Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Nog 'n bobbejaan rympie.......
Nog 'n bobbejaan rympie....... [boodskap #6568] So, 09 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die volgende as kind geleer:

Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan ?
Bo uit die berge, onder die maan.
Bobbejaan bobbejaan, wat maak julle daar ?
Ons grawe vir uintjies, en stoei met mekaar !

Nou leer ek dit vir my seun. Hier in die buiteland.
Dis mos kultuur. Of is dit net tradisie ?

Groete.
Re: Nog 'n bobbejaan rympie....... [boodskap #6570 is 'n antwoord op boodskap #6568] Ma, 10 Junie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:

> Ek het die volgende as kind geleer:

> Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan ?
> Bo uit die berge, onder die maan.
> Bobbejaan bobbejaan, wat maak julle daar ?
> Ons grawe vir uintjies, en stoei met mekaar !

> Nou leer ek dit vir my seun. Hier in die buiteland.
> Dis mos kultuur. Of is dit net tradisie ?
> Groete

Dis die boustene van kultuur??
Ek dink aan Leipoldt se "Boggom en Voertsek" en Kramer se "ek verlang
soos 'n bobbejaan as die son so onder gaan..."

Die ouens is almal deur hulle ouers geleer van bobbejane oor jare se
terg, spot en verwysings.
Ons almal is, per slot (bobbejane is so 'n teenwoordigheid op die
velde van Suider-Afrika) daarom is die bobbejaan 'n werkbare beeld.

(Hei! Ek raak sommer filosofies hier! Dis seker omdat ek so baie
van Boggom en Voertsek hou! Dan moet ek my neefs van die berge mos
status gee!)
Vorige onderwerp: N. P. van Wyk Louw as digter
Volgende onderwerp: LOUIS LEIPOLDT (1880 - 1947)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 11:09:34 MGT 2024