Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wanbestuur in Afrika
Re: Wanbestuur van Gloudina [boodskap #64646 is 'n antwoord op boodskap #64638] Ma, 08 Julie 2002 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester - aai aai, maat. Ai. Hoekom dwing jy my om dit te doen?

Ek het toeka se tyd toe jy toegetree het tot hierdie nuusgroep vir jou 'n
nota gestuur om te se dat jy jou tyd mors met Gloudina, en dat jy in die
proses net ons almal se lewens versuur.

As jy op Google gaan kyk onder Groups http://groups.google.com/ soos iemand
al voorgestel het sal jy sien dat jy besig is om die een veldslag na die
ander oor en oor te baklei. Weinig wat jy hier kwytraak is nie alreeds
persoonlik aan Gloudina se deur gele nie. Sy is gelouter in al hierdie
topics. Jy probeer om vir haar 'n bril op te sit, maar het jy het vergeet
dat niemand so blind is soos die persoon wat nie WIL sien nie. Sy doen
waarskynlik nie eers meer die moeite om iets uit te dink as sy op jou
posstukke regeer nie. Sy cut-'n-paste net uit vorige postings wat sy al
gedoen het.

Doen jouself 'n guns en gaan kyk na daai URL hierbo. Hulle het al
mooigepraat, ja - vleitaal gebruik, hulle het haar beledig, gevloek - onder
haar rok in - haar familie beledig, haar uitgekryt vir die mees laagste wese
op gods aarde... Maar sy storm voort soos 'n trein sonder brieke. Sy hou van
S&M, hoe meer jy haar seermaak hoe lekkerder kry sy.

Jy sien, weereens is sy die topic van bespreking, en dit is waarop sy gedy.
En sy manipuleer altyd die situasie so dat dit terugkom na haar as persoon.
Maar jy, Suidwester, is soos die bus wat verby ry. Die kefferjie gaan jou al
blaffende agterna sit tot by die volgende busstop. Sodra jy gestop het,
draai die brakkie stert tussen die bene om en kom le tussen oubaas se bene.
Good girl Gloudina, good girl. Dis al wat Gloudina is. Sy ontwerp nie
"busse" nie, sy jaag hulle net.

Basta nou met jou gekeffery om Gloudina se hakke. Al wat jy daardeur gaan
bereik is om haar aktief hier hou, en ons wil dit nie he nie. Doen ons 'n
guns en gooi haar die yskombers.

Hantam

Suidwester..
> Foei tog, verloor jy die redenasie en dan claim jy om my te woer-woer?
> Duidelike teken van oorgawe! Sterf tog met eer asseblief!!
Re: Wanbestuur van Gloudina [boodskap #64647 is 'n antwoord op boodskap #64646] Ma, 08 Julie 2002 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Hantam - Suidwester gun net vir Gloudina haar plesiertjie - mens kan
sien hy sal enigiets doen om 'n oumens gelukkig te hou:))
Annette

"Hantamkind" skryf in boodskap news:AtiW8.414372$o66.1121664@news-server.bigpond.net.au...
> Suidwester - aai aai, maat. Ai. Hoekom dwing jy my om dit te doen?
>
> Ek het toeka se tyd toe jy toegetree het tot hierdie nuusgroep vir jou 'n
> nota gestuur om te se dat jy jou tyd mors met Gloudina, en dat jy in die
> proses net ons almal se lewens versuur.
>
> As jy op Google gaan kyk onder Groups http://groups.google.com/ soos iemand
> al voorgestel het sal jy sien dat jy besig is om die een veldslag na die
> ander oor en oor te baklei. Weinig wat jy hier kwytraak is nie alreeds
> persoonlik aan Gloudina se deur gele nie. Sy is gelouter in al hierdie
> topics. Jy probeer om vir haar 'n bril op te sit, maar het jy het vergeet
> dat niemand so blind is soos die persoon wat nie WIL sien nie. Sy doen
> waarskynlik nie eers meer die moeite om iets uit te dink as sy op jou
> posstukke regeer nie. Sy cut-'n-paste net uit vorige postings wat sy al
> gedoen het.
>
> Doen jouself 'n guns en gaan kyk na daai URL hierbo. Hulle het al
> mooigepraat, ja - vleitaal gebruik, hulle het haar beledig, gevloek - onder
> haar rok in - haar familie beledig, haar uitgekryt vir die mees laagste wese
> op gods aarde... Maar sy storm voort soos 'n trein sonder brieke. Sy hou van
> S&M, hoe meer jy haar seermaak hoe lekkerder kry sy.
>
> Jy sien, weereens is sy die topic van bespreking, en dit is waarop sy gedy.
> En sy manipuleer altyd die situasie so dat dit terugkom na haar as persoon.
> Maar jy, Suidwester, is soos die bus wat verby ry. Die kefferjie gaan jou al
> blaffende agterna sit tot by die volgende busstop. Sodra jy gestop het,
> draai die brakkie stert tussen die bene om en kom le tussen oubaas se bene.
> Good girl Gloudina, good girl. Dis al wat Gloudina is. Sy ontwerp nie
> "busse" nie, sy jaag hulle net.
>
> Basta nou met jou gekeffery om Gloudina se hakke. Al wat jy daardeur gaan
> bereik is om haar aktief hier hou, en ons wil dit nie he nie. Doen ons 'n
> guns en gooi haar die yskombers.
>
> Hantam
>
>
> Suidwester..
>> Foei tog, verloor jy die redenasie en dan claim jy om my te woer-woer?
>> Duidelike teken van oorgawe! Sterf tog met eer asseblief!!
>
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64649 is 'n antwoord op boodskap #64641] Ma, 08 Julie 2002 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Leutwein wrote:

> Ek hoor nie dat die Afrikaners heeldag kou en kla oor die Rooinekke wat ons
> in kampe gesit het en ons goud gevat het nie?

Die ouens wat so gekerm het oor die rooinekke
kerm nou oor die swartnekke. Die algemene deler
is dus: daar is 'n sekere soort Afrikaner wat
kla...en kla.... en kla... En ons ander Afrikaners
is nou moeg vir julle.
En van wanneer af was dit "ons" goud?

Gloudina
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64650 is 'n antwoord op boodskap #64641] Ma, 08 Julie 2002 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Leutwein wrote:

> Ek dink altwee hoofkoerante in Namibia het 'n plek in die gemeenskap.
> Dit is belangrik dat koerante baie krities oor sekere aspekte soos korrupsie
> en menseregte is, want dit is 2 goed want baie beslis nie
> onderhandelbaar is nie.

Ja, dis baie belangrik dat koerante
krities kyk na wat regerings doen.
Dis nie vir niks dat Joernalisme
"the fifth estate" genoem word nie.
Ons is gewoond daaraan hier in Noord-
Amerika. Maar julle joggies sit so
en kla oor alles en nog wat, dat niemand
julle meer ernstig opneem nie.
Suidwester maak homself belaglik in die
oë van ander Afrikaners op hierdie
nuusgroep wat in SA bly, omdat hy klakke-
loos die "Republikein" se gekikker napraat.
Dis waar julle die fout maak. Mense luister
uiteindelik nie meer na julle nie.

Gloudina
Re: Wanbestuur van Gloudina [boodskap #64651 is 'n antwoord op boodskap #64646] Ma, 08 Julie 2002 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

. Hulle het al
> mooigepraat, ja - vleitaal gebruik, hulle het haar beledig, gevloek - onder
> haar rok in - haar familie beledig, haar uitgekryt vir die mees laagste wese
> op gods aarde

Dierbaarheid, jy som die optrede van
hierdie nuusgroep darem nou fyntjies op.
Hulle moet darem 'n klomp vreeslike ouens
wees as hulle beledig, vloek, familie
beledig, uitkryt vir die laagste wese op
gods aarde. Waar dink jy kruip hulle uit?

Tant Hessie van Belle ville
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64655 is 'n antwoord op boodskap #64650] Di, 09 Julie 2002 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leutwein  is tans af-lyn  Leutwein
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Moenie veralgemeen met die Afrikaners nie asseblief.
Ek kla nie, ek lig net my mening.Gloudina, miskien moet jy die Republikein
se webwerf besoek en self besluit of hulle verander het.
Ek het nog nie gesien dat die regering die Republikein teenstaan nie, maar
wel die Namibian (wat destyds sappige leestof vir mense soos jy was).
Gelukkig het hulle OOK die lig gesien net soos die Republikein.
Ek dink ons mense in Namibia is Suid -Afrika bietjie voor as dit kom by
wit/swart politiek. Julle kan maar leer by ons, al sit julle so ver oor die
waters.

Daar is net een ding wat vir my snaaks is Gloudina : Destyds het die
onderdrukte swartmense gekla dat die wit regerings korrup was en die hele
wereld het reggop gesit. Hulle was reg , die wit regering was korrup.Maar,
nou dat ons kla oor korrupsie word dit eenvoudig toegesmeer of as rassisme
teengestaan.
So wat dit beteken is dat hulle is net so swak soos die destydse regering is
met geen waardes nie.
Gelukkig is die "old school african leaders" besig om uit te sterf om plek
te maak vir 'n nuwe geslag leiers wat met common sense dink. Dit gebeur net
die aldag so vinnig as wat ek dit wou gehad het nie.

Oom Klaus van die Spitzkoppe.

skryf in boodskap news:3D2A053B.7080002@rogers.com...
>
> Leutwein wrote:
>
>> Ek dink altwee hoofkoerante in Namibia het 'n plek in die gemeenskap.
>> Dit is belangrik dat koerante baie krities oor sekere aspekte soos korrupsie
>> en menseregte is, want dit is 2 goed want baie beslis nie
>> onderhandelbaar is nie.
>
>
> Ja, dis baie belangrik dat koerante
> krities kyk na wat regerings doen.
> Dis nie vir niks dat Joernalisme
> "the fifth estate" genoem word nie.
> Ons is gewoond daaraan hier in Noord-
> Amerika. Maar julle joggies sit so
> en kla oor alles en nog wat, dat niemand
> julle meer ernstig opneem nie.
> Suidwester maak homself belaglik in die
> oë van ander Afrikaners op hierdie
> nuusgroep wat in SA bly, omdat hy klakke-
> loos die "Republikein" se gekikker napraat.
> Dis waar julle die fout maak. Mense luister
> uiteindelik nie meer na julle nie.
>
> Gloudina
>
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64657 is 'n antwoord op boodskap #64650] Di, 09 Julie 2002 07:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai foeitog antie, dat jy nou wragtag self moet doen waarvan jy ander mense
beskuldig! Is daar g'n einde aan jou domgeid nie? Vir jou inligting
[want jy sal nie weet nie want jy loer mos oor die Net en verbeel jou dan
dat jy weet wat in die land aangaan] is nie een van die twee koerante: Die
Republikein en die Namibian die papier werd waaropdit gedruk word nie en dit
is definitief nie mees treffend epublikasies nie. Die Republikein staan
bekend as die Blou Bollie omdat hulle berig oor alledaagse nuus [wat jy
orals op News 24 ook kan kry, plus so 'n skoot plaaslike nuus by en dan 'n
moerse lot advertensies wat die onkoste betaal. Dit is natuurlik verreweg
die grootste verkoper want dit is 'n dagblad. Dit is egter amper soos
Egoli op TV. As jy een episode per week gesien het, dan's jy op datum!
Die Namibian is die Engelse weergawe van dieselfde ding. Die
belangrikste nuuspublikasie in ons land is nie op die Net nie: Die
Windhoek Observer. Hierdie koerant word gedryf deur een dinamo, Hannes
Smith, wat in die ou jare as Mal Smith in die volksmond bekend gestaan het.
As jy ooit die ware joernalis wil beleef, dan moet jy hom ontmoet. Hy
stuit vir g'n duiwel nie en hy glo vas daaraan dat 'n koerant 'n sosiale
verpligting het anders as net om nuus oor te dra. Hy beskou homself as die
waghond van ons land en as jy sy koerant onder oë kry, dan sal jy weet.
Om jou 'n idee te gee, die regering het besluit om water vanuit die
noorde te pomp na Windhoek waarheen al meer en meer werkloses stroom.
Windhoek se waterinfrastruktuur is naby sy optimum gebruik en die
departement sit op hul duime. So, die maklikste is om water vanuit die
noorde te pomp sonder veel gedagte aan wat dit aan die natuur in daardie
gebied gaan doen. In elk geval, die meerderheid moet mos water kry, hm?
Smittie baklei hierdie issue hand en tand terwyl die ander koerante nie eers
daaroor berig nie. Ons lewe mos? Hêppie, hêppie!!
Wat jy interessant sal vind, ou bene, is dat Smithie sekerlik ouer as jy
is en dat hy 'n lid van Swapo was [LW wás]. Deur die jare het hy baklei
teen die onregte van apartheid en sê hy hy het self geglo het dat die Swapo
regering gaan uitkoms bied om van Namibië 'n wonderlike en voorspoedige land
te maak. Sy koerant is male sonder tal verban en hy was selfs in die tronk
omdat hy vas staan vir joernalistieke integriteit en die waarheid.
Vandag? Hy is die grootste kritikus van die Swapo regering.
Bogenoemde twee koerante sal dit nie waag om die regering so aan te praat
net omdat hulle dan die risiko loop van om advertensieinkomste te verloor
uit regeringsbronne uit. Smithie voel vere. As 'n saak verkeerd is, sê
hy so. Hy is ook die eerste man wat vir jou sal vertel dat die 'bubble'
gebars het sover dit die mooi ideale van die vryheidstryd aangaan. Niks
het verander nie! Die blanke 'apartheidsvarke' is vervang met swart
'apartheidsvarke' en die arme poepol op die grond is geen niks beter af nie.
Ja, daar is nou politieke vryheid, maar die res is maar goor.............
skryf in boodskap news:3D2A053B.7080002@rogers.com...
>
> Leutwein wrote:
>
>> Ek dink altwee hoofkoerante in Namibia het 'n plek in die gemeenskap.
>> Dit is belangrik dat koerante baie krities oor sekere aspekte soos korrupsie
>> en menseregte is, want dit is 2 goed want baie beslis nie
>> onderhandelbaar is nie.
>
>
> Ja, dis baie belangrik dat koerante
> krities kyk na wat regerings doen.
> Dis nie vir niks dat Joernalisme
> "the fifth estate" genoem word nie.
> Ons is gewoond daaraan hier in Noord-
> Amerika. Maar julle joggies sit so
> en kla oor alles en nog wat, dat niemand
> julle meer ernstig opneem nie.
> Suidwester maak homself belaglik in die
> oë van ander Afrikaners op hierdie
> nuusgroep wat in SA bly, omdat hy klakke-
> loos die "Republikein" se gekikker napraat.
> Dis waar julle die fout maak. Mense luister
> uiteindelik nie meer na julle nie.
>
> Gloudina
>
Oor Koerante [boodskap #64667 is 'n antwoord op boodskap #64657] Di, 09 Julie 2002 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ou Rooies  is tans af-lyn  Ou Rooies
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Suidwester:
> Die Republikein en die Namibian die papier werd waaropdit gedruk
> word nie en dit is definitief nie mees treffend epublikasies nie.

En die Afrikaanse alternatief is ?????

> Die belangrikste nuuspublikasie in ons land is nie op die Net nie: Die
> Windhoek Observer. Hierdie koerant word gedryf deur een dinamo,
> Hannes Smith

Gig..... gie..... gie-gie.... HARG HARG HAAARRRGGG !!!
HA HA HA HA !!!!!!!!!

As jy nie so stelling kwytgeraak het nie, sou ek wraggies
joernalistiek aan jou probeer verduidelik het maar nou het jy gepraat
en ek twyfel sterk of jy sal verstaan. Dalk familie van Frikkie
Potgieter ?
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64669 is 'n antwoord op boodskap #64655] Di, 09 Julie 2002 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Leutwein wrote:

> Daar is net een ding wat vir my snaaks is Gloudina : Destyds het die
> onderdrukte swartmense gekla dat die wit regerings korrup was en die hele
> wereld het reggop gesit. Hulle was reg , die wit regering was korrup.Maar,
> nou dat ons kla oor korrupsie word dit eenvoudig toegesmeer of as rassisme
> teengestaan.

Omdat die mense in die buiteland nie
onder 'n kalkoen uitgebroei is nie.

Tant Hessie van Swaarwater
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64670 is 'n antwoord op boodskap #64657] Di, 09 Julie 2002 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Die
> belangrikste nuuspublikasie in ons land is nie op die Net nie: Die
> Windhoek Observer. Hierdie koerant word gedryf deur een dinamo, Hannes
> Smith, wat in die ou jare as Mal Smith in die volksmond bekend gestaan het.
> As jy ooit die ware joernalis wil beleef, dan moet jy hom ontmoet. Hy
> stuit vir g'n duiwel nie en hy glo vas daaraan dat 'n koerant 'n sosiale
> verpligting het anders as net om nuus oor te dra. Hy beskou homself as die
> waghond van ons land en as jy sy koerant onder oë kry, dan sal jy weet.

> Wat jy interessant sal vind, ou bene, is dat Smithie sekerlik ouer as jy
> is en dat hy 'n lid van Swapo was [LW wás]. Deur die jare het hy baklei
> teen die onregte van apartheid en sê hy hy het self geglo het dat die Swapo
> regering gaan uitkoms bied om van Namibië 'n wonderlike en voorspoedige land
> te maak. Sy koerant is male sonder tal verban en hy was selfs in die tronk
> omdat hy vas staan vir joernalistieke integriteit en die waarheid.
> Vandag? Hy is die grootste kritikus van die Swapo regering.

Dit maak my baie bly dat daar mense soos
Hannes Smith is. Hy vervul maar nog altyd
sy funksie as deel van die fifth estate.
Ek wonder, sou sy koerant die statistieke
flaters gedruk het wat jy nou die dag aan-
gehaal het uit die Republikein? En wat jou
naam bollie gemaak het. (Let wel, ek het
hierdie uitdrukking op hierdie nuusgroep
leer ken. Dit klink so agteraf-sinkhuis,
maar ek dink dis die regte uitdrukking om
hier spesifiek te gebruik. Nou wag ek weer
vir inligting van hoe hoog die springbokke
spring.

Tant Hessie van die Khomas Hochland
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64679 is 'n antwoord op boodskap #64669] Wo, 10 Julie 2002 05:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leutwein  is tans af-lyn  Leutwein
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Nee, nee,nee.Julle expats leer ook nie.
Dis omdat julle nie hier bly en dit sien nie.
Ek dink die rede is dat julle nie 'n oplossing het nie.
Kruip maar terug onder die hoender waar julle uitgebroei het.

skryf in boodskap news:3D2B3C21.7070507@rogers.com...
>
> Leutwein wrote:
>
>
>> Daar is net een ding wat vir my snaaks is Gloudina : Destyds het die
>> onderdrukte swartmense gekla dat die wit regerings korrup was en die hele
>> wereld het reggop gesit. Hulle was reg , die wit regering was korrup.Maar,
>> nou dat ons kla oor korrupsie word dit eenvoudig toegesmeer of as rassisme
>> teengestaan.
>
>
>
> Omdat die mense in die buiteland nie
> onder 'n kalkoen uitgebroei is nie.
>
> Tant Hessie van Swaarwater
>
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64681 is 'n antwoord op boodskap #64670] Wo, 10 Julie 2002 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daai sinkhuis waaruit jy as kind gekruip het? Vir jou inligting [sug, jy't
SO baie nodig want al wat jy mos doen is om gedigte te pos!] was die Bollie
'n 'hoogs gerespekteerde' kindertydskrif of koerantjie in Suid-Afrika [en is
dalk nog!]. Waar dit in die streekstaal van Namibië vir die Republikein
gebruik is, was as die 'Blou Bollie' omdat die koerant se opskrif op die
voorblad in blou was en dat jy dag na dag dieselfde koerant koop met net so
een of twee ekstra berigte by.
Is jou ou oë al effe swak? Ek het nie statistieke aangehaal uit die
Republikein nie! 'n Bron het vir my oor die telefoon woord vir woord sit
en lees wat in die parlementêre verslag staan, ou koek. Ek het reeds vir
jou gesê daardie fout is in die parlementêre voorlegging gemaak en so het
dit aangegaan.......en nou haak jy steeds daarop vas soos 'n antieke
grammafoon [soort soek soort!].
Wat die springbokke aanbetref, dit was vir Annette gewees en toe kom
druk jy jou stink snoet in die storie in. Jy sal jou dalk verstom, as jy
sekere mense ken, as jy moet weet waaroor in ons natuur het hy al navorsing
gedoen 'n gepubliseer. Weet jy, vir jou en jou houding sal ek jou lewe nie
vir dié van een springbok ruil nie. Die springbok is 'n wonderwerk van die
natuur.....in my opinie is jy die drek daarvan.....
skryf in boodskap news:3D2B3EFD.2050702@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> Die
>> belangrikste nuuspublikasie in ons land is nie op die Net nie: Die
>> Windhoek Observer. Hierdie koerant word gedryf deur een dinamo, Hannes
>> Smith, wat in die ou jare as Mal Smith in die volksmond bekend gestaan het.
>> As jy ooit die ware joernalis wil beleef, dan moet jy hom ontmoet. Hy
>> stuit vir g'n duiwel nie en hy glo vas daaraan dat 'n koerant 'n sosiale
>> verpligting het anders as net om nuus oor te dra. Hy beskou homself as die
>> waghond van ons land en as jy sy koerant onder oë kry, dan sal jy weet.
>
>> Wat jy interessant sal vind, ou bene, is dat Smithie sekerlik ouer as jy
>> is en dat hy 'n lid van Swapo was [LW wás]. Deur die jare het hy baklei
>> teen die onregte van apartheid en sê hy hy het self geglo het dat die Swapo
>> regering gaan uitkoms bied om van Namibië 'n wonderlike en voorspoedige land
>> te maak. Sy koerant is male sonder tal verban en hy was selfs in die tronk
>> omdat hy vas staan vir joernalistieke integriteit en die waarheid.
>> Vandag? Hy is die grootste kritikus van die Swapo regering.
>
>
>
> Dit maak my baie bly dat daar mense soos
> Hannes Smith is. Hy vervul maar nog altyd
> sy funksie as deel van die fifth estate.
> Ek wonder, sou sy koerant die statistieke
> flaters gedruk het wat jy nou die dag aan-
> gehaal het uit die Republikein? En wat jou
> naam bollie gemaak het. (Let wel, ek het
> hierdie uitdrukking op hierdie nuusgroep
> leer ken. Dit klink so agteraf-sinkhuis,
> maar ek dink dis die regte uitdrukking om
> hier spesifiek te gebruik. Nou wag ek weer
> vir inligting van hoe hoog die springbokke
> spring.
>
> Tant Hessie van die Khomas Hochland
>
Re: Oor Koerante [boodskap #64683 is 'n antwoord op boodskap #64667] Wo, 10 Julie 2002 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek dit so stel, as ek uit jou naam aflei dan dink ek ek weet wie jy is
en ek kan verstaan hoekom jy so protesteer! Die Republikein is dan die
grootste koerant in die land en dit kry al die toekennings. Hoe kan 'n ou
soos ek sê die koerant is niks werd nie? Dis dan ons enigste Afrikaanse
koerant?!
Foei! Net die feit dat 'n publikasie in Afrikaans is, maak dit nog nie
goed nie. O, julle koerant is perfek volgens goeie besigheidsbeginsels:
Berig net die nuus sonder om aanstoot te gee want dan kan julle die risiko
loop om die magdom advertensies van die Staat te verloor. Julle ondersteun
die DTA wat 'n tandelose politieke entiteit is wat nie eers die
ordentlikheid het om in die parlement te gaan sit waar hulle verniet dit en
geld ontvang nie.
Smithie se Observer daarenteen bevat meer inhoud op een bladsy as wat 'n
hele Republikein het. Hy vat die sisteem aan as dit nodig is en hy het 'n
gewetensverpligting teenoor die mense van Namibia. Net die feit dat jy oor
Smithie lag, wys vir my duidelik dat jy nie vir my kan leer nie......niks
nie, want jy respekteer nie jou meerdere nie.

"Ou Rooies" skryf in boodskap news:3d2b2e5f.0@news1.mweb.co.za...
> Suidwester:
>> Die Republikein en die Namibian die papier werd waaropdit gedruk
>> word nie en dit is definitief nie mees treffend epublikasies nie.
>
> En die Afrikaanse alternatief is ?????
>
>> Die belangrikste nuuspublikasie in ons land is nie op die Net nie:
> Die
>> Windhoek Observer. Hierdie koerant word gedryf deur een dinamo,
>> Hannes Smith
>
> Gig..... gie..... gie-gie.... HARG HARG HAAARRRGGG !!!
> HA HA HA HA !!!!!!!!!
>
> As jy nie so stelling kwytgeraak het nie, sou ek wraggies
> joernalistiek aan jou probeer verduidelik het maar nou het jy gepraat
> en ek twyfel sterk of jy sal verstaan. Dalk familie van Frikkie
> Potgieter ?
>
Re: 40 voertuie per staatsamptenaar [boodskap #64689 is 'n antwoord op boodskap #64669] Wo, 10 Julie 2002 09:00 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat van geel soos 'n lafaard? Lê onder die bed en skuil en NOU baklei
hulle. Man, is hulle nie slim en dapper nie? En dit terwyl hulle lekker
teer op die ander land! Slu dalk ja, maar steeds lafaard....
skryf in boodskap news:3D2B3C21.7070507@rogers.com...
>
> Leutwein wrote:
>
>
>> Daar is net een ding wat vir my snaaks is Gloudina : Destyds het die
>> onderdrukte swartmense gekla dat die wit regerings korrup was en die hele
>> wereld het reggop gesit. Hulle was reg , die wit regering was korrup.Maar,
>> nou dat ons kla oor korrupsie word dit eenvoudig toegesmeer of as rassisme
>> teengestaan.
>
>
>
> Omdat die mense in die buiteland nie
> onder 'n kalkoen uitgebroei is nie.
>
> Tant Hessie van Swaarwater
>
Vorige onderwerp: AU nou Gestig
Volgende onderwerp: alweer `n nuwe term
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 08:08:09 MGT 2024