Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuinskoek
Skuinskoek [boodskap #65933] |
Mon, 02 September 2002 17:24  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Niekie vertel dat hy die naweek by Calvinia se vleisfees was en skuinskoek
geëet het wat vreeslik lekker was. Toe skakel iemand onder uit Gauteng en sy
sê sy ken dit nie.
Ek het nooit eers gedink skuinskoek is 'n streekskos nie.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Skuinskoek [boodskap #65959 is 'n antwoord op boodskap #65955] |
Tue, 03 September 2002 08:05  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Resep vir mosbolletjies - jy kan self besluit wanneer om die deeg te rol en
skuins te sny:))
2.3k meel
225 g botter
2 k suiker
sout
2 koekies suurdeeg
1/2 t anyssaad
Vryf botter in droë bestanddele en meng met water waarin suurdeeg opgelos
is.
Knie baie goed
Laat rys oornag
Maak op en laat weer goed rys
Maak bolletjies en plaas in pan
Smeer met melk en eier mengsel
Bak soos vir beskuit. ( 1 uur teen 350F)
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
"anri schramm" skryf in boodskap news:3D746565.2020306@roo.com...
> óf ek is #n absolute idioot, óf ek kan net nie bak nie....hoe maak mens
> mosbeskuit?? Dit klink na 'n ryk spul, hiedie koekie van jou, Anette.
> Die vla klink lekker!
>
> Annette wrote:
>> Ooooo!! vervloek is julle wat my wil verlei met allerhande verkeerde
>> stellings!:)))
>> Skuinskoek:
>> Maak die deeg aan soos vir mosbeskuit - met anys in.
>> Rol die deeg in 'n lang rol - omtrent 6.758cm in deursnee- en sny dan af
>> skuins in mote van presies 6.857cm van oorskuinshoek tot oorskuinshoek. (
>> die mate is opsioneel:))
>> Braai die mote in kokende olie tot bruin en bedien met vla.
>> Annette
>>
>>
>>
>> "anri schramm" wrote in message
>> news:3D74609A.7020708@roo.com...
>>
>>> Ai man, dis blêrrie snaaks, Suidwester!! Nee, ek weet ook nie wat 'n
>>> skuinskoek is nie. Miskien will Anette maar die reseppie aanstuur....Dan
>>> kan ons almal skeef staan en raak - daar is sekerlik bietjie alkohol ook
>>> in!? :-)
>
>>> Anri
>
>>> Suidwester wrote:
>
>>>> En hier sit en dink ek dis 'n lesbian?
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:al06qq$1m7u1a$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>
>>
>>>> >Niekie vertel dat hy die naweek by Calvinia se vleisfees was en
>>
>> skuinskoek
>>
>>>> >geëet het wat vreeslik lekker was. Toe skakel iemand onder uit Gauteng
>>
>> en
>>
>>>> sy
>>
>>
>>>> >sê sy ken dit nie.
>>>> >Ek het nooit eers gedink skuinskoek is 'n streekskos nie.
>>>> >Annette
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 13:02:27 UTC 2025
|