Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Postapartheidsrassebewussyn
Re: DD kom terug [boodskap #67128 is 'n antwoord op boodskap #67093] So, 06 Oktober 2002 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Larrikin

Katryn wrote in
news:vustpuog5pvlec...@4ax.com:

> Larrikin wrote:
>
> Ek stel voor dat as jy 'n probleem met iemand het wat hier
> deelneem, of soos dit in jou geval blyk te wees, 'n probleem met
> die manier waarop sekere persone hulle opinies hier lig - jy dit
> met daardie persoon self opneem in privaat epos. Dit verhoed
> 'n gedurige, vervelige moddergooiery hier in die openbaar.
> Dankie.
>

Vreeslik dankie vir jou beleefde versoek, maar soos iemand anders
dit ook al uitgewys het, stel ek nie in nog junk mail in my inbox
belang nie. Ek soek ook nie vriende nie - ek lug my opinie, en as
ek glo dat iemand onnodig te na gekom is (in hierdie geval nie net
Dave nie, maar ook oom Gert en Johan Bornman wat baie interessante
dinge te sê gehad het), dan sal ek dit uitwys. En ek sien hier is
sommer baie mense wat met ander mense se opinies probleme het, maar
snaaks genoeg, het jy dit nog nooit voorheen uitgewys nie. Of is
dit omdat ek die Plaasvark aangespreek het? Is hy dalk jou
vroetelpappie???

Ek gooi nie modder nie - maar ek moet sê, sommige van daardie
modder missiele wat jy na Kanada toe afskiet, sal baie mense vinnig
laat koes. Maar lyk my die Antie het jou nommertjie, en sy weet hoe
jou kop werk. Mind you, dit neem seker ook nie 'n rocket scientist
om jou kop te lees nie.
Re: DD kom terug [boodskap #67130 is 'n antwoord op boodskap #67118] So, 06 Oktober 2002 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chrisjolette  is tans af-lyn  Chrisjolette
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Dave en Gloudina gesels:
>> Dave wrote:
>
>> stuk oor die Buddhisme.
>> Hoe het jy dit reggekry?
>>
>
> Bietjie geplagieer Tant Hes.
> En hoe het jy geweet dat ek nie
> 'n vrou is nie:-)
>
> Dave

Chrisjolette antwoord: Hallo DD. Graag wil ek my apologie aanteken
vir al die valse beskuldigings wat my plasings jou op die hals gehaal
het. Alles wat ek op die ng gesê het oor myself, my werk, my ras, my
sterk liefde vir Afrikaans en Nichiren Shosho is waar en my bedoeling
was glad nie om jou of enige ander persoon se integriteit in gedrag te
bring nie, selfs nie eers met die paar tikfoute wat ek gemaak het in
die artikels wat my eie was nie. Duidelik weet die tante nie hoe om
IP`s te lees of te verstaan nie al is dit al baie aan haar
verduidelik, dalk moet sy vir oom Sakkie vra om dit vir haar in `n
gediggie te verduidelik. Indien ons manier van skryf so eenders is as
wat sy sê, sal ek nogal graag wil sien hoe lyk dit die dag as ons twee
van mekaar sou verskil.
Re: DD kom terug [boodskap #67133 is 'n antwoord op boodskap #67128] So, 06 Oktober 2002 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Larrikin wrote:

> . En ek sien hier is
> sommer baie mense wat met ander mense se opinies probleme het, maar
> snaaks genoeg, het jy dit nog nooit voorheen uitgewys nie. Of is
> dit omdat ek die Plaasvark aangespreek het? Is hy dalk jou
> vroetelpappie???

Nee, ek wou eintlik net agterkom wie jy is. Nou weet ek. Sien?

> Ek gooi nie modder nie - maar ek moet sê, sommige van daardie
> modder missiele wat jy na Kanada toe afskiet, sal baie mense vinnig
> laat koes. Maar lyk my die Antie het jou nommertjie, en sy weet hoe
> jou kop werk. Mind you, dit neem seker ook nie 'n rocket scientist
> om jou kop te lees nie.

:-)
Re: DD kom terug [boodskap #67140 is 'n antwoord op boodskap #67107] Ma, 07 Oktober 2002 00:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Larrikin

"Wouter Plaasvark" wrote in
news:3d...@news1.mweb.co.za:

> Wouter
> Ekskuus, maar waar het ek voorwaardes vir sy terugkeer gestel?
> Ek is in geen posisie om dit te doen nie. Wat ek gesê en bedoel
> het

Wat jy gesê het, en wat jy bedoel het, is dan duidelik twee
verskillende dinge. Jy het gesê jy sal hom terugverwelkom
"natuurlik as hy homself identifiseer. En natuurlik as hy nie weer
as 'n ander bekende probeer poseer nie". Dit is duidelik twee
voorwaardes.

> Jy is hier die vermetel een, Larrikin. Jy lê woorde in my mond
> op 'n erg arrogante en vermetele manier.

Nee wat, Man, jy praat hopeloos te veel vir my om kans te hê om
woorde in jou mond te lê. Gaan lees weer mooi en stadig wat jy
gesê het en ek hierbo aangehaal het. Nou wonder ek ook nog hoe 'n
mens woorde in jou mond kan lê op 'n erg vermetele en arrogante
manier. Sal gaan dink daaroor.


> Maar ek
> wonder of my sonde nie eerder is dat ek al verskeie
> liegstories hier taamlik brutaal ontbloot het nie? Ek
> beplan nie om daarmee op te hou nie. Behalwe as
> ek dalk self gatvol word en verdwyn.

Niemand praat van sonde nie - moenie dramaties word nie. En is die
bronne wat jy aanhaal dan die enigste wat korrek en waar is?
Hoekom kan ander se feite, al verskil dit van joune, nie ook waar
wees nie? Miskien moet jy vanuit 'n ander perspektief na sake kyk,
nie altyd net vanuit jou eie oogpunt nie. Think outside the
square.

En as jou laaste sin dalk 'n patetiese poging tot 'n dreigement
was, val dit hier op dowe ore, Mens. As jy wil verdwyn, is dit
(soos jy vantevore gesê het), jou keuse.
Re: DD kom terug [boodskap #67142 is 'n antwoord op boodskap #67133] Ma, 07 Oktober 2002 02:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Larrikin  is tans af-lyn  Larrikin
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 06 Oct 2002 10:43:47 -0400, Katryn wrote:

>
> Nee, ek wou eintlik net agterkom wie jy is. Nou weet ek. Sien?
>

En hier gaat ons al weer - dit is duidelik dat jy my met iemand
verwar. Maar as dit jou gelukkig maak om te dink jy weet wie ek
is,geniet dit.
Re: Postapartheidsrassebewussyn [boodskap #67148 is 'n antwoord op boodskap #67088] Ma, 07 Oktober 2002 04:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja Suidwester. Die se brood jy eet - die se hand kan jy byt ....

"Suidwester" skryf in boodskap news:3d9e9ccf.0@news1.mweb.co.za...
> So die antie het ook maar lekker gescore uit die apartheidsvarke se tyd?
> Sover ek weet subsidieer die staat ELKE student en waarom het die antie nie
> 'n beswaar gehad om daarvan gebruik te maak nie?
> skryf in boodskap news:3D9C50D0.4050800@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>> Byvoorbeeld, aan die Universiteit van Natal, waar sy vir 'n kort
rukkie
>>> was, weet niemand van haar nie.
>>
>>
>> Ha,ha,ha. So jy het hulle gebel, nê?
>> Al ooit gekyk in hulle graadlyste. Ek
>> het drie verskillende grade daar gekry?
>> Natuurlik onder my nooiensvan. As jy
>> gelukkig is, is daar in hulle biblioteek
>> miskien ook nog verhandelings. Ek weet
>> daar is een by UNISA.
>>
>> Ou Tante Koba, wat nou moeg raak vir
>> die Oom se geraas.
>>
>
Re: DD kom terug [boodskap #67156 is 'n antwoord op boodskap #67140] Ma, 07 Oktober 2002 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Ekskuus, maar waar het ek voorwaardes vir sy terugkeer gestel?
> Ek is in geen posisie om dit te doen nie. Wat ek gesê en bedoel het

Larrikin
Wat jy gesê het, en wat jy bedoel het, is dan duidelik twee
verskillende dinge. Jy het gesê jy sal hom terugverwelkom
"natuurlik as hy homself identifiseer. En natuurlik as hy nie weer
as 'n ander bekende probeer poseer nie". Dit is duidelik twee
voorwaardes.

Wouter
Jy mis die punt Larrikin. Ek het nooit voorwaardes gestel vir
sy terugkeer, soos jy beweer nie. Ek het slegs gesê dat ek hom
onder daardie omstandighede sal terugverwelkom, dus met
goeie bedoelings welkom heet, soos ek ook intussen gedoen het.

Daar is 'n baie groot verskil tussen voorwaardes stel vir
terugkeer (dis outomaties arrogant) en verwelkom, wat 'n
positiewe aksie is.

> Ek beplan nie om daarmee op te hou nie. Behalwe as
> ek dalk self gatvol word en verdwyn.

Larrikin
En as jou laaste sin dalk 'n patetiese poging tot 'n dreigement
was, val dit hier op dowe ore, Mens. As jy wil verdwyn, is dit
(soos jy vantevore gesê het), jou keuse.

Wouter
Nee, dis geen dreigement nie, as ek dit wou doen sou ek eerder
gedreig het om nog baie lank te bly. Dit was bloot 'n kwalifikasie
van die voorafgaande sin.
Re: DD kom terug [boodskap #67162 is 'n antwoord op boodskap #67156] Ma, 07 Oktober 2002 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Mensig, hierdie DD moet sekerlik 'n gods wonder wees om die rooi tapyt
uitgerol te kry vir sy terugkeer. Gaan die vetgemaakte kalf nou ook geslag
word?

Willie
Re: DD kom terug [boodskap #67228 is 'n antwoord op boodskap #67130] Di, 08 Oktober 2002 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Chrisjolette" skryf in boodskap news:2cc19bbd.0210060351.55462d2c@posting.google.com...
> dalk moet sy vir oom Sakkie vra om dit vir haar in `n
> gediggie te verduidelik.

Huh?

Hallo DD, vir wie't jy nou weer die moer in gemaak, of is dit 'n onnodige
vraag.
Re: DD kom terug [boodskap #67231 is 'n antwoord op boodskap #67228] Di, 08 Oktober 2002 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> "Chrisjolette" wrote in message
>> dalk moet sy vir oom Sakkie vra om dit vir haar in `n
>> gediggie te verduidelik.

> Huh?
>
> Hallo DD, vir wie't jy nou weer die moer in gemaak, of is dit 'n onnodige
> vraag.

Gie,gie,gie.

Oom Sakkie van die agterste van Helsdingens.
Re: DD kom terug [boodskap #67239 is 'n antwoord op boodskap #67228] Di, 08 Oktober 2002 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Oct 2002 15:52:46 +0200, "Sakkie" wrote:

> Huh?
>
> Hallo DD, vir wie't jy nou weer die moer in gemaak, of is dit 'n onnodige
> vraag.
>

LOL, hallo Sakkie:-)
vervang liewer die woord 'weer' met 'steeds'.

DD
Re: DD kom terug [boodskap #67241 is 'n antwoord op boodskap #67228] Di, 08 Oktober 2002 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Oct 2002 15:52:46 +0200, "Sakkie" wrote:

> Huh?
>
> Hallo DD, vir wie't jy nou weer die moer in gemaak, of is dit 'n onnodige
> vraag.
>

ek...? iemand die moer in maak? Ek...?
jelle ken my mos beter as dit.

(beslis het ek iets gemis, want
volgens my nuusleser was daar
geen enkele brief op hierie ng
gisteraand nie - en as daar wel
was, kry ek dit ook nie vanaand
nie; so as daar iets is waarop ek
moes reageer en dit nie gedoen
het nie, ek het dit nie gekry nie.
As jy dit weer stuur en dit is nie
maklik antwoordbaar nie, sal ek
dat vanaand ook nie kry nie.

DD
Re: DD kom terug [boodskap #67243 is 'n antwoord op boodskap #67122] Di, 08 Oktober 2002 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 6 Oct 2002 09:58:24 +1000, "Me & Bobby Magee"
wrote:

> ........ selfs dié wat vals sing!

Ek het jou gesê bly weg as ek stort:-)))

Didi
Re: DD kom terug [boodskap #67291 is 'n antwoord op boodskap #67162] Wo, 09 Oktober 2002 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Willie Vorster wrote:

> Mensig, hierdie DD moet sekerlik 'n gods wonder wees om die rooi tapyt
> uitgerol te kry vir sy terugkeer. Gaan die vetgemaakte kalf nou ook geslag
> word?

Ja, dis wat gebeur met "prodigal sons."
Dit lyk vir my jy is jaloers. Jy is seker
die broer wat soos 'n sucker by die huis
gesit het en gehoop het dat jy die hele
erfenis sal kry. Ondertussen jol kleinboet
lekker en kry tog ook deel daarvan.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
Re: DD kom terug [boodskap #67300 is 'n antwoord op boodskap #67291] Wo, 09 Oktober 2002 18:33 Na vorige boodskap
Dawie  is tans af-lyn  Dawie
Boodskappe: 6
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 09 Oct 2002 12:40:51 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Willie Vorster wrote:
>
>> Mensig, hierdie DD moet sekerlik 'n gods wonder wees om die rooi tapyt
>> uitgerol te kry vir sy terugkeer. Gaan die vetgemaakte kalf nou ook geslag
>> word?
>

Willie, glo jy my vry
DD het nog 'n sny
wat wag om te genees
van die vorige kere hier gewees

selfmarteling word dit genoem
absoluut is dit niks om op te roem
maar glo jy my steeds vry
hy's maar hier om te bly

Mense soos tannie Hes
probeer gewoonlik hul bes
ommie man maniere te leer
maar hy faal keer op keer

Die rooi tapyt is eintlik net
hulle manier van pret
om te jag
met 'n lag

Dawie
Vorige onderwerp: Motorspeelgoed
Volgende onderwerp: Produktiwiteitsweek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:56:52 MGT 2024