Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 4000 per dag.
4000 per dag. [boodskap #67002] Do, 03 Oktober 2002 10:46 na volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Vanoggend op die radio gehoor dat daar per dag 4 000 mense wêreldwyd
aan geweld doodgaan. Naast vigs die grootste oorsaak van dood.

Interessant is dat hulle selfmoord ook daaronder tel...

Is daar enige statistiek wat sê hoeveel in SA is?

Hier in Utopia is dit 1 700 per jaar, waarvan 1 500 deur selfmoord is.

Erg om te dink dat voor die son sak, 4000 mense (deur hulle self)
vermoor gaan word...

Max_________________________________________________________ ___
Re: 4000 per dag. [boodskap #67008 is 'n antwoord op boodskap #67002] Do, 03 Oktober 2002 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Max
Vanoggend op die radio gehoor dat daar per dag 4 000 mense wêreldwyd
aan geweld doodgaan. Naast vigs die grootste oorsaak van dood.
Interessant is dat hulle selfmoord ook daaronder tel...
Is daar enige statistiek wat sê hoeveel in SA is?
Hier in Utopia is dit 1 700 per jaar, waarvan 1 500 deur selfmoord is.
Erg om te dink dat voor die son sak, 4000 mense (deur hulle self)
vermoor gaan word...

Wouter
4000 deur geweld dood? Of deur selfmoord, Max?

In SA hou die versekeraars statistiek oor die oorsaak van dood.
Geweld was altyd die grootste oorsaak, daarna hartsiektes, eers
dan kom vigs. Ek het nie onlangse syfers gesien nie.

Vigssterftes is natuurlik nie altyd lekker identifiseerbaar nie,
maar ek reken dis nog heelwat minder as gewelddadige
sterftes, wat grootliks padongelukke is. Mesgevegte en
verdinkings feature ook. Selfmoord was altyd gering,
in SA, deesdae seker effens meer.

Almal moet natuurlik uiteindelik doodgaan, indien nie
van een oorsaak nie, dan van 'n ander.
Re: 4000 per dag. [boodskap #67009 is 'n antwoord op boodskap #67002] Do, 03 Oktober 2002 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons gooi Holland en SA saam, dan is dit even stevens:)))
Jy het mos gehoor van die Palestyn wat in Jerusalem dood gevind is met 17
messteke in sy rug.
Die Joodse dokter het verklaar dit was die ergste selfmoord wat jy nog ooit
gesien het.

Snaaks met die nuus - ons het ook die nuusberig gehoor, maar hier is vertel
dat helfte van die gewelddadige sterftes selfmoord is.
Ek wonder nou net waarop die bevinding gegrond word, want nie alle gevalle
word aangemeld nie.
Annette

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0210030246.68654f7a@posting.google.com...
> Vanoggend op die radio gehoor dat daar per dag 4 000 mense wêreldwyd
> aan geweld doodgaan. Naast vigs die grootste oorsaak van dood.
>
> Interessant is dat hulle selfmoord ook daaronder tel...
>
> Is daar enige statistiek wat sê hoeveel in SA is?
>
> Hier in Utopia is dit 1 700 per jaar, waarvan 1 500 deur selfmoord is.
>
> Erg om te dink dat voor die son sak, 4000 mense (deur hulle self)
> vermoor gaan word...
>
> Max_________________________________________________________ ___
Re: 4000 per dag. [boodskap #67013 is 'n antwoord op boodskap #67009] Do, 03 Oktober 2002 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Snaaks met die nuus - ons het ook die nuusberig gehoor, maar
hier is vertel dat helfte van die gewelddadige sterftes selfmoord is.
Ek wonder nou net waarop die bevinding gegrond word,
want nie alle gevalle word aangemeld nie.

Wouter
Op die statistiek wat ek gesien het was selfmoord nooit meer as
5% van die totaal nie. Dis wel nie 'n suiwer ewekansige
steekproef nie, want versekeraars belaai mense met bekende
selfmoordneigings of wys hulle af. (Wel nie by groeppolisse nie.)

Maar daardie 50% glo ek op geen manier nie. No ways.
Vra vir enige patoloog, medikus of para-medikus waarmee
werk hulle meesal, dis messteke en motor-ongelukke
Re: 4000 per dag. [boodskap #67018 is 'n antwoord op boodskap #67013] Do, 03 Oktober 2002 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter, hulle het gepraat van wêreldwyd, en jy hoor tog wat Max sê- die
Hollanders is selfmoorderig:)
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d9c4228.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Snaaks met die nuus - ons het ook die nuusberig gehoor, maar
> hier is vertel dat helfte van die gewelddadige sterftes selfmoord is.
> Ek wonder nou net waarop die bevinding gegrond word,
> want nie alle gevalle word aangemeld nie.
>
> Wouter
> Op die statistiek wat ek gesien het was selfmoord nooit meer as
> 5% van die totaal nie. Dis wel nie 'n suiwer ewekansige
> steekproef nie, want versekeraars belaai mense met bekende
> selfmoordneigings of wys hulle af. (Wel nie by groeppolisse nie.)
>
> Maar daardie 50% glo ek op geen manier nie. No ways.
> Vra vir enige patoloog, medikus of para-medikus waarmee
> werk hulle meesal, dis messteke en motor-ongelukke
>
Re: 4000 per dag. [boodskap #67028 is 'n antwoord op boodskap #67018] Do, 03 Oktober 2002 15:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
OOOOooooo... wêreldwyd, dit kan seker wees.
Ons skryf baie meer mense (veral voetgangers) af in
padongelukke as in ander lande. En 'n mens moet van
iets doodgaan, as ander jou nie wil doodmaak nie, dan.....
Wouter

Annette skryf in boodskap news:anhi4a$e9bm9$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Wouter, hulle het gepraat van wêreldwyd, en jy hoor tog wat Max sê- die
Hollanders is selfmoorderig:)
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d9c4228.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Snaaks met die nuus - ons het ook die nuusberig gehoor, maar
> hier is vertel dat helfte van die gewelddadige sterftes selfmoord is.
> Ek wonder nou net waarop die bevinding gegrond word,
> want nie alle gevalle word aangemeld nie.
>
> Wouter
> Op die statistiek wat ek gesien het was selfmoord nooit meer as
> 5% van die totaal nie. Dis wel nie 'n suiwer ewekansige
> steekproef nie, want versekeraars belaai mense met bekende
> selfmoordneigings of wys hulle af. (Wel nie by groeppolisse nie.)
>
> Maar daardie 50% glo ek op geen manier nie. No ways.
> Vra vir enige patoloog, medikus of para-medikus waarmee
> werk hulle meesal, dis messteke en motor-ongelukke
>
Re: 4000 per dag. [boodskap #67031 is 'n antwoord op boodskap #67018] Do, 03 Oktober 2002 16:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

OK, hierdie is uit die Globe and Mail se stuk oor die
World Health Organization se rapport:

Number of VIOLENT deaths worldwide in the year 2000:

Suicide: 815, 000
Homicide: 520, 000
War-related: 310,000
Executed by the state: 14,000

"The 346-pade report... is the first comprehensive
look at violence as an international health-problem.

"In the foreword to the report, former South African
President Nelson Mandela says that the problem of
violence cannot be tackled exclusively in the criminal-
justice system..."

" According to the report, one person in the world
commits suicide every 40 seconds, every minute there is
a murder and someone dies as a result off armed conflict
every 100 seconds.

"Canada recorded 3,681 suicides and 431 murders in 1997;
1034 of those deaths involved firearms."

Gloudina
Re: 4000 per dag. [boodskap #67034 is 'n antwoord op boodskap #67031] Do, 03 Oktober 2002 17:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Gloudina - maar as daardie 2000 se statistiek is, is hulle bietjie
nou verkeerd.
Miskien moet ons dit hou en vergelyk met die 2002 syfers wat in 2004 miskien
sal uitkom.
Vragie: As 'n kind omkom a.g.v. vigs, omdat sy verwagtende moeder behoorlike
voorkomende behandeling geweier is deur die staat, is dit nie moord nie?
Moord in slow replay.
Annette

skryf in boodskap news:3D9C76BB.6000807@rogers.com...
> OK, hierdie is uit die Globe and Mail se stuk oor die
> World Health Organization se rapport:
>
> Number of VIOLENT deaths worldwide in the year 2000:
>
> Suicide: 815, 000
> Homicide: 520, 000
> War-related: 310,000
> Executed by the state: 14,000
>
> "The 346-pade report... is the first comprehensive
> look at violence as an international health-problem.
>
> "In the foreword to the report, former South African
> President Nelson Mandela says that the problem of
> violence cannot be tackled exclusively in the criminal-
> justice system..."
>
> " According to the report, one person in the world
> commits suicide every 40 seconds, every minute there is
> a murder and someone dies as a result off armed conflict
> every 100 seconds.
>
> "Canada recorded 3,681 suicides and 431 murders in 1997;
> 1034 of those deaths involved firearms."
>
> Gloudina
>
Re: 4000 per dag. [boodskap #67038 is 'n antwoord op boodskap #67031] Do, 03 Oktober 2002 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
OK, hierdie is uit die Globe and Mail se stuk oor die World Health
Organization se rapport:
Number of VIOLENT deaths worldwide in the year 2000:
Suicide: 815, 000
Homicide: 520, 000
War-related: 310,000
Executed by the state: 14,000

Wouter
Dit is ongelukkig dêm misleidend. Want hulle beskou net selfmoord
en manslag as gewelddadig. Terwyl die grootste enkele gewelddadige
oorsaak van dood, naamlik mense wat hulleself onbedoeld in
ongelukke afskryf, uitgesluit is. Kyk byvoorbeeld na die VSA se
statistiek hier onder, dis wel 'n bietjie ouer, maar die patroon sal nie
dramaties verander het nie. Ongelukke neem meer as driemaal soveel
lewens as selfmoord. En selfmoorde is minder as 2% van alle sterftes.

10 Leading Causes of Death in the USA 1996
Rank and Cause of Death

01 Diseases of the heart 733,361
02 Malignant neoplasms 539,533
03 Cerebrovascular diseases 159,942
04 Chronic obstructive pulmonary diseases 106,027
05 Accidents 94,948
06 Pneumonia and influenza 83,727
07 Diabetes mellitus 61,767
08 HIV infection 31,130
09 Suicide 30,903
10 Chronic liver disease and cirrhosis 25,047
11 All other causes (Residual) 448,305

Bron
http://www.suicidology.org/suicide_statistics.htm
Re: 4000 per dag. [boodskap #67045 is 'n antwoord op boodskap #67002] Vr, 04 Oktober 2002 02:15 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ten minste het hulle 'n keuse gehad - hoe tragies ookal?

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0210030246.68654f7a@posting.google.com...
> Vanoggend op die radio gehoor dat daar per dag 4 000 mense wêreldwyd
> aan geweld doodgaan. Naast vigs die grootste oorsaak van dood.
>
> Interessant is dat hulle selfmoord ook daaronder tel...
>
> Is daar enige statistiek wat sê hoeveel in SA is?
>
> Hier in Utopia is dit 1 700 per jaar, waarvan 1 500 deur selfmoord is.
>
> Erg om te dink dat voor die son sak, 4000 mense (deur hulle self)
> vermoor gaan word...
>
> Max_________________________________________________________ ___
Vorige onderwerp: Bemarking 101
Volgende onderwerp: Stoute Boere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:03:19 MGT 2024