Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » UKkasie
UKkasie [boodskap #64985] |
Sun, 21 July 2002 19:41  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor daar was darem ten spyte van die ongure somerweer al so 800 mense
Saterdag daar?
Glo minder kunstenaars as verlede jaar - en glad nie verteenwoordigend van
die Afrikaanssprekende gemeenskap nie.
En, behalwe vir die wors en pap stalletjies, was daar toe ook 'n stalletjie
vir die VryheidsFront.
Die politici steek ook hul neuse oral in - een van die dae sal ons seker ook
moet sit deur ellelange politieke toesprake voor elke rugby- en
krieketwedstryd.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: UKkasie [boodskap #65063 is 'n antwoord op boodskap #65061] |
Thu, 25 July 2002 14:06   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Tweedens is dit wat soos Gids berig het, as jy nie hier is nie, kan jy nie
> stem nie.
Ek is nou deurmekaar oor die sakie. Is
dit reg dat jy alleen kan stem in SA as
jy op SA bodem is, soos Annette dink, of
mag jy as 'n burger wat in die buiteland
is, stem in 'n SA verkiesing, as die
nodige reëlings getref word. Hoekom sal
die Volksfront dan stemme in die buiteland
werf, as dit nie die geval is nie?
Gloudina
|
|
|
Re: UKkasie [boodskap #65064 is 'n antwoord op boodskap #65060] |
Thu, 25 July 2002 14:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
BB wrote:
> In die verlede het dit so gewerk - wat is die probleem nou.
> Of dalk weet die ANC dat dit 600 000 stemme teen die part sou wees.
So nou sleep jy die ANC in in 'n argument
wat eintlik gaan oor wat die Volksfront
doen. Is jy ook een van daardie wurms wat
hulle mondjies so tuit maak en ANC skree
elke keer wanneer julle klei eet en dit
dan jy-weet-waar uitwerp.
Tant Hessie van Waterval Boven en Onder
|
|
|
Re: UKkasie [boodskap #65099 is 'n antwoord op boodskap #65063] |
Sat, 27 July 2002 14:03  |
Chrisjolette
Boodskappe: 38 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Tante moet nie tante se onkundigheid oor die Suid-Afrikaanse politiek
so hard in die openbaar verkondig nie. Dit klink dan altyd asof tante
alles van die politiek en ander se ware motiewe weet. Eerstens kan jy
net in SA stem en dan ook nie sommer enige plek nie, maar by `n
spesifieke stempunt wat voor die tyd vir jou aangedui sal word. Hier
by ons is dit die Reiger Park Community Centre en van die skole rondom
ons. Tweedens VF staan nie vir Volksfront nie, maar vir
Vryheidsfront. Dit is nou die party wat die generaals gestig het om
te keer dat die mal regses gaan oorlog maak het voor die verkiesing
van 1994.
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Annette wrote:
>
>
>> Tweedens is dit wat soos Gids berig het, as jy nie hier is nie, kan jy nie
>> stem nie.
>
> Ek is nou deurmekaar oor die sakie. Is
> dit reg dat jy alleen kan stem in SA as
> jy op SA bodem is, soos Annette dink, of
> mag jy as 'n burger wat in die buiteland
> is, stem in 'n SA verkiesing, as die
> nodige reëlings getref word. Hoekom sal
> die Volksfront dan stemme in die buiteland
> werf, as dit nie die geval is nie?
>
> Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 19:16:26 UTC 2025
|