Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suzman in Rooi Rose
Suzman in Rooi Rose [boodskap #65462] Vr, 16 Augustus 2002 02:04 na volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
In die Rooi Rose van April 2002 is daar 'n onderhoud met Helen Suzman.
Ek haal aan (en ek hoop en glo dat dit 'fair use' is):


Sy was in die parlement die dag toe Verwoerd vermoor is. "Ek onthou PW
Botha het op my afgestorm en my beskuldig dat ek dit gere"el het." Sy lag.
"Hy moes daarna voor almal vir my om verskoning vra. Die speaker, Henning
Klopper, met wie ek goed oor die weg gekom het, het die ge"eis."

Maar oor die algemeen is sy met groot respek behandel, onthou sy tevrede.
"Ek en Voster het heeltemal verskil, maar hy het altyd geluister en vir my
koffie aangebied. Die Nasionale Party het my ook altyd tyd gegun om te
praat. Ek is toegelaat om politieke gevangenis te gaan besoek en hulle het
altyd ingestem wanneer ek 'n vergadering wou bel^e. Ek dink Tony Leon het
dit deesdae moeiliker."


Net dat Rooi Rose nie vir my kwaad is nie - dit is 'n baie interresante
uitgawe, en dit bevat onder ander ook artikels / onderhoude met Anneline
Kriel, Patricia de Lille en Antjie Krog. Ek kan dit aanbeveel.

Ek plaas hierdie stuk sonder kommentaar, net omdat dit vir my interessant
was. (Goed, die hele artikel was interresant, maar ek gaan nie die hele
ding intik nie!)

Maak die spelfout in my epos adres reg vir my regte adres.
Re: Suzman in Rooi Rose [boodskap #65475 is 'n antwoord op boodskap #65462] Vr, 16 Augustus 2002 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Water spelvout?

"Jacques Heydenrych" skryf in boodskap news:t4Z69.1073$1P1.102610196@newssvr16.news.prodigy.com...
intik nie!)
>
> Maak die spelfout in my epos adres reg vir my regte adres.
Re: Suzman in Rooi Rose [boodskap #65476 is 'n antwoord op boodskap #65475] Vr, 16 Augustus 2002 10:28 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moet seker jakkalas wees:))
Annette

"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:ajijco$kg3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Water spelvout?
>
> "Jacques Heydenrych" wrote in message
> news:t4Z69.1073$1P1.102610196@newssvr16.news.prodigy.com...
> intik nie!)
>>
>> Maak die spelfout in my epos adres reg vir my regte adres.
>
Vorige onderwerp: nederlands leren
Volgende onderwerp: Uit die argiewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:31:07 MGT 2024