy woon
>> daar en ek besoek dit net af en toe vir werk."
>>
>> Dis eerder jy wat jou van buite oor Suid Afrika slim hou.
>> Wouter
>>
>> Suidwester wrote in message
>> news:3dae814a.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek verlekker my nie in julle boere se probleme nie. Al wat ek
weet
> is
>> dat daar probleme is en as die boeregemeenskap nie nou planne maak nie,
> sal
>> hulle in die toekoms groot drama hê. Ek verlustig my wel in 'n mens soos
>> jy wat vir my graag vertel dat jy, omdat jy al geredelik in ons land was,
>> nou ook sommer ons sake beter ken. Ons het deur die jare met arrogante
>> Suid-Afrikaners te doene gehad en jy is een van hulle. Hoe het jy gesê?
>> Ons het 'n basiese bestaansekonomie terwyl julle in SA darem die nekke van
>> Afrika is? JULLE weet van beter en is slimmer as die res van Afrika.
>> Vriend, die dag as jy jou gat saam met die res van ons gesien het, hoop ek
>> jy sal dit dan darem kan erken! Jy leef in 'n droomwêreld.....
>>
>
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67628 is 'n antwoord op boodskap #67627] Do, 17 Oktober 2002 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Ja nee. Ek stem.

Het julle nou weer verkiesings in Namibië?
Of stem julle in munisipale verkiesings?
Of gebruik jy 'n stembussie en 'n stembrief
wanneer jy SAAMSTEM?

Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalkomitee.
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67631 is 'n antwoord op boodskap #67628] Do, 17 Oktober 2002 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Ja nee. Ek stem.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalkomitee.
Het julle nou weer verkiesings in Namibië?
Of stem julle in munisipale verkiesings?
Of gebruik jy 'n stembussie en 'n stembrief
wanneer jy SAAMSTEM?

Wouter
Ek weet nie, hoor. Maar ek stem ook.
Sonder 'n stembrief.

Ek en Suidwester het lanklaas oor iets saamgestem.
Daarom is dit lekker om te kan sê: Ek stem.

Kom by, tant Hessie. Daardie soort suiwerheid pas nie by die
moderne Afrikaanse spreektaal nie, veral nie op 'n ng nie.

Stem?
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67632 is 'n antwoord op boodskap #67631] Do, 17 Oktober 2002 17:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek en Suidwester het lanklaas oor iets saamgestem.
> Daarom is dit lekker om te kan sê: Ek stem.
>
> Kom by, tant Hessie. Daardie soort suiwerheid pas nie by die
> moderne Afrikaanse spreektaal nie, veral nie op 'n ng nie.
>
> Stem?

Nee, Wouter. Tot die dag van my dood
sal ek nie toestem of saamstem dat
"Ek stem" in Engels beteken "I agree"
nie. Dis grotesk. Dis wat ek as Afrikaanse
onderwyseres onmiddellik as 'n Anglisisme
sou uitgewys het. En ek wed jou dat Dan
Roodt met sy keurige Afrikaans en sy
onkeurige nasionalisme nooit so 'n fout
sal maak in sy taalgebruik nie.

Gloudina
Gloudina stem nie [boodskap #67635 is 'n antwoord op boodskap #67632] Do, 17 Oktober 2002 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina:
En ek wed jou dat Dan Roodt met sy keurige Afrikaans
en sy onkeurige nasionalisme nooit so 'n fout sal maak
in sy taalgebruik nie.

Wouter
Jy kan maar vir Dan Roodt as rolmodel kry, hoor.
Maar nie ek nie, nee dankie.
Re: Gloudina stem nie [boodskap #67636 is 'n antwoord op boodskap #67635] Do, 17 Oktober 2002 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Wouter
> Jy kan maar vir Dan Roodt as rolmodel kry, hoor.
> Maar nie ek nie, nee dankie.

Ja nee, ek stem.
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67644 is 'n antwoord op boodskap #67628] Vr, 18 Oktober 2002 05:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hey ou antie, as jy nie weet van streekstaal nie, dan is dit nie my skuld
dat jy steeds wegkruip in Kanada nie. Dis hoe die mense praat hier by ons
en ek skryf op hierdie nuusgroep, in berigte en alle ander goed presies hoe
ek praat. As jy nie daarvan hou nie, wat van jy en die 'Vark gaan vang 'n
druk? Nou nie dat enigeen van julle twee nog sal weet wat om te doen nie!
Arke staan op bergspitse hulle vaar nie meer nie!
skryf in boodskap news:3DAED59B.2090102@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Ja nee. Ek stem.
>
>
> Het julle nou weer verkiesings in Namibië?
> Of stem julle in munisipale verkiesings?
> Of gebruik jy 'n stembussie en 'n stembrief
> wanneer jy SAAMSTEM?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se taalkomitee.
>
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67672 is 'n antwoord op boodskap #67644] Vr, 18 Oktober 2002 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

As jy nie daarvan hou nie, wat van jy en die 'Vark gaan vang 'n
> druk? Nou nie dat enigeen van julle twee nog sal weet wat om te doen nie!
> Arke staan op bergspitse hulle vaar nie meer nie!

En dan is jy só stupid dat jy nie eens
kan agterkom dat Wouter Plaasvark jou
gebruik van "ek stem" verdedig nie.
Jou rekord is nou so sleg by my dat ek
jou nie eens meer glo wanneer jy wil
verduidelik hoe hoog die springbokke kan
spring nie.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67680 is 'n antwoord op boodskap #67628] Vr, 18 Oktober 2002 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 17 Oct 2002 15:18:32 GMT, "@rogers.com" sê:

>

> Of gebruik jy 'n stembussie en 'n stembrief
> wanneer jy SAAMSTEM?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se taalkomitee.

Tannie Hes, ek dink hulle stem saam dat hulle nie saamstem nie.

DD
Re: Rom rom rom - die plaasbesettings kom... [boodskap #67688 is 'n antwoord op boodskap #67672] Sa, 19 Oktober 2002 07:27 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag ou tannie, jou kop bewe al so jy sal in elk geval nie eers kan verstaan
hoekom 'n springbok spring nie! Jy ken mos net van verraad en weghol.....
skryf in boodskap news:3DB01941.4070002@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> As jy nie daarvan hou nie, wat van jy en die 'Vark gaan vang 'n
>> druk? Nou nie dat enigeen van julle twee nog sal weet wat om te doen nie!
>> Arke staan op bergspitse hulle vaar nie meer nie!
>
> En dan is jy sê stupid dat jy nie eens
> kan agterkom dat Wouter Plaasvark jou
> gebruik van "ek stem" verdedig nie.
> Jou rekord is nou so sleg by my dat ek
> jou nie eens meer glo wanneer jy wil
> verduidelik hoe hoog die springbokke kan
> spring nie.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Vorige onderwerp: What a tragedy!
Volgende onderwerp: Nuttige Sarie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 02:40:32 MGT 2024