Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Winter " deur DONALD RIEKERT
" Winter " deur DONALD RIEKERT [boodskap #65502] Vr, 16 Augustus 2002 21:44 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

WINTER
Donald Riekert

Die mossie pik
vroegoggend by
die rotspoel teen
sy eie snawel vas
skop met sy pootjies
teen sy pootjies vas
en bly praat met
sy maat wat koud bly
lê in harde water
Re: " Winter " deur DONALD RIEKERT [boodskap #65529 is 'n antwoord op boodskap #65502] Ma, 19 Augustus 2002 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Tx G, dit was lekker om weer te lees, maar is daar mossies in die winter?

Max_______________________________________________________

"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> WINTER
> Donald Riekert
>
> Die mossie pik
> vroegoggend by
> die rotspoel teen
> sy eie snawel vas
> skop met sy pootjies
> teen sy pootjies vas
> en bly praat met
> sy maat wat koud bly
> lê in harde water
Re: " Winter " deur DONALD RIEKERT [boodskap #65531 is 'n antwoord op boodskap #65529] Ma, 19 Augustus 2002 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Tx G, dit was lekker om weer te lees, maar is daar mossies in die winter?

>> WINTER
>> Donald Riekert

>> Die mossie pik
>> vroegoggend by
>> die rotspoel teen
>> sy eie snawel vas
>> skop met sy pootjies
>> teen sy pootjies vas
>> en bly praat met
>> sy maat wat koud bly
>> lê in harde water

Waar ek grootgeword het in die Noordkaap
was daar mossies dwarsdeur die jaar. Ek
kan ook onthou dat ons baie in die middel
van die winter stukke ys gekry het op klein
hoeveelhede staande water. En daar is dele
van die land waar dit nog kouer word as in
die Noordkaap in die winter. Ek weet nie
presies waar Donald Riekert bly nie, maar
ek voel vaagweg dis erens daar in die noord-
weste van die land.
Daar is natuurlik baie soorte mossies
in Suid-Afrika. Ek neem aan hier word gepraat
van die "Cape Sparrow." Die een met die swart
op sy koppie.
Hier in Ottawa kry mens mossies in die
winter. In 'n stad is daar baie warm plekke
as gevolg van die stoom van die verhittings-
sisteme, en 'n hele klomp soorte voëls wat
eintlik suidwaarts moes emigreer, bly in so
'n dorp. Maar die "American Tree Sparrow" word
in ons voëlboek aangegee as "a winter visitor
from the arctic north".

Gloudina
Re: " Winter " deur DONALD RIEKERT [boodskap #65533 is 'n antwoord op boodskap #65531] Ma, 19 Augustus 2002 18:44 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
>> WINTER
>> Die mossie pik
>> vroegoggend by

Max wrote:
> Tx G, dit was lekker om weer te lees, maar is daar mossies in die winter?

Gloudina
Waar ek grootgeword het in die Noordkaap
was daar mossies dwarsdeur die jaar.

Wouter
In die Wes-Kaap het ons ook heeljaar mossies. Ons voer die
voëls in ons binnehof en ons het daagliks twee baie parmantige
mossies wat saam met die duiwe en ander kom kos soek. Hulle
beweeg altyd as 'n paar, die een is nooit ver van die ander nie.
Vorige onderwerp: " Ballade op die dronkparty " deur G.A. WATERMEYER
Volgende onderwerp: " Ou Foto " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 17:11:04 MGT 2024