| Afrikaner verraaiers beskerm regering [boodskap #66297] |
So., 15 September 2002 11:30  |
I. Hate Telkom
Boodskappe: 22 Geregistreer: September 2002
|
Junior Lid |
|
|
Mense wat so moerse hoepla maak van die kamptige vêrregse planne om die
regering omv�r te werp kan maar rustig slaap. Hoekom? Want Afrikaners kan
nie anders as om mekaar te verraai nie. Dis inherent tot die spesie. FW het
dit gedoen vir 'n paar miljoen Dollar en hy ly nou letterlik 'n "royal"
lewe. Dis net eenvoudig te lonend vir Afrikaners om mekaar in DIE wêreld te
verraai. Daar is baie geld wat rondgaan om die wat die Afrikaner ondermyn te
beloon.
Afrikaner weerstand (sjoe dit klink regs) is 'n mite. Want hulle verraai
mekaar soos Bosloeries leeus verraai in die bosveld.
Moet nie komkommer nie Thabo, hulle sal mekaar weggee soos in die ou dae.
Cheers en slaap rustig
|
|
|
|
| Re: Afrikaner verraaiers beskerm regering [boodskap #66303 is 'n antwoord op boodskap #66297] |
So., 15 September 2002 12:37   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
I. Hate Telkom wrote:
> Afrikaner weerstand (sjoe dit klink regs) is 'n mite. Want hulle verraai
> mekaar soos Bosloeries leeus verraai in die bosveld.
Vireers, meneer, hoekom verraai jy jou
taal deur 'n Engelse skuilnaam te gebruik?
Jou hanskakie tweegesig-verraaier van jou
taal.
En weet jy waar die moeilikheid begin
het? Toe Afrikaners nie 'n weerstands-
beweging ontwikkel het teen die mense wat
die Afrikaanse inbors verraai het deur
die "nasionaal"-sosialistiese planne van
daardie nie-Afrikaner Verwoerd moontlik te
maak nie. Hoekom was daar nie 'n grootskaalse
opstand teen die gruwels wat in die naam van
die Afrikaner gepleeg is in die laaste helfte
van die twintigste eeu nie?
Die Ruiter in die Dag
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaner verraaiers beskerm regering [boodskap #66315 is 'n antwoord op boodskap #66311] |
So., 15 September 2002 13:21   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
I. Hate Telkom wrote:
Hoekom moet alles
> teruggetrek word na Appartheid. Word die Afrikaner deur
> Appartheid gemaak en gebreek? Is ons kultuur nie ouer as die skrapse 50 jaar
> of wat van Apartheid nie? Is dit nie bietjie laks van mense soos jy om hele
> volkere aan sulke kort riempies van die geskiedenis te wil meet nie? Skaam
> jou jou sot.
O, nou is dit skielik ek wat so 'n kort
geheue het. Hoekom analiseer jy nie jou
denke nie. Vir my gaan Afrikanerskap en
Afrikaner inbors terug na tye voor die
Tweede Vryheidsoorlog en na die tye van
die Tweede Vryheidsoorlog self, en na die
tyd daarna, maar voordat die land in 1948
in die hande van 'n klein klomp kristalnagters
geval het. Afrikaners soos Smuts en Botha
en ander het die Afrikaners op die regte pad
gelei, en hulle name ge-eerd gemaak in die
res van die wêreld. Ongelukkig het 'n groep
klein mannetjies die leisels oorgeneem, en
dekade na dekade het die apartheidsregime al
gruweliker en gruweliker geword. Hoekom was
daar nie toe 'n weerstandsbeweging daarteen
nie. Manne soos Beyers Naude is onder huis-arres
geplaas. Breyten Breytenbach moes jare in die
tronk deurbring. Waar was die weerstand teen
sulke gedrag? Jy was in jou twintigerjare in
die 1980's. Het jy weerstand gebied?
Die Ruiter in die Dag.
|
|
|
|
| Re: Afrikaner verraaiers beskerm regering [boodskap #66317 is 'n antwoord op boodskap #66315] |
So., 15 September 2002 13:40   |
I. Hate Telkom
Boodskappe: 22 Geregistreer: September 2002
|
Junior Lid |
|
|
Huh? Ek was op laerskool in die 80's Appartheid het einde gekry nog voor ek
stemreg geahd het. Miskien kan ek en jy meer beskaafd oorleg pleeg nou dat
jy dit weet.
Maar daardie feit tersyde, ek het nie self veel ooghare vir Appartheid nie.
Maar as dit as verskoning vir huidige probleme in Suid Afrika voorgehou
word, raak ek skuins beduiweld. Want dit is 'n bleddie mite dat dit die
enigste rede vir die verlamde stand van die Afrikane in Suid Afrika is!
Daar is 'n paar dinge soos onder andere infrastruktuur wat die huidige
regering sy sterre voor kan dank wat te danke is aan daardie era. Nou kom
ons nuwe suiwerskoon regering en plant tolpaaie al langs daardie paaie om
die skuldige appartheid wit mense te laat betaal vir hulle aardsonde.
As 'n persoon wat geen status gehad het as kiesregtige burger in Apartheid
nie en ook tans geen invloed het nie, is ek besig om meer en meer ontnugterd
te raak. Ek sien die woede wat broei onder die geledere van my
ouderdomsgroep en nuwe toetreders tot die arbeidsmark wat ook geen
seggenskap gehad het in Appartheid nie. Hulle moet nou boetes betaal vir
iets wat hulle niks mee te doen gehad het nie.
Ek kan jou een ding waarborg. Die popo gaan die waaier tref dis net kwessie
van tyd. Opstand sal daar wees en ek sal nie deel wees daarvan nie, omdat
die probleme wat die land se enjin gaan laat stik dieper lê as dit. Ek het
my eie opinie oor die kultuur impak in Suid Afrika en dis net tyd wat tussen
nou en verval lê. Ek glo egter ook in wonderwerke. Miskien skrik die
regering wakker en begin met 'n grootskaalse opvoedingspoging. Dis al wat
ons sal red. As ons die massas in Suid Afrika goed opvoed. Ek dink nie die
regering sal die takie na wense aanpak nie, vir die eenvoudige rede dat dit
sy eie kiesers sal vervreem. Die ANC, NNP en al daai steengroef, oer partye
sal soos mis voor die son verdwyn as die opvoedingstaak na wense aangepak
word. Maar ek dink nie Thabo sal sy geldsak vir die toekoms van SA verruil
nie. Hy hou te veel daarvan om oorsee te kuier net soos ou oom FW de Klerk.
Nee ou maat ek is bevrees ons droom te veel in die land en doen te donners
min.
Cheers
NS. Ek sien uit na jou repliek. Ek vind dit soort van interesant.
skryf in boodskap news:3D848A14.6080203@rogers.com...
>
> I. Hate Telkom wrote:
>
>
> Hoekom moet alles
>> teruggetrek word na Appartheid. Word die Afrikaner deur
>> Appartheid gemaak en gebreek? Is ons kultuur nie ouer as die skrapse 50 jaar
>> of wat van Apartheid nie? Is dit nie bietjie laks van mense soos jy om hele
>> volkere aan sulke kort riempies van die geskiedenis te wil meet nie? Skaam
>> jou jou sot.
>
> O, nou is dit skielik ek wat so 'n kort
> geheue het. Hoekom analiseer jy nie jou
> denke nie. Vir my gaan Afrikanerskap en
> Afrikaner inbors terug na tye voor die
> Tweede Vryheidsoorlog en na die tye van
> die Tweede Vryheidsoorlog self, en na die
> tyd daarna, maar voordat die land in 1948
> in die hande van 'n klein klomp kristalnagters
> geval het. Afrikaners soos Smuts en Botha
> en ander het die Afrikaners op die regte pad
> gelei, en hulle name ge-eerd gemaak in die
> res van die wêreld. Ongelukkig het 'n groep
> klein mannetjies die leisels oorgeneem, en
> dekade na dekade het die apartheidsregime al
> gruweliker en gruweliker geword. Hoekom was
> daar nie toe 'n weerstandsbeweging daarteen
> nie. Manne soos Beyers Naude is onder huis-arres
> geplaas. Breyten Breytenbach moes jare in die
> tronk deurbring. Waar was die weerstand teen
> sulke gedrag? Jy was in jou twintigerjare in
> die 1980's. Het jy weerstand gebied?
>
> Die Ruiter in die Dag.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaner verraaiers beskerm regering [boodskap #66369 is 'n antwoord op boodskap #66367] |
Ma., 16 September 2002 14:32   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships Mcduck wrote:
afrikaners sit op `n
> hoop, analiseer die afrikaanse letterkunde, kerm omdat almal nie
> suiwer afrikaans praat nie, doen spelling checks op die net en dink
> nuwe afrikaanse woorde uit vir goed. o ja ek gaan nie `n protest begin
> oor iets nie, dis lente en ek het gras om te sny.
Ek dink nie jy moet die ekonomiese invloed
en mag van 'n sekere groep Afrikaanse maat-
skappye onderskat nie. Dis hulle wat nou nog
'n klomp koerante, ondermeer Beeld en die
Burger, in hulle mandjie het, en as ek reg is,
ABSA en ander bankinstansies, ensovoorts
ensovoorts. Hulle het gedurende die apartheids-
dae die geld en die rigting voorsien vir die
Nasionale Party se beleid, tot tyd en wyl die
bewegers en roerders gesien het dinge loop verkeerd.
Nou kan jy maar sien waar hulle hulle spore laat.
Sommige mense kan hul beskuldig dat hulle nou nie
meer vir Afrikaans omgee nie. Maar is dit nie so
dat hulle nog goeie standvastige Afrikaanse koerante
in stand hou vir 'n groep mense wat eintlik 'n baie
klein persentasie van SA se bevolking uitmaak nie?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Afrikaner verraaiers beskerm regering [boodskap #66382 is 'n antwoord op boodskap #66369] |
Ma., 16 September 2002 16:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
@rogers.com wrote:
Maar is dit nie so
> dat hulle nog goeie standvastige Afrikaanse koerante
> in stand hou vir 'n groep mense wat eintlik 'n baie
> klein persentasie van SA se bevolking uitmaak nie?
Ek het egter soms bedenkinge gehad
oor watter soort omgee hierdie ouens
praktiseer. Toe ek "De Kat" vir die
eerste keer gelees het, het dit my
geskok hoeveel hulle Engels en Afrikaans
so opgemeng het, bo en behalwe die feit
dat hulle advertensies en artikels oor
modes, ens. die indruk geskep het dat dit
net vir ryk hoér-middelklas professioneles
bedoel is. (Is ek reg as ek aanneem dat
De Kat nie meer bestaan nie?)
Dit val my ook op as ek byvoorbeeld iets
soos NP van Wyk Louw se biografie lees, hoe
baie ingebore groepies mense in die SA
kultuur scene bestaan het. Die persoon wat die
redaktrise van De Kat was (Joan van Zyl),
is die dogter van Koos Human, wat weer getroud
was met een van NP se dogters. Koos Human het
natuurlik weer 'n dominante rol gespeel in die
uitgewerswêreld gedurende die apartheidsregime.
(Human en Rousseau.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaner verraaiers beskerm regering [boodskap #66416 is 'n antwoord op boodskap #66414] |
Di., 17 September 2002 20:04  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Frikkie Potgieter wrote:
> Jy is doodreg M8,
> Die Afrikaners is almal "rubbish"..., VERRAAIERS...
>
> Praat eerder van BOERE dan sal ons weet waaroor dit gaan.
Aha, ou Frikkie my rsaboytjie, ek vang
jou uit! Jy het gesê ek is op jou kill-
file, maar jy lieg mos.
Tant Hessie van die Baai.
|
|
|
|