Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuus
Nuus [boodskap #66359] Ma, 16 September 2002 11:34
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1)Rugby:
a)VRYSTAAT het vir WP gewen.
b) N-Tvl ( Blou Bulle) het reggekry wat nog geen ander span die seisoen kon
doen nie - hulle het verloor teen die Olifante ( OP)

2) Zandile Mbeki - Onse Prez se geliefde is toe nie so 'n soet dogtertjie
nie. Sy het verlede jaar, na skoonpappie se dood, sy staatshuis sonder die
vereiste tenderprodedure bekom, en dit in haar nooiensnaam geregistreer. Nou
wil sy die eiendom verkoop teen 100% wins. 'n Wakker joernalis het hierdie
stoutigheid uitgevind.

3) Dr Rocco Knobel is op 88-jarige ouderdom oorlede. Hy was 27 jaar lank die
hoof van die Parkeraad.

4) Mej SA het onttrek aan die mej wêreld kompetisie.

5) Natalie du Toit het nou 'n superkunsbeen. Dit stel haar in staat om met
dit selfs te kniel.

6) Ons strande word kleiner omdat ontwikkelaars nie hul gulsige hande hande
kan afhou van die duine wat die strande voed nie.

7) In die Huisgenoot vandag is daar 'n artikel hoe vreeslik goed sit met SA
gaan . Julle sal my moet kans gee om 'n bietjie rooflees te gaan doen as
iemand anders hier ons nie kan help nie. Ek het net so die laaste paragrafie
gevang wat beweer t.o.v. groei is SA 'n A-kandidaat mits ons die skole,
gesondheid, en misdaad- probleme kan beheer en onder kan kry. Dis nou om te
sê 'n kind is 'n A-kandidaat mits sy wiskunde of tale kan slaag.

Julle daar wat ver weg sit moet maar laat weet, dan koop ons 'n paar huise
op solank, want die huispryse sal verskriklik styg noudat almal op pad terug
is, sodra die mitse uitgesorteer is;))

Annette
Vorige onderwerp: hennerietjie is Bly
Volgende onderwerp: Trots Suid-Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 09:12:09 MGT 2024