Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is jou dorp/stad se ou naam asseblief?
Wat is jou dorp/stad se ou naam asseblief? [boodskap #64923] Do, 18 Julie 2002 19:28
Akker  is tans af-lyn  Akker
Boodskappe: 4
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek het vandag hierdie nommertjie van die noorde gekry...

From: Kobus Nel [GLK Herstelbeheer]
Sent: 21 May 2002 11:56
To: Kobus Nel [GLK Herstelbeheer]
Subject: FW: Nuwe dorpsname!!

Dagsê daar.
So iets om oor te "chuckle"
Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek
dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?
Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet
my in Polokwane skakel", sê ek."Waar??" vra sy en sy klink narerig, asof sy
'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane". "Waar is
dit?" "Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".
Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is
dit?" hou sy geduldig vol. Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby
Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane,
maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te
vinnig ry.
Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado. Ek verstaan nie mooi
waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand moet my bel nie.
"Nee wag meneer" sê sy. "Waar is dié Makhado?" "Tussen Polokwane en Musina"
probeer ek hulpvaardig wees. "En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg
verward."Musina is tussen Makhado en Harare" help ek so goed as wat ek kan.
"Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof daar skielik 'n lig vir haar opgaan.
"Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou waar Polokwane is." "In Zimbabwe?" vra
sy hoopvol. "Nee, in Limpopo" help ek haar reg.
Sy sug moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie
Leon Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander
advertensie nie. "Waar is Tswane?" "Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en
Egoli"."Nee meneer, ek bedoel die dorp". "Ek ok" sê ek. Ek kan hoor sy is
nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is. "Egoli is anderkant Tswane as
jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek.
"Meneer", vra sy, "is jy getrek?" "Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie,
hulle het net die naam verander".
"Wat bedoel jy hulle het jou naam verander?"."Nie my naam nie, die dorp se
naam" help ek haar reg. "Watter dorp se naam?" "Pietersburg".
"Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou 'n helder lig
vir haar op. "Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was voorheen
Pietersburg." "Wragtig?" sê-vra sy. "Wragtig" sê-bevestig ek. "So, jy skakel
van Pietersburg af wat nou Polokwane is?". "Einste", sê ek.
"Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou
het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land te wete
te kom.
Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is Pretoria. As jy
dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was, daarna by Modimolle
wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is. Na Mokopane kry jy
Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt wat Makhado geword
het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
"En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo
waarvan ek praat is die provinsie". "Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.
"Limpopo" sê ek.
"Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"

--
______________________________________
Rudolph Thomas
in...@tigme.com
TIGME.COM
Vorige onderwerp: Pasop vir Woensdag
Volgende onderwerp: Eindverslag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 01:33:46 MGT 2024