Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Avo's en kiwi's
Avo's en kiwi's [boodskap #64853] Ma, 15 Julie 2002 19:53 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou al 'n hele rukkie avo- en kiwivrugtyd hier by ons. Die goed
word nie eintlik op groot skaal hier geproduseer nie. Net een plaas
het 'n klompie avobome en kiwiranke en hulle verkoop dit hoofsaaklik
in 'n plaasstalletjie so 8 Km Noord in die Katvallei op.

Avo's eet ek soos peanuts. Sny hom oop, kap die pit met 'n groterige
swaar mes en draai hom uit sonder om die vrug te beskadig. Dan sout en
swart peper, soms bietjie suurlemoensap en dan 'n skud of twee
Tabasco. Die word dan sommer so uit die dop met 'n teelepel geëet of
morsig dik op 'n sny bruinbrood gesmeer. OK, ek weet avo's is die
vrugte met die hoogste energie inhoud omdat hulle olies pleks van
suiker stoor, masr dis onversadigde vetsure wat heelwaarskynlik goed
is vir jou.

Terloops, 'n sakkie met tien kleineriges kos R8-00.

Kiwi's is ook baie goedkoop. Laas het ek R20-00 vir 'n boksie met 24
in betaal. Self hou ek nie baie van hulle nie maar wyfiemens is mal
daaroor.

Drom
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64855 is 'n antwoord op boodskap #64853] Ma, 15 Julie 2002 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Avo's eet ek soos peanuts.
> Kiwi's is ook baie goedkoop. Self hou ek nie baie van hulle nie maar wyfiemens is mal
> daaroor.

Ek het gehoor kiwi's het soveel protiën as
'n eier en is dus baie goed vir jou. Eet hom
ook sommer met 'n lepel uit die skilletjie uit,
maar maak net seker dat hy goed ryp is. Avokados
is baie hoog in kalorieë maar glo ook baie goed
vir jou, veral weens die vetinhoud daarvan.
Ek lees nou die dag 'n boek oor arthritis en
die afwesigheid van genoeg vette in mense se
dieet. Die grootste ding wat dié skrywer stoot,
is natuurlik "cod liver oil" en die eet van vis
as jy nie die lewerolie wil drink nie. Maar hy
noem baie dinge wat mens tot nadenke stem. Hy
sê dat mens nooit iets kouds by jou maaltyd moet
neem nie, want dit maak die vette in jou bord kos
koud in jou maag. So byvoorbeeld moet mens nie
koue lemoensap saam met jou warm eier by ontbyt
eet nie, en sorg dat die botter op jou rooster-
brood opgesmeer word terwyl die roosterbrood nog
warm is.

Gloudina
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64856 is 'n antwoord op boodskap #64855] Ma, 15 Julie 2002 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Ek het gehoor kiwi's het soveel protiën as
> 'n eier en is dus baie goed vir jou. Eet hom
> ook sommer met 'n lepel uit die skilletjie uit,
> maar maak net seker dat hy goed ryp is. >
> Gloudina

Proteïen in kiwi ? Ek dink nie dat daar protiën in kiwi's zit nie. Baie
vitamine C en potassium en nog vitamine E, maar proteïen ... nee, ek dink
jy's verkeerd daar, Gloudina.
Hilda.
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64857 is 'n antwoord op boodskap #64856] Ma, 15 Julie 2002 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda wrote:

> Proteïen in kiwi ? Ek dink nie dat daar proteïen in kiwi's zit nie. Baie
> vitamine C en potassium en nog vitamine E, maar proteïen ... nee, ek dink
> jy's verkeerd daar, Gloudina.

Ek was effentjies verkeerd, maar nie heeltemal nie.
Volgens "The Complete Book of Food Counts" wat ons
gebruik, het 'n kiwi omtrent een gram proteïen en
'n eier 6.3. So dit lyk my jy sal ongeveer sewe moet
eet om die proteïen van 'n eier te kry. Ek dink die
proteïen in 'n kiwi kom van die pitjies, en daar is
baie pitjies in 'n kiwi. Kan jy glo dat daar .5 gram
vet in 'n kiwi is?

Gloudina
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64858 is 'n antwoord op boodskap #64853] Di, 16 Julie 2002 05:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek eet my avokadopere met sout en baie peper, en die kiwivrug sonder enige
sout of peper:)
Hoekom kry mens nooit 'n avokadopeer reg vir eet te koop nie?
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207151153.7cbaff3a@posting.google.com...
> Dis nou al 'n hele rukkie avo- en kiwivrugtyd hier by ons. Die goed
> word nie eintlik op groot skaal hier geproduseer nie. Net een plaas
> het 'n klompie avobome en kiwiranke en hulle verkoop dit hoofsaaklik
> in 'n plaasstalletjie so 8 Km Noord in die Katvallei op.
>
> Avo's eet ek soos peanuts. Sny hom oop, kap die pit met 'n groterige
> swaar mes en draai hom uit sonder om die vrug te beskadig. Dan sout en
> swart peper, soms bietjie suurlemoensap en dan 'n skud of twee
> Tabasco. Die word dan sommer so uit die dop met 'n teelepel geëet of
> morsig dik op 'n sny bruinbrood gesmeer. OK, ek weet avo's is die
> vrugte met die hoogste energie inhoud omdat hulle olies pleks van
> suiker stoor, masr dis onversadigde vetsure wat heelwaarskynlik goed
> is vir jou.
>
> Terloops, 'n sakkie met tien kleineriges kos R8-00.
>
> Kiwi's is ook baie goedkoop. Laas het ek R20-00 vir 'n boksie met 24
> in betaal. Self hou ek nie baie van hulle nie maar wyfiemens is mal
> daaroor.
>
> Drom
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64859 is 'n antwoord op boodskap #64856] Di, 16 Julie 2002 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien het Gloudina aan die voëltjie gedink:)))
Annette

"Hilda" skryf in boodskap news:kDHY8.9069$8o4.1615@afrodite.telenet-ops.be...
>
>>
>> Ek het gehoor kiwi's het soveel protiën as
>> 'n eier en is dus baie goed vir jou. Eet hom
>> ook sommer met 'n lepel uit die skilletjie uit,
>> maar maak net seker dat hy goed ryp is. >
>> Gloudina
>
> Proteïen in kiwi ? Ek dink nie dat daar proteïen in kiwi's zit nie. Baie
> vitamine C en potassium en nog vitamine E, maar proteïen ... nee, ek dink
> jy's verkeerd daar, Gloudina.
> Hilda.
>
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64862 is 'n antwoord op boodskap #64858] Di, 16 Julie 2002 08:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Braam  is tans af-lyn  Braam
Boodskappe: 24
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Julle avo`s is darem goedkoop. Hier in Australia betaal ons so AU$ 1.30 elk
vir n klein avo. Dit werk uit so omtrent R8.00 elk. Kiwi vrug kom nie
oorspronklik vanaf New Zealand nie. Hulle ander naam is "Chinees goose
berry"
Braam
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64863 is 'n antwoord op boodskap #64862] Di, 16 Julie 2002 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ten minste is daardie berries groter as die in Texas:))
Annette

"Braam" skryf in boodskap news:f3RY8.3141$Cq.135313@ozemail.com.au...
> Julle avo`s is darem goedkoop. Hier in Australia betaal ons so AU$ 1.30 elk
> vir n klein avo. Dit werk uit so omtrent R8.00 elk. Kiwi vrug kom nie
> oorspronklik vanaf New Zealand nie. Hulle ander naam is "Chinees goose
> berry"
> Braam
>
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64867 is 'n antwoord op boodskap #64853] Di, 16 Julie 2002 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Drom
Jy kan die avo's met 'n bietjie "woestersouse" probeer - dan smaak dit soos
roereiers ...

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207151153.7cbaff3a@posting.google.com...
> Dis nou al 'n hele rukkie avo- en kiwivrugtyd hier by ons. Die goed
> word nie eintlik op groot skaal hier geproduseer nie. Net een plaas
> het 'n klompie avobome en kiwiranke en hulle verkoop dit hoofsaaklik
> in 'n plaasstalletjie so 8 Km Noord in die Katvallei op.
>
> Avo's eet ek soos peanuts. Sny hom oop, kap die pit met 'n groterige
> swaar mes en draai hom uit sonder om die vrug te beskadig. Dan sout en
> swart peper, soms bietjie suurlemoensap en dan 'n skud of twee
> Tabasco. Die word dan sommer so uit die dop met 'n teelepel geëet of
> morsig dik op 'n sny bruinbrood gesmeer. OK, ek weet avo's is die
> vrugte met die hoogste energie inhoud omdat hulle olies pleks van
> suiker stoor, masr dis onversadigde vetsure wat heelwaarskynlik goed
> is vir jou.
>
> Terloops, 'n sakkie met tien kleineriges kos R8-00.
>
> Kiwi's is ook baie goedkoop. Laas het ek R20-00 vir 'n boksie met 24
> in betaal. Self hou ek nie baie van hulle nie maar wyfiemens is mal
> daaroor.
>
> Drom
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64868 is 'n antwoord op boodskap #64853] Di, 16 Julie 2002 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Drom
Jy kan die avo's met 'n bietjie "woestersous" probeer - smaak soos roereiers
...

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207151153.7cbaff3a@posting.google.com...
> Dis nou al 'n hele rukkie avo- en kiwivrugtyd hier by ons. Die goed
> word nie eintlik op groot skaal hier geproduseer nie. Net een plaas
> het 'n klompie avobome en kiwiranke en hulle verkoop dit hoofsaaklik
> in 'n plaasstalletjie so 8 Km Noord in die Katvallei op.
>
> Avo's eet ek soos peanuts. Sny hom oop, kap die pit met 'n groterige
> swaar mes en draai hom uit sonder om die vrug te beskadig. Dan sout en
> swart peper, soms bietjie suurlemoensap en dan 'n skud of twee
> Tabasco. Die word dan sommer so uit die dop met 'n teelepel geëet of
> morsig dik op 'n sny bruinbrood gesmeer. OK, ek weet avo's is die
> vrugte met die hoogste energie inhoud omdat hulle olies pleks van
> suiker stoor, masr dis onversadigde vetsure wat heelwaarskynlik goed
> is vir jou.
>
> Terloops, 'n sakkie met tien kleineriges kos R8-00.
>
> Kiwi's is ook baie goedkoop. Laas het ek R20-00 vir 'n boksie met 24
> in betaal. Self hou ek nie baie van hulle nie maar wyfiemens is mal
> daaroor.
>
> Drom
Re: Avo's en kiwi's [boodskap #64870 is 'n antwoord op boodskap #64857] Di, 16 Julie 2002 15:05 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3D334E63.4090906@rogers.com...
>
> Hilda wrote:
>
>
>> Proteïen in kiwi ? Ek dink nie dat daar proteïen in kiwi's zit nie. Baie
>> vitamine C en potassium en nog vitamine E, maar proteïen ... nee, ek dink
>> jy's verkeerd daar, Gloudina.
>
>
> Ek was effentjies verkeerd, maar nie heeltemal nie.
> Volgens "The Complete Book of Food Counts" wat ons
> gebruik, het 'n kiwi omtrent een gram proteïen en
> 'n eier 6.3. So dit lyk my jy sal ongeveer sewe moet
> eet om die proteïen van 'n eier te kry. Ek dink die
> proteïen in 'n kiwi kom van die pitjies, en daar is
> baie pitjies in 'n kiwi. Kan jy glo dat daar .5 gram
> vet in 'n kiwi is?
>
> Gloudina

Nee, dit het ek nie geweet nie. Ek dog kiwi's is heeltemal vetvry. Wel, 'n
mens leer altyd iets by. Dankie vir die informasie.
Hilda.
Vorige onderwerp: Nuwe "woord" selle ou storie
Volgende onderwerp: Hulp Asb
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 04:33:50 MGT 2024