| nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65813] |
Vr., 30 Augustus 2002 22:35  |
hennerietjie
Boodskappe: 46 Geregistreer: Oktober 2000
|
Volle Lid |
|
|
hellou my antie,
ons bly nie meer op sanien nie, my antie. ma' antie moet nou nie bly
word oor antie dalk dink my pa wil kannadaar toe nie. nee antie dis
ergerliker as dit want oom oujei ons burggemeester vannie aas-en-see
het ons dorp se naam loop staan veranner antie. ons bly nou op maak
shôpie antie.
antie sal sekerlik weet lat maak shôpie 'n gerekende aktievis vannie
aas-en-see was innie straggel antie. toe willie aas-en-see hom vereer.
toe sê hille gapanie hospietaal annerkant dywelskloof moet maak shôpie
word ma' die mense van gapanie sê oor hille dooije liggame. toe sê
hille oukei dan noem hille die skool by mamietwa maak shôpie ma' die
mense van mamietwa sê ok nie oor hille liggame wat gedooi het nie.
toe kry oom oujei 'n bruinwyf antie en hy sê biedêm die konsulterende
gesprekke wat hy lat hou het om aan te beveel lat sanien sanien bly hy
ry met 'n stoomroller oor ons en toe is ons maak shôpie. wat is nou
fout met 'n mooi boere naam soos sanien antie.
my pa is natierlik nie 'n biekie bemoerd nie antie en die jele dorp
saam mit hom. hy sê hille gat hof toe met oom oujei ma' ek het nie
hoop nie antie want antie weet hoe lat 'n hof maak as jou naam oujei
is. ma' een geluk is lat die baas van die oom van die koerant se
koerant ok van sanien af kom. hy skryf stink stories oor oom oujei so
miskien assie hof sien lat oom oujei skillig is aan iets erger as
moort sal ons oom oujei kan aanpaas vir oom robber moegapie lat hy
simbabwie se naam kan loop veranner.
koebaai antie
hennerietjie (antie moet beswaar maak by antie se pelle by die
ambassade oor die naamgatmakery)
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65815 is 'n antwoord op boodskap #65813] |
Sa., 31 Augustus 2002 02:44   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
hennerietjie wrote:
> ons bly nie meer op sanien nie, my antie. ma' antie moet nou nie bly
> word oor antie dalk dink my pa wil kannadaar toe nie
Dis presies wat ek gedink het toe ek die
titel van jou boodskap lees, Hennerietjie.
Toe dink ek, uiteindelik het hulle besluit
dat hulle gaan kom na die land van melk en
heuning, waar daar geen crime is nie,
behalwe nou sulke ou oortredinkies soos met
biblioteekboeke ( en so nou en dan 'n massa-
graf op 'n varkplaas daar in Vancouver waar
hulle noual die lyke van omtrent dertig
vroumense opgegrawe het.)
Tant Hessie van Kandahier.
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65816 is 'n antwoord op boodskap #65813] |
Sa., 31 Augustus 2002 02:49   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
hennerietjie wrote:
ons bly nou op maak
> shôpie antie.
wat is nou
> fout met 'n mooi boere naam soos sanien antie.
Ja-nee, ek kan nou nie sien wat fout was
met Tzaneen nie. Waar kom daardie naam
in alle geval vandaan?
Tant Hessie Omar
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65826 is 'n antwoord op boodskap #65819] |
Sa., 31 Augustus 2002 08:41   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Juis Anri - Wonder wat die plaaslike regering teen die Pedi's het;)
Annette
"anri schramm" skryf in boodskap news:3D70679E.70209@roo.com...
> So much vir 'n mooi boere naam!:-)
>
> Anri
>
>
> @rogers.com wrote:
>>
>> @rogers.com wrote:
>>
>>
>>> Tzaneen. Waar kom daardie naam
>>> in alle geval vandaan?
>>
>>
>>
>> Ek sien dis ontleen van die Pedi woord
>> vir "mandjie."
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65830 is 'n antwoord op boodskap #65827] |
Sa., 31 Augustus 2002 11:28   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis waar Jonas - iemand moet vir die Pedi's van die grondwetlike hof
vertel - die paar name wat hulle het wat bekend is, word nou ook sommer
weggevat.
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:akq23d$8if$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - die probleem met die Pedi's is dat hulle nie Xhosas is nie - die
> Xhosa Nostra - jy weet ...
> "Annette" wrote in message
> news:akpvej$1kr7cl$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Juis Anri - Wonder wat die plaaslike regering teen die Pedi's het;)
>> Annette
>>
>>
>> "anri schramm" wrote in message
>> news:3D70679E.70209@roo.com...
>>> So much vir 'n mooi boere naam!:-)
>>>
>>> Anri
>>>
>>>
>>> @rogers.com wrote:
>>>>
>>>> @rogers.com wrote:
>>>>
>>>>
>>>> > Tzaneen. Waar kom daardie naam
>>>> > in alle geval vandaan?
>>>>
>>>>
>>>>
>>>> Ek sien dis ontleen van die Pedi woord
>>>> vir "mandjie."
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65834 is 'n antwoord op boodskap #65832] |
Sa., 31 Augustus 2002 12:25   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
hennerietjie wrote:
my pa sê ek moet vir antie sê lat een van oorle
> reinkwien moedjadjie se susters vanoggend by hom was en lat die
> moedjadjies nog meer bemoerd is as my pa oor die aas-en-sjee)
Vertel vir tannie weer van die
rain queen.
Tant Hessie van die Malopo
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65849 is 'n antwoord op boodskap #65845] |
So., 01 September 2002 03:20   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
hennerietjie wrote:
> my pa sê ek moet vir antie sê lat sir hennerietjie raaider haggard 'n
> boek oor onse reinkwien gekryf het. die boek se naam is shie,
Haai, Hennerietjie, ek het nooit geweet dat
Rider Haggard se She iets met julle rain queen
te doen gehad het nie.
Moet die volgende een altyd die dogter wees
van die vorige een? En wie kies haar?
Tant Hessie van Groot Zimbabwe
|
|
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65940 is 'n antwoord op boodskap #65939] |
Ma., 02 September 2002 21:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hennerietjie, liewe kind, vra tog asseblief vir hou paapie om 'n mikstok met
'n wit briefie aan die reentmense te stuur om bietjie te wag met die kiesing
van die nuwe reinkwien. Ons hier innie kaap kry genoeg reent sonner dat daar
'n reinkwien is. Nog reent, en die rooiwyn vir hierdie jaar gaan flou wees.
Annette
"hennerietjie" skryf in boodskap news:3d73d7d8.0@news1.mweb.co.za...
> antie gloudiena
>
>> Haai, Hennerietjie, ek het nooit geweet dat
>> Rider Haggard se She iets met julle rain queen
>> te doen gehad het nie.
>
> antie hille gaat moeilikheid hê as die niewe reinkwien eers die
> resepte geleer het ek sien daai ding.
>
>
>> Moet die volgende een altyd die dogter wees
>> van die vorige een? En wie kies haar?
>
> net as sy 'n dogter het wat ok kan reentmaak antie. annerster 'n
> sister of 'n antie of 'n sister se muisiekind wat kan reentmaak. die
> moedjadjie roijil kaounsil verkies haar yt antie. en hille issie
> naaste famielie vannie kwien ma' darrim die ooms ok.
>
> koebaai antie
>
> hennerietjie (virre 'n land wat self 'n kwienbaas het weet jille
> darrim min van roijiltie)
>
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65964 is 'n antwoord op boodskap #65845] |
Di., 03 September 2002 11:56   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
hennerietjie wrote:
> my pa sê ek moet vir antie sê lat sir hennerietjie raaider haggard 'n
> boek oor onse reinkwien gekryf het. die boek se naam is shie
Hennerietjie, sê vir jou pa ek is bietjie
deurmekaar. Was die koningin in "She" nie
wit nie?
Tant Hessie van Sun City
|
|
|
|
| Re: nie meer op sanien nie, antie! [boodskap #65965 is 'n antwoord op boodskap #65939] |
Di., 03 September 2002 12:00  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
hennerietjie wrote:
> hennerietjie (virre 'n land wat self 'n kwienbaas het weet jille
> darrim min van roijiltie)
Hennerietjie, jy kritiseer my darem
baie deesdae. Begin die hormone jou nou
erg pla? Hoe gaan dit met daardie vriend
van jou? En hoe gaan dit deesdae met jou
suster?
En los maar die Kanadese en die Kanadese
queen uit. Ons is tevrede met hierdie een,
maar sit en ys dat ons eendag miskien teen
Camilla moet vaskyk.
Tant Hessie Windsor
|
|
|
|