Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Ek sing van die wind wat te keer gaan " deur C. LOUIS LEIPOLDT
" Ek sing van die wind wat te keer gaan " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66622] Ma, 23 September 2002 03:50
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C Louis Leipoldt
Ek sing van die wind wat te keer gaan

Ek sing van die wind wat te keer gaan;
Ek sing van die reën wat daar val;
Ek sing van ons vaal ou Karooland;
Van blomme wat bloei by die wal;
Van water wat bruis oor die klippe;
Van duikers wat draf oor die veld;
Van voëls wat daar sing in die bossies -
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;
Van al wat die vlei laat verkleur;
Van al wat die sonskyn laat spartel;
Van voorjaar en najaar se geur;
Vir my sing maar liefs van die water;
Van duikers wat draf oor die veld;
Van rotse en branders en wolke -
Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!
Vorige onderwerp: Decriminalise dagga, says top expert
Volgende onderwerp: Verkiezingen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 17:13:54 MGT 2024