Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Postapartheidsrassebewussyn
Re: DD kom terug [boodskap #67128 is 'n antwoord op boodskap #67093] |
Sun, 06 October 2002 09:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: Larrikin
Katryn wrote in
news:vustpuog5pvlec...@4ax.com:
> Larrikin wrote:
>
> Ek stel voor dat as jy 'n probleem met iemand het wat hier
> deelneem, of soos dit in jou geval blyk te wees, 'n probleem met
> die manier waarop sekere persone hulle opinies hier lig - jy dit
> met daardie persoon self opneem in privaat epos. Dit verhoed
> 'n gedurige, vervelige moddergooiery hier in die openbaar.
> Dankie.
>
Vreeslik dankie vir jou beleefde versoek, maar soos iemand anders
dit ook al uitgewys het, stel ek nie in nog junk mail in my inbox
belang nie. Ek soek ook nie vriende nie - ek lug my opinie, en as
ek glo dat iemand onnodig te na gekom is (in hierdie geval nie net
Dave nie, maar ook oom Gert en Johan Bornman wat baie interessante
dinge te sê gehad het), dan sal ek dit uitwys. En ek sien hier is
sommer baie mense wat met ander mense se opinies probleme het, maar
snaaks genoeg, het jy dit nog nooit voorheen uitgewys nie. Of is
dit omdat ek die Plaasvark aangespreek het? Is hy dalk jou
vroetelpappie???
Ek gooi nie modder nie - maar ek moet sê, sommige van daardie
modder missiele wat jy na Kanada toe afskiet, sal baie mense vinnig
laat koes. Maar lyk my die Antie het jou nommertjie, en sy weet hoe
jou kop werk. Mind you, dit neem seker ook nie 'n rocket scientist
om jou kop te lees nie.
|
|
|
|
|
Re: DD kom terug [boodskap #67140 is 'n antwoord op boodskap #67107] |
Mon, 07 October 2002 00:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: Larrikin
"Wouter Plaasvark" wrote in
news:3d...@news1.mweb.co.za:
> Wouter
> Ekskuus, maar waar het ek voorwaardes vir sy terugkeer gestel?
> Ek is in geen posisie om dit te doen nie. Wat ek gesê en bedoel
> het
Wat jy gesê het, en wat jy bedoel het, is dan duidelik twee
verskillende dinge. Jy het gesê jy sal hom terugverwelkom
"natuurlik as hy homself identifiseer. En natuurlik as hy nie weer
as 'n ander bekende probeer poseer nie". Dit is duidelik twee
voorwaardes.
> Jy is hier die vermetel een, Larrikin. Jy lê woorde in my mond
> op 'n erg arrogante en vermetele manier.
Nee wat, Man, jy praat hopeloos te veel vir my om kans te hê om
woorde in jou mond te lê. Gaan lees weer mooi en stadig wat jy
gesê het en ek hierbo aangehaal het. Nou wonder ek ook nog hoe 'n
mens woorde in jou mond kan lê op 'n erg vermetele en arrogante
manier. Sal gaan dink daaroor.
> Maar ek
> wonder of my sonde nie eerder is dat ek al verskeie
> liegstories hier taamlik brutaal ontbloot het nie? Ek
> beplan nie om daarmee op te hou nie. Behalwe as
> ek dalk self gatvol word en verdwyn.
Niemand praat van sonde nie - moenie dramaties word nie. En is die
bronne wat jy aanhaal dan die enigste wat korrek en waar is?
Hoekom kan ander se feite, al verskil dit van joune, nie ook waar
wees nie? Miskien moet jy vanuit 'n ander perspektief na sake kyk,
nie altyd net vanuit jou eie oogpunt nie. Think outside the
square.
En as jou laaste sin dalk 'n patetiese poging tot 'n dreigement
was, val dit hier op dowe ore, Mens. As jy wil verdwyn, is dit
(soos jy vantevore gesê het), jou keuse.
|
|
|
|
|
Re: DD kom terug [boodskap #67156 is 'n antwoord op boodskap #67140] |
Mon, 07 October 2002 08:58   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter
> Ekskuus, maar waar het ek voorwaardes vir sy terugkeer gestel?
> Ek is in geen posisie om dit te doen nie. Wat ek gesê en bedoel het
Larrikin
Wat jy gesê het, en wat jy bedoel het, is dan duidelik twee
verskillende dinge. Jy het gesê jy sal hom terugverwelkom
"natuurlik as hy homself identifiseer. En natuurlik as hy nie weer
as 'n ander bekende probeer poseer nie". Dit is duidelik twee
voorwaardes.
Wouter
Jy mis die punt Larrikin. Ek het nooit voorwaardes gestel vir
sy terugkeer, soos jy beweer nie. Ek het slegs gesê dat ek hom
onder daardie omstandighede sal terugverwelkom, dus met
goeie bedoelings welkom heet, soos ek ook intussen gedoen het.
Daar is 'n baie groot verskil tussen voorwaardes stel vir
terugkeer (dis outomaties arrogant) en verwelkom, wat 'n
positiewe aksie is.
> Ek beplan nie om daarmee op te hou nie. Behalwe as
> ek dalk self gatvol word en verdwyn.
Larrikin
En as jou laaste sin dalk 'n patetiese poging tot 'n dreigement
was, val dit hier op dowe ore, Mens. As jy wil verdwyn, is dit
(soos jy vantevore gesê het), jou keuse.
Wouter
Nee, dis geen dreigement nie, as ek dit wou doen sou ek eerder
gedreig het om nog baie lank te bly. Dit was bloot 'n kwalifikasie
van die voorafgaande sin.
|
|
|
|
|
Re: DD kom terug [boodskap #67231 is 'n antwoord op boodskap #67228] |
Tue, 08 October 2002 14:02   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
> "Chrisjolette" wrote in message
>> dalk moet sy vir oom Sakkie vra om dit vir haar in `n
>> gediggie te verduidelik.
> Huh?
>
> Hallo DD, vir wie't jy nou weer die moer in gemaak, of is dit 'n onnodige
> vraag.
Gie,gie,gie.
Oom Sakkie van die agterste van Helsdingens.
|
|
|
|
|
|
Re: DD kom terug [boodskap #67291 is 'n antwoord op boodskap #67162] |
Wed, 09 October 2002 12:40   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Willie Vorster wrote:
> Mensig, hierdie DD moet sekerlik 'n gods wonder wees om die rooi tapyt
> uitgerol te kry vir sy terugkeer. Gaan die vetgemaakte kalf nou ook geslag
> word?
Ja, dis wat gebeur met "prodigal sons."
Dit lyk vir my jy is jaloers. Jy is seker
die broer wat soos 'n sucker by die huis
gesit het en gehoop het dat jy die hele
erfenis sal kry. Ondertussen jol kleinboet
lekker en kry tog ook deel daarvan.
Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
|
|
|
Re: DD kom terug [boodskap #67300 is 'n antwoord op boodskap #67291] |
Wed, 09 October 2002 18:33  |
Dawie
Boodskappe: 6 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Wed, 09 Oct 2002 12:40:51 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Willie Vorster wrote:
>
>> Mensig, hierdie DD moet sekerlik 'n gods wonder wees om die rooi tapyt
>> uitgerol te kry vir sy terugkeer. Gaan die vetgemaakte kalf nou ook geslag
>> word?
>
Willie, glo jy my vry
DD het nog 'n sny
wat wag om te genees
van die vorige kere hier gewees
selfmarteling word dit genoem
absoluut is dit niks om op te roem
maar glo jy my steeds vry
hy's maar hier om te bly
Mense soos tannie Hes
probeer gewoonlik hul bes
ommie man maniere te leer
maar hy faal keer op keer
Die rooi tapyt is eintlik net
hulle manier van pret
om te jag
met 'n lag
Dawie
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:56:14 UTC 2025
|