Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Misdaad in die RSA
Misdaad in die RSA [boodskap #65704] |
Wed, 28 August 2002 12:41  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Op hierdie nuusgroep onder "Heldedag" en "Afdraend?" is daar verskillende
menings oor misdaad in Suid-Afrika.
Is daar moontlik iemand wat vergelykbare statistieke het oor misdaad in die
RSA en hoe dit met ander lande sou vergelyk.
Ek is onder die indruk dat ons in die RSA vrede gemaak het met die
geweldmisdaad wat ons teister - tot so 'n mate dat ons dit nie eens meer as
ernstig beskou nie.
Wat my dan weer tot verhaal bring is die onlangse publisteit wat verleen is
aan die 2 dogtertjies in Engeland wat vermoor is (die Holly-geval). Dan
besef ek dat die saak in 'n plaaslike koerant moontlik bladsy 3 kon gemaak
het - maar slegs vir een publikasie?
|
|
|
|
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65738 is 'n antwoord op boodskap #65715] |
Thu, 29 August 2002 07:25   |
Threeships Mcduck
Boodskappe: 244 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 28 Aug 2002 10:45:00 -0700, "Jan"
served the following to the group:
> Om moord as 'n barometer te neem van geweldadige misdaad: Hier is een
> vergelyking: SA 121.91 vs. US 5.5 moorde per 100000 bevolking.
>
> Hierdie is 'n skakel na interpol se statistieke:
> http://www.interpol.int/Public/Statistics/ICS/downloadList.a sp. Volgens
> Interpol het SA 121.91 moorde per 100000 bevolking per jaar ervaar in 1999.
> Volgens die "FBI & Bureau of Justice Statitics" was daar 15517 moorde in
> die VSA bevolking (50 state) van 281421906 d.w.s 5.5 moorde per 100000 van
> die bevolking in 2000. Die maksimum in VSA is 41.8 in Washington, D.C. en
> die minimum is 0.6 in North Dakota. As 'n mens 'n soortgelyke statistiese
> verspreiding aanvaar vir SA met 'n gemiddeld van 121.91, dan is daar plekke
> in SA waar dit waarskynlik by die 800 moorde per 100000 bevolking is. Selfs
> al beskou jy net die gemiddeled, dan is dit steeds skrikwekkend hoog en
> totaal onaanvaarbaar.
>
> Het enige iemand 'n oplossing vir die misdaad probleem in SA? Ek het nie
> ....
ek het nie statestieke nie, net ondervinding. daar is min lande waar
ek nog nie was nie en my ondervinding het vir my gewys dat ons
loshande voor enige ander waar ek al ooit was. toe gegee, elke plek
het maar sy 'downtown' areas waar dit gewoonlik gevaarliker is. die
probleem met ons misdaad is dat dit meestal geweldadig is. dis nie
goed genoeg om jou selfoon te steel nie vir `n bonus word jy sommer
geskiet. oplossing? persoonlik dink ek ons probleem le by die staat se
onvermoe om misdadiger behoorlik te vervolg en te straf. hofsake
karring vir maande of self jare voort, daar is geen doodstraf nie en
almal het dieselfde menseregte. die antwoord is eenvoudig, as jy
iemand ander se menseregte skaad dat doen jy afstand van jou eie. as
jy iemand se lewe neem hoekom sou jy die reg he tot joune? skuldig aan
moord, rape ens. vandag, hang more met sonopkoms. simpel, vinnig en
koste effektief.
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65741 is 'n antwoord op boodskap #65738] |
Thu, 29 August 2002 07:50   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Maar Skippie! Dis nie justice daai nie!
Kyk nou maar net al die Amerikaners wat nou loskom na DNA toetse omdat hulle
verkeerdelik skuldig bevind is aan moord/verkragting?
Toegegee - tree op teen die kriminele - streng ook.
Maar ons moet eers die korrupsie uit die polisie, regstelsel, gevangenisse
en howe verwyder voordat ons enigsins eers kan begin dink aan toepaslike
strawwe vir die regte oortreders.
Ek is baie bly oor die onafhanklike DNA toetse in die Maryke saak - hoe meer
seker dit is dat die veiligheidswag wel die daad gepleeg het, hoe beter is
dit wanneer die vonnis opgelê word.
Die wêreld het 'n beraad nodig om die regstelsel uit te klaar.
Daar kort iets ernstig wanneer 'n beskuldigde kan besluit om nie in die hof
te getuig, en dan na die tyd sy bek kan rek omdat hy nie getuig het nie.
Annette
"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:1iirmu06a56m4gcoir3tlhui33ojkvp1e0@4ax.com...
> On Wed, 28 Aug 2002 10:45:00 -0700, "Jan"
> served the following to the group:
>
>> Om moord as 'n barometer te neem van geweldadige misdaad: Hier is een
>> vergelyking: SA 121.91 vs. US 5.5 moorde per 100000 bevolking.
>>
>> Hierdie is 'n skakel na interpol se statistieke:
>> http://www.interpol.int/Public/Statistics/ICS/downloadList.a sp. Volgens
>> Interpol het SA 121.91 moorde per 100000 bevolking per jaar ervaar in 1999.
>> Volgens die "FBI & Bureau of Justice Statitics" was daar 15517 moorde in
>> die VSA bevolking (50 state) van 281421906 d.w.s 5.5 moorde per 100000 van
>> die bevolking in 2000. Die maksimum in VSA is 41.8 in Washington, D.C. en
>> die minimum is 0.6 in North Dakota. As 'n mens 'n soortgelyke statistiese
>> verspreiding aanvaar vir SA met 'n gemiddeld van 121.91, dan is daar plekke
>> in SA waar dit waarskynlik by die 800 moorde per 100000 bevolking is. Selfs
>> al beskou jy net die gemiddeled, dan is dit steeds skrikwekkend hoog en
>> totaal onaanvaarbaar.
>>
>> Het enige iemand 'n oplossing vir die misdaad probleem in SA? Ek het nie
>> ....
>
> ek het nie statestieke nie, net ondervinding. daar is min lande waar
> ek nog nie was nie en my ondervinding het vir my gewys dat ons
> loshande voor enige ander waar ek al ooit was. toe gegee, elke plek
> het maar sy 'downtown' areas waar dit gewoonlik gevaarliker is. die
> probleem met ons misdaad is dat dit meestal geweldadig is. dis nie
> goed genoeg om jou selfoon te steel nie vir `n bonus word jy sommer
> geskiet. oplossing? persoonlik dink ek ons probleem le by die staat se
> onvermoe om misdadiger behoorlik te vervolg en te straf. hofsake
> karring vir maande of self jare voort, daar is geen doodstraf nie en
> almal het dieselfde menseregte. die antwoord is eenvoudig, as jy
> iemand ander se menseregte skaad dat doen jy afstand van jou eie. as
> jy iemand se lewe neem hoekom sou jy die reg he tot joune? skuldig aan
> moord, rape ens. vandag, hang more met sonopkoms. simpel, vinnig en
> koste effektief.
>
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
|
|
|
|
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65765 is 'n antwoord op boodskap #65763] |
Thu, 29 August 2002 17:36   |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3d6e571b.0@news1.mweb.co.za...
> "Hilda" wrote in message
> news:fwkb9.93600$8o4.12631@afrodite.telenet-ops.be...
>
>> Ek dink die enige manier om moorde en misdaad te
> vermy of darem te
>> verminder, is om 'n gunstige ekonomiese klimaat te
> skep waar soveel moontlik
>> mense werk kry en dan verdwyn die neiging tot misdaad
> vanself ... behalwe
>> vir enkele uitsonderings wat 'ongeneeslik' misdadig
> is.
>
>
> 'n Wonderlike idee Hilda!
>
> Miskien, om mee te begin, kan Europeërs die swaar
> subsidies wat hulle op hulle eie landbou-produkte
> betaal afskaf, wat dit voordelig gaan maak vir mense in
> ontwikkelende lande om die produkte te produseer en na
> Europa uit te voer. Dit spaar die Europeërs die
> subsidies en bring vir hulle goedkoop produkte uit die
> buiteland (om nie eers te praat van die vet salarisse
> wat hulle spaar, van die klomp burokrate in Brussels
> wat dan oorbodig gaan word nie), en verskaf werk aan 'n
> menigte van mense in die ontwikkelende lande.
>
> Dink net aan die gunstige ekonomiese klimaat wat dit
> gaan skep, nie net in die ontwikkelende lande nie maar
> ook in Europa ;-)
>
> Swart Simon
Ek weet, ek weet, Swart Simon ... ons moet hoop dat die saamkoms in
Johannesburg ietsie sal verander - maar ek twyfel daaraan.
Miskien moet die ontwikkelende lande gewoon weier om hul produkte nog
goedkoop aan die Westerse wêreld te verskaf ; so iets soos : betaal goeie
geld vir my koffie of julle kan maar iets anders drink om wakker te word !
In Europa vernietig hulle landbouprodukte as die pryse te veel wil daal.
Ek dink die ontwikkelende lande moet 'ons' baie strenger behandel.
Hilda.
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65771 is 'n antwoord op boodskap #65738] |
Thu, 29 August 2002 19:51   |
Jan
Boodskappe: 166 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> almal het dieselfde menseregte. die antwoord is eenvoudig, as jy
> iemand ander se menseregte skaad dat doen jy afstand van jou eie. as
> jy iemand se lewe neem hoekom sou jy die reg he tot joune? skuldig aan
> moord, rape ens. vandag, hang more met sonopkoms. simpel, vinnig en
> koste effektief.
Ek het die idee gekry dat die regering se simpatie nie lê by die
belastingbetaler wat vermoor, beroof, verkrag en ge-hijack word nie, maar
wel by die misdadiger wat hierdie dade pleeg. Die enigste "mensereg" wat
streng toegepas word lyk vir my is die reg op borgtog - al is dit nou 'n
geval van iemand wat alreeds uit is op borgtog vir moord, moet hy ook
borgtog kry vir die daaropvolgende moord. Die regering is tog so bang dat
hulle dalk beskuldig kan word van aanhouding sonder verhoor, dat hulle
eerder almal summier vrylaat. Mandela het op 'n stadium sy teenkanting teen
die doodstraf verduidelik as 'n maatreël wat swartes aan die tou gaan laat
hang, want meeste beskuldigdes is swart. Mbeki het gesê dat die swartes nog
altyd so in misdaad leef en dat die witmense maar net moet gewoond raak
daaran.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65795 is 'n antwoord op boodskap #65743] |
Fri, 30 August 2002 12:21   |
Threeships Mcduck
Boodskappe: 244 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 29 Aug 2002 08:00:11 GMT, "Hilda" served the
following to the group:
>
>> Threeships Mcduck skryf :
>
>> dis nie
>> goed genoeg om jou selfoon te steel nie vir `n bonus word jy sommer
>> geskiet. oplossing? persoonlik dink ek ons probleem le by die staat se
>> onvermoe om misdadiger behoorlik te vervolg en te straf. hofsake
>> karring vir maande of self jare voort, daar is geen doodstraf nie en
>> almal het dieselfde menseregte.
>
> Ek stem nie saam nie : in België is daar ook g'n doodstraf nie en het almal
> dieselfde menseregte (hoekom sal die een mens meer regte het as die ander
> een ??) en volgens die FBI statistieke was daar in 2000 "slegs" 2,72 moorde
> per 100 000 inwoners. Hoe verklaar jy hierdie syfers dan ?
>
> Ek dink die enige manier om moorde en misdaad te vermy of darem te
> verminder, is om 'n gunstige ekonomiese klimaat te skep waar soveel moontlik
> mense werk kry en dan verdwyn die neiging tot misdaad vanself ... behalwe
> vir enkele uitsonderings wat 'ongeneeslik' misdadig is.
> Hilda.
>
ek wens so dat mense nie net `n sekere deel van `n vorige boodskap wil
aanhaal nie. as jy die hele stuk lees sal jy sien dat ek se hoekom
almal nie dieselfde regte behoort te he nie. as ek iemand se lewe
neem, nie soos in `n ongeluk ens nie, dan is ek mos nie geregtig op
myne nie? kinders word in die fleur van hulle lewens vermoor en
verkrag en dan word die skuldige deur hulle mense regte beskerm. ek is
nie regtig gepla met die syfers nie, ek probeer hulle ook nie verklaar
nie. ek deel met die werklikheid. die werklikheid dat ek vandag meer
mense ken wat direk deur geweldadige misdaad geraak is as ooit, die
werklikheid dat my kinders nie met fietse kan skool toe ry nie want
hulle fietse word voor mespunt gesteel.
ek stem saam dat `n positiewe ekonomiese klimaat die misdaad syfer sal
laat afneem maar ongelukkig het ons nie nou daai luxury nie en terwyl
ons wag vir dit om te verbeter, dis nou terwyl thabo sy staal wys teen
boetie mugabe, kan ons sekerlik nie net die krimenele die sleutel tot
die stad se vryheid gee nie of hoe. maar ek is regtig baie bly dat
julle doer ver so gerus voel oor die fbi se stats. julle is seker net
so verlig om te hoor dat hiv en aids glad nie verwant is nie.
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65796 is 'n antwoord op boodskap #65794] |
Fri, 30 August 2002 13:33   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Mag ek iets vra? Ek weet die nuwe wapenwet kom of is reeds in SA, maar wat
is die sin in hierdie storie? Uit my onderving sou ek sê dat om die wapen
te verwyder gaan jy nie misdaad stop nie. As 'n ou jou wil doodmaak en hy
kan nie 'n vuurwapen in die hande kry nie, dan doen hy dit met 'n mes.
Verban jy alle messe, dan slaat hy jou met 'n klip. Is al die klippe op,
dan gee hy vir jou gif. Dis die bedoeling wat verkeerd is en nie die
gereedskap nie. Ek weet nie van een wapen wat deur die 'duiwel gelaai kan
word nie' en ek weet ook van geeneen wat 'n mens op sy eie kan doodskiet
nie. Hoekom verban ons nie eerder alle kriminele nie? Uh, dan is die
hele parlement ook mos skoon?
Hierdie storie laat my terugdink aan universiteit toe ons 'n massa gehou
het om te protesteer omdat die owerhede die sportgronde wil sluit in die nag
oor die ouens glo vry daar. Omtrent die hele ou spul het toe besluit die
hekke moet toe want dis onwelvoeglik, toe staan die een ou op en sê:
"Meneer die voorsitter, ek wil net sê as ek 'n meisie by my het en ons wil
sp...r, gaan 'n geslote hek op enige plek my nie pla nie. As die lus groot
genoeg is, sal ek dit agterop 'n fiets se 'carrier' ook kan doen!"
Net daar is alles in sy moer in en die hekke bly oop.
"Annette" skryf in boodskap news:aknlfs$1jn70n$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Max, jy is bietjie verkeerd - die meeste dra rollies.
> Elkgeval - ons hier kan die tipe misdaad aan die provinsie koppel.
> Dis net hier in die Kaap waar magistrate geskiet word.
> Vanoggend weer een van Parow....
> En al die polisie sit in Jozi in die son...
> Annette
>
>
>> skryf in boodskap news:e720f1c7.0208300237.35882677@posting.google.com...
>> Een uit hoeveel mense in SA het 'n geweer?
>>
>> Hoeveel mense loop daagliks in SA met 'n geweer aan hulle?
>>
>> Stop dit en die stryd teen misdaad is halfpad gewonne!
>>
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>>
>> In Nederland mag jy 'n mes by jou dra, maar dan moet hy kleiner wees
>> as jou handpalm. Jy't tog niks meer nodig om jou appeltjie te skil
>> nie...
>>
>> Begin sommer die aksie deur al daai speelgoedgeweertjies van die rakke
>> af te haal. En kyk waarna julle kinders op TV kyk.
>>
>> SA'ners word geweldadig groot, en as hulle dan groot is, is dit
>> skielik fout...?
>>
>> Eendrag maak mag.
>>
>> Max_________________________________________________________ _____
>
|
|
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65808 is 'n antwoord op boodskap #65789] |
Fri, 30 August 2002 19:49   |
Jan
Boodskappe: 166 Geregistreer: August 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Max,
Dit is nie gewere wat mense doodmaak nie, dit is mense wat mense doodmaak.
In die VSA is wapen besit 'n reg, en dit is baie makliker om 'n wapen te
koop as in SA waar jy eers 'n lisensie moet kry wat weke neem. Waarskynlik
is die persentasie in die VSA wat wapens besit heelwat hoër as in SA, maar
die "homicide rate" is 5.5/100000 vs. 200/100000 in SA. Daar is dus ander
faktore as bloot net wapenbesit wat dit bepaal. Oor die algemeen is die
probleem ook nie by wettige wapenbesit nie, maar by onwettige besit. Die
probleem in SA is dat wetstoepassing nie meer effektief is nie en die
justisie stelsel straf nie misdadigers nie. Die regering kondoneer
effektief misdaad deur ander pad te kyk wanneer dit plaasvind, en dit moedig
die bose siklus aan.
"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0208300237.35882677@posting.google.com...
> Een uit hoeveel mense in SA het 'n geweer?
>
> Hoeveel mense loop daagliks in SA met 'n geweer aan hulle?
>
> Stop dit en die stryd teen misdaad is halfpad gewonne!
>
> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>
> In Nederland mag jy 'n mes by jou dra, maar dan moet hy kleiner wees
> as jou handpalm. Jy't tog niks meer nodig om jou appeltjie te skil
> nie...
>
> Begin sommer die aksie deur al daai speelgoedgeweertjies van die rakke
> af te haal. En kyk waarna julle kinders op TV kyk.
>
> SA'ners word geweldadig groot, en as hulle dan groot is, is dit
> skielik fout...?
>
> Eendrag maak mag.
>
> Max_________________________________________________________ _____
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65820 is 'n antwoord op boodskap #65808] |
Sat, 31 August 2002 07:24   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Presies. Ongelukkig is dit nou so dat hulle die wettige wapeneienaars
vasvat en die kriminele gaan maar net lekker aan. Hulle maak nie 'n duik
in die rêrige siekte nie.
"Jan" skryf in boodskap news:vTPb9.6719$o23.3752@fe02...
> Max,
>
> Dit is nie gewere wat mense doodmaak nie, dit is mense wat mense doodmaak.
> In die VSA is wapen besit 'n reg, en dit is baie makliker om 'n wapen te
> koop as in SA waar jy eers 'n lisensie moet kry wat weke neem. Waarskynlik
> is die persentasie in die VSA wat wapens besit heelwat hoër as in SA, maar
> die "homicide rate" is 5.5/100000 vs. 200/100000 in SA. Daar is dus ander
> faktore as bloot net wapenbesit wat dit bepaal. Oor die algemeen is die
> probleem ook nie by wettige wapenbesit nie, maar by onwettige besit. Die
> probleem in SA is dat wetstoepassing nie meer effektief is nie en die
> justisie stelsel straf nie misdadigers nie. Die regering kondoneer
> effektief misdaad deur ander pad te kyk wanneer dit plaasvind, en dit moedig
> die bose siklus aan.
>
>
> "Max" wrote in message
> news:e720f1c7.0208300237.35882677@posting.google.com...
>> Een uit hoeveel mense in SA het 'n geweer?
>>
>> Hoeveel mense loop daagliks in SA met 'n geweer aan hulle?
>>
>> Stop dit en die stryd teen misdaad is halfpad gewonne!
>>
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>>
>> In Nederland mag jy 'n mes by jou dra, maar dan moet hy kleiner wees
>> as jou handpalm. Jy't tog niks meer nodig om jou appeltjie te skil
>> nie...
>>
>> Begin sommer die aksie deur al daai speelgoedgeweertjies van die rakke
>> af te haal. En kyk waarna julle kinders op TV kyk.
>>
>> SA'ners word geweldadig groot, en as hulle dan groot is, is dit
>> skielik fout...?
>>
>> Eendrag maak mag.
>>
>> Max_________________________________________________________ _____
>
|
|
|
Wapenverbod? [boodskap #65868 is 'n antwoord op boodskap #65789] |
Sun, 01 September 2002 20:07   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Max : Een uit hoeveel mense in SA het 'n geweer?
Hoeveel mense loop daagliks in SA met 'n geweer aan hulle?
Stop dit en die stryd teen misdaad is halfpad gewonne!
WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
In Nederland mag jy 'n mes by jou dra, maar dan moet hy kleiner
wees as jou handpalm. Jy't tog niks meer nodig om jou appeltjie
te skil nie...
Wouter
Max , die ding is nie so eenvoudig nie.
Kaapstad is die moordhoofstad van die wêreld. Ja, ons het die
hoogste moordsyfer relatief tot ons bevolking. Maar tog word
Kaapstad as die veiligste stad van die vier grotes in SA beskou,
ek (en klaarblyklik Annette) ervaar dit ook so. (Die ander is
Johannesburg, Pretoria en Durban.)
Ek het oor dertig jaar in huise gebly met geen heining, muur
of enige ander afskorting voor nie en het nog nooit diewe,
rowers of inbrekers op my perseel gehad nie. Ek is dalk 'n
bietjie gelukkig, maar daar is baie ander met dieselfde ervaring.
Nou hoekom het Kaapstad dan so 'n geweldig hoë moordratio?
Die rede daarvoor kom van ver en het niks met die nuwe SA
en toename in misdaad te doen nie. 'n Baie groot deel van die
Kaapse moorde (ek dink dit was al so hoog as 80% tot 90%)
word in die bruin gebiede gepleeg terwyl beide die slagoffer
en die moordenaar onder die invloed van alkohol is. Dis
dikwels bloot 'n gestry wat in 'n baklei en meswonde ontaard.
Veral oor naweke is die hospitale oorvol van sulkes, baie
oorleef, baie nie.
Statistiek kan 'n mens dus inlig, maar dit kan ook mislei.
Tobie se aanhaling (kyk onder) wys ook dat 'n mens
nogal interessante dinge van statistiek kan aflei :-)
Daardie alkohol-moorde word ongeveer almal met skerp
voorwerpe gepleeg, dis nie pre-meditated nie. Hoofsaaklik
met messe, maar ook gebreekte bottelglase en ander skerp
(of selfs stomp) voorwerpe. Dié moorde haal nie die
koerante nie, dis lank nie meer nuuswaardig nie.
So, as jy uit die kleurlinggebiede kan bly of nie gesuip raak nie
(net nie albei gelyk doen nie), dan verlaag die risiko aansienlik.
In die Kaap sou 'n mens dus eerder drank of messe as
vuurwapens moet verbied. :-) Lang messe (weet nie hoe lank
nie) en sogenaamde "flick"-messe is dan ook verbode op straat.
'n Drankverbod sal waarskynlik ook nie dié moorde hokslaan nie.
Ek sou daarvan hou om 'n gunfree society te hê, soos in
Engeland, waar die bobbies nie eers vuurwapens het nie.
Is dit nog so? En in Nederland?
Maar ek dink dis wishful thinking in SA, want ons land is
vol vuurwapens. Maak jy dit nou onwettig, sal slegs die
geregistreerde wettige vuurwapens ingetrek kan word. Dan
bly die groot massa onwettiges oor en dis dan hoofsaaklik
die skurke wat gewapen is. Ek hou nie van daardie odds
nie, ek verkies om self 'n handwapen of twee in die kluis te hê.
Hoe sê hulle nou weer?
"If guns are outlawed, only outlaws have guns"
Ek is bekommerd dat die skurke die grootste wenners in 'n
wapenverbod sal wees.
--------Tobie se aanhaling---------
Number of physicians in the US: ........................700,000.
Accidental deaths caused by physicians per year: 120,000.
Accidental deaths per physician...............................0.171
(U.S. Dept. of Health & Human Services)
Number of gun owners in the US:........................80,000,000.
Number of accidental gun deaths per year (all age groups) 1,500.
Accidental deaths per gun owner:..........0.0000188
(U.S. Dept. of Health & Human Services)
Statistically, doctors are approximately 9,000 times more
dangerous than gun owners. "FACT: Not everyone has a gun,
but everyone has at least one Doctor."
|
|
|
Re: Wapenverbod? [boodskap #65870 is 'n antwoord op boodskap #65868] |
Sun, 01 September 2002 20:39   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daar is ook die bendes wat mekaar wild en wakker verskiet - ook 'n Kaapse
ding:....
Annette
--
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d727313.0@news1.mweb.co.za...
> Max : Een uit hoeveel mense in SA het 'n geweer?
> Hoeveel mense loop daagliks in SA met 'n geweer aan hulle?
> Stop dit en die stryd teen misdaad is halfpad gewonne!
> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
> In Nederland mag jy 'n mes by jou dra, maar dan moet hy kleiner
> wees as jou handpalm. Jy't tog niks meer nodig om jou appeltjie
> te skil nie...
>
> Wouter
> Max , die ding is nie so eenvoudig nie.
>
> Kaapstad is die moordhoofstad van die wêreld. Ja, ons het die
> hoogste moordsyfer relatief tot ons bevolking. Maar tog word
> Kaapstad as die veiligste stad van die vier grotes in SA beskou,
> ek (en klaarblyklik Annette) ervaar dit ook so. (Die ander is
> Johannesburg, Pretoria en Durban.)
>
> Ek het oor dertig jaar in huise gebly met geen heining, muur
> of enige ander afskorting voor nie en het nog nooit diewe,
> rowers of inbrekers op my perseel gehad nie. Ek is dalk 'n
> bietjie gelukkig, maar daar is baie ander met dieselfde ervaring.
>
> Nou hoekom het Kaapstad dan so 'n geweldig hoë moordratio?
> Die rede daarvoor kom van ver en het niks met die nuwe SA
> en toename in misdaad te doen nie. 'n Baie groot deel van die
> Kaapse moorde (ek dink dit was al so hoog as 80% tot 90%)
> word in die bruin gebiede gepleeg terwyl beide die slagoffer
> en die moordenaar onder die invloed van alkohol is. Dis
> dikwels bloot 'n gestry wat in 'n baklei en meswonde ontaard.
> Veral oor naweke is die hospitale oorvol van sulkes, baie
> oorleef, baie nie.
>
> Statistiek kan 'n mens dus inlig, maar dit kan ook mislei.
> Tobie se aanhaling (kyk onder) wys ook dat 'n mens
> nogal interessante dinge van statistiek kan aflei :-)
>
> Daardie alkohol-moorde word ongeveer almal met skerp
> voorwerpe gepleeg, dis nie pre-meditated nie. Hoofsaaklik
> met messe, maar ook gebreekte bottelglase en ander skerp
> (of selfs stomp) voorwerpe. Dié moorde haal nie die
> koerante nie, dis lank nie meer nuuswaardig nie.
>
> So, as jy uit die kleurlinggebiede kan bly of nie gesuip raak nie
> (net nie albei gelyk doen nie), dan verlaag die risiko aansienlik.
>
> In die Kaap sou 'n mens dus eerder drank of messe as
> vuurwapens moet verbied. :-) Lang messe (weet nie hoe lank
> nie) en sogenaamde "flick"-messe is dan ook verbode op straat.
> 'n Drankverbod sal waarskynlik ook nie dié moorde hokslaan nie.
>
> Ek sou daarvan hou om 'n gunfree society te hê, soos in
> Engeland, waar die bobbies nie eers vuurwapens het nie.
> Is dit nog so? En in Nederland?
>
> Maar ek dink dis wishful thinking in SA, want ons land is
> vol vuurwapens. Maak jy dit nou onwettig, sal slegs die
> geregistreerde wettige vuurwapens ingetrek kan word. Dan
> bly die groot massa onwettiges oor en dis dan hoofsaaklik
> die skurke wat gewapen is. Ek hou nie van daardie odds
> nie, ek verkies om self 'n handwapen of twee in die kluis te hê.
>
> Hoe sê hulle nou weer?
> "If guns are outlawed, only outlaws have guns"
>
> Ek is bekommerd dat die skurke die grootste wenners in 'n
> wapenverbod sal wees.
>
>
> --------Tobie se aanhaling---------
> Number of physicians in the US: ........................700,000.
> Accidental deaths caused by physicians per year: 120,000.
> Accidental deaths per physician...............................0.171
> (U.S. Dept. of Health & Human Services)
>
> Number of gun owners in the US:........................80,000,000.
> Number of accidental gun deaths per year (all age groups) 1,500.
> Accidental deaths per gun owner:..........0.0000188
> (U.S. Dept. of Health & Human Services)
>
> Statistically, doctors are approximately 9,000 times more
> dangerous than gun owners. "FACT: Not everyone has a gun,
> but everyone has at least one Doctor."
>
|
|
|
Re: Wapenverbod? [boodskap #65873 is 'n antwoord op boodskap #65870] |
Sun, 01 September 2002 20:57   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette
Daar is ook die bendes wat mekaar wild en wakker verskiet -
ook 'n Kaapse ding:....
Wouter
Ja, dis baie waar. Maar dit gebeur nie so dikwels nie.
En haal daarom die koerante. Waarskynlik 'n taamlike
klein deel van die statistiek.
--
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d727313.0@news1.mweb.co.za...
> Max : Een uit hoeveel mense in SA het 'n geweer?
> Hoeveel mense loop daagliks in SA met 'n geweer aan hulle?
> Stop dit en die stryd teen misdaad is halfpad gewonne!
> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
> In Nederland mag jy 'n mes by jou dra, maar dan moet hy kleiner
> wees as jou handpalm. Jy't tog niks meer nodig om jou appeltjie
> te skil nie...
>
> Wouter
> Max , die ding is nie so eenvoudig nie.
>
> Kaapstad is die moordhoofstad van die wêreld. Ja, ons het die
> hoogste moordsyfer relatief tot ons bevolking. Maar tog word
> Kaapstad as die veiligste stad van die vier grotes in SA beskou,
> ek (en klaarblyklik Annette) ervaar dit ook so. (Die ander is
> Johannesburg, Pretoria en Durban.)
>
> Ek het oor dertig jaar in huise gebly met geen heining, muur
> of enige ander afskorting voor nie en het nog nooit diewe,
> rowers of inbrekers op my perseel gehad nie. Ek is dalk 'n
> bietjie gelukkig, maar daar is baie ander met dieselfde ervaring.
>
> Nou hoekom het Kaapstad dan so 'n geweldig hoë moordratio?
> Die rede daarvoor kom van ver en het niks met die nuwe SA
> en toename in misdaad te doen nie. 'n Baie groot deel van die
> Kaapse moorde (ek dink dit was al so hoog as 80% tot 90%)
> word in die bruin gebiede gepleeg terwyl beide die slagoffer
> en die moordenaar onder die invloed van alkohol is. Dis
> dikwels bloot 'n gestry wat in 'n baklei en meswonde ontaard.
> Veral oor naweke is die hospitale oorvol van sulkes, baie
> oorleef, baie nie.
>
> Statistiek kan 'n mens dus inlig, maar dit kan ook mislei.
> Tobie se aanhaling (kyk onder) wys ook dat 'n mens
> nogal interessante dinge van statistiek kan aflei :-)
>
> Daardie alkohol-moorde word ongeveer almal met skerp
> voorwerpe gepleeg, dis nie pre-meditated nie. Hoofsaaklik
> met messe, maar ook gebreekte bottelglase en ander skerp
> (of selfs stomp) voorwerpe. Dié moorde haal nie die
> koerante nie, dis lank nie meer nuuswaardig nie.
>
> So, as jy uit die kleurlinggebiede kan bly of nie gesuip raak nie
> (net nie albei gelyk doen nie), dan verlaag die risiko aansienlik.
>
> In die Kaap sou 'n mens dus eerder drank of messe as
> vuurwapens moet verbied. :-) Lang messe (weet nie hoe lank
> nie) en sogenaamde "flick"-messe is dan ook verbode op straat.
> 'n Drankverbod sal waarskynlik ook nie dié moorde hokslaan nie.
>
> Ek sou daarvan hou om 'n gunfree society te hê, soos in
> Engeland, waar die bobbies nie eers vuurwapens het nie.
> Is dit nog so? En in Nederland?
>
> Maar ek dink dis wishful thinking in SA, want ons land is
> vol vuurwapens. Maak jy dit nou onwettig, sal slegs die
> geregistreerde wettige vuurwapens ingetrek kan word. Dan
> bly die groot massa onwettiges oor en dis dan hoofsaaklik
> die skurke wat gewapen is. Ek hou nie van daardie odds
> nie, ek verkies om self 'n handwapen of twee in die kluis te hê.
>
> Hoe sê hulle nou weer?
> "If guns are outlawed, only outlaws have guns"
>
> Ek is bekommerd dat die skurke die grootste wenners in 'n
> wapenverbod sal wees.
>
>
> --------Tobie se aanhaling---------
> Number of physicians in the US: ........................700,000.
> Accidental deaths caused by physicians per year: 120,000.
> Accidental deaths per physician...............................0.171
> (U.S. Dept. of Health & Human Services)
>
> Number of gun owners in the US:........................80,000,000.
> Number of accidental gun deaths per year (all age groups) 1,500.
> Accidental deaths per gun owner:..........0.0000188
> (U.S. Dept. of Health & Human Services)
>
> Statistically, doctors are approximately 9,000 times more
> dangerous than gun owners. "FACT: Not everyone has a gun,
> but everyone has at least one Doctor."
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #65948 is 'n antwoord op boodskap #65820] |
Tue, 03 September 2002 07:13   |
Max[1]
Boodskappe: 240 Geregistreer: February 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Ruk terug het hulle hier 'n veldtog gehad waar jy jou onwettige
wapens kon inhandig by die Polieste. No questions asked.
Groot opslae toe die een ou 'n dag te laat daar opdaag met sy gun, en
in hegtenis geneem is.
Max_____________________________________________
"Suidwester" skryf in boodskap news:...
> Presies. Ongelukkig is dit nou so dat hulle die wettige wapeneienaars
> vasvat en die kriminele gaan maar net lekker aan. Hulle maak nie 'n duik
> in die rêrige siekte nie.
> "Jan" wrote in message
> news:vTPb9.6719$o23.3752@fe02...
>> Max,
>>
>> Dit is nie gewere wat mense doodmaak nie, dit is mense wat mense doodmaak.
>> In die VSA is wapen besit 'n reg, en dit is baie makliker om 'n wapen te
>> koop as in SA waar jy eers 'n lisensie moet kry wat weke neem.
> Waarskynlik
>> is die persentasie in die VSA wat wapens besit heelwat hoër as in SA, maar
>> die "homicide rate" is 5.5/100000 vs. 200/100000 in SA. Daar is dus ander
>> faktore as bloot net wapenbesit wat dit bepaal. Oor die algemeen is die
>> probleem ook nie by wettige wapenbesit nie, maar by onwettige besit. Die
>> probleem in SA is dat wetstoepassing nie meer effektief is nie en die
>> justisie stelsel straf nie misdadigers nie. Die regering kondoneer
>> effektief misdaad deur ander pad te kyk wanneer dit plaasvind, en dit
> moedig
>> die bose siklus aan.
>>
>>
>> "Max" wrote in message
>> news:e720f1c7.0208300237.35882677@posting.google.com...
>>> Een uit hoeveel mense in SA het 'n geweer?
>>>
>>> Hoeveel mense loop daagliks in SA met 'n geweer aan hulle?
>>>
>>> Stop dit en die stryd teen misdaad is halfpad gewonne!
>>>
>>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>>> WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD WAPENVERBOD
>>>
>>> In Nederland mag jy 'n mes by jou dra, maar dan moet hy kleiner wees
>>> as jou handpalm. Jy't tog niks meer nodig om jou appeltjie te skil
>>> nie...
>>>
>>> Begin sommer die aksie deur al daai speelgoedgeweertjies van die rakke
>>> af te haal. En kyk waarna julle kinders op TV kyk.
>>>
>>> SA'ners word geweldadig groot, en as hulle dan groot is, is dit
>>> skielik fout...?
>>>
>>> Eendrag maak mag.
>>>
>>> Max_________________________________________________________ _____
>>
>>
>>
|
|
|
|
|
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #66022 is 'n antwoord op boodskap #66016] |
Thu, 05 September 2002 14:09   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek is gevoelig, maar ek wil dit nie los nie.:))
Gistermiddag, toe ek gou iets eet, toe is Riki aan op e-tv. Dit gaan toe
jeugmisdadigers, en hul moeders of versorgers ( almal dames) wat hulp soek
dat iemand tog verstand in die kinders se koppe kan prent., want hulle wil
nie die kinders agter tralies sien of gou dood nie.
Al die jeugmisdadigers was seuns.
Al die bekommerdes was dames.
In die een geval waar die vader by was, ondersteun hy die seun deur te sê hy
is maar net stout soos alle seuns - die net stout het behels motorroof,
diefstal, en die rig van 'n wapen op die buurman se kind.
Die twee mense wat met die kinders kom praat het - en dit lyk asof daar wel
na hulle geluister is, was albei twee oud-gevangenis wat gereabiliteer is.
Nou is daar mense ( meestal mans) wat die instelling van die doodstraf eis.
Ek stem saam met Hilda - dis net wettige moord.
Feit bly, as van die mans net 'n tydjie elke week wil afstaan om as 'n
vaderfiguur op te tree in huishoudings waar daar geen vaderfiguur is nie, of
'n baie swak een - dan gaan ons stadig maar seker begin met 'n kultuur waar
kinders van wetsgehoorsame, verantwoordelike mense leer wat is die regte
optrede.
Dis tog so maklik om agteroor te sit, en te skree hang hulle, sonder om iets
te gedoen het om daardie kinders en moeders enigsins te help om na die regte
leiding in die regte rigting te kyk.
Annette
"Hilda" skryf in boodskap news:alId9.103996$8o4.14316@afrodite.telenet-ops.be...
>
>>> En net nog 'n klein dingetjie :-) : daar is dalk minder moorde in België,
>>> maar fietse word net so dikwels gesteel as in enige ander land. My
> kinders
>>> se fietse is al so baie gesteel dat 'n polisieman eendag vir een van
> hulle
>>> gesê het (na die derde of vierde klag dat hul fiets weer gesteel was) dat
>>> hulle maar 'n ander een moet 'terugsteel' ! :-)
>>> Ons koop nog net baie ou en verslete tweedehands fietse - ons koop nie
> eens
>>> 'n beveiligingsslot nie, want dit sou meer waarde het as die ou fiets.
>>> Hilda.
>>>
>>
>> ja die verskil is hier sal hulle nie skroom om die kind te skiet nie.
>> anyway two wrongs don't make a right. net omdat dit by julle ook
>> gebeur laat my nou nie agteroor sit en dink 'ag dis ok as my kind
>> vermoor word van hilda se dit gebeur by hulle ook' kom ons stig `n
>> support groepie.
>
> Threeships, lees weer : ek het nie oor moorde gepraat nie maar oor
> fietsstelery - 'n jy het eers daaroor geskryf.
> Natuurlik is dit nie 'n ekskuus om in SA fietse te steel as daar in België
> ook fietse gesteel word nie. Ek sien ook onmiddellik nie die verband tussen
> fietse steel en die doodstraf raak nie.
> En ek is in alle omstandighede teen moord - ook as dit om 'wetlike' moord op
> 'n moordenaar gaan. Maar ek weet uit ervaring dat dit nie help om te probeer
> voor-en teenstanders van die doodstraf met mekaar te versoen nie. Ons het
> elk ons eie argumente en is nie gevoelig vir mekaar s'n nie. Dalk is dit dus
> beter dat ons dit so los ? :-)
> Hilda.
>
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:47:06 UTC 2025
|