Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Selfoon hoe-nou-weer
Selfoon hoe-nou-weer [boodskap #66215] |
Thu, 12 September 2002 08:22  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Was toe weer gister die slagoffer van 'n inbraak. Het toevallig toe gister
ook die selfoon by die huis vergeet en is dié nou kwyt plus baie ander
kosbaarhede.
My punt - kan iemand onthou hoe 'n mens die selfoon kan blokkeer (ek het
daardie lang nommer op die selfoon wat mens daarvoor nodig het)? Ek verstaan
MTN doen dit darem nog.
Koot
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Selfoon hoe-nou-weer [boodskap #66277 is 'n antwoord op boodskap #66251] |
Sat, 14 September 2002 12:57  |
johanls
Boodskappe: 197 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kom ons wees konsekwent met hierdie argument. Beteken dit dan dat ek my kar
moet oop los op straat, moet wegdoen met die aaklige diefwering by al die
woonhuise? Hoe lank gaan dit vat voordat die rykdom genoegsaam herverdeel
is sodat niemand meer hoef te steel nie?
"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0209130429.6e390550@posting.google.com...
> Goeie raad, maar is dit nie beter om maar die selfoon "lewendig" te
> hou nie, anners steel die bliksem tog net die volgende een.
>
> Doen jou deel vir die herverdeling van rykdom en blokkeer net die
> simkaart. Hy gaan tog nie die telefoon terugbring as hy nie meer werk
> nie.
>
> As mens die mark kan versadig kry, sal niemand meer hoef te worrie dat
> hulle fone gesteel gaan word nie.
>
> Ek's ook al (in SA) 'n selfoon kwyt. Ek het hom oopgelos dat die
> donner bel. Hy't drie keer gebel, en ek het aan die Polieste die
> nommers deurgegee - maar soos gewoonlik het hulle boggerol gedoen om
> hom te kry...
>
> Max_________________________________________________________
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:55:11 UTC 2025
|