Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrymesselaars
Vrymesselaars [boodskap #64537] Vr, 05 Julie 2002 13:56 na volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek vat die trein vanoggend Perth toe. 'n Omie klim op Warwick stasie op en
kom sit hier skuins voor my. Mens, jy kan hom deur 'n ring trek. 'n Tipiese
Engelse jintelman. Die pikswart uniform wat soos 'n brandweerman se
step-outs lyk is onberispelik maar clash verskriklik met die roos pienk vel
van die baas. Mooi badge op die baadjie sak met die koningin se kroon op.
So ook die aktetas wat hy tussen sy twee blink gepoetse skoene neersit. Hy
kyk die treinwa op en hy kyk die treinwa af en toe hy tevrede is met die
algemene stand van sake vryf hy genoegsaam oor sy gladgeskeerde wang waarvan
die Blue Stratos naskeermiddel mildelik uitstraal.

Ek kon nie help om die verdeelpasser dwars oor die V teken te sien op sy
ring nie. So, hy is dus 'n broeder. Maar nie van my nie. Sien ons het
grootgeword met die idee dat Vrymesselaars slegte mense is. Gebore uit die
skoot van die duiwel - mense met 'n geheime kode wat verskriklike praktyke
bedryf agter geslote deure. Oom Eben het ons in bloedige detail vertel hoe
hy met sy eie oe gesien het hoe breek hulle 'n bok se nek en drink sy bloed.
Dit terwyl hulle 'n swart kat lewendig afgeslag en geoffer het.

Dit was egter ver van die beeld wat ek van 'broeders' gekry het. Nie minder
as agt van my kollegas (en base) by die SAUK destyds was lede, dienende
meesters af past masters van die messelaars orde van een of ander Losie.
Warm mense, sonder aanstellerigheid, en beslis ver van die bloed drinkende
savages waarvan ons as kinders vertel is.

Vrymesselaars - good or bad?

Hantam
Re: Vrymesselaars [boodskap #64555 is 'n antwoord op boodskap #64537] Vr, 05 Julie 2002 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Nee ek sal nie aam met hulle trek nie. Ek het my redes, en dis persoonlik.

Thys byrrie hys waana anners?

"Hantamkind" skryf in boodskap news:1AhV8.398826$o66.1082669@news-server.bigpond.net.au...
> Ek vat die trein vanoggend Perth toe. 'n Omie klim op Warwick stasie op en
> kom sit hier skuins voor my. Mens, jy kan hom deur 'n ring trek. 'n Tipiese
> Engelse jintelman. Die pikswart uniform wat soos 'n brandweerman se
> step-outs lyk is onberispelik maar clash verskriklik met die roos pienk vel
> van die baas. Mooi badge op die baadjie sak met die koningin se kroon op.
> So ook die aktetas wat hy tussen sy twee blink gepoetse skoene neersit. Hy
> kyk die treinwa op en hy kyk die treinwa af en toe hy tevrede is met die
> algemene stand van sake vryf hy genoegsaam oor sy gladgeskeerde wang waarvan
> die Blue Stratos naskeermiddel mildelik uitstraal.
>
> Ek kon nie help om die verdeelpasser dwars oor die V teken te sien op sy
> ring nie. So, hy is dus 'n broeder. Maar nie van my nie. Sien ons het
> grootgeword met die idee dat Vrymesselaars slegte mense is. Gebore uit die
> skoot van die duiwel - mense met 'n geheime kode wat verskriklike praktyke
> bedryf agter geslote deure. Oom Eben het ons in bloedige detail vertel hoe
> hy met sy eie oe gesien het hoe breek hulle 'n bok se nek en drink sy bloed.
> Dit terwyl hulle 'n swart kat lewendig afgeslag en geoffer het.
>
> Dit was egter ver van die beeld wat ek van 'broeders' gekry het. Nie minder
> as agt van my kollegas (en base) by die SAUK destyds was lede, dienende
> meesters af past masters van die messelaars orde van een of ander Losie.
> Warm mense, sonder aanstellerigheid, en beslis ver van die bloed drinkende
> savages waarvan ons as kinders vertel is.
>
> Vrymesselaars - good or bad?
>
> Hantam
>
Re: Vrymesselaars [boodskap #64559 is 'n antwoord op boodskap #64537] Vr, 05 Julie 2002 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hantamkind
Dit was egter ver van die beeld wat ek van 'broeders' gekry het. Nie minder
as agt van my kollegas (en base) by die SAUK destyds was lede, dienende
meesters af past masters van die messelaars orde van een of ander Losie.
Warm mense, sonder aanstellerigheid, en beslis ver van die bloed drinkende
savages waarvan ons as kinders vertel is.
Vrymesselaars - good or bad?

Wouter
Die paar Vrymesselaars wat ek persoonlik ken of geken het (daar is
meer van laasgenoemde omdat baie van hulle ouers van vriende was
en intussen dood is) is deurgaans goeie ordentlike mense. Maar ek
vertrou geen geheime organisasie nie, ook nie een waarvan die
lidmaatskap op uitnodiging is nie. Daarom vertrou ek hulle ook nie
as groep nie en gee ek hulle ook nie die voordeel van die twyfel nie.

Dus bad. Nes die destyds Broederbond en die koverte deel van
die kommuniste. Met die huidige Afrikanerbond het ek nie dieselfde
probleem nie.
Re: Vrymesselaars [boodskap #64566 is 'n antwoord op boodskap #64555] Sa, 06 Julie 2002 03:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
99.9% van die mense wat lede is van die vrymesselaars of die broeders doen
dit suiwer vir eie gewin - dis nie wat jy ken nie, maar wie ... 'n Afleiding
wat hieruit volg is dat dit inherente swak persoonlikhede is, wat in 'n
groep moet jag.
Oor die detail van hul leerstellinge stel ek nie juis belang nie.
O ja, wat van die "Sons of England" - pas hulle ook in die groepie.

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:3d25f982.0@news1.mweb.co.za...
> Nee ek sal nie aam met hulle trek nie. Ek het my redes, en dis persoonlik.
>
> Thys byrrie hys waana anners?
> "Hantamkind" wrote in message
> news:1AhV8.398826$o66.1082669@news-server.bigpond.net.au...
>> Ek vat die trein vanoggend Perth toe. 'n Omie klim op Warwick stasie op en
>> kom sit hier skuins voor my. Mens, jy kan hom deur 'n ring trek. 'n Tipiese
>> Engelse jintelman. Die pikswart uniform wat soos 'n brandweerman se
>> step-outs lyk is onberispelik maar clash verskriklik met die roos pienk vel
>> van die baas. Mooi badge op die baadjie sak met die koningin se kroon op.
>> So ook die aktetas wat hy tussen sy twee blink gepoetse skoene neersit. Hy
>> kyk die treinwa op en hy kyk die treinwa af en toe hy tevrede is met die
>> algemene stand van sake vryf hy genoegsaam oor sy gladgeskeerde wang waarvan
>> die Blue Stratos naskeermiddel mildelik uitstraal.
>>
>> Ek kon nie help om die verdeelpasser dwars oor die V teken te sien op sy
>> ring nie. So, hy is dus 'n broeder. Maar nie van my nie. Sien ons het
>> grootgeword met die idee dat Vrymesselaars slegte mense is. Gebore uit die
>> skoot van die duiwel - mense met 'n geheime kode wat verskriklike praktyke
>> bedryf agter geslote deure. Oom Eben het ons in bloedige detail vertel hoe
>> hy met sy eie oe gesien het hoe breek hulle 'n bok se nek en drink sy bloed.
>> Dit terwyl hulle 'n swart kat lewendig afgeslag en geoffer het.
>>
>> Dit was egter ver van die beeld wat ek van 'broeders' gekry het. Nie minder
>> as agt van my kollegas (en base) by die SAUK destyds was lede, dienende
>> meesters af past masters van die messelaars orde van een of ander Losie.
>> Warm mense, sonder aanstellerigheid, en beslis ver van die bloed drinkende
>> savages waarvan ons as kinders vertel is.
>>
>> Vrymesselaars - good or bad?
>>
>> Hantam
>>
>
Re: Vrymesselaars [boodskap #64569 is 'n antwoord op boodskap #64555] Sa, 06 Julie 2002 06:44 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
| "Hantamkind"
-------knip-----
| > Ek kon nie help om die verdeelpasser dwars oor
die V teken te sien op sy
| > ring nie. So, hy is dus 'n broeder. Maar nie
van my nie.
-----knip-----

"Thys de Wet"
| Nee ek sal nie aam met hulle trek nie. Ek het
my redes, en dis persoonlik.
|
| Thys byrrie hys waana anners?
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Pro 6:12 A worthless person, a man of iniquity,
Is he who walks with a perverse mouth;
Pro 6:13 Who winks with his eyes, who signals
with his feet, Who motions with his fingers;
Pro 6:14 In whose heart is perverseness, Who
devises evil continually, Who always sows discord.
Pro 6:15 Therefore his calamity will come
suddenly. He will be broken suddenly, and that
without remedy.
--
-------------------------------------
http://www.e-sword.net
-------------------------------------
Vorige onderwerp: bikers
Volgende onderwerp: Giggeltjie Gister
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 10:42:37 MGT 2024