Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grasbesems en windlawaai
Grasbesems en windlawaai [boodskap #64047] Do, 20 Junie 2002 17:29 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ons huis in Pretoria was so 'n blok of wat van 'n mooi klein
winkelsentrumpie - wat deesdae in 'n groot lelike winkelsentrum verander
het. Johanna het elke Saterdag met haar bondel grasbesems daar gaan staan,
en ons het gereeld by haar gekoop. (Oor die jare het inflasie die prys
opgedruk van R1 tot meer as R10). Sy het vertel haar pa maak dit, en dan
verkoop sy dit vir 'n inkomste. DIt was goeie, stewige besems met reguit,
glad geskraapte stokke wat lekker skoon gevee het. Toe die kompetisie ook
daar begin inbeweeg, het Johanna moeite gedoen om haar gereelde klandisie se
name te onthou en hulle spesiaal versoek om tog by haar te bly koop.

Toe ons Pennsylvania toe trek, het ek nogal daaraan gedink om 'n krat besems
in te pak en saam te bring, maar om baie redes was dit nie prakties nie.
Hier koop 'n mens ook grasbesems, maar dis fabrieksgemaak en ek kon nie
daarmee regkom om die grassnysels op te vee na ek gras gesny het nie. Toe,
verlede jaar, koop ek eindelik ook een van die "windlawaaie" wat hier oral
gebruik word. Dis 'n masjien (myne is elektries, maar jy kry ook wat met
petrol werk) met 'n sterk waaier en 'n lang tuit wat jy gebruik om die blare
in die herfs, of die gras in die somer, mee weg te blaas. As jy die waaier
se deksel afhaal kan jy 'n sak aansit waarin jy die gemors kan opsuig, soos
'n stosuier. Die waaier maak natuurlik 'n vreeslike lawaai, en dis hoekom ek
dit 'n windlawaai noem. Eers wou ek nie ding koop nie, want jy blaas eintlik
net die gemors hiervandaan af daarnatoe. Maar nou kom ek nie meer daarsonder
klaar nie.

Op pad werk toe luister ek vanoggend op National Public Radio na 'n
onderhoud met 'n Italianer wat 'n jaar lank in Amerika gebly het en toe 'n
boek geskryf het oor sy ervarings - dit het 'n blitsverkoper geword in
Italië. Hy vertel toe dat een van die dinge wat hom so beïndruk van hierdie
land is die Amerikaners se voorliefde vir "gadgets" waarmee hulle die
omgewing kan beheer. Hy het eintlik na lugreëling verwys, wat in so baie
huise algemeen is. Maar ek kon heerlik met hom saamstem oor my gadget van 'n
windlawaai.
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64054 is 'n antwoord op boodskap #64047] Do, 20 Junie 2002 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek sal nie kla as ek een van jou windlawaaie persent kry nie hoor. Dis darem
maar lekker, skoon, en vinnig. Hier is die grasbesem nog koning. Ek kan nie
onthou wat ek laas betaal het nie.

Kwarantyn:
Op pad werk toe luister ek vanoggend op National Public Radio na 'n
onderhoud met 'n Italianer wat 'n jaar lank in Amerika gebly het en toe 'n
boek geskryf het oor sy ervarings - dit het 'n blitsverkoper geword in
Italië. Hy vertel toe dat een van die dinge wat hom so beïndruk van hierdie
land is die Amerikaners se voorliefde vir "gadgets" waarmee hulle die
omgewing kan beheer. Hy het eintlik na lugreëling verwys, wat in so baie
huise algemeen is. Maar ek kon heerlik met hom saamstem oor my gadget van 'n
windlawaai.
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64083 is 'n antwoord op boodskap #64054] Vr, 21 Junie 2002 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> "Rosie" na...@zerotolerance.net

> Dis darem
> maar lekker, skoon, en vinnig

Vinnig en lekker miskien, maar skoon - aikona. Jy sal verbaas wees tot watter
mate hierdie blaarblasers die omgewing besoedel en bydra tot verwarming en dies
meer. Soveel so dat in kalifornie, tydens osoon-waarskuwing dae, jy nie die
blasers kan gebruik tussen die middagure nie (wanneer osoon-risiko die grootste
is). Ek sien te min van hierdie goed in elektriese modelle wat miskien die
probleem ietwat aanspreek (alhoewel dit dan weer beteken verbranding van kool
of kerngebruik). Die versoeking is groot, maar ek vee en hark nog maar.
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64096 is 'n antwoord op boodskap #64047] Sa, 22 Junie 2002 03:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
wrote:

> Hello Leswin en Kwarantyn, lekker om weer Noord Amerikaners op die nuusgroep
> te hê, Gloudina is nou wel n Noord Amerikaner, maar wel darem n buurstater.
> En ons drie is van die uithoeke van die land, n Ooskusser,
> n Suidelike en n Weskusser, verteenwoordigend van Amerika, ons het nog net
> iemand nodig van die middelstate, dan ons ons voltallig.

Ja, Pop is van Birmingham in Alabama, Kwarantyn en Leswin. Net sodat
julle nie deurmekaar raak met haar en myself - die Georgiaan, (wat
ook gereeld praat van "die Suide", nie.
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64098 is 'n antwoord op boodskap #64047] Sa, 22 Junie 2002 03:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kwarantyn" wrote:

> Hy vertel toe dat een van die dinge wat hom so beïndruk van hierdie
> land is die Amerikaners se voorliefde vir "gadgets" waarmee hulle die
> omgewing kan beheer. Hy het eintlik na lugreëling verwys, wat in so baie
> huise algemeen is. Maar ek kon heerlik met hom saamstem oor my gadget van 'n
> windlawaai.

Ek moet skaam erken dat ek nog my lewe lank 'n "gadget" liefhebber was
en is. Ek hou van jou "windlawaai". Wat sal mens 'n "gadget" noem in
Afrikaans?
Baie dae wonder ek hoe die ou mense hier in die Suide veral, geleef
het sonder lugreëling. Dis nie net die hitte nie, maar die erge
humiditeit. Ek weet die huise was anders gebou, met hoër mure en
plafonne en so aan, maar nogsteeds.
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64099 is 'n antwoord op boodskap #64047] Sa, 22 Junie 2002 03:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

yahoo.com wrote:

> Pop

Haai Pop. Welkom terug. Waar was
jy die hele tyd?

Tant Hessie van Kanata
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64117 is 'n antwoord op boodskap #64083] Sa, 22 Junie 2002 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur:

Hello Leswin en Kwarantyn, lekker om weer Noord Amerikaners op die nuusgroep
te hê, Gloudina is nou wel n Noord Amerikaner, maar wel darem n buurstater.
En ons drie is van die uithoeke van die land, n Ooskusser,
n Suidelike en n Weskusser, verteenwoordigend van Amerika, ons het nog net
iemand nodig van die middelstate, dan ons ons voltallig.

Ons het nog nie geswig vir die blaarblaser nie, seker omdat ons nie soveel
bladwisselende bome hier het nie, meesal dennebome met n paar akkerbome
ingegooi vir variasie. O ja, en mooi Magnolias wat nou almal aan die blom
is.

Vertel nog van jou geweste Kwarantyn. Het julle al kwaai somer, of het julle
nog koel dae? Hier is die somer al in volle gang vanaf middel Mei, ons het
goeie reën gehad, en alles is groen en groei welig, ons moet elke naweek
grassny.

Pop

"LeswinLaubscher" skryf in boodskap news:20020621104202.22922.00000120@mb-fh.news.cs.com...
>> "Rosie" na...@zerotolerance.net
>
>> Dis darem
>> maar lekker, skoon, en vinnig
>
> Vinnig en lekker miskien, maar skoon - aikona. Jy sal verbaas wees tot watter
> mate hierdie blaarblasers die omgewing besoedel en bydra tot verwarming en dies
> meer. Soveel so dat in kalifornie, tydens osoon-waarskuwing dae, jy nie die
> blasers kan gebruik tussen die middagure nie (wanneer osoon-risiko die grootste
> is). Ek sien te min van hierdie goed in elektriese modelle wat miskien die
> probleem ietwat aanspreek (alhoewel dit dan weer beteken verbranding van kool
> of kerngebruik). Die versoeking is groot, maar ek vee en hark nog maar.
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64141 is 'n antwoord op boodskap #64099] So, 23 Junie 2002 01:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur:

Hello Gloudina, ek loer maar aljimmers so elke week of twee net gou in, en
toe sien ek Leswin is terug, en Kwarantyn, en as daar n Amerikaanse geurtjie
is op die groep, dan stel ek gewoonlik belang :-)

Pop

skryf in boodskap news:3D13F01A.5040203@rogers.com...
>
> yahoo.com wrote:
>
>
>> Pop
>
> Haai Pop. Welkom terug. Waar was
> jy die hele tyd?
>
> Tant Hessie van Kanata
>
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64147 is 'n antwoord op boodskap #64047] So, 23 Junie 2002 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Kwarantyn" skryf in boodskap news:DhoQ8.525$m02.21140652@newssvr17.news.prodigy.com...
> . Toe,
> verlede jaar, koop ek eindelik ook een van die "windlawaaie" wat hier oral
> gebruik word. Dis 'n masjien (myne is elektries, maar jy kry ook wat met
> petrol werk) met 'n sterk waaier en 'n lang tuit wat jy gebruik om die blare
> in die herfs, of die gras in die somer, mee weg te blaas. As jy die waaier
> se deksel afhaal kan jy 'n sak aansit waarin jy die gemors kan opsuig, soos
> 'n stosuier. Die waaier maak natuurlik 'n vreeslike lawaai, en dis hoekom ek
> dit 'n windlawaai noem. Eers wou ek nie ding koop nie, want jy blaas eintlik
> net die gemors hiervandaan af daarnatoe. Maar nou kom ek nie meer daarsonder
> klaar nie.

Hehehe :) My WIndlawaai is een van die dinge wat definitief nie agterbly
wanneer ons in Augustus terugtrek na SA toe nie. Miskien kan ek iemand in SA
motiveer om van die dinge te maak - daar is regtig 'n mark daarvoor.

-Gideon-
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64152 is 'n antwoord op boodskap #64147] So, 23 Junie 2002 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is julle grasbesems dieselfde ding as ons jaartbesems?

Met wat werk die windlawaai - petrol?
Dan is dit mos 'n duur ding.

Ek hoor juis noudiedag van 'n broodbakkery wat sonder elektrisiteit ( soos
in van muurproppe) geskied.
Die menger van die deeg word aangedryf deur iemand wat 'n fiets trap, en die
oond is van gas.
Binne 3 dae kan 'n broodbakkery in 'n landelike omgewing opgerig en
produktief begin gebak word.

Annette

"Gids" skryf in boodskap news:vgeR8.131765$3g4.11942954@zwoll1.home.nl...
>
> "Kwarantyn" schreef in bericht
> news:DhoQ8.525$m02.21140652@newssvr17.news.prodigy.com...
>> . Toe,
>> verlede jaar, koop ek eindelik ook een van die "windlawaaie" wat hier oral
>> gebruik word. Dis 'n masjien (myne is elektries, maar jy kry ook wat met
>> petrol werk) met 'n sterk waaier en 'n lang tuit wat jy gebruik om die
> blare
>> in die herfs, of die gras in die somer, mee weg te blaas. As jy die waaier
>> se deksel afhaal kan jy 'n sak aansit waarin jy die gemors kan opsuig,
> soos
>> 'n stosuier. Die waaier maak natuurlik 'n vreeslike lawaai, en dis
hoekom
> ek
>> dit 'n windlawaai noem. Eers wou ek nie ding koop nie, want jy blaas
> eintlik
>> net die gemors hiervandaan af daarnatoe. Maar nou kom ek nie meer
> daarsonder
>> klaar nie.
>
> Hehehe :) My WIndlawaai is een van die dinge wat definitief nie agterbly
> wanneer ons in Augustus terugtrek na SA toe nie. Miskien kan ek iemand in SA
> motiveer om van die dinge te maak - daar is regtig 'n mark daarvoor.
>
> -Gideon-
>
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64153 is 'n antwoord op boodskap #64152] So, 23 Junie 2002 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette, het jy dit nog nooit gesien nie? Dion, Game en Makro verkoop dit
nou op special. Ek dink dit is Bosch wat `n hele reeks van sulke gadgets
bemark. Daar is die gardenvac soos `n stofsuier vir blare, `n shredder wat
alles tot fyn kompos kerf, daar is `n blower wat wind maak en die blare weg
blaas. Hulle is beskikbaar in petrol of elektries.

"Annette" skryf in boodskap news:af44ku$bgacp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Is julle grasbesems dieselfde ding as ons jaartbesems?
>
> Met wat werk die windlawaai - petrol?
> Dan is dit mos 'n duur ding.
>
> Ek hoor juis noudiedag van 'n broodbakkery wat sonder elektrisiteit ( soos
> in van muurproppe) geskied.
> Die menger van die deeg word aangedryf deur iemand wat 'n fiets trap, en die
> oond is van gas.
> Binne 3 dae kan 'n broodbakkery in 'n landelike omgewing opgerig en
> produktief begin gebak word.
>
> Annette
>
>
> "Gids" wrote in message
> news:vgeR8.131765$3g4.11942954@zwoll1.home.nl...
>>
>> "Kwarantyn" schreef in bericht
>> news:DhoQ8.525$m02.21140652@newssvr17.news.prodigy.com...
>>> . Toe,
>>> verlede jaar, koop ek eindelik ook een van die "windlawaaie" wat hier
> oral
>>> gebruik word. Dis 'n masjien (myne is elektries, maar jy kry ook wat met
>>> petrol werk) met 'n sterk waaier en 'n lang tuit wat jy gebruik om die
>> blare
>>> in die herfs, of die gras in die somer, mee weg te blaas. As jy die
> waaier
>>> se deksel afhaal kan jy 'n sak aansit waarin jy die gemors kan opsuig,
>> soos
>>> 'n stosuier. Die waaier maak natuurlik 'n vreeslike lawaai, en dis
> hoekom
>> ek
>>> dit 'n windlawaai noem. Eers wou ek nie ding koop nie, want jy blaas
>> eintlik
>>> net die gemors hiervandaan af daarnatoe. Maar nou kom ek nie meer
>> daarsonder
>>> klaar nie.
>>
>> Hehehe :) My WIndlawaai is een van die dinge wat definitief nie agterbly
>> wanneer ons in Augustus terugtrek na SA toe nie. Miskien kan ek iemand
in
> SA
>> motiveer om van die dinge te maak - daar is regtig 'n mark daarvoor.
>>
>> -Gideon-
>>
>
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64155 is 'n antwoord op boodskap #64147] So, 23 Junie 2002 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
hulle al is reeds 'n tydjie op die mark en het
plaaslik in my dorp al die elektriese weergawe
gesien
--
---------------------
Luanda news / nuus
http://walk.isat.co.za
---------------------

"Gids"
---knip---
Miskien kan ek iemand in SA
| motiveer om van die dinge te maak - daar is
regtig 'n mark daarvoor.
|
| -Gideon-
|
|
|
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64159 is 'n antwoord op boodskap #64153] So, 23 Junie 2002 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie JohanIs - maar ek ek is nou een van daardie mense wat ver wegbly van
enige tuingoed - dis hoekom ek in 'n woonstel bly - anders sou ek 'n
natuurtuin gehad het;)))
Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3d159bb9$0$18850@hades.is.co.za...
> Annette, het jy dit nog nooit gesien nie? Dion, Game en Makro verkoop dit
> nou op special. Ek dink dit is Bosch wat `n hele reeks van sulke gadgets
> bemark. Daar is die gardenvac soos `n stofsuier vir blare, `n shredder wat
> alles tot fyn kompos kerf, daar is `n blower wat wind maak en die blare weg
> blaas. Hulle is beskikbaar in petrol of elektries.
> "Annette" wrote in message
> news:af44ku$bgacp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Is julle grasbesems dieselfde ding as ons jaartbesems?
>>
>> Met wat werk die windlawaai - petrol?
>> Dan is dit mos 'n duur ding.
>>
>> Ek hoor juis noudiedag van 'n broodbakkery wat sonder elektrisiteit ( soos
>> in van muurproppe) geskied.
>> Die menger van die deeg word aangedryf deur iemand wat 'n fiets trap, en
> die
>> oond is van gas.
>> Binne 3 dae kan 'n broodbakkery in 'n landelike omgewing opgerig en
>> produktief begin gebak word.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Gids" wrote in message
>> news:vgeR8.131765$3g4.11942954@zwoll1.home.nl...
>>>
>>> "Kwarantyn" schreef in bericht
>>> news:DhoQ8.525$m02.21140652@newssvr17.news.prodigy.com...
>>>> . Toe,
>>>> verlede jaar, koop ek eindelik ook een van die "windlawaaie" wat
hier
>> oral
>>>> gebruik word. Dis 'n masjien (myne is elektries, maar jy kry ook wat
> met
>>>> petrol werk) met 'n sterk waaier en 'n lang tuit wat jy gebruik om
die
>>> blare
>>>> in die herfs, of die gras in die somer, mee weg te blaas. As jy die
>> waaier
>>>> se deksel afhaal kan jy 'n sak aansit waarin jy die gemors kan
opsuig,
>>> soos
>>>> 'n stosuier. Die waaier maak natuurlik 'n vreeslike lawaai, en dis
>> hoekom
>>> ek
>>>> dit 'n windlawaai noem. Eers wou ek nie ding koop nie, want jy blaas
>>> eintlik
>>>> net die gemors hiervandaan af daarnatoe. Maar nou kom ek nie meer
>>> daarsonder
>>>> klaar nie.
>>>
>>> Hehehe :) My WIndlawaai is een van die dinge wat definitief nie agterbly
>>> wanneer ons in Augustus terugtrek na SA toe nie. Miskien kan ek iemand
> in
>> SA
>>> motiveer om van die dinge te maak - daar is regtig 'n mark daarvoor.
>>>
>>> -Gideon-
>>>
>>
>
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64160 is 'n antwoord op boodskap #64155] So, 23 Junie 2002 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hier innie Kaap het ons mos Die Sedoos - dit werk sonder elektrisiteit;)))
Annette

"Tobie" skryf in boodskap news:af48v4$jhh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> hulle al is reeds 'n tydjie op die mark en het
> plaaslik in my dorp al die elektriese weergawe
> gesien
> --
> ---------------------
> Luanda news / nuus
> http://walk.isat.co.za
> ---------------------
>
> "Gids"
> ---knip---
> Miskien kan ek iemand in SA
> | motiveer om van die dinge te maak - daar is
> regtig 'n mark daarvoor.
> |
> | -Gideon-
> |
> |
> |
>
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64171 is 'n antwoord op boodskap #64155] So, 23 Junie 2002 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:af48v4$jhh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> hulle al is reeds 'n tydjie op die mark en het
> plaaslik in my dorp al die elektriese weergawe
> gesien
> --

Kyk nou net - ... Ek bring nog steeds myne saam - noyu kan almal hul tuine
stofsuig (wie dit kan bekostig natuurlik) ;)

-Gideon-
Re: Grasbesems en windlawaai [boodskap #64176 is 'n antwoord op boodskap #64160] So, 23 Junie 2002 19:43 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
meer bekend as swart sedoos :-)
--

"Annette" skryf in boodskap news:af4e7q$b9otl$2@ID-92016.news.dfncis.de...
| Hier innie Kaap het ons mos Die Sedoos - dit
werk sonder elektrisiteit;)))
| Annette
Vorige onderwerp: Casper Rasper
Volgende onderwerp: Boeddhisme op NG.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 21:58:10 MGT 2024