Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Andre P Brink, Ettienne le Roux
Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6547 is 'n antwoord op boodskap #6548] |
Wed, 05 June 1996 00:00  |
hjk...
Boodskappe: 1 Geregistreer: June 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Goeidag
Ek skryf as iemand wat (tot my spyt) bitter min van Afrikaanse
letterkunde weet, omdat Engelse letterkunde altyd vir my meer
toeganklik was. In die afgelope paar jaar het ek 'n hele paar van die
twee genoemde skrywers se werke probeer lees. Die probleem is om verby
die eerste paar bladsye te kom. Noem my oppervlakkig, maar ek kon nog
glad nie die punt in meeste boeke van die twee here sien nie.
"Sewe dae by die Silbersteins" van Le Roux is ontsettend bisar, en, na
omtrent die 4e partytjie kon ek dit nie meer vat nie. Die punt was
verlore op my.
So kan ek aangaan. Die enigste wat ek wel geniet het was "`n Droë wit
seisoen", wat briljant geskryf is, veral die gedeelte waar Ben met die
kolonel in die veiligheidspolisie gaan gesels.
Kan enigiemand vir my nuwe lig werp op Afrikaanse letterkunde ? Daar
is briljante skrywers, maar hoe moet 'n mens hulle verstaan ?
Dankie by voorbaat
Henri-John Kock
|
|
|
Re: Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6548 is 'n antwoord op boodskap #6547] |
Wed, 05 June 1996 00:00   |
Gys Dubbeld
Boodskappe: 20 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article hjk...@dos-lan.cs.up.ac.za writes:
> From: hjk...@dos-lan.cs.up.ac.za
> Subject: Andre P Brink, Ettienne le Roux
> Date: Wed, 05 Jun 1996 11:27:36 GMT
> Goeidag
> Ek skryf as iemand wat (tot my spyt) bitter min van Afrikaanse
> letterkunde weet, omdat Engelse letterkunde altyd vir my meer
> toeganklik was. In die afgelope paar jaar het ek 'n hele paar van die
> twee genoemde skrywers se werke probeer lees. Die probleem is om verby
> die eerste paar bladsye te kom. Noem my oppervlakkig, maar ek kon nog
> glad nie die punt in meeste boeke van die twee here sien nie.
> "Sewe dae by die Silbersteins" van Le Roux is ontsettend bisar, en, na
> omtrent die 4e partytjie kon ek dit nie meer vat nie. Die punt was
> verlore op my.
> So kan ek aangaan. Die enigste wat ek wel geniet het was "`n Droë wit
> seisoen", wat briljant geskryf is, veral die gedeelte waar Ben met die
> kolonel in die veiligheidspolisie gaan gesels.
> Kan enigiemand vir my nuwe lig werp op Afrikaanse letterkunde ? Daar
> is briljante skrywers, maar hoe moet 'n mens hulle verstaan ?
> Dankie by voorbaat
> Henri-John Kock
Probeer liewer skrywers soos Karel Schoeman, Marita van der Vyver of selfs
arzanne Leroux van der Boon. Hulle skryf nie so selfbewus "slim" nie en
veral 'n boek soos "Griet skryf 'n Sprokie" en "Dinge van 'n Kind" is
werklik en "By Fakkellig" is die moeite werd om te lees.
Gys
Gys Dubbeld
Natal University Development Foundation
University of Natal
Durban
|
|
|
|
|
|
Re: Andre P Brink, Ettienne le Roux [boodskap #6559 is 'n antwoord op boodskap #6548] |
Sat, 08 June 1996 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
avdm...@miningt1.csir.co.za says...
>
Wanneer julle oor die Afrikaanse letterkunde praat, kan julle
'n bietjie meer in besonderhede daaroor skryf? As julle 'n boek
noem, som sy inhoud so effens op. Vir ons mense, wat afgesny
is van daaglikse aanraking met Afrikaanse letterkunde in boek-
winkels en resensies in tydskrifte, sal dit baie interessant wees.
Ek stel ook voor dat wanneer julle 'n nuwe digbundel lees, julle
een of twee gedigte aanhaal, omring met 'n paar sinne van julle
eie opinies. Dit maak dit dan 'n "resensie", en verminder dit die
gevaar dat iemand jou sal aanval omdat jy kopiereg skend. Onthou,
baie van die lesers van hierdie nuusgroep sit buite Suid-Afrika, en
verwelkom enige nuus uit Suid-Afrika.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:51:52 UTC 2025
|