Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antie, Mugabe en die Mau Mau ....
Antie, Mugabe en die Mau Mau .... [boodskap #66613] So, 22 September 2002 18:00
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Gloudina seg die volgende:

"Die verskil tussen jou en my is dat ons
verwysingsraamwerke verskil. Ek kyk na
groter dele van die geskiedenis en weeg
dan teen daardie groter agtergrond die
huidige toestande in. Wat het gebeur in
Kenia in die middel van die twintigste
eeu? Kenyatta en sy Mau-Mau het koel en
doelbewus besluit dat die witmense uit
hulle tradisionele landerye verwilder moet
word. Hulle het sistematies wit boere en
wit huisgesinne uitgemoor en dan weer in
die bos verdwyn. Die tegniek was suksesvol.
Dit het die proses van wit padgee van lande
waar swart mense gebly het en weer wou bly,
verhaas. Gelukkig vir Kenia was daar 'n
Labour regering in Engeland in daardie tyd
wat daadwerklik plase van wittes opgekoop
het (geen gewillige verkoper storie nie) en
die swart mense daarop help vestig het. Dis
daarom dat ons geen groot plaasbesettings in
Kenia gehad het nie. Wat gaan toe nog ook
in die tweede helfte van die twintigste eeu
in Afrika aan? Die handjievol wittes aan die
suidpunt van Afrika begin 'n beleid van
grondbesettings om witmense te verseker dat
hulle altyd in wit areas sal bly. Die wereld
kyk aan maar doen eers iets hier in die tagtigs
daadwerklik. Intussen probeer Smith dieselfde
taktiek in Zimbabwe, en moet eers na 'n bosoorlog
die handdoek ingooi. Nou kom Mugabe aan bewind.
Toegegee, hy is nou nie so 'n roos tussen die
dorings nie, maar vir twintig jaar doen hy amper
niks aan grondhervorming nie, totdat hy gedwing
word deur sy eie volgelinge wat vra waarom hulle
'n oorlog geveg het as daar geen beweging is nie.
Sien, Wouter, dis teen hierdie agtergrond dat ek
na Mugabe kyk, en dan sien ek dat hy nou nie eintlik
die wreedste of die koelbloedigste van die diktators
was wat in Afrika in die tweede helfte van die
twintigste eeu was nie. Vir my vat die (amper geheel
gedomineer deur Afrikaners) Nasionale Party onder
mense soos P.W. Botha nog altyd die koek. En ander
mense stem met my saam. Dawie van die Burger het
eenkeer gesê ons Afrikaners moet maar ons bekke hou
oor wat nou anderkant ons grense gebeur."

Antie - hoe nou?
Vorige onderwerp: Nog Nuus
Volgende onderwerp: Decriminalise dagga, says top expert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 18:54:40 MGT 2024