Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Kombuise en Kerkorrels
Oor Kombuise en Kerkorrels [boodskap #64027] Do, 20 Junie 2002 14:40 na volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die ander dag lees ek een van Koos Kombuis se gedigte (in Brink se nuwe
Verseboek), en ek wonder toe. Die voelvry-beweging (indien mens dit 'n
beweging kan noem) word weliswaar nou onthou as 'n progressiewe beweging, beide
ten opsigte van musikale vernuwing, en die politiese bervaagtekening en
worsteling in die lirieke. Dit smaak my dat Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel,
en Bernoldus Niemand voorgehou word as muskante wat OOK gepraat het oor (en
met) 'n andersoortige (jong?) Afrikaner te midde van politieke verandering. Ek
wonder of dit wel die geval was onder nuusgroeplesers hier. Is daar enigiemand
wat na Kombuis en Kerkorrel (veral) geluister het? Watter impak (indien enige)
het die musiek en lirieke op julle gehad? Is dit anders nou - is Kombuis en
Kerkorrel meer hoofstroom nou? Wie luister nou na hulle musiek? Wie het
destyds (middel en laat tagtigs) na hulle musiek geluister? Was dit regtig 'n
Voelvry-beweging? Hoe het dit gevoel? Is daar tans nuwe "alternatiewe stemme"
(ek dink aan Riku Lattu en BRixton Moord en Roof), en hoe verskil hulle stemme
van die Voelvry manne? Het "Afrikaners" na David Kramer geluister? Waarom
word Kramer nie juis gereken as deel van die "alternatiewe" Voelvry-beweging
nie? Het KRamer se Joodse agtergrond sy ontvangs beinvloed? Ag, daar is nog
so baie vrae, maar hopelik stimuleer hierdie 'n bietjie bespreking.
Re: Oor Kombuise en Kerkorrels [boodskap #64044 is 'n antwoord op boodskap #64027] Do, 20 Junie 2002 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On 20 Jun 2002 14:40:39 GMT, leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher)
wonner:

> Die ander dag lees ek een van Koos Kombuis se gedigte (in Brink se nuwe
> Verseboek), en ek wonder toe. Die voelvry-beweging (indien mens dit 'n
> beweging kan noem) word weliswaar nou onthou as 'n progressiewe beweging, beide
> ten opsigte van musikale vernuwing, en die politiese bervaagtekening en
> worsteling in die lirieke. Dit smaak my dat Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel,
> en Bernoldus Niemand voorgehou word as muskante wat OOK gepraat het oor (en
> met) 'n andersoortige (jong?) Afrikaner te midde van politieke verandering. Ek
> wonder of dit wel die geval was onder nuusgroeplesers hier. Is daar enigiemand
> wat na Kombuis en Kerkorrel (veral) geluister het? Watter impak (indien enige)
> het die musiek en lirieke op julle gehad?

Ek het na Koos en Bernoldus geluister, maar vir een of ander rede
nooit na Kerkorrel nie. Ek het hom meer mainstream (rock) beskou as
Koos en Bernoldus (James Philips)..

Koos en Bernoldus was meer alternatief en 'n snaakheid waarna ek net
eenmaal in 'n blou maan kon luister.

Watse impak het dit op my gehad? Elke kas as ek 'n girl genaam Katie
ontmoet het moes ek my bedwing on te sing: "Kytie kytie kysie is nie
net 'n meid nie."

Ek het ook 'n moeilike tyd in die weermag gehad om my bek te hou en
nie te sing " Hou my vas, kopperaal" elke keer as ek rang gesien het
nie.

Anders as dit, neem ek aan hulle het altwee 'n rol gespeel om my te
help die ander kant van die destydse propaganda te sien en die pyn
daarvan te verwerk. As ek sê "pyn" is ek nie skynheilig nie maar
bedoel die pyn van diensplig ens.

> Was dit regtig 'n
> Voelvry-beweging?

Ek dink dit ws deel van 'n groter voelvry beweging. Daar was ook Max
du Preez se koerant Vrye Weekblad, Vula en natuurlik talle ander dinge
wat die voelvry beweging opgemaak het.

> Het "Afrikaners" na David Kramer geluister? Waarom
> word Kramer nie juis gereken as deel van die "alternatiewe" Voelvry-beweging
> nie?

Ja Afrikaners het na Kramer geluister en meestal dink ek kan
Afrikaners vir hulself lag. Ek dink Kramer was ook deel van die
voelvry era, miskien selfs die voorganger van die beweging. Ek sal sy
songs se publikasie datums moet naslaan om die vorige sin te bevestig.
Wat hy wel nie was nie, was deel van die Afrikaanse rockmusiek scene.
Hy het Glastnost gepreek maar nie deur dieselfe medium as Kerkorrel en
kie nie.

> Het KRamer se Joodse agtergrond sy ontvangs beinvloed?

Ja beslis. Ek kan wel nie sê hoe nie, maar Afrikaners was intens
bewus dat Kramer " 'n Joodjie" was. Wat die gevolge van daai
identiteit was weet ek nie, maar bewys daarvan was hulle wel. Ek dink
Afrikaners het Jode en Indieers deur die bank in 'n soort geldgierige
verneukersgroep geplaas. Hulle sou by hulle koop, maar het altyd oor
die prys gekla of een of ander opmerking gemaak soos: "ek het die ding
daar by honest Abie gekoop". Die implilkasie was dat jy hulle moes
dophou of hulle sou jou verneuk.

Een kenmerk van die hele voelvry beweging was die snaakse name: Koos
Kombuis, Joos Tondeldoos, Somebody? en die Rough Riders ens. Selfs
Bernoldus Niemand sinspeel op die Joe Public ding - 'n ou soos ek en
jy.

As ek aan een gevolg van die beweging kan dink is dit dat dit
Afrikaanse rockmusiek legitiem gemaak het. Skielim het mense dinge
gesing wat nie net oor sprokies en oumas en kaneel en naartjies en
rooi rose gepraat het nie. Ek dink dit het ook grootendeels ontslae
geraak van FAK-tipe volksmusiek.

Johan Bornman
Re: Oor Kombuise en Kerkorrels [boodskap #64051 is 'n antwoord op boodskap #64027] Do, 20 Junie 2002 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Leswin
Is daar enigiemand wat na Kombuis en Kerkorrel (veral) geluister
het? Watter impak (indien enige) het die musiek en lirieke op julle gehad?

Wouter
Ja, ek het na Koos en Kerkorrel geluister. Of dit 'n impak gehad
het kan ek eerlik nie sê nie, daar is baie dinge wat 'n mens se
denke vorm. Hulle lirieke was dikwels treffend..

Leswin
Is dit anders nou - is Kombuis en Kerkorrel meer hoofstroom nou?
Wie luister nou na hulle musiek? Wie het destyds (middel en laat
tagtigs) na hulle musiek geluister? Was dit regtig 'n Voelvry-beweging?
Hoe het dit gevoel?

Wouter
Hulle is beslis meer hoofstroom. Johannes Kerkorrel sing deesdae
"Al lê die berge nog so blou" en Koos A Kombuis skryf meer en
rook nie meer dagga nie. Wie na hulle geluister het en hoeveel
Voëlvry meer as net 'n versamelnaam was kan ek nie sê nie. Dit
het grootliks by my verbygegaan.

Leswin
Is daar tans nuwe "alternatiewe stemme" (ek dink aan Riku Lattu en
BRixton Moord en Roof), en hoe verskil hulle stemme van die
Voelvry manne?

Wouter
Ja, daar is baie. Karen Zoid staan uit. Ook minstens 5 ander,
maar moenie my vra om hulle te noem nie, vra liewers vir Anton.
Die grootse verskil wat my opval is dat daar deesdae meer klem
op die musiek is, vroeër meer op die vocals. Die ou alternatiewes
het meer met die stem probeer doen, die nuwes maak ook 'n
helse musikale lawaai. Die nuwes is in my oë meer luisterbaar,
as jy die volume kan hanteer. Maar dis net my beperkte
persoonlike ervaring.

Leswin
Het "Afrikaners" na David Kramer geluister? Waarom word Kramer
nie juis gereken as deel van die "alternatiewe" Voelvry-beweging
nie? Het KRamer se Joodse agtergrond sy ontvangs beinvloed?

Wouter
Kramer is een van ons mees suksesvolle Afrikaanse kunstenaars.
Hy het steeds 'n baie groot aanhang, onder jonk en oud. Hy het
begin met musiek wat as alternatief gereken kan word. Maar toe
Voëlvry begin het, het hy reeds oorgeslaan na kommersiële songs,
'n mens kan dit Afrikaanse pop noem. Hy was toe al heeltemaal te
mak vir Voëlvry en was nooit deel daarvan nie, die tydsberekening
was verkeerd. Ek het nooit sy sogenaamde Joodsheid as 'n issue
ervaar nie, minstens nie in die Kaap nie. Hy was 'n kommersiële
kunstenaar en dus nie "Afrikanerbesit" nie. Hy is natuurlik ook
geen suiwer Jood nie, alhoewel hy soos 'n goeie Jood 'n groot
pot vol geld verdien het. Hy was ook baie suksesvol in die
kleurlingmark en het heelwat gedoen om "Kaapse" shows die
lig te laat sien..
Re: Oor Kombuise en Kerkorrels [boodskap #64075 is 'n antwoord op boodskap #64027] Vr, 21 Junie 2002 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jun 2002 14:40:39 GMT, leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher)
served the following to the group:

> Die ander dag lees ek een van Koos Kombuis se gedigte (in Brink se nuwe
> Verseboek), en ek wonder toe. Die voelvry-beweging (indien mens dit 'n
> beweging kan noem) word weliswaar nou onthou as 'n progressiewe beweging, beide
> ten opsigte van musikale vernuwing, en die politiese bervaagtekening en
> worsteling in die lirieke. Dit smaak my dat Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel,
> en Bernoldus Niemand voorgehou word as muskante wat OOK gepraat het oor (en
> met) 'n andersoortige (jong?) Afrikaner te midde van politieke verandering. Ek
> wonder of dit wel die geval was onder nuusgroeplesers hier. Is daar enigiemand
> wat na Kombuis en Kerkorrel (veral) geluister het?

geluister? wil jy vir my se daar is mense wat dit nie meer luister
nie?

> Watter impak (indien enige)
> het die musiek en lirieke op julle gehad?

dis juis dit wat hierdie ouens alternatief maak. as jy na hulle
luister dat is die minste impak wat hulle op jou gaan he dat jy sal
begin dink. wat jy daarmee doen is natuurlik vir elke ou om te
besluit. hulle sing nie oor stroopsoet liefde en sulke snert nie.
hulle het en sing nog steeds oor issues. in die voelvry dae was dit
politieke issues, teen die establishment, die hoekom en waarom van
dinge.

> Is dit anders nou - is Kombuis en
> Kerkorrel meer hoofstroom nou? Wie luister nou na hulle musiek? Wie het
> destyds (middel en laat tagtigs) na hulle musiek geluister? Was dit regtig 'n
> Voelvry-beweging? Hoe het dit gevoel?

dis beslis anders vandag. baie min, indien enige, van hulle songs was
gemik op die commercial mark. in die voelvry dae het hierdie ouens
geen airtime gekry op enige radio stasie nie. vandag speel selfs
jakaranda van hulle songs. in die 80's was dit meestal dwarstrekker
skoolverlaters en studente gewees (18-30), vandag dink ek is dit baie
wyer vanaf skoolkinders tot middeljariges. ongelukkig dink ek die hele
voelvry ding was om te preach for the converted. net diegene wat
dieselfde standpunte gehuldig het, het geweet van die voelvry
beweging. ander was en is salig onbewus daarvan.

> Is daar tans nuwe "alternatiewe stemme"
> (ek dink aan Riku Lattu en BRixton Moord en Roof), en hoe verskil hulle stemme
> van die Voelvry manne? Het "Afrikaners" na David Kramer geluister? Waarom
> word Kramer nie juis gereken as deel van die "alternatiewe" Voelvry-beweging
> nie? Het KRamer se Joodse agtergrond sy ontvangs beinvloed?

jis daar is baie nuwes. te min mense ken Riku en bmr se musiek. ek
dink daar is vandag meer rockers op die alternatiewe scene. in voelvry
was daar maar min soos valiant en jack hammer. hulle het meestal
acoustic folk gedoen. o ja moet nie die girls vergeet nie, zoid kook.

> Ag, daar is nog
> so baie vrae, maar hopelik stimuleer hierdie 'n bietjie bespreking.
>

of soos dikwels die geval, `n lekker barney

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Oor Kombuise en Kerkorrels [boodskap #64129 is 'n antwoord op boodskap #64027] Sa, 22 Junie 2002 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is in die Keur van hierdie week juis 'n bespreking deur CJ de Swardt
oor die voëlvrydae en die tweede opkomende voëlvrytoer en CD.
1) David Kramer was 'n voorloper en nie 'n meeloper nie - hier in die Kaap
het sy joodsgeit g'n saak gemaak nie - hy was 'n vars bries wat nuwe
liedjies met lekker Afrikaanse loslit woorde kon skryf, en elke liewe keer
as ek 'n konsert van hom bygebring het, was die saal stampvol.
2) Die voëlvrybeweging se hoofindoenas was wel Niemand, Kombuis en
KerKorrel:)) Jack Piet Hammer en die ander snare het natuurlik gou bygekom
en die eerste Houtstokfees was seker 'n helse eyeopener vir die manne wat
begin werk het aan Orania:)
Ek het maar so saam met hulle ingeskakel en geluister, deels omdat ek van
André voor die tyd geweet het - hy het mos sy dae om by die Ponderosa in die
Tuinesentrum gesit en skryf met so 'n kort pennetjie op sulke stukkies
papier - dan vra ek maar wat skryf hy. en hy sê moerse kwaai woorde vir
liedjies.
Hulle musiek was verbied op al die SAUK se senders, want die woorde sou mos
glo Die Volk aanhits.
Ek was maar net te bly dat ons iets anders gehad het om na te kon luister as
die soetsappige liedjies van blommetjies en voëltjies, meestal nog
Afrikaanse woorde op onbekende/bekende , veral Duitse, musiek.
Ten minste het ons uiteindelik oorspronklike komposies met bytende woorde
gekry wat ons ons eie kon noem.

Ek hou van die gang wat KerKorrel se musiek geneem het - die etniese ritmes
spreek tot my Afrikasiel.
Ek hou ook van die meer singbare en onthoubare komposisies van Kombuis toe
hy nie meer so verskriklik kwaad was nie -Lisa se Klavier kan ek baie na
luister sonder om van moeg te word.
Clarabelle van Niekerk met haar toonsettings van bekende Afrikaanse gedigte
was 'n ander welkome byvoeging tot ons Afrikaanse musiekskat.
Deesdae het ons 'n mooi jong klomp musikante wat goed kan komponeer en
toonset en lirieke skryf wat ek kan onthou en saamsing - want vir my is dit
wanneer musiek iets vir my beteken - as ek van die liedjie in sy geheel hou,
kan hoor wat die woorde is en dat dit sin maak, en die belangrikste, dat ek
dit kan onthou om te kan sing of neurie.
Lisa Stassen is 'n uitstekende voorbeeld.
Eden is nog mooi om na te kyk ook.- alhoewel hulle nie self komponeer nie,
gee hulle ten minste nuwe lewe aan ou liedjies.
Selfs Allamintag Amanda Strydom se Ek wil Rock in my Taal laat my ruk-ruk ry
omdat die voete nie wil stilbly nie.

Elkgeval - die voëlvryers is nou ouerig en meer besadig, en die voëls het
ook hulle nessies gevind in die meeste gevalle.
Valiant Swart ( moooooi seun) sing nou al glad saam met die Merikaners, en
dit blyk dat alhoewel die Springbok Nude Girls nie meer as 'n groep bestaan
nie, die lede wel nog baie betrokke is in die musiekbedryf.

Die voëlvrybrekers het baanbrekerswerk gedoen op die regte tyd, op die
regte manier. Nou is dit die tyd vir die jongeres wat kan en die jeugdige
energie het om dinge verder te vat en Afrikaanse musiek in al sy
verskillende vorme en ritmes verder te vat.

Annette

"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020620104039.06723.00001551@mb-ci.news.cs.com...
> Die ander dag lees ek een van Koos Kombuis se gedigte (in Brink se nuwe
> Verseboek), en ek wonder toe. Die voelvry-beweging (indien mens dit 'n
> beweging kan noem) word weliswaar nou onthou as 'n progressiewe beweging, beide
> ten opsigte van musikale vernuwing, en die politiese bervaagtekening en
> worsteling in die lirieke. Dit smaak my dat Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel,
> en Bernoldus Niemand voorgehou word as muskante wat OOK gepraat het oor (en
> met) 'n andersoortige (jong?) Afrikaner te midde van politieke verandering. Ek
> wonder of dit wel die geval was onder nuusgroeplesers hier. Is daar enigiemand
> wat na Kombuis en Kerkorrel (veral) geluister het? Watter impak (indien enige)
> het die musiek en lirieke op julle gehad? Is dit anders nou - is Kombuis en
> Kerkorrel meer hoofstroom nou? Wie luister nou na hulle musiek? Wie het
> destyds (middel en laat tagtigs) na hulle musiek geluister? Was dit regtig 'n
> Voelvry-beweging? Hoe het dit gevoel? Is daar tans nuwe "alternatiewe stemme"
> (ek dink aan Riku Lattu en BRixton Moord en Roof), en hoe verskil hulle stemme
> van die Voelvry manne? Het "Afrikaners" na David Kramer geluister? Waarom
> word Kramer nie juis gereken as deel van die "alternatiewe" Voelvry-beweging
> nie? Het KRamer se Joodse agtergrond sy ontvangs beinvloed? Ag, daar is nog
> so baie vrae, maar hopelik stimuleer hierdie 'n bietjie bespreking.
>
Re: Oor Kombuise en Kerkorrels [boodskap #64203 is 'n antwoord op boodskap #64129] Ma, 24 Junie 2002 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dit was nou 'n gawe uiteensetting, Annette. Eeen waarmee ek heelhartig
identifiseer.

Wie het "Bokkie" gesing? Was dit ook Lisa?

Die omroeper wat Saterdagoggende op RSG uitsaai het my altyd laat lag. Elke
liewe Saterdagoggend, rondom 6.00 vm. kon die mense inbel en gesels met hom.
En elke liewe Saterdagoggend versoek iemand hom om "Bokkie" te speel.

Ek het dan gewoonlik gestaan en stryk, en hardop gelag vir die moedelose
omroeper. Hy het telkens gepleit om tog net een Saterdag kwytgeskeld te
word. Natuurlik het ek die liedjie verskriklik geniet en saamgesing. Maar
tot my spyt het ek nooit die CD aangeskaf nie :))))

"Annette"
oor die voëlvrydae en die tweede opkomende voëlvrytoer en CD.1) David Kramer
was 'n voorloper en nie 'n meeloper nie - hier in die Kaap het sy joodsgeit
g'n saak gemaak nie - hy was 'n vars bries wat nuwe liedjies met lekker
Afrikaanse loslit woorde kon skryf, en elke liewe keer
as ek 'n konsert van hom bygebring het, was die saal stampvol. [knip]
Re: Oor Kombuise en Kerkorrels [boodskap #64208 is 'n antwoord op boodskap #64203] Di, 25 Junie 2002 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, ek onthou nog baie goed van Bokkie en die moedelose omroeper:))
Ek dink nie dit was Lisa Stassen nie - maar nou moet ek bietjie probeer
onthou wie - ek weet net die Bokkie-sangeres het sulke wêreldwyse oë, en
Lisa s'n is nog helder en onskuldig;))

Daar is nou glo 'n nuwe CD uit waar 'n menigte verskillende sangers sing en
van alles tot Die Stem opgejazz word - sal maar na dit gaan luister en my
eie mening vorm voordat ek dit koop of nie.

Van die os op die jas - ek lees noudat Patricia Lewis in haar liefde verlaat
is, is sy nou skielik bang om te spring in daardie springerige program van
haar.

Blykbaar is Rian ( vorige aanbieder van Voorblad) se nuwe program op SABC3
( kan dit reg wees?) se naam Skuur.
Baie diep - daar is mos altyd wyse uile en honger muisies in skure:))))

Annette

"Rosie" skryf in boodskap news:af7ri2$at5$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Dit was nou 'n gawe uiteensetting, Annette. Eeen waarmee ek heelhartig
> identifiseer.
>
> Wie het "Bokkie" gesing? Was dit ook Lisa?
>
> Die omroeper wat Saterdagoggende op RSG uitsaai het my altyd laat lag. Elke
> liewe Saterdagoggend, rondom 6.00 vm. kon die mense inbel en gesels met hom.
> En elke liewe Saterdagoggend versoek iemand hom om "Bokkie" te speel.
>
> Ek het dan gewoonlik gestaan en stryk, en hardop gelag vir die moedelose
> omroeper. Hy het telkens gepleit om tog net een Saterdag kwytgeskeld te
> word. Natuurlik het ek die liedjie verskriklik geniet en saamgesing. Maar
> tot my spyt het ek nooit die CD aangeskaf nie :))))
>
>
> "Annette"
> oor die voëlvrydae en die tweede opkomende voëlvrytoer en CD.1) David Kramer
> was 'n voorloper en nie 'n meeloper nie - hier in die Kaap het sy joodsgeit
> g'n saak gemaak nie - hy was 'n vars bries wat nuwe liedjies met lekker
> Afrikaanse loslit woorde kon skryf, en elke liewe keer
> as ek 'n konsert van hom bygebring het, was die saal stampvol. [knip]
>
Re: Oor Kombuise en Kerkorrels [boodskap #64222 is 'n antwoord op boodskap #64208] Di, 25 Junie 2002 12:00 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Ja, ek onthou nog baie goed van Bokkie en die moedelose omroeper:))
Ek dink nie dit was Lisa Stassen nie - maar nou moet ek bietjie probeer
onthou wie - ek weet net die Bokkie-sangeres het sulke wêreldwyse
o�, en Lisa s'n is nog helder en onskuldig;))

Wouter
Dit is beslis sy wat daardie Bokkie sing. Maar haar naam is Lieze Stassen
Lisa is die een met die klavier :-)
Vorige onderwerp: Beeld, Burger en Van Wyk Louw
Volgende onderwerp: Grondhervorming
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 17:50:49 MGT 2024