Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mev Mbeki en die behuisingsnood ...
Mev Mbeki en die behuisingsnood ... [boodskap #66538] |
Vr., 20 September 2002 16:36  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Klaarblyklik is dit berig dat Mev Mbeki (wat saam met Thabo bly)
wederregtelik 'n huis in haar nooiensvan aangekoop het - en dit nou vir
dubbel die aankoopprys wil verkoop.
Ek soek die detail in die verband ....
|
|
|
Re: Mev Mbeki en die behuisingsnood ... [boodskap #66539 is 'n antwoord op boodskap #66538] |
Vr., 20 September 2002 17:51   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Klaarblyklik is dit berig dat Mev Mbeki (wat saam met Thabo bly)
> wederregtelik 'n huis in haar nooiensvan aangekoop het - en dit nou vir
> dubbel die aankoopprys wil verkoop.
>
> Ek soek die detail in die verband ....
En hier kom Jonas ook so oop en toe
oop en toe aan. Hy wil nie vir hom
by Mev. Mugabe beperk nie. Mev. Mbeki
is mos ook oop game.
Volgens Beeld het die huis aan Govan
Mbeki behoort, Mevrou Thabo se skoonpa.
Sy het toe glo die huis in haar naam
laat registreer. Thabo het dit mos seker
ge-erf van sy eie pa? Nou wil sy dit op
die vrye mark verkoop. Kan iemand vir my
nou verduidelik wat daar met hierdie
scenario verkeerd is? Hier in Kanada
"koop" mens so 'n huis vir 'n dollar, en
registreer dit in jou eie naam. So 'n huis,
wat lank in die familie was, het heelwaar-
skynlik verdriedubbel in prys in die laaste
paar dekades. As jy dit nou van die hand wil
sit, verkoop jy dit op die ope mark. So wat
doen Mevrou Mbeki wat verkeerd was?
Ou Tante Koba
|
|
|
|
Re: Mev Mbeki en die behuisingsnood ... [boodskap #66549 is 'n antwoord op boodskap #66539] |
Vr., 20 September 2002 20:30   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jonas wrote:
> Klaarblyklik is dit berig dat Mev Mbeki (wat saam met Thabo bly)
> wederregtelik 'n huis in haar nooiensvan aangekoop het - en dit nou vir
> dubbel die aankoopprys wil verkoop.
> Ek soek die detail in die verband ....
Gloudina
Volgens Beeld het die huis aan Govan
Mbeki behoort, Mevrou Thabo se skoonpa.
Sy het toe glo die huis in haar naam
laat registreer. Thabo het dit mos seker
ge-erf van sy eie pa? Nou wil sy dit op
die vrye mark verkoop. Kan iemand vir my
nou verduidelik wat daar met hierdie
scenario verkeerd is?
Wouter
Daar sou nie veel mee verkeerd wees nie, maar dis nie wat
gebeur het nie. Govan Mbeki het nooit die huis besit nie,
die huis het aan die provinsiale regering (vroeër die Ciskei-
regering) behoort. Een of ander amptenaar het besluit dat
Govan, wat die huis as ampsdraer van die nasionale raad
op provinsies bewoon het, dit vir R440 000 mag koop.
Die transaksie was veronderstel om teen markwaarde te
geskied. Maar toe gaan Govan dood en mev Mbeki besluit
sy sal die huis koop vir R440 000. Dis toe direk van die
regering in haar naam oorgedra, dit was nooit in skoonpa
se naam geregistreer nie. 'n Maand na sy oordrag geneem
het later sit sy dit in die mark vir R875 000.
Geen tenderprosedure is gevolg nie, dit word nie vereis as
die bewoner (Govan) die huis koop nie, maar dis 'n ope
vraag of dit moes geld toe skoondogter dit na sy dood
direk van die staat gekoop het. Ek reken wel.
Dit klink nie lekker nie, en net die detail van die ooreenkomste
sal die wettigheid daarvan bepaal. Ek vermoed daar was 'n
wettig getekende ooreenkoms tussen Govan en die staat,
maar ek reken dat die daaropvolgende ooreenkoms tussen
mev Mbeki en die staat onreëlmatig was en dalk nietig
verklaar sou kon word. Dit klink of daar minstens dik sous
deur die vasstelling van die prys aan Govan Mbeki geloop het.
Gloudina
So wat doen Mevrou Mbeki wat verkeerd was?
Wouter
Vra liewers wat se voorbeeld stel sy, as presidentsvrou?
Dit het al die potensiaal vir 'n propperse skandaal.
Sy is nou klaarblyklik bereid om die huis terug te verkoop,
teen die laer prys, omdat die media-blootstelling hulle
seermaak. As die opposisie nie hierdie ding oopgekrap het
nie, het geen haan seker daarna gekraai nie. Dit was reeds
signed en sealed.
En jy probeer dit goedpraat, net omdat die mense swart is.
Jy sal nou seker op jou standaardverweer terugval, dat die
sogenaamde apartheidsvarke net so skelm was. Selfs as
dit waar is, maak dit nie hierdie vernedering vir SA reg
of selfs meer verteerbaar nie.
Gelukkig het ons 'n media en ander waghonde wat sulke
dinge oopkrap, in die ou dae sou so iets seker toesmeerbaar
gewees het.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Mev Mbeki en die behuisingsnood ... [boodskap #66646 is 'n antwoord op boodskap #66636] |
Ma., 23 September 2002 12:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Down With Telkom wrote:
> Daar was goeie en slegte dinge in die ou regering. En dieselfde is waar vir
> die nuwe een. Die vraag is of DIE regering die land gaan opbou of afbreek.
Ek verwys jou na die opinies oor die
SA ekonomie wat Wouter Plaasvark op
hierdie nuusgroep gereeld kwytraak.
Volgens hom is die huidige regerende
party in SA fiskaal gedissiplineerd
en konserwatief en gaan die land se
ekonomie vooruit. Volgens hom word
daar nou ook meer geld bestee aan die
opbouing van die land, noudat daar
nie meer so baie geld gemors word op
die konsep van die tuislande nie.
Hy het nou kort gelede aangedui dat
belastings heelwat laer was as gedurende
die tyd van die apartheidsregime.
Ek stel voor dat die vorige apartheids-
regime baie nader en selfs afbrekender
was as die Mugabe regime wat vandag in
Zimbabwe is. Ek stel voor dat die
huidige regime selfs meer "kapitalisties"
as die vorige apartheidsregime is. Ek
stel voor dat jy jou sterre kan dank
dat daar vandag in SA 'n multikulturele
regerings-struktuur is wat oop is vir
almal. Ek val die ander dag op my rug.
Die NP is back in the saddle in die
Westelike Provinsie, nè? Ek het altyd
gedink daardie kortbroek het iets om
die lyf.
Gloudina
|
|
|
Kortbroek en die ANC [boodskap #66654 is 'n antwoord op boodskap #66646] |
Ma., 23 September 2002 13:15   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina Ek val die ander dag op my rug.
Die NP is back in the saddle in die
Westelike Provinsie, nê? Ek het altyd
gedink daardie kortbroek het iets om
die lyf.
Wouter
Not quite, Gloudina, nie heeltemaal nie.
Dis die Wes-Kaap provinsie waarna jy verwys,
met 'n ANC-NNP koalisie aan bewind. Wat deur
die ANC gedomineer word. Hulle het wel vir 'n paar
NNP-mense belangrike poste gegee, onder andere
die pos van premier. Daar was twee redes voor.
1, Alhoewel die ANC Wes-Kaap 'n paar baie knap
mense het, is hulle gebrek aan ervaring en diepte al 'n paar
keer lelik uitgewys terwyl hulle in opposisie was.
2. Dit was die enigste manier om die DA uit die kussings
te kry, op hulle eie het hulle nie 'n meerderheid nie.
Gelukkig het die DA-regering en die vorige koalisie 'n goeie
basis nagelaat, die Wes-Kaap kry byvoorbeeld elke jaar
die toekenning vir die bes bestuurde provinsie, so ek reken
die nuwe lot sal nie te vinnig te veel skade doen nie.
Maar ek is bevrees die NNP gaan by die eerste verkiesing
die trekpas kry en dat ons dan waarskynlik 'n ANC-regering
sal hê, wat waarskynlik steeds die beste provinsiale regering
in die land sal wees.
Die NNP verdien met hierdie opportunisme niks beter
as om uitgestem te word nie, 'n mens kan nie help om
te dink dat hulle dit bloot om die gewin van hulle
ampsdraers doen nie, daar is geen regverdiging vir 'n
party wie se strategie bloot is om met die regerende
party in koalisie te gaan nie en ek dink die meeste van
hulle ondersteuners het hulle reeds verlaat.
Daarvoor het hulle uit die DA ('n sinvolle smelting van
die NNP en DP) gebreek, omdat daar botsings
tussen kortbroek en Tony Leon was (en sodat
kortbroek premier van die Wes-Kaap kon word.)
Politici is 'n ander lot mense. :-(
|
|
|
Re: Kortbroek en die ANC [boodskap #66667 is 'n antwoord op boodskap #66654] |
Ma., 23 September 2002 18:17   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Die NNP verdien met hierdie opportunisme niks beter
> as om uitgestem te word nie, 'n mens kan nie help om
> te dink dat hulle dit bloot om die gewin van hulle
> ampsdraers doen nie, daar is geen regverdiging vir 'n
> party wie se strategie bloot is om met die regerende
> party in koalisie te gaan nie en ek dink die meeste van
> hulle ondersteuners het hulle reeds verlaat.
>
> Daarvoor het hulle uit die DA ('n sinvolle smelting van
> die NNP en DP) gebreek, omdat daar botsings
> tussen kortbroek en Tony Leon was (en sodat
> kortbroek premier van die Wes-Kaap kon word.)
Dankie vir die analise. Dit sal interessant
wees om te sien hoe dinge gaan uitdraai.
Dit is darem ook effens radikaal as 'n
politieke leier die sprong kan regkry
sodat die NNP binne minder as tien jaar
'n koalisie kan aangaan met 'n groep
wat hulle voorheen verban en onderdruk
het.
Gloudina
|
|
|
Re: Mev Mbeki en die behuisingsnood ... [boodskap #66690 is 'n antwoord op boodskap #66646] |
Di., 24 September 2002 14:39  |
Oom Gert die \"d
Boodskappe: 28 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Tyd sal seker maar al een wees wat die antwoord op my vraag sal gee.
Ek dink nie jy kan sê Mugabe wat 30 000 plus mense in sy eie land vermoor
het is beter as die Appartheid regering nie. Daar is darm maar 'n reuse rek
in die gang van die brein nodig vir dit. Miskien is jy egter reg. Miskien
moet die wit mense maar hulle goed vat en uit Afrika uit trek en maar hul
heil gaan soek in Europa of elders. Dink jy dit is 'n werkbare plan?
Cheers
skryf in boodskap news:3D8F0620.4040601@rogers.com...
>
> Down With Telkom wrote:
>
>> Daar was goeie en slegte dinge in die ou regering. En dieselfde is waar vir
>> die nuwe een. Die vraag is of DIE regering die land gaan opbou of
afbreek.
>
> Ek verwys jou na die opinies oor die
> SA ekonomie wat Wouter Plaasvark op
> hierdie nuusgroep gereeld kwytraak.
> Volgens hom is die huidige regerende
> party in SA fiskaal gedissiplineerd
> en konserwatief en gaan die land se
> ekonomie vooruit. Volgens hom word
> daar nou ook meer geld bestee aan die
> opbouing van die land, noudat daar
> nie meer so baie geld gemors word op
> die konsep van die tuislande nie.
> Hy het nou kort gelede aangedui dat
> belastings heelwat laer was as gedurende
> die tyd van die apartheidsregime.
> Ek stel voor dat die vorige apartheids-
> regime baie nader en selfs afbrekender
> was as die Mugabe regime wat vandag in
> Zimbabwe is. Ek stel voor dat die
> huidige regime selfs meer "kapitalisties"
> as die vorige apartheidsregime is. Ek
> stel voor dat jy jou sterre kan dank
> dat daar vandag in SA 'n multikulturele
> regerings-struktuur is wat oop is vir
> almal. Ek val die ander dag op my rug.
> Die NP is back in the saddle in die
> Westelike Provinsie, nê? Ek het altyd
> gedink daardie kortbroek het iets om
> die lyf.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 09:18:10 UTC 2025
|