Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Geloofsgenesing
Geloofsgenesing [boodskap #67214] |
Di., 08 Oktober 2002 09:31  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Enigiemand hier wat ondervinding daarvan het - persoonlik of familie en
vriende?
Was die geloofsgenesing suksesvol en blywend sonder enige ander medikasie?
As die vriend of familielid dood is omdat sy/hy geglo het hulle hoef nie
meer medikasie te geneem het nadat hulle gesond gebid is nie, is die dood
gedeeltelik die geloofsgeneser se skuld?
Annette
|
|
|
|
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67308 is 'n antwoord op boodskap #67307] |
Wo., 09 Oktober 2002 20:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
DD wrote:
> geloofsgenesing
Ek wonder of, wanneer die term "geloofsgenesing"
gebruik word, daar nie 'n baie spesifieke situasie
daarmee aangedui word nie. Daar is sekere mense
wie se godsdienstige oortuigings hulle dwing om
te glo dat moderne medisyne iets uit die bose is
en dan alle genesing "van Bo" kom. Die Christian
Scientists is so 'n groep, en ek dink die Seventh
Day Adventists ook, en nog ander groepe. Hier in
Kanada het ons elke nou en dan 'n saak voor die
howe waar die staat die ouers wil dwing om sekere
behandelings vir hulle kinders toe te laat, en
waar die ouers botweg weier. Mens sou kon sê dat
daardie mense in "geloofsgenesing" glo, al sterf
hulle kind dan daarna.
Goddelike genesing, sou ek sê, beteken maar net
pleinweg, dat die genesing vir die Christen van Bo
kom, selfs al word moderne medisyne gebruik of nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67332 is 'n antwoord op boodskap #67308] |
Do., 10 Oktober 2002 11:24   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit kan seker so wees soos jy beskryf Gloudina.
Die term geloofsgenesing word hier gewoonlik gebruik saam met die gesondbid
praktyke in charismatiese tentdienste.
Baie selde word van geloofsgenesing gepraat waar 'n predikant van die
kansel of privaat by die huis vir iemand om beterskap gebid het.
Annette
news:3DA49281.4060003@rogers.com...
>
> DD wrote:
>
>
>> geloofsgenesing
>
>
> Ek wonder of, wanneer die term "geloofsgenesing"
> gebruik word, daar nie 'n baie spesifieke situasie
> daarmee aangedui word nie. Daar is sekere mense
> wie se godsdienstige oortuigings hulle dwing om
> te glo dat moderne medisyne iets uit die bose is
> en dan alle genesing "van Bo" kom. Die Christian
> Scientists is so 'n groep, en ek dink die Seventh
> Day Adventists ook, en nog ander groepe. Hier in
> Kanada het ons elke nou en dan 'n saak voor die
> howe waar die staat die ouers wil dwing om sekere
> behandelings vir hulle kinders toe te laat, en
> waar die ouers botweg weier. Mens sou kon sê dat
> daardie mense in "geloofsgenesing" glo, al sterf
> hulle kind dan daarna.
> Goddelike genesing, sou ek sê, beteken maar net
> pleinweg, dat die genesing vir die Christen van Bo
> kom, selfs al word moderne medisyne gebruik of nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67336 is 'n antwoord op boodskap #67331] |
Do., 10 Oktober 2002 13:30   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Hallo Gloudina!
>
> Wanneer raak jy weer bietjie iets simpels kwyt?
Ek het lanklaas met jou gestry...
So jy mis my? Ek wou jou kortvat oor
die Nederlandse "koning" wat onlangs
dood is, maar toe spring ander my voor.
Lewe Juliana nog? En wat is die naam
van Beatrix se man? Hy word seker ook
'n prins genoem. Is Beatrix se eerste
kind 'n seun? Die Nederlandse konings-
huis was vir meer as honderd jaar net
onder vroumense: van Koningin Wilhelmina
gedurende die tyd van Paul Kruger tot
vandag toe. Dis tyd dat daar 'n koning
kom.
Waar in Nederland bly jy?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67342 is 'n antwoord op boodskap #67214] |
Do., 10 Oktober 2002 13:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Thys de Wet wrote:
> Gloudina,
>
> As ek dit reg het, was prins Claus juis Beatrix se man...
>
> Senior oomblikke slaan duidelik nou al deur!
Wel, hoe het ek dit dan nou. Is Beatrix nie
die koningin nie, en is sy nie maar net so
in haar sestigerjare of so nie. Hoekom het
sy dan 'n man van diep in die sewentigs?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67355 is 'n antwoord op boodskap #67214] |
Do., 10 Oktober 2002 15:59   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Dave wrote:
> en glo die Moslem nie dat dit van Allah af is en
> die Hari Krishna dat dit van Krishna af is en die
> Boedhis dat dit van Gauteng (of wat is daai vet
> man se naam nou weer?) is nie?
> Of is dit slegs die Christen wat in Goddelike
> genesing glo?
Ek dink jy moet oppas om so neerhalend
van ander se gelowe te praat.
Ek wil dan ook nog vir jou daarop wys
dat Gautama Buddha maar net 'n historiese
Buddha was, wie se leringe die fondament
vorm vir 'n hele klomp buddistiese paaie
en tegnieke. Daar is vele buddhas,
histories sowel as mitologies, en die
algemene deler by almal is dat hulle
"buddhahood" bereik het. Dit wil sê een
geword het met wat die Christen die
goddelike noem.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67375 is 'n antwoord op boodskap #67365] |
Do., 10 Oktober 2002 23:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Dave wrote:
> slegs vir die Christelike geloof van Bo is
> wat nie reg klink nie, tensy ander gelowe
> gladnie in 'n bonatuurlike genesing glo nie.
So jy glo dat genesing wat deur jou
godsdienstige geloof bewerkstellig is,
bo-natuurlik is, dus nie natuurlik is
nie? Dit is soos 'n mens julle closet
marxistiese materialiste uitvang.
Anti Stalin
|
|
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67437 is 'n antwoord op boodskap #67386] |
Sa., 12 Oktober 2002 09:51  |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Max" schreef...
> Ja, Bea se eerste kind is 'n seun. Ons kry dus weer 'n koning. Dis nou
> Alexander, wie op 2 Februarie hierdie jaar, met Maxima uit Argentinië
> (sp?) getroud is.
Willem Alexander. Oorigens het Beatrix net seuns (3).
> Juliana leef nog. Ek hoor sy gaan nie begrafnis toe nie.
Dis eintlik nie 'n rerige begrafnis nie, die Oranjes word nie begrawe nie,
hulle word bygesit in die familietombe in die Nieuwe Kerk.
Prins Bernard (Prinses Juliana se man) gaan wel. Juliana is baie siek, sy
het glo al sinds jare Altzheimer.
Gaan jy ook die begrafnis toe dinsdag? Ek woon binnen loopafstand van
Delft - 25 minute -, dus ek gaan seker. Ek moet die geluid van die Bourdon
(wat in die Oude Kerk hang) opneem! Daardie bel word net gelui by koninklike
begrafnisse. Die laaste maal was in 1962, wat ek dus nie kon hoor het :)
Arthur
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 21:47:49 UTC 2025
|