Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onse Kranklike Weermag
Re: Onse Kranklike Weermag [boodskap #64755 is 'n antwoord op boodskap #64750] Vr, 12 Julie 2002 07:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Jul 2002 15:48:49 GMT, "Hantamkind"
served the following to the group:

> Annette,
>
> Jy praat nou in hoofletters hier. Dis 'n sy van Annette wat ek nognie gesien
> het nie. Magsmisbruik in 'n weermag is so oud soos die mensdom self. Kyk
> maar na die geskiedenis.
>
> Om 'n weermag bymekaar te hou en dissipline te handhaaf moet die bewakers
> van die mag onverskrokke wees. Die kollektiewe testosteroon vlak van 'n
> weermag is 'n megabom op sy eie. Sy lont is bitter kort en die slagdoppie
> ontsettend sensitief. Om orde te handhaaf moet daar 'n bevelstruktuur
> bestaan. Dit is nou maar eenmaal so dat party ouens hard werk om bo uit te
> kom in die hogere range, en party hul pad oopdrink soontoe. Dis gewoonlik
> laasgenoemde wat dan grootkop kry en sy gewig begin rongooi, omdat hy kan.
> 'n Looser met so bietjie clout. Maar al het hy sy pad oopgedrink boontoe,
> het hy dit nie oornag gekry nie, en was dit nie heeltemal sonder meriete
> nie. Dit was die ou SAW soos ons hom geken het. Maar ek kon daarmee saamleef
> en het selfs aangesluit as vrywilliger vir odd twaalf jaar na my diensplig
> periode verstryk het. Die system het gewerk.
>
> Toe het die prentjie skielik verander na die bewindoorname van die ANC. Die
> sogenaamde vryheidsvegters (terroriste) is in die weermag opgeneem en chaos
> het losgebars. Eerstens het hulle gestaak, toe awol gegaan of gedros.
> Dissipline het die laagste punt ooit bereik, fondse het uitgestroom en kort
> voor lank was die weermag letterlik bankrot. Dit is dan wat jy na die
> vryheidsvegter majoor voor jou kyk en dink - ek gaan liewer tien jaar DB toe
> voor ek jou salueer. Daar waar hy sit met 'n halwe brood en 'n pak slap
> tjips voor hom op sy lessenaar wat hy sit en vreet met sulke lang gekrulde
> vingers. Sy tunic baadjie het hy uitgetrek en op die grond gegooi. Gee my
> dan liewer die majoor met die graad agter sy naam wat sy uniform met trots
> dra - en vleis uit die menasie steel om 'n braai te hou met sy kollegas.
>
> Hantam
>

as daar iets is om te misbruik sal dit gemisbruik word. of dit nou np,
anc of dp is. feite is dat die army `n hardegat plek moet wees. dis al
hou dinge gebeur. in die army vra jy nie mense om goed te doen nie, jy
se. die ruggraat van enige weermag is dissipline, dissipline en
dissipline. die koperaal skreeu op die troep in die army hier, in die
vsa in zim en in elke liewe land waar daar `n army is. trots is op die
fondament van dissipline gebou en sonder trots val alles uit mekaar
want dit se net een ding, daar is nie dissipline nie.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Onse Kranklike Weermag [boodskap #64757 is 'n antwoord op boodskap #64755] Vr, 12 Julie 2002 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom sal dissipline "moet" gepaard gaan met 'n geskreeuery dat die are op
die nek uitstaan?
Ek reageer baie beter as iemand ordentlik met my praat, die rede kan gee as
ek dink 'n opdrag is onredelik, en my met respek behandel.
Enigiemand wat op my skree kry met my rebelse streek in die ergste graad te
doen.
Annette

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:19vsiu4f417u116pf0d5duoaoo1a1f4ii7@4ax.com...
> On Thu, 11 Jul 2002 15:48:49 GMT, "Hantamkind"
> served the following to the group:
>
>> Annette,
>>
>> Jy praat nou in hoofletters hier. Dis 'n sy van Annette wat ek nognie gesien
>> het nie. Magsmisbruik in 'n weermag is so oud soos die mensdom self. Kyk
>> maar na die geskiedenis.
>>
>> Om 'n weermag bymekaar te hou en dissipline te handhaaf moet die bewakers
>> van die mag onverskrokke wees. Die kollektiewe testosteroon vlak van 'n
>> weermag is 'n megabom op sy eie. Sy lont is bitter kort en die slagdoppie
>> ontsettend sensitief. Om orde te handhaaf moet daar 'n bevelstruktuur
>> bestaan. Dit is nou maar eenmaal so dat party ouens hard werk om bo uit te
>> kom in die hogere range, en party hul pad oopdrink soontoe. Dis gewoonlik
>> laasgenoemde wat dan grootkop kry en sy gewig begin rongooi, omdat hy kan.
>> 'n Looser met so bietjie clout. Maar al het hy sy pad oopgedrink boontoe,
>> het hy dit nie oornag gekry nie, en was dit nie heeltemal sonder meriete
>> nie. Dit was die ou SAW soos ons hom geken het. Maar ek kon daarmee saamleef
>> en het selfs aangesluit as vrywilliger vir odd twaalf jaar na my diensplig
>> periode verstryk het. Die system het gewerk.
>>
>> Toe het die prentjie skielik verander na die bewindoorname van die ANC. Die
>> sogenaamde vryheidsvegters (terroriste) is in die weermag opgeneem en chaos
>> het losgebars. Eerstens het hulle gestaak, toe awol gegaan of gedros.
>> Dissipline het die laagste punt ooit bereik, fondse het uitgestroom en kort
>> voor lank was die weermag letterlik bankrot. Dit is dan wat jy na die
>> vryheidsvegter majoor voor jou kyk en dink - ek gaan liewer tien jaar DB toe
>> voor ek jou salueer. Daar waar hy sit met 'n halwe brood en 'n pak slap
>> tjips voor hom op sy lessenaar wat hy sit en vreet met sulke lang gekrulde
>> vingers. Sy tunic baadjie het hy uitgetrek en op die grond gegooi. Gee my
>> dan liewer die majoor met die graad agter sy naam wat sy uniform met trots
>> dra - en vleis uit die menasie steel om 'n braai te hou met sy kollegas.
>>
>> Hantam
>>
>
> as daar iets is om te misbruik sal dit gemisbruik word. of dit nou np,
> anc of dp is. feite is dat die army `n hardegat plek moet wees. dis al
> hou dinge gebeur. in die army vra jy nie mense om goed te doen nie, jy
> se. die ruggraat van enige weermag is dissipline, dissipline en
> dissipline. die koperaal skreeu op die troep in die army hier, in die
> vsa in zim en in elke liewe land waar daar `n army is. trots is op die
> fondament van dissipline gebou en sonder trots val alles uit mekaar
> want dit se net een ding, daar is nie dissipline nie.
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: Onse Kranklike Weermag [boodskap #64765 is 'n antwoord op boodskap #64757] Vr, 12 Julie 2002 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Jul 2002 09:57:04 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Hoekom sal dissipline "moet" gepaard gaan met 'n geskreeuery dat die are op
> die nek uitstaan?
> Ek reageer baie beter as iemand ordentlik met my praat, die rede kan gee as
> ek dink 'n opdrag is onredelik, en my met respek behandel.
> Enigiemand wat op my skree kry met my rebelse streek in die ergste graad te
> doen.
> Annette
>
>

nee ek is seker dat die gemiddelde mens beter reageer better as jy nie
vir hom skree nie maar hier is die probleem - jy sit met derduisende
jong mannetjies wat elkeen sy eie ding wil doen. nou het jy twee
keuses 1) jy praat mooi met elkeen totdat jy agterkom watter vlak van
verantwoordelikheid hy het of 2) jy laat hulle van die begin af
verstaan dat geen k@k geduld sal word nie. enige iemand wat in die
army was sal vir jou se dat sodra die gesags posisie gevestig (basiese
fase) is neem die geskree af. daarna is dit iemand wat `n taak gee en
iemand wat dit uitvoer en dis die einde. in `n oorlog situasie is daar
nie tyd om te redeneer oor die redelikheid van `n opdrag nie, jou lewe
is dalk nie lank genoeg om daaroor te dink nie. dissipline leer jou om
jou bevelvoerder se bevel te gehoorsaam, dit kan jou lewe red in die
meerderheid van gevalle.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Onse Kranklike Weermag [boodskap #64773 is 'n antwoord op boodskap #64765] Vr, 12 Julie 2002 15:23 Na vorige boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Korporaal Annette:

Troepies, korporaaltjie dink julle het nou genoeg gedoedoe. Wil julle nie
asseblief opstaan nie. Ek weet dit is net vyf uur in die oggend maar ons
moet seker een of ander tyd opstaan. Dan maak julle julle bedjies mooi op en
as korporaal terugkom en julle is gereed, dan gaan njammies ons ietsie in
die menasie. Die wat lus het kan saam met korporaal 'n paar push-ups gaan
doen. Julle weet seker mens moet fiks wees voor mens grens toe gaan. Daar is
stoute kabouters met groot gewere op die kaplyn en korporaal sal nie altyd
daar wees om julle gesiggies af te vee met 'n koue lappie as julle moeg raak
nie. Ek hoop julle verstaan hoekom Korporaal julle hierdie redelike opdrag
gee. Toedeldoe.

...en later (na opleiding) in kontak met die vyand: My maggies, hulle skiet
op ons. Jones, stop die voertuig. Almal klim af en slaan dekking. Jones, wil
jy nie dan asseblief 'n handgranaat uithaal en na daardie vyandelike
voertuig gooi nie? Terwyl jy dit doen Jones, wil jy nie asseblief vir Smith
vra om daai ou te skiet nie? Dis nou as jy nie omgee nie. Dit is immers 'n
redelike opdrag en ek is jammer as ek iemand aanstoot gee. Indien enige
iemand dit as 'n onredelike opdrag beskou, is hulle welkom om my te kom
spreek. Dankie.

Korporaal Hantam:

STAAN OP, STAAN OP! Julle le en poep ruik soos 'n bleddie klomp ou vrouens!
Tree aan op die paradegrond vir PT oor tien minute. Inspeksie is ses dertig.
Beweeg BEWEEG!

en later (na opleiding) in kontak met die vyand: ONTPLOOI!

(Hey Annette, ek trek jou been. I love you babe ;-)

Annette:
>> Hoekom sal dissipline "moet" gepaard gaan met 'n geskreeuery dat die are op
>> die nek uitstaan?
>> Ek reageer baie beter as iemand ordentlik met my praat, die rede kan gee as
>> ek dink 'n opdrag is onredelik, en my met respek behandel.
>> Enigiemand wat op my skree kry met my rebelse streek in die ergste graad te
>> doen.
>> Annette

Skippie:
> nee ek is seker dat die gemiddelde mens beter reageer better as jy nie
> vir hom skree nie maar hier is die probleem - jy sit met derduisende
> jong mannetjies wat elkeen sy eie ding wil doen. nou het jy twee
> keuses 1) jy praat mooi met elkeen totdat jy agterkom watter vlak van
> verantwoordelikheid hy het of 2) jy laat hulle van die begin af
> verstaan dat geen k@k geduld sal word nie. enige iemand wat in die
> army was sal vir jou se dat sodra die gesags posisie gevestig (basiese
> fase) is neem die geskree af. daarna is dit iemand wat `n taak gee en
> iemand wat dit uitvoer en dis die einde. in `n oorlog situasie is daar
> nie tyd om te redeneer oor die redelikheid van `n opdrag nie, jou lewe
> is dalk nie lank genoeg om daaroor te dink nie. dissipline leer jou om
> jou bevelvoerder se bevel te gehoorsaam, dit kan jou lewe red in die
> meerderheid van gevalle.
Vorige onderwerp: Met die maan gepla
Volgende onderwerp: Rubbish: 20 Percent of South Africans Infected with AIDS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 08:36:55 MGT 2024