Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antie lê lepel met Mugabe ...
Antie lê lepel met Mugabe ... [boodskap #66459] Wo, 18 September 2002 17:12 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Gloudina sê:

Ek verstaan eintlik nie wat jy hier probeer
sê nie. Kan jy dit duideliker stel?
Maar ek neem aan dis weer een van jou maniere
om te klink of jy die wysheid in pag het en die
persoon wat jy aanspreek, "verkeerd" is.
Luister, as dit oor Mugabe en wandade gaan,
dan kan ek jou verseker dat hy nie kan kersvas-
hou by jou helde van die apartheids-era wat betref
grondbesettings en ethnic cleansing nie. Blykbaar
is die wit boere wat die trekpas gekry het, ook
spesiale boere wat twee plase besit het of wat
vantevore aangesê is om te beweeg. So hou nou maar
op om hierdie vuurtjie te probeer aanblaas.
Buitendien sit en pyn jy oor wat in 'n ander land
aangaan. Kyk liewer na jou eie land, en sien
hoeveel van 'n onbalans daar nog is in die grond-
eienaarskap van meeste van SA se grond, en begin
agiteer dan vir reg en regverdigheid.

Wel - tot Mandela, die ANC, die EU, VN, VSA ens. het Mugabe nou al ten
sterkste aangespreek - maar Gatvas Gloudina klou vas .....
Re: Antie lê lepel met Mugabe ... [boodskap #66460 is 'n antwoord op boodskap #66459] Wo, 18 September 2002 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Wel - tot Mandela, die ANC, die EU, VN, VSA ens. het Mugabe nou al ten
> sterkste aangespreek - maar Gatvas Gloudina klou vas .....

My antwoord hierop, ou Jonas, is eenvoudig.
Die onderwerp van bespreking hier is nie
wat ek van Mugabe en sy beleid dink nie, maar
wat ek dink van die tweegesigte wat sit en
kla oor Mugabe en Zimbabwe, en ekonomiese
riglyne en die geskiedenis byroep, maar in
die verre en middel en onmiddellike verlede
het daar in hulle land dieselfde dinge aan-
gegaan en geen woord word daaroor gerep
op hierdie nuusgroep nie. Ek rep maar net
daardie woorde.

Gloudina
Re: Antie lê lepel met Mugabe ... [boodskap #66462 is 'n antwoord op boodskap #66460] Wo, 18 September 2002 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3D88CC3A.80804@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Wel - tot Mandela, die ANC, die EU, VN, VSA ens. het Mugabe nou al ten
>> sterkste aangespreek - maar Gatvas Gloudina klou vas .....
>
>
> My antwoord hierop, ou Jonas, is eenvoudig.
> Die onderwerp van bespreking hier is nie
> wat ek van Mugabe en sy beleid dink nie, maar
> wat ek dink van die tweegesigte wat sit en
> kla oor Mugabe en Zimbabwe, en ekonomiese
> riglyne en die geskiedenis byroep, maar in
> die verre en middel en onmiddellike verlede
> het daar in hulle land dieselfde dinge aan-
> gegaan en geen woord word daaroor gerep
> op hierdie nuusgroep nie. Ek rep maar net
> daardie woorde.
>
> Gloudina

Dalk is dit omdat wat in die verlede aangegaan het, die verlede is, en wat
in Zimbabwe aangaan, nou gebeur ?
Hilda.
Re: Antie lê lepel met Mugabe ... [boodskap #66542 is 'n antwoord op boodskap #66460] Vr, 20 September 2002 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dit is net snaaks dat swart boere wat nie aan sy party behoort nie se plase
ook afgevat word.Dat plase wat vir die landloose mense moet gaan na sy vrou
en getroue ondersteuners gaan.Net jammer dat jou "hero" niks vir sy mense
voel nie.
Reenen
skryf in boodskap news:3D88CC3A.80804@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Wel - tot Mandela, die ANC, die EU, VN, VSA ens. het Mugabe nou al ten
>> sterkste aangespreek - maar Gatvas Gloudina klou vas .....
>
>
> My antwoord hierop, ou Jonas, is eenvoudig.
> Die onderwerp van bespreking hier is nie
> wat ek van Mugabe en sy beleid dink nie, maar
> wat ek dink van die tweegesigte wat sit en
> kla oor Mugabe en Zimbabwe, en ekonomiese
> riglyne en die geskiedenis byroep, maar in
> die verre en middel en onmiddellike verlede
> het daar in hulle land dieselfde dinge aan-
> gegaan en geen woord word daaroor gerep
> op hierdie nuusgroep nie. Ek rep maar net
> daardie woorde.
>
> Gloudina
>
Re: Antie lê lepel met Mugabe ... [boodskap #66633 is 'n antwoord op boodskap #66460] Ma, 23 September 2002 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
I. Hate Telkom  is tans af-lyn  I. Hate Telkom
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,

In ag geneem dat ons wit voorsate wel grond (nie plase nie want min swart
mense was boere voor ons ou bleek siele hier aangeland het) van swart mense
af weggevat het, wat sal volgens jou die regte manier wees om die onreg van
die verlede reg te stel? In ag geneem dat die generasies wit mense wat
vandag daar woon en boer nie 'n keuse gehad het nie en buiten dat hulle
voordeel trek uit die onreg nie wel nou die regstel van daardie onreg in die
gesig moet staar. Wat stel jy voor is die regte manier om die kwessie rondom
grond aan te spreek? Dink jy dis reg dat die grond soos in Zimbabwe gevat
moet word? Of moet dit met geld gekoop word deur die regering?

Jy klink asof jy iets op die hart het oor die uitstaande sake in Suid
Afrika, so ek sal dit waardeer as jy so gaaf sal wees om die kwessie aan te
spreek.

Groete
IHT

skryf in boodskap news:3D88CC3A.80804@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Wel - tot Mandela, die ANC, die EU, VN, VSA ens. het Mugabe nou al ten
>> sterkste aangespreek - maar Gatvas Gloudina klou vas .....
>
>
> My antwoord hierop, ou Jonas, is eenvoudig.
> Die onderwerp van bespreking hier is nie
> wat ek van Mugabe en sy beleid dink nie, maar
> wat ek dink van die tweegesigte wat sit en
> kla oor Mugabe en Zimbabwe, en ekonomiese
> riglyne en die geskiedenis byroep, maar in
> die verre en middel en onmiddellike verlede
> het daar in hulle land dieselfde dinge aan-
> gegaan en geen woord word daaroor gerep
> op hierdie nuusgroep nie. Ek rep maar net
> daardie woorde.
>
> Gloudina
>
Re: Antie lê lepel met Mugabe ... [boodskap #66647 is 'n antwoord op boodskap #66633] Ma, 23 September 2002 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

I. Hate Telkom wrote:

> Jy klink asof jy iets op die hart het oor die uitstaande sake in Suid
> Afrika, so ek sal dit waardeer as jy so gaaf sal wees om die kwessie aan te
> spreek.

Selfs vandag nog is daar 'n onrealistiese
groot persentasie van die bruikbare grond
in SA in die hande van die wit nasate van
mense wat gedurende die laaste paar eeue
daarheen verhuis het. Dit moet reggestel
word. Op die oomblik werk die ANC hard
aan die probleem volgens die willing seller/
willing buyer model. Volgens my skoondogter
wie se familie in Ficksburg in die Vrystaat
bly, waar sy in aanraking met die situasie
kom, gebeur die volgende: een van haar tantes
(nageslag van Duitsers wat al in die neëntiende
eeu die plaas beset het) gaan rond en vind die
"willing sellers" en maak as agent daaruit nogal
'n goeie kommissie. Die swart mense wat nou die
plase koop ( seker opverdeel in kleiner eenhede)
moet dit met lenings van die staat doen. Dus is
hulle vir die res van hulle lewe belaai met
skuld. Dit, volgens my skoondogter, is darem nie
reg nie. En sy is geen bleeding heart liberal
nie.
Ek dink egter dat daar baie meer wittes van
hulle grond afstand moet doen. Anders is daar in
die volgende dekade of twee ook 'n geweldadige
opstand, soos in Zimbabwe, oor grondhervorming.

Gloudina
Re: Antie lê lepel met Mugabe ... [boodskap #66689 is 'n antwoord op boodskap #66647] Di, 24 September 2002 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Gert die \"d  is tans af-lyn  Oom Gert die \"d
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Daar is darem nou so paar projekte waar die swart en wit boere bymekaar
gebring word om vennotskappe te vorm waar hulle saam boer vir wins. Die
skuld kwessie weet ek nie van nie. Ek het gereken die staat koop die geld en
herstel die vorige bewoners se grondregte.

Jy kan nou nie juis 'n wit ou se grond vat en verniet vir iemand anders gee
as die wit ou dit regverdig gekoop het nie, kan jy? Dit sal mos tot anargie
lei. Kom ons sê daar word nou ewewig gebring in die grondkwessie en die
wittes koop weer oor 50 jaar of wat grond en wonder bo wonder sit met 70 of
80% van die grond in SA. Wat dan? Moet die grond weer verdeel word? Ek weet
dit klink soos 'n strikvraag, maar ek kry diegevoel dat dit is wat sal
gebeur.

Cheers

skryf in boodskap news:3D8F089D.8020702@rogers.com...
>
> I. Hate Telkom wrote:
>
>
>> Jy klink asof jy iets op die hart het oor die uitstaande sake in Suid
>> Afrika, so ek sal dit waardeer as jy so gaaf sal wees om die kwessie aan te
>> spreek.
>
> Selfs vandag nog is daar 'n onrealistiese
> groot persentasie van die bruikbare grond
> in SA in die hande van die wit nasate van
> mense wat gedurende die laaste paar eeue
> daarheen verhuis het. Dit moet reggestel
> word. Op die oomblik werk die ANC hard
> aan die probleem volgens die willing seller/
> willing buyer model. Volgens my skoondogter
> wie se familie in Ficksburg in die Vrystaat
> bly, waar sy in aanraking met die situasie
> kom, gebeur die volgende: een van haar tantes
> (nageslag van Duitsers wat al in die neëntiende
> eeu die plaas beset het) gaan rond en vind die
> "willing sellers" en maak as agent daaruit nogal
> 'n goeie kommissie. Die swart mense wat nou die
> plase koop ( seker opverdeel in kleiner eenhede)
> moet dit met lenings van die staat doen. Dus is
> hulle vir die res van hulle lewe belaai met
> skuld. Dit, volgens my skoondogter, is darem nie
> reg nie. En sy is geen bleeding heart liberal
> nie.
> Ek dink egter dat daar baie meer wittes van
> hulle grond afstand moet doen. Anders is daar in
> die volgende dekade of twee ook 'n geweldadige
> opstand, soos in Zimbabwe, oor grondhervorming.
>
> Gloudina
>
Re: Antie lê lepel met Mugabe ... [boodskap #66714 is 'n antwoord op boodskap #66647] Wo, 25 September 2002 08:55 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hie-haaa-haaa! As iemand nou al ooit reggekry het om die antie te ontbloot
on stront kwyt te raak, dan het jy dit gedoen, my ou! Bo en behalwe die
feit dat sy familie skep op enige plek van toepassing, is sy so uit voeling
uit met die werklikheid dat dit lagwekkend is. Miskien moet jy maar eerder
by die gediggies hou, hmm?
skryf in boodskap news:3D8F089D.8020702@rogers.com...
>
> I. Hate Telkom wrote:
>
>
>> Jy klink asof jy iets op die hart het oor die uitstaande sake in Suid
>> Afrika, so ek sal dit waardeer as jy so gaaf sal wees om die kwessie aan te
>> spreek.
>
> Selfs vandag nog is daar 'n onrealistiese
> groot persentasie van die bruikbare grond
> in SA in die hande van die wit nasate van
> mense wat gedurende die laaste paar eeue
> daarheen verhuis het. Dit moet reggestel
> word. Op die oomblik werk die ANC hard
> aan die probleem volgens die willing seller/
> willing buyer model. Volgens my skoondogter
> wie se familie in Ficksburg in die Vrystaat
> bly, waar sy in aanraking met die situasie
> kom, gebeur die volgende: een van haar tantes
> (nageslag van Duitsers wat al in die neëntiende
> eeu die plaas beset het) gaan rond en vind die
> "willing sellers" en maak as agent daaruit nogal
> 'n goeie kommissie. Die swart mense wat nou die
> plase koop ( seker opverdeel in kleiner eenhede)
> moet dit met lenings van die staat doen. Dus is
> hulle vir die res van hulle lewe belaai met
> skuld. Dit, volgens my skoondogter, is darem nie
> reg nie. En sy is geen bleeding heart liberal
> nie.
> Ek dink egter dat daar baie meer wittes van
> hulle grond afstand moet doen. Anders is daar in
> die volgende dekade of twee ook 'n geweldadige
> opstand, soos in Zimbabwe, oor grondhervorming.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Pieter Blinkoog
Volgende onderwerp: " Kleuter " deur KOOT PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:47:07 MGT 2024