Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pieter Blinkoog
Pieter Blinkoog [boodskap #66708] |
Wo., 25 September 2002 06:53  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het in Knysna op 'n vreeslik eienaardige gogga afgekom - iets soos 'n
honderdpoot, maar op hoë, lang, dun bene. Nogal vinnig ook. Lyk bietjie soos
'n lang, maer geïntegreerde stroombaanchip.
Een van die locals het gesê dis 'n Pieter Blinkoog - wat 'n mooi naam. Hulle
glo die ding is giftig. Ennieway, is daar iemand wat iets meer van hierdie
ding af weet? Ek skat (dis 'n rukkie terug) dit het omtrent 20 pote gehad.
Koot
|
|
|
|
|
Re: Pieter Blinkoog [boodskap #66711 is 'n antwoord op boodskap #66709] |
Wo., 25 September 2002 08:32  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sy bene was heelwat dunner en langer as 'n honderdpoot s'n, maar jy's dalk
op die regte pad. Ek onthou nou, dit het amper soos 'n yl, wandelende
hoenderveer gelyk.
Koot
"Annette" skryf in boodskap news:amrmre$8k4ce$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nog nooit van gehoor of gesien nie - sal dit nou soos 'n groot oorkruiper
> lyk?
> Annette
>
>
> "Koot Pieterse" wrote in message
> news:amrmen$f00$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het in Knysna op 'n vreeslik eienaardige gogga afgekom - iets soos 'n
>> honderdpoot, maar op hoë, lang, dun bene. Nogal vinnig ook. Lyk bietjie soos
>> 'n lang, maer geïntegreerde stroombaanchip.
>>
>> Een van die locals het gesê dis 'n Pieter Blinkoog - wat 'n mooi naam. Hulle
>> glo die ding is giftig. Ennieway, is daar iemand wat iets meer van hierdie
>> ding af weet? Ek skat (dis 'n rukkie terug) dit het omtrent 20 pote gehad.
>>
>> Koot
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 09:53:53 UTC 2025
|