Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laurens van der Post Skrywershuis, Philippolis
Laurens van der Post Skrywershuis, Philippolis [boodskap #65380] So, 11 Augustus 2002 21:02
jens  is tans af-lyn  jens
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
Die Van der Post Gastehuis / Artist Retreat is 'n goed toegeruste
selfsorgeenheid wat in 2002 in gebruik geneem is. Dit is beskikbaar as
gastehuis vir die publiek as kunstenaars, akademici, sangers, skrywers
en ander skeppende geeste nie hier arbei nie.

Van die bekendes wat al by die skrywershuis aangedoen / oorgebly het
is Christina Landman, Coenie de Villiers, Gillian van Houten, Johan
Rossouw, Mangosutho Buthelezi, Pieter Fourie, Ruda Landman …

Etes is beskikbaar met afspraak in Van der Post Restaurant en Teetuin.
Maak ook 'n draai in die museum met sir Laurens se boekery, lessenaar
en ander persoonlike besittings.
Philippolis is 180 km suid van Bloemfontein. Voor die bou van die N1
het die hoofpad tussen Kaapstad en Johannesburg hier verbygeloop. Die
roete oor Philippolis bied dus 'n alternatiewe roete as die eentonige
N1. Philippolis is 'n ideale halfweghuis tussen Noord en Suid. Die
dorp is die oudste nedersetting in die Vrystaat en bied naas
Bloemfontein en Bethlehem die meeste nasionale gedenkwaardighede.
Kunstenaars / akademici / sangers, skrywers en dies meer wat van die
Skrywershuis gebruik wil maak se aansoeke moet die volgende bevat:
A. 'n Projekvoorlegging met onder meer 'n aanduiding hoe lank die
persoon vir watter doel hier wil kom arbei. Tot watter mate kan die
gemeenskap by so 'n verblyf baat - deur die lewer van 'n praatjie oor
'n boek wat 'n skrywer skryf, 'n foto-uitstalling ... Daar word verwag
dat die persoon iets van hom-/haarself moet agterlaat soos 'n foto,
boek, artikel wat hy/sy geskryf het.
B. 'n Beknopte CV.
C. Referente

Die meriete van die aansoek word dan aan die hand van hoofsaaklik
bogenoemde faktore oorweeg.

Die klem val daarop dat die Artist Retreat gebruik moet word en dat
dit 'n oord wil bied vir belowende skrywers, kunstenaars, akademici -
nie net vir huishoudelike name nie, alhoewel hul net so welkom is.

Die tydperk van verblyf is afhanklik van hoe lank die persoon wil
vertoef, die beskikbaarheid van plek en die meriete van die aansoek.
Dit kan wissel van 'n dag of wat tot weke.

Om uitgawes te help dek word die Artist Retreat as gastehuis gebruik
as kunstenaars nie daar tuisgaan nie.

So ver bekend is die Artist Retreat die enigste van sy aard naas die
Skrywershuis op Calvinia.

Kontak ons gerus:

Jens Friis - +27 (0)51-7730073 (saans) / +27 (0)51-7730203
Posbus 43, Philippolis, 9970, Suid-Afrika
Vorige onderwerp: Lowlands-L
Volgende onderwerp: Re: AN APOLOGY OF A WHITE MAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 10:40:47 MGT 2024