| AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6564] |
Sa., 08 Junie 1996 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Wat is Afrikanerskap?
Charles Durand se die "Afrikaner se nasieskap is op 'n einde,
vrinne." Vir my te pessimisties.
Christo van der Merwe se "burgerskap het niks met Afrikaner-
skap te doen nie." Meer in my kraal.
Vir my sentreer Afrikanerskap definitief op die bestaan van die
taal Afrikaans : 'n geweldige soepel taal. Ek wonder somtyds
of die soepelheid tot 'n groot mate gekom het toe die bruin mense
van die westelike dele van die land begin het om die taal van die
wittes te praat. Dit is daarom dat David Kramer so reg in die
Afrikaner se siel kan inpraat. Hy ken die resep. Daar is dinge waar-
oor gepraat moet word, en net mense soos Kramer en Boerneef
ken die kortpad na die hart.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6578 is 'n antwoord op boodskap #6564] |
Di., 11 Junie 1996 00:00   |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
In article , fe...@is.co.za says...
>
Ek het weer so van die idee van Bloemfontein gehou,
daar in die middel van die land, met die Hooggeregs-
hof daar, en die lug se skoon en helder sodat 'n mens
die sterre daar die beste kon bestudeer. Meeste van
die tyd het ek egter in Bloemfontein se stasie deur-
gebring, op pad van Natal na die Noordweste.
Die Hoe Kommissaris van Suid-Afrika in Kanada is
Billy Modise. Hy is 'n Tswana van Bloemfontein.
Ons vra hom 'n jaar of so gelede of hulle Bloemfontein se
naam gaan verander. Hy probeer eers die vraag ontwyk
deur te se dat die swart mense die hele tyd hulle eie naam
vir Bloemfontein gehad het. Ek het die Tswana daarvoor
vergeet, maar dit beteken "die plek van die luiperd."
Uiteindelik se hy toe nee, hulle is nie van plan om Bloem-
fontein te vernoem nie. En dat die provinsie voortaan net
"Vrystaat" gaan heet.
Praat van taalkundige verwarring. Die Modises het 'n jong
dogter. (Mnr. Modise is Tswana, Mev. Modise Xhosa.)
Die dogter is in Zambia gebore, waar sy die lokale swart
taal geleer het. Toe gaan hulle na Swede, waar Mnr. Modise
Sosiologie studeer en later daarin klasgee. Die dogter leer
nou Sweeds en ken ook Engels. Nou kom die Modises terug
na Suid-Afrika 'n paar jaar gelede en die dogter ken geen
Suid-Afrikaanse swart taal nie, net Sweeds en Engels, wat
sy met 'n baie gekultiveerde Engelse aksent praat. Sy vertel
dat dit vir haar baie moeilik was om in Suid-Afrika aan te
pas. Die swart mense veral het haar as 'n frats beskou.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
| Re: AFRIKANERSKAP: Wat is dit? [boodskap #6592 is 'n antwoord op boodskap #6564] |
Vr., 14 Junie 1996 00:00  |
M.Davies
Boodskappe: 23 Geregistreer: Februarie 1996
|
Junior Lid |
|
|
As ons in Nederland sê, wat flauwekul en boerenlul!
Afrikanerskap, Hollanderskap of Engelskap....dit bestaan eintlik nie! Ons
is almal Suid-Afrikaners met verskeie tale en verskeie erfgoede. As ons
oor "-skap" begin te praat dan dit lyk my dat ons al hoe nasionalisties
word. Ek dink dat jy nie oor 'n bevolkingsskap kan praat nie tensy die
bevolking die meerderheid in hulle land is. Wat ek bedoel hier is dat in
Suid-Afrika woon daar te baie verskillende autogtone bevolkingsgroepe met
elk met hul' eie skap om een bepaalde Afrikanerskap of Zoeloeskap te
beskou, saam maak hulle die Suid-Afrikanerskap. Gee dit nog 400 jaar en
dan sou dit anders word. Nou, elke groep het sy eie kultuur ens, maar
want hulle woon nie in 'n "eie" land nie maar in 'n multikultuur land, is
dit nie toepaslik oor hierde skappies te kan praat nie.
Ek weet dat ek dit nie so uitsekend goed uitleg nie maar ek besef dat
julle my mening begryp.
Groetnis
M.Davies
|
|
|
|