Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Apologie deur Mbeki/ANC
Apologie deur Mbeki/ANC [boodskap #65519] So, 18 Augustus 2002 05:07 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mbeki het die week apologie aan die Ierse skeidsregter aangebied nav die
Heer van Zyl se têkkel (dit lyk meer na 'n omhelsing - wou hy soen of
dans?).
Nou wonder ek of daar nie belangriker dinge is waarvoor Mbeki kan verskoning
aanbied nie - om enkeles te noem:

Waarom vra hy nie verskoning aan die boere van Zimbabwe nie - dit is juis
vanweë sy stille diplomasie dat dinge daar hand uitgeruk het.

Waarom vra hy nie om verskoning vir Ngconde Balfour en sy onvermoë om 'n
wesenlike bydrae te maak om die lot van die atlete wat onlangs aan die
Statebondspele te verbeter nie.

(Beide Balfour en Mbeki moet maar eerder fokus op sake wat 'n bietjie meer
durf sal verg.)
Re: Apologie deur Mbeki/ANC [boodskap #65520 is 'n antwoord op boodskap #65519] So, 18 Augustus 2002 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, het Mbeki se verskoning gesien - hy moet versigtig wees - sy mense gaan
dink hy het nou te wit geword:))
En ja, jy is reg - om een of ander donker rede lyk dit asof klonie sterk
daar in Gauteng gevestig is:)
Dit was 'n opwindende wedstryd gewees, ongeag die uitslag.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:ajna35$827$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mbeki het die week apologie aan die Ierse skeidsregter aangebied nav die
> Heer van Zyl se têkkel (dit lyk meer na 'n omhelsing - wou hy soen of
> dans?).
> Nou wonder ek of daar nie belangriker dinge is waarvoor Mbeki kan verskoning
> aanbied nie - om enkeles te noem:
>
> Waarom vra hy nie verskoning aan die boere van Zimbabwe nie - dit is juis
> vanweë sy stille diplomasie dat dinge daar hand uitgeruk het.
>
> Waarom vra hy nie om verskoning vir Ngconde Balfour en sy onvermoë om 'n
> wesenlike bydrae te maak om die lot van die atlete wat onlangs aan die
> Statebondspele te verbeter nie.
>
> (Beide Balfour en Mbeki moet maar eerder fokus op sake wat 'n bietjie meer
> durf sal verg.)
>
Re: Apologie deur Mbeki/ANC [boodskap #65532 is 'n antwoord op boodskap #65519] Ma, 19 Augustus 2002 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Waarom vra hy nie verskoning aan die boere van Zimbabwe nie - dit is juis
> vanweë sy stille diplomasie dat dinge daar hand uitgeruk het.

Ag, die arme Jonas met sy holruggeryde
industrie van kwetter oor Mbeki se "stille
diplomasie." Niemand luister meer nou jou
nie. Nie na die duisende der duisende
mense toe nie uit Zimbabwe ingestroom het in
SA en die hele land gedestabiliseer het na
die laaste verkiesing, soos die ou kwetter-
meultjie voorspel het nie.
En dit lyk vir my niemand luister meer na
die kwetter-industrie wat vertel dat Afrika so
verval het dat mens nie meer by jou voordeur kan
uitloop nie. My jonger suster en drie van haar
vriende is op toer met hulle karre en sleepwaens
en was tot bo Nairobi in die Masai-gebied. Hulle
is nou aan terugkeer en is in Zanzibar. Ons kry
gereeld nuus van hulle per eposse wat een van haar
kinders aanstuur. Daar is dus orals internetkafees
selfs in donker Afrika. En hierdie is besadige
mense wat nie die soort pad sou aanvat tensy hulle
mense ken wat dieselfde doen nie.

Gloudina
Re: Apologie deur Mbeki/ANC [boodskap #65534 is 'n antwoord op boodskap #65532] Ma, 19 Augustus 2002 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
> Waarom vra hy nie verskoning aan die boere van Zimbabwe nie - dit is juis
> vanweë sy stille diplomasie dat dinge daar hand uitgeruk het.

Gloudina
Ag, die arme Jonas met sy holruggeryde
industrie van kwetter oor Mbeki se "stille
diplomasie." Niemand luister meer nou jou nie.

Wouter
Nie heeltemaal reg nie, hoor. Die opposisie het vandag 'n
parlementêre debat daaroor aangevra en ek reken hulle sal
dit moet kry ook. Mal Mugabe is besig om buite alle
beskaafde norme te beweeg en beleggings na die hele
kontinent te affekteer. SA word die meeste hierdeur
geraak en 'n stilte van ons politieke leiers moet bevraagteken
word. Anders is ons geen demokrasie nie.
vir Gloudina [boodskap #65535 is 'n antwoord op boodskap #65532] Ma, 19 Augustus 2002 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Haai van Nederland!

Ons lees nou jou post en ons sien oor jou jonger
suster - Bly sy in Zanzibar?
Dis 'n plek wat ek graag sou wil besoek en dit
het my interesse inligtings uit die eerste hand te
verkry wie die lewe daar lyk.
Pos asseblief na my privaat e.pos adres - baie dankies -
Patrick
Re: Apologie deur Mbeki/ANC [boodskap #65536 is 'n antwoord op boodskap #65534] Ma, 19 Augustus 2002 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Mal Mugabe is besig om buite alle
> beskaafde norme te beweeg en beleggings na die hele
> kontinent te affekteer. SA word die meeste hierdeur
> geraak en 'n stilte van ons politieke leiers moet bevraagteken
> word. Anders is ons geen demokrasie nie.

Wouter, wie is ek nou om van jou te
verskil? Maar ek het noual tweekeer
opgemerk dat in finansiële programme
uit die VSA hulle Suid-Afrika begin
"tout" as 'n goeie plek om jou geld
te belê. Dit is nie net wat die
man gesê het nie, maar daar was so
'n baniertjie wat die verkondig het.
Buitendien, as Mbeki nou aggressief
teenoor Mugabe optree en daar onmin
ontstaan tussen die twee bure, sal dit
nie meer daartoe lei dat beleggers
versigtig sal wees om in SA te belê nie?
Ek dink Mbeki en Nepad kan baie meer druk
op so 'n land uitoefen as wat 'n groot klomp
politieke geraas ooit kan doen. As Mbeki
oor Zimbabwe begin deklameer, sal dit wees
omdat hy populer wil wees onder dié skreeuers
wat Mugabe as 'n ikoon gebruik om teen te
agiteer. Ek hoop Mbeki het genoeg breinselle
in sy kop om nie vir daardie een te val nie.

Gloudina
Re: Apologie deur Mbeki/ANC [boodskap #65538 is 'n antwoord op boodskap #65536] Ma, 19 Augustus 2002 23:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
Mal Mugabe is besig om buite alle
> beskaafde norme te beweeg en beleggings na die hele
> kontinent te affekteer. SA word die meeste hierdeur
> geraak en 'n stilte van ons politieke leiers moet bevraagteken
> word. Anders is ons geen demokrasie nie.

Gloudina
Wouter, wie is ek nou om van jou te
verskil? Maar ek het noual tweekeer
opgemerk dat in finansiële programme
uit die VSA hulle Suid-Afrika begin
"tout" as 'n goeie plek om jou geld
te belê. Dit is nie net wat die
man gesê het nie, maar daar was so
'n baniertjie wat die verkondig het.

Wouter
Suid Afrika bied buitengewoon goeie waarde relatief tot eerstewêreldmarkte.
As dit nie vir Mugabe se nonsens was nie, het die mense dit waarskynlik
al lank terug ge"tout". Beleggers kyk vorentoe en die huidige aanbevelings
beteken maar net dat ons pryse laer is (en dus beter waarde is) as 'n ruk
gelede en dat buitelanders se persepsie oor onder andere die
Zim-probleem minder negatief is as vroeër. Daar is nou minder onsekerheid.

Dis ook nie so eenvoudig nie, daar is altyd 'n klomp faktore. Maar
Mugabe is 'n groot faktor in die persepies. As die MDC 'n vreedsame
oorname in die verkiesing kon doen was die persepsies baie meer
positief as nou.

Gloudina
Buitendien, as Mbeki nou aggressief
teenoor Mugabe optree en daar onmin
ontstaan tussen die twee bure, sal dit
nie meer daartoe lei dat beleggers
versigtig sal wees om in SA te belê nie?

Wouter
Goeie vraag. Maar sê en doen hy te min, kan baie
dit as goedkeuring sien en dan kom die persepsie
dat dit oor die langtermyn ook in SA kan gebeur. En
dis baie meer negatief. Mbeki het homself in 'n hoek
geverf, hy het nie lekker opsies nie. Die minste wat
hy kan doen is om die driemankomitee te oortuig
om Zim uit die statebond te skop. Dis maklik en
simbolies, dit sal ook nie vir Zim veel affekteer nie.
Maar dit sal die regte sein stuur, want daar is 'n
hele paar Afrikalande in die Statebond.

Gloudina
Ek dink Mbeki en Nepad kan baie meer druk
op so 'n land uitoefen as wat 'n groot klomp
politieke geraas ooit kan doen.

Wouter
In my kop gaan dit nie oor druk op Mugabe nie. Hy is mal
en sal hom nie aan enige kritiek steur wat van buite kom nie.
Dit gaan oor die persepsie wat ten opsigte van Afrika,
Suider Afrika en SA geskep word.
Re: vir Gloudina [boodskap #65539 is 'n antwoord op boodskap #65535] Di, 20 Augustus 2002 01:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haai Patrick . . . ek praat nou nie namens Gloudina nie, maar ek was vir
vier dae eenkeer in Zanzibar. n Wonderlike plek waar oos en wes ontmoet.
Dit is weird om te sien hoe die lang swart Moslemvroue totaal in swart
burkas geklee is, selfs die gesigte is bedek. Die ou gedeelte, Stonetown is
regtig iets besonders. Dit is natuurlik n speseryeiland, maar way terug was
dit een van die houplekke van die swart slawebedryf, meesal deur die Moorse
warlords.

Teen die hawe is n klomp 5 ster restaurante, o.a. ook "Blues" , wat ook in
Kampsbaai Kaapstad is. Ek was baie meer beindruk met Zanzibar as met Dar es
Salaam, die naaste hawe wat veerbote bedryf na Zar.

Pop

"l&p" skryf in boodskap news:ant192029d07M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> Haai van Nederland!
>
> Ons lees nou jou post en ons sien oor jou jonger
> suster - Bly sy in Zanzibar?
> Dis 'n plek wat ek graag sou wil besoek en dit
> het my interesse inligtings uit die eerste hand te
> verkry wie die lewe daar lyk.
> Pos asseblief na my privaat e.pos adres - baie dankies -
> Patrick
>
Re: vir Gloudina [boodskap #65540 is 'n antwoord op boodskap #65535] Di, 20 Augustus 2002 02:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

l&p wrote:

> Ons lees nou jou post en ons sien oor jou jonger
> suster - Bly sy in Zanzibar?

Nee, my suster bly in Suid-Afrika en hulle
is net op 'n kampeertoer in Oos-Afrika,
grotendeels om die migrasie op die Serengeti
te sien. Maar hulle het eers noord van Nairobi
omgedraai en is nou op pad terug. Dit is nou
dat hulle by Zanzibar 'n draai gegooi het.

Gloudina
Re: vir Gloudina [boodskap #65541 is 'n antwoord op boodskap #65539] Di, 20 Augustus 2002 02:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

pop wrote:

n Wonderlike plek waar oos en wes ontmoet.
Dit is natuurlik n speseryeiland

Ek het Zanzibar baie lank gelede besoek
toe ek as jongmeisie met 'n boot langs die
Ooskus van Afrika na Engeland toe gegaan
het. Ek kan nie onthou of ons met 'n kleiner
boot na die eiland toe is van Dar es Salaam
nie. Ek dink ons boot het anker gegooi en ons
is met klein bootjies na land vervoer.
Dis die groot gekerfde houtdeure wat ek
nog die meeste onthou, en hoe die gids 'n
stuk kaneel van die boom met sy mes gekerf het.

Gloudina
Re: vir Gloudina [boodskap #65542 is 'n antwoord op boodskap #65539] Di, 20 Augustus 2002 03:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

pop wrote:

maar ek was vir
> vier dae eenkeer in Zanzibar. n Wonderlike plek waar oos en wes ontmoet.
> Dit is weird om te sien hoe die lang swart Moslemvroue totaal in swart
> burkas geklee is, selfs die gesigte is bedek.

Die eerste keer toe ek Europa toe is
(dis nou lank gelede) het ons skip by
Zanzibar aangedoen. Die ding wat ek
die beste onthou, is die swaar houtdeure
uitgekerf met allerhande embleme, en
hoe die gids repe kaneel van die boom
afgesny het.

Gloudina
Re: vir Gloudina [boodskap #65570 is 'n antwoord op boodskap #65542] Di, 20 Augustus 2002 23:26 Na vorige boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die houtdeure in Stonetown is beroemd. Legende wil dit hê dat in die
verlede het die keisers (kan n ander titel ook wees, koning?) spesiale
mense laat oplei om meestershoutwerkers te word, en dan het daardie persoon
opdrag gekry om n unieke stel deure te ontwerp en te maak net vir daardie
man. Na die tyd is die werker se regterhand glo afgekap sodat hy nooit weer
dieselfde deure vir iemand anders kon maak nie. Die storie klink vir my
nogal vergesog, maar dit is deel van die volksgeskiedenis.

pop
skryf in boodskap news:3D61BBD6.7020507@rogers.com...
>
>> Die eerste keer toe ek Europa toe is
> (dis nou lank gelede) het ons skip by
> Zanzibar aangedoen. Die ding wat ek
> die beste onthou, is die swaar houtdeure
> uitgekerf met allerhande embleme, en
> hoe die gids repe kaneel van die boom
> afgesny het.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Rugby - GROOT sports:)
Volgende onderwerp: Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:50:48 MGT 2024