Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kan waar wees
Kan waar wees [boodskap #67399] Vr, 11 Oktober 2002 10:23 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is sprake dat die ANC/NNP broeders miskien te gou begin paartie hou het
en kantore uitgekies het hier in die Kaap.
Blykbaar is dit nog glad nie 'n uitgemaakte saak dat hulle in beheer sal
wees van die Kaapse Metropool nie.
Daar is sprake dat daar mense uit al drie die bakleiende hoofpartye nog wil
oorloop in die orige grasie periode. Dit maak dinge natuurlik vreeslik
interessant.
Daar was juis 'n oorloper wat na sy eie pasgestigde party oorgeloop het.
Nou kyk, daar is niks wat my 'n groter lekkerkry sal gee as die ANC/NNP
handomdielywers, na al die onderduimse gekonkel, nog steeds nie in beheer
van Kaapstad sal wees nie.
Ek dink regtig sommige van die oorlopers moet 'n bruinwerkersparty stig.
Hulle sal definief groot steun geniet - en nie slegs onder bruin mense nie.
Hulle moet net nie vir Morkel of Marais kies as van die leiers nie. Ons
gewone mense is nou al moeg vir die twee bakleiers se gesigte en vetes.

Annette
Re: Kan dit waar wees? [boodskap #67425 is 'n antwoord op boodskap #67399] Vr, 11 Oktober 2002 18:56 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Oct 2002 12:23:09 +0200, "Annette"
sê:

> Nou kyk, daar is niks wat my 'n groter lekkerkry sal gee as die ANC/NNP
> handomdielywers, na al die onderduimse gekonkel, nog steeds nie in beheer
> van Kaapstad sal wees nie.

> Annette
>

Gister se Beeld het so lekker spotprent gehad van
'n vet ANC in sy suit en 'n klein Marthinus met 'n
groot NNP banier wat by sy baadjiesak uitloer.
Ek het die spotprent uitgesny en spotpret gemaak
daarmee toe ek dit sonder 'n woord in 'n
NNP kollega (wat op al wat voorsitterskap dien)
se hande druk. ('Sonder 'n woord' het ek gesê:-)

DD
Vorige onderwerp: Neem kennis!!
Volgende onderwerp: C N A
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 02:35:58 MGT 2024